Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Om 'n ontwkkelde vlak van konsentrasie te toon

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Om 'n ontwkkelde vlak van konsentrasie te toon

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 5

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 3

DRAMA

AKTIWITEIT 1

OM 'N ONTWIKKELDE VLAK VAN KONSENTRASIE TE TOON

[LU 3.3]

KONSENTRASIE

Oefening:

laat die leerders binne ‘n paar sekondes soveel moontlik besonderhede van iemand anders se kleredrag, hare, skoene, kleure, ens. waarneem;

verwyder die persoon uit die leerders se gesigsveld;

laat hulle alles wat hulle omtrent die persoon waargeneem het, neerskryf.

AKTIWITEIT 2

OM 'N ROL VOLHOUBAAR TE SPEEL

[LU 3.4]

STORIE IN DIE WOUD

Eerste Fase

  • gebruik die skoolsaal of die verhoog;
  • laat die leerders ‘n woud in hierdie ruimte voorstel;
  • laat die leerders stoele (bome) in die ruimte plaas;
  • indien hulle ‘n rivier in die woud wil hê, laat hulle dit op die vloer afmerk;
  • laat al die leerders deur die ‘woud’ stap om ‘n gevoel te kry van die ruimte waarin hulle gaan werk;
  • maak seker dat hulle die omgewing, kleure, teksture, geluide, reuke, ens. van die woud visualiseer.

Tweede Fase

  • verwyder die leerders uit die woud;
  • laat hulle aan ‘n karakter dink wat hulle graag in die woud sal wil wees – hulle kan selfs diere wees;
  • moedig kreatiwiteit aan;
  • laat hulle die elemente van karakterisering ondersoek:
  • Aksie: Wat doen ek?
  • Wilskrag: Hoekom doen ek dit?
  • Aanpassing: Hoe doen ek dit?
  • laat hulle die uiterlike kenmerke van karakterisering ondersoek:
  • die liggaam: (is die karakter jonk, oud, vet, beseer…?)
  • die stem: (skerp, diep, verleidelik, oud, kinderlik…?)
  • die gesig: (klein oë, skewe mond, senuweespanning…?)
  • die houding: (selfversekerd, senuweeagtig, onseker, in beheer…?)
  • die rekwisiete: (bril, kroon, kierie, geweer…?)
  • die kostuum: (aandrok, pak, sweetpak, lappe…?)
  • die grimering: (baard, veroudering, fantasie…?)
  • laat die leerders weer deur die woud beweeg as die karakter wat hulle geskep het

Derde Fase

  • deel die klas op in groepe;
  • elke leerder moet die karakter wat hy geskep het, behou en ‘n storie skep deur sy karakter en die karakters van die ander leerders in sy groep te gebruik;
  • laat die leerders aan gepaste dialoog werk;
  • laat die leerders hul stories beplan en inoefen;
  • laat die leerders hul stories opvoer voor die res van die klas.

Notas:

  • elke aksie wat plaasvind op die verhoog moet ‘n doel hê;
  • maak seker dat die dialoog maklik is om voor te dra en te onthou;
  • maak seker dat die storie ‘n begin, middel en einde het;
  • maak seker dat daar ‘n hoogtepunt is;
  • in plaas daarvan om dialoog te gebruik, probeer aksies – jy hoef nie iets te sê om ‘n punt te maak nie;
  • gebruik soveel van die ruimte tot jou beskikking as wat moontlik is – beweging op die verhoog kan baie opwindend wees.

Assessering

LU 3

DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ALGEMEEN

t.o.v. 3.1 – 3.7 hieronder, die volgende toon:

  • saamwerk met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders toon;

DRAMA (3.3, 3.4)

  • ‘n vlak van selfvertroue ontwikkel en vermoë om konsentrasie, sintuiglike waarneming en ruimtelike bewustheid gebruik om op drama-oefeninge te fokus;
  • ‘n rol aanneem en daarin bly, en in staat is om in rol vrae met gepaste taal en gebare te beantwoord;

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks