Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 1
INLEIDING
Die avonture van die Wapse is nou verbonde aan die ondervindings van elke leerder in Graad 1, seuns sowel as dogters. Hulle word blootgestel aan ander omgewings - stedelik, platteland, en word bewus van hoe anders mense lewe, bv. in die bos, sonder krane en elektrisiteit.
Opvoeders moet onthou dat daar leerders in hul klas mag wees wat nie Graad R bygewoon het nie en dus sekere vaardighede, strategieë en konsepte van Graad R nie ontwikkel of aangeleer het nie. Die opvoeder het dus nodig om te verseker dat hierdie in Graad 1 aangeleer en ontwikkel word. (Sien Graad R-modules)
Luister en spraak is die belangrike fondamente waarop geletterdheid gebou word. Die mate waarvolgens leerders die praat van hul huistaal bemeester het, sal verskil en die opvoeder moet hiervan bewus wees.
Taalontwikkeling is ‘n proses wat geleidelik ontwikkel en elke leerder het die simpatieke ondersteuning van die opvoeder ter alle tye nodig.
In Graad 1 luister en lees die leerders stories en word hulle betrek by die leer van klanke en die skryf van die taal. Die klasomgewing moet ‘n plek wees wat die leerders sal aanmoedig om alle aspekte van die taal te leer.
TYDSKEDULE
Alle leerders behoort al agt modules te voltooi, plus-minus twee per kwartaal. Hulle moet toegelaat word om teen hulle eie spoed te werk.
Hier identifiseer Willie met die leerders. Hy vier sy verjaardag. Daar is wesenlike verskille en leerders bespreek hulle. So ook verskil mense van mekaar.
Daar is raaisels om te lees en speletjies om te speel.
| Skrif |
|
, |
, |
|
| en klanke |
|
, |
, |
|
LU 1.3
verjaarsdag, altesaam, versier, linte, om uit te vind hoeveel dele (lettergrepe) daar is.
LU 6.1
LU 1.5 LU 2.5
LU 2.1 LU 2.6
LU 3.6
Laat die leerders voorspel wat in elkeen van die briewe geskryf is wat Vollie, Grootoog en Makkie ontvang het.
Versamel voorbeelde van verskillende kaartjies en bespreek dit met die leerders. (Leerders kan ook voorbeelde van kaartjies van die huis af bring.)
Verdeel die klas in groepe van vier tot vyf leerders. Elke groep gaan vir Willie ‘n verjaarsdagkaartjie maak. Lei die leerders deur die volgende stappe:
- ontwerp die kaartjie (leerders teken ‘n voorbeeld van hulle kaartjies);
- beplan wat nodig is om die kaartjie te maak (leerders omkring alles wat hulle nodig het);
- maak die kaartjie;
- kies die gepaste bewoording (opvoeder verleen hulp);
- hou ‘n uitstalling met al die kaartjies.
Vanoggend is Willie vroeg wakker. So vroeg dat die voëltjies nog nie eens buite in die bome sing nie. Net die wind is wakker en dit waai saggies deur die blare bokant hulle huis. Eers kan Willie nie onthou hoekom hy so opgewonde voel nie, en toe weet hy skielik! Dis sy verjaarsdag! Vandag is hy ag jaar oud! Hy lê nog ‘n rukkie en dink aan al die lekker goed wat vandag gaan gebeur en toe spring hy uit die bed!
Willie kyk eers deur die venster om te sien of dit ‘n mooi sonskyndag gaan wees. Dis nog nie heeltemal lig nie, maar Willie kan sommer dadelik sien dat daar nêrens ‘n wolkie in die lug is nie. Jippie! Hy hou vanmiddag partytjie en dis darem nooit so lekker as dit reën nie.
Makkie lê buite op die stoep en slaap, maar hy word dadelik wakker toe Willie by die deur uitkom. Willie tel vir Makkie op sy skouer en saam kyk hulle hoe die son opkom.
Net daarna kom Willie se mamma en pappa uit. Hulle gee vir hom ‘n drukkie en ‘n soentjie. “Baie geluk, Willie”, sê Mamma. “Ons hoop jy verjaar sommer baie lekker!” Willie voel baie trots en belangrik! Dit is so lekker om te weet dat hy nou al ag jaar oud is! Hy word nou ‘n groot Waps.
Jy wonder seker wanneer Willie sy geskenkie gaan kry? Die Wapse kry egter nooit geskenke op hulle verjaarsdae nie. Nee, hulle doen iets heeltemal anders. Elke Waps-kind het ‘n spesiale boom. Hulle pappas plant die boom wanneer hulle gebore word en elke jaar wanneer hulle verjaar, maak hulle nog ‘n merkie op die boom. Daar is nou al sewe merkies op die boom en Willie en sy pappa gaan nou nog ‘n merkie maak sodat almal wat verby loop sommer kan sien dat hy nou ‘n groot Waps is! Die Wapse versier ook elke jaar hulle bome op hulle verjaarsdae en Kassie en Bienkie help vir Willie om sy boom vol gekleurde linte te draai.
Dit is vir Willie baie lekker om te verjaar! Hy is baie opgewonde en hy kan amper nie meer wag tot sy partytjie vanmiddag begin nie!
![]() |
| LU 3.1 |
![]() |
| LU 4.3 |
![]() |
| LU 4.1 |
Om die draai en om die hoek,
vir ‘n vinniger trein,
sal jy ver moet soek!
Na die winkel moet hul ry,
want dis waar
die Wapse hul kos gaan kry!
Vinnig by die opdraand op
lui die klokkie,
ons gaan stop!
Al die Wapse buig en waai,
daar gaan die trein weer
om die draai.
| LU 2.3 |
Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder sing, resiteer, mimiek en liedjies, gedigte en rympies opvoer.
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder letters en woorde herken en betekenis uit geskrewe teks skep.
Leeruitkomste 4:SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf.
Assesseringstandaard 4.3: Dit is duidelik wanneer die leerder vir verskillende doeleindes skryf.