Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Regering se invloed

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Regering se invloed

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE

Graad 5

WAT BEÏNVLOED MY BESTAAN?

Module 3

REGERING SE INVLOED

Die invloed wat die regering op mense se bestaan het

Suid-Afrika is ‘n demokratiese land. Dit beteken dat alle burgers gelyk is – almal is ewe belangrik. Dit was egter nie altyd die geval nie. Voor 1994 was daar wette in Suid-Afrika wat bepaal het dat mense volgens ras in sekere gebiede moes woon en die kinders moes ook volgens hierdie beginsel na sekere skole en opvoedkundige instansies gaan. In hierdie bestel het sekere groepe meer finansiële steun van die regering ontvang en is hul lewenskwaliteit direk daardeur beïnvloed.

Bespreek in jul groepe:

Dink julle dit is regverdig dat sekere groepe bo ander bevoordeel word? Dink julle dit gebeur vandag nog in Suid-Afrika?

[LU 1.2]

Ons gaan in module 2 ‘n deeglike studie maak van lewenskwaliteit binne bepaalde gemeenskappe.

Om alle landsburgers, waarvan jy een is, se regte te beskerm, is daar ‘n stel reëls geformuleer - DIE GRONDWET. Die polisie help om te probeer verseker dat almal binne hierdie stel reëls lewe, want dit bied aan ons beskerming.

  1. (a) Hier volg ‘n paar van die regte van ons landsburgers:
  • Almal behoort veilig te voel – niemand mag jou seermaak nie.
  • Almal is vry om ‘n godsdiens van hul keuse te beoefen.
  • Mense moet skool toe gaan.
  • Jy mag die taal van jou keuse praat.
  • Almal moet ‘n huis hê om in te woon.
  • Mense moet ons grond, plante en diere goed oppas – dit is lewe.
  • Kan jy dalk nog ‘n paar byvoeg?
  • In die volgende koerantberig is iemand se regte aangetas. Lees dit en bespreek dit in julle groepe.

REGTE VAN MISDADIGERS BELANGRIK

Geluk aan Alex Carmichael met sy oorwinning oor, onder andere, die polisie, aangaande die regte van slagoffers van geweld en misdaad. Dit is hoog tyd dat iemand iets doen omtrent die regte van die talle mense wat aan die ontvangkant is van die optrede van tiranne en mense wat die regte van andere vertrap. Deesdae lyk dit asof slegs hierdie mense regte en voorregte het, en nie hulle slagoffers nie.

Ons leef in ‘n siek samelewing as gevolg van die verrotting in ons gemeenskappe. Lewe is goedkoop – menselewens het minder waarde as dié van slagdiere. Oortreders word soms vir ‘n kort rukkie tronk toe gestuur waar hulle kos, klere en mediese sorg ontvang, want dit is hulle reg – daarvoor betaal die slagoffer ook deur middel van inkomstebelasting. Dikwels doen die slagoffer ernstige beserings op, of die gesin se broodwinner word vermoor, wat dan die gesin op die rand van hongersnood bring. Die oortreders behoort die slagoffers finansieel vir hulle wandade te vergoed. Miskien moet ons ‘n vakbond stig wat sal omsien na die belange van die slagoffers van geweld en misdaad sodat geregtigheid kan seëvier.

Peter Barton

Plumstead

(Vertaal uit Engels)

Kyk of julle self ook koerantberigte en/of artikels kan opspoor waar een van die regte/reëls in die lys op die vorige bladsy verbreek is. Julle opvoeder sal dit met julle in die klas bespreek.

Onthou – jy is ook ‘n landsburger en het ook regte wat deur ander gerespekteer moet word.

Aan die opvoeder:

Maak ‘n lys van vier regte waarop u voel leerders in u skool geregtig is. Bespreek dit met die klas en stel dan met hulle hulp een lys vir die hele klas saam.

[LU 1.1]

Ons verantwoordelikheid teenoor die regering

Een van die grootste verantwoordelikhede wat ons teenoor ons land het, is om te help met die instandhouding van alle fasiliteite soos paaie, sekere geboue en ontspanningsgeriewe, asook dienste soos onderwys, gesondheid en vele meer. Dit kos geld om hierdie fasiliteite en dienste in ‘n goeie toestand te hou en daarom moet elke landsburger wat ‘n inkomste verdien, belasting betaal.

Afgesien daarvan dat mense jaarliks belasting op hul inkomste en eiendom moet betaal, betaal ons almal ook belasting op byna alles wat ons koop.

  1. (a) Bestudeer die volgende kasregisterstrokie:

T CASH DEALERS

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Opdrag

  1. (a) Beantwoord nou die vrae oor die kasregisterstrokie nadat julle dit in julle groepe bespreek het:

Hoe word die belasting op hierdie strokie aangedui?

Waarom dink jy is daar sekere items waarop daar nie belasting gehef word nie?

Waarom is dit belangrik dat alle landsburgers belasting betaal?

Hoe sal dit ons lewenstandaard beïnvloed, indien mense nie belasting betaal nie?

Wat is tans die persentasie belasting wat toegevoeg word op belasbare items?

[LU 1.4]

Kyk of jy die belasting op die volgende items kan bereken met behulp van jou sakrekenaar:

Tekkies @ R195 → ___________

Rekenaar @ R5 600 → ___________

Nuwe skooltas @ R60 → ___________

  1. (a) Hier volg ‘n tipiese kwotasie wat aan ‘n kliënt uitgemaak word vir dienste/produkte wat gelewer sal word. Lees dit noukeurig en kyk veral na die fynskrif aan die regterkant, onderaan.

Posbus 171

KURUMAN

8460

Tel. 891 5555

Kliënt: ____________________________

Adres: ____________________________

____________________________

Aantal: 4 205/60 Goodyear buitebande…..R1 540,00

Kwotasie aanvaar: ______________________

Pryse sluit BTW uit

Daar is geen belasting by hierdie kwotasie ingesluit nie. Die bedrag wat die kliënt dan uiteindelik sal betaal, is die gekwoteerde bedrag plus die belasting wat daarby gevoeg moet word. So word baie mense dikwels gevang, want op groot bedrae maak die persentasie belasting wat toegevoeg word, ‘n baie groot verskil aan die oorspronklike gekwoteerde bedrag.

Daarom probeer die meeste besighede om dit so maklik as moontlik te maak vir hul kliënte deur die belasting uit die staanspoor by alle pryse te voeg sodat die kliënte van die begin af presies weet wat die artikel uiteindelik sal kos.

My bestaan

Almal droom drome – soos van jou eerste salaristjek en wat jy alles daarmee gaan koop. Ons fantaseer oor ons droommotor, daardie oorsese reis en jou droomhuis waarin jy eendag wil woon. Wanneer jy jou oë oopmaak, is jy egter nog steeds ‘n tiener.

Hoe voel jy oor die huidige kwaliteit van jou lewe. Is jy tevrede daarmee en wat sou jy graag wou verander? Watter faktore, dink jy, beïnvloed jou huidige lewenstandaard en wat kan jy doen om dit te verander/verbeter? Dink jy daar is ‘n kans dat jou drome waar kan word? Waarom?

Skryf ‘n paragraaf of twee waarin jy jou bestaan aan die hand van bogenoemde riglyne omskryf.

[LU 1.1]

Assessering

LU 1

DIE EKONOMIESE KRINGLOOP

Die leerder is in staat om kennis en begrip van die ekonomiese kringloop binne die konteks van “die ekonomiese probleem” te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

1.1 onderskei tussen verskillende vlakke van behoeftes en verduidelik hoe daar daarin voorsien kan word;

1.2 identifiseer en beskryf die staat se rol in die gebruik van hulpbronne en dienste;

1.4 onderskei tussen direkte belasting (bv. Inkomstebelasting) en indirekte belasting (bv. BTW, belasting op brandstof)

Memorandum

Laat gesprek toe waar nodig ten einde sinvolle response te formuleer

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks