Inside Collection (Course): Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 5
Opdrag 1
Stel ‘n begroting saam om jou ouers te oortuig dat hul jou sakgeld moet verhoog en maak ‘n beter voorstel vir ‘n meer aanvaarbare bedrag.
| Bedrag | |||
| Inkomste - sakgeld | Totale bedrag | ||
| Uitgawes | |||
| a) | Skryfbehoeftes | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| iii) | |||
| iv) | |||
| b) | Toiletware | ||
| ii) | |||
| iii) | |||
| c) | Geskenke | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| iii) | |||
| d) | Lekkernye | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| Onderstreep Oorskot/Tekort |
[LU 3.4]
| Agtergrond |
Indien jou sakgeld nie aangevul word nie, sal jy nie al jou rekeninge kan betaal nie. Jou begroting sal dus OORSKRY wees. Die gevolge daarvan is opeenhoping van skuld. Watter implikasies kan dit tot gevolg hê in die normale besigheidswêreld?
|
Opdrag 2
Indien jou ouers slegs kan bekostig om vir jou R30,00 ‘n maand sakgeld te gee, op watter uitgawes sal jy besnoei sodat jou begroting balanseer? Stel nou ‘n nuwe begroting op deur items weg te laat wat volgens jou nie noodsaaklik is nie.
| Agtergrond |
| Om jou begroting te laat balanseer, beteken om ‘n bedrag uit te gee wat gelyk is aan of minder is as jou inkomste. |
| Bedrag | |||
| Inkomste - sakgeld | Totale bedrag | 30,00 | |
| Uitgawes | |||
| a) | Skryfbehoeftes | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| iii) | |||
| iv) | |||
| b) | Toiletware | ||
| ii) | |||
| iii) | |||
| c) | Geskenke | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| iii) | |||
| d) | Lekkernye | ||
| i) | |||
| ii) | |||
| Onderstreep Oorskot/Tekort |
[LU 3.4]
(b) Probleem 2: Huishoudelike begroting.
Jou ouers werk vir ‘n inkomste, aangesien hulle ook sekere uitgawes het wat hulle moet betaal. Hierdie uitgawes kan vaste uitgawes (nie veranderlik, elke maand ‘n vaste bedrag) of veranderlike uitgawes (neem toe na aanleiding van hoeveelheid gebruik) wees.
Opdrag 3
Groepeer die onderstaande uitgawes onder die toepaslike kolom: huispaaiement, telefoonhuur, waterrekening, huishulp se loon, elektrisiteitsrekening, klererekening wat jy afbetaal, tuinwerker se loon, kontant vir kruideniersware, sakgeld, ontspanningsuitgawes, brandstofverbruik.
| Vaste uitgawes | Veranderlike uitgawes |
Probleem: Mag jy werk vir sakgeld?
Opdrag 4
Lees die onderstaande koerantartikel deur wat in Rapport van 10 Februarie 2002 verskyn het.
Sy kan nie meer smiddae na skool met haar maats touspring nie. Van landloop, die sport waarin sy voorheen uitgeblink het, moes sy ook afskeid neem. Maar Waronice van Wyk (13) is nie meer kwaad nie, net gefrustreerd dat sy nou elke naweek by die huis alleen moet speel.
“Soms vergeet ek my been is af, want ek is al gewoond aan die kunsbeen,” sê sy.
En die kanse dat sy jou sal toelaat om haar kunsbeen te sien, is nul, want Waronice dra altyd langbroek “sodat mense nie kan sien hoe my been lyk nie.”
Die been waarvan sy praat, is haar regterbeen wat net onderkant die knie afgesit is. Sy het dit op 20 Desember 1999 in ‘n ongeluk verloor, toe sy as elfjarige op ‘n plaas buite Ceres in die Boland gewerk het.
Dis teen die wet en die ongeluk het die deur geopen vir die departement van arbeid om ‘n toetssaak teen die eienaars te begin.
Waronice se verhaal was baie in die nuus en het die klem op kinderarbeid op Suid-Afrikaanse plase geplaas.
Die afgelope week het die hof die maatskappy Daytona Stud (Edms.) Bpk. skuldig bevind op ‘n klag dat kinders jonger as vyftien daar in diens geneem is. Die maatskappy is beboet met R25 000, waarvan R10 000 vir vier jaar opgeskort is.
Waronice, wat nou in graad 8 is, het tussen ‘n trekker en ‘n sleepwaentjie geval en is meer as 25 m ver gesleep.
Sy onthou nog: “Ons was moeg gewerk. Ons het toe besluit om ‘n rygeleentheid op die trekker huis toe te neem. Niemand het vir ons gesê ons mag nie daarop ry nie.”
Sy het haar balans verloor toe die trekker deur ‘n slaggat ry.
Waronice was een van ‘n groep kinders wie se ouers gevra het dat hul kinders vir sakgeld in die skoolvakansie op die plaas mag werk. Hulle het almal R6 vir ‘n “halwe dag” en R15 vir ‘n “volle dag” verdien vir die verpakking van perskes.
Mnr. Mike Barnard, wat namens die maatskappy verskyn het, het die afgelope week in die hof gesê hoewel hy weet van die wet op kinderarbeid, was hy nie bewus van die “breë definisie” daarvan nie.
Versagtende omstandighede wat die plaasbestuur aangevoer het, is dat Waronice na die ongeluk hospitaal toe gebring is en dat die plaas vir ‘n kunsbeen betaal het.
Verder het die hof gehoor die maatskappy het ‘n Waronice-trustfonds in die lewe geroep en dat dit reeds R20 000 sterk is.
‘n Siviele klag kan egter moontlik teen die maatskappy ingebring word.
Intussen sê Waronice sy is vir niemand kwaad nie. Sy kan nou wel nie meer aan sport deelneem nie, maar daar is darem altyd haar musiek waarna sy kan luister.
Mnr. Nicolaas Bezuidenhout, Waronice se oupa, sê: “Ek voel die gereg het sy loop geneem. Ek is nie kwaad vir die eienaars van die plaas nie. Ons kan nie bekostig om die mense te haat nie.”
Wat is jou mening oor kinderarbeid/werk vir sakgeld?
Hoewel daar wetgewing teen kinderarbeid is, moet baie kinders onder die ouderdom van 16 in Suid-Afrika werk vir geld om hul gesinne te help onderhou.
Bespreek elk van die volgende situasies en besluit of dit aanvaarbaar is of nie. Skryf ook redes neer.
Situasie A: Jannie lewer vroegoggend koerante af. Die geld wat hy verdien, spaar hy om eendag universiteit toe te kan gaan.
Situasie B: Carina se ouers kan nie bekostig dat sy op skool bly nie. Sy het haar skool verlaat en in ‘n slaghuis gaan werk om hul gesin te help onderhou.
[LU 2.2]
| Agtergrond |
| Voltooi: Geld wat jy ekstra het en wat jy belê vir latere gebruik, word . . . . . . . . . . . . . . genoem. Dit is baie goed, omdat jy dan geld het vir noodgevalle, om as sekuriteit te dien, en as jy eendag nie meer kan werk nie, het jy geld om van te lewe.Daar is hoofsaaklik twee maniere hoe om te spaar. Jy kan die geld by die huis in ‘n spaarbussie hou of jy kan ‘n spaarrekening by ‘n finansiële instelling open. |
Opdrag 5
Watter manier van spaar is die beste? Motiveer jou antwoord.
[LU 3.4]
| Agtergrond |
| Geld kan by die poskantoor, in banke en gemeenskapsgebaseerde bank-fasiliteite gespaar word.By hierdie instellings kan jou geld RENTE verdien en so geleidelik meer word. |
Opdrag 6
Wat is RENTE?
(Wenk: Slaan in ‘n verklarende woordeboek na).
Jou ouers is bereid om elke maand R150,00 in jou eie spaarrekening by ‘n plaaslike bank te deponeer. Hiervan mag jy R50,00 maandeliks vir sakgeld onttrek, maar die oorblywende R100,00 moet rente verdien, sodat jy eendag self die deposito vir jou eie bromponie waarmee jy skool toe kan ry, kan betaal.
Opdrag 7
Maak ‘n lys van die banke in jou dorp/stad (op die meeste 5). Vaardig ‘n leerder per bank af om te gaan uitvind by watter bank jou geld die beste rente sal verdien in ‘n spaarrekening.
| Naam van bank | Rentekoers | Bankkoste per transaksie |
[LU 3.3]
Wanneer geld in ‘n spaarrekening gedeponeer word en later onttrek word, word die rente bereken op die daaglikse saldo (eindbedrag). Die renteberekenings word gewoonlik met ‘n rekenaar gedoen.
Opdrag aan die onderwyser: Nooi verteenwoordigers van die plaaslike banke uit om met die leerders te kom gesels oor die verskillende spaar- of bankgeriewe wat deur die banke aangebied word.
Opdrag 8
By watter bank sal jy ‘n spaarrekening gaan open? Motiveer jou besluit met ten minste vier goeie redes.
[LU 3.3]
Opdrag 9
Kry ‘n bankdeposito-strokie by ‘n plaaslike bank. Jy het gister verjaar en R230,00 kontant gekry. Jy wil dit graag in jou spaarrekening deponeer. Vul die bankdeposito-strokie korrek in en plak dit hier onder.
Banke gebruik die geld wat ons spaar om in ander besighede te belê of om geboue en grond aan te koop. Op dié manier laat banke ons geld “groei”. As jy jou geld by ‘n bank spaar, kry jy meer geld terug as wat jy ingesit het.
[LU 3.3]
LU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELING
Die leerder is in staat om begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling te toon en om krities oor die verwante prosesse na te dink.
Dit is duidelik as die leerder die volgende doen:
2.2 verduidelik die begrip ekonomiese groei en ontwikkeling, en die impak daarvan op die ontwikkeling van gemeenskappe en die samelewing;
2.3 ondersoek persoonlike stappe en houdings om die lewenstandaard te verbeter (bv. Die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede, die opbouende gebruik van tyd en hulpbronne om ‘n gesonde omgewing te bevorder).
LU 3
Bestuurs-, Verbruikers- en Finansiële Kennis en Vaardighede
Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Ons weet dit as die leerder die volgende doen :
3.3 vind uit en bespreek hoe ‘n spaarrekening by ‘n bank oopgemaak word en vul ‘n deposito- en onttrekkingstrokie in;
3.4 bespreek die waarde daarvan om geld te spaar en spaarsaam te wees, en waarom mense in wie se basiese behoeftes nie voorsien word nie, dit moeilik vind om te spaar.
Opdrag 1
Elke leerder moet na aanleiding van die probleemstelling ‘n begroting vir sekere uitgawes saamstel. Elke leerder moet die verskillende soorte uitgawes kwalifiseer met voorbeelde. ‘n Sakrekenaar mag gebruik word.
Kan verskil, maar die uitgawes moet net die inkomste oorskry en ‘n tekort moet aangedui word. ‘n Wenk is om afgeronde bedrae te gebruik.
(a) Skryfbehoeftes
(i) potlood R3,00
(ii) uitveër R4,00
(b) Toiletware
√ √ (i) onderarmrol R8,00
(ii) sjampoe R14,00
(c) Verjaarsdaggeskenke
(i) Elisma R15,00
(ii) Adri R15,00
(d) Lekkergoed
(i) Snoepie R16,00
√√
Opdrag 2
Die gevolge van die opeenhoping van skuld en dat ‘n persoon se uitgawes sy inkomste oortref, word met die klas bespreek. Die belangrikheid van die opstel van ‘n begroting sodat skuld nie kan ophoop nie, word onder die leerders se aandag gebring. Daarna kan die leerder die probleemstelling oplos. ‘n Sakrekenaar mag gebruik word.
Soos Opdrag 1, Totale bedrag R28,00 √ (minder as R30)
Ten minste drie items, maar nie meer as vyf. √ √ √
Totale afgerond. √ √
Surplus √ R2,00 √
Netheid √ √
Opdrag 3: Die verskil tussen vaste en veranderlike uitgawes word aan die leerders verduidelik, waarna die leerders individueel Opdrag 3 kan voltooi.
| Vaste | Veranderlik |
| Huispaaiement (doen saam as klas)Telefoonhuur √Huishulp se loon √Huishulp se loon √Sakgeld √Klererekening wat jy afbetaal √ | Waterrekening √Elektrisiteitsrekening √Kontant: kruideniersware √Ontspanningsuitgawes √Brandstofverbruik √ |
Opdrag 4: Die dilemma rondom kinderarbeid kan ‘n lewendige debat ontlok en elke leerder se siening kan oorweeg word. Die aanvaarbaarheid of onaanvaarbaarheid van sekere situasies kan dan oorweeg word.
Opinies kan verskil.
Situasie 1 – aanvaarbaar
Situasie 2 – onaanvaarbaar
Opdrag 5: Die belangrikheid van spaar word onder die leerders se aandag gebring, asook verskillende maniere van spaar. Daarna kan die beste manier van spaar afgelei word.
Spaarrekening voordeel – geld verdien rente
nadeel – moet bankkoste betaal
Spaarbussie: nadeel – kan gesteel word, het te maklik toegang tot geld.
Opdrag 6: Die begrip rente word aan die leerders verduidelik, waarna die opdrag voltooi word
Opbrengs van uitgeleende of geld wat belê is, vergoeding van bank omdat hul jou geld vir hul beleggings kan gebruik.
Opdrag 7: ‘n Groep leerders kan afgevaardig word om by verskillende banke inligting oor rentekoerse en bankkostes te versamel. Slegs een leerder per graadgroep kan by een bank die inligting gaan versamel en dit dan aan die ander graadgroepe deurgee. Antwoorde kan verskil
Opdrag 8: Leerders moet slegs aflei dat verskillende banke verskillende rentekoerse bied, asook dat die bankkostes verskil. Solank ‘n leerder kan motiveer, met aanvaarbare redes, hoekom hy/sy ‘n spesifieke bank gekies het, is alle antwoorde aanvaarbaar. Antwoorde kan verskil
Opdrag 9
Voorbeeld van depositostrokie en bepunting
Leerders kry prakties die geleentheid om ‘n bankdepositostrokie in te vul. Hoe dit gedoen word, kan vooraf aan die klas verduidelik word. ‘n Verskeidenheid banke se strokies kan ingevul word, sodat leerders die basiese inligting wat op almal voorkom, kan aflei.