Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 5
DANS
AKTIWITEIT 1
OM VOOR TE BEREI VIR DIE AKTIWITEITE DEUR REG OP TE WARM
[LU 4.1]
Voordat jy kan begin om jou danse te ontwerp, moet jou liggaam reg opgewarm wees om beserings te voorkom en jou voor te berei vir die aktiwiteite wat volg.
Staan met jou voete heupwydte van mekaar, arms lang jou sye.
Asem in deur jou neus – lig arms bo jou kop.
Asem uit deur jou mond – laat sak arms en buig knieë terselfdertyd.
Herhaal vier keer.
Beweeg van kant tot kant terwyl jy op een plek staan.
Hou beweging en lig regterarm bo jou kop en dan die linkerarm om die beurt (herhaal agt keer).
Hou beweging en lig regterarm voor bolyf verby en dan jou linkerarm om die beurt (herhaal agt keer).
Buig en maak knieë reguit – lig arms op langs sye (herhaal agt keer).
Plaas hande op knieë – hou knieë gebuig – lig tone om die beurt – hou hakke op die vloer (herhaal agt keer).
Behou posisie en lig hakke om die beurt (herhaal agt keer).
Strek (“lunge”) van kant tot kant en hou voete op die vloer (herhaal agt keer).
Strek na regs en hou strek vir vier tellings.
Strek na links en hou strek vir vier tellings.
Hou knieë gebuig, voete en knieë wys na buite – plaas hande op knieë – trek jou rug op na bo (soos ‘n kat) en ontspan na beginposisie (herhaal agt keer).
Maak knieë reguit en buig bolyf vorentoe.
Buig knieë en lig bolyf weer op (herhaal agt keer).
Loop/marsjeer op een plek – lig arms op en af (herhaal agt keer).
Loop/marsjeer op die plek sonder om jou arms te beweeg.
Jy kan enige van hierdie oefeninge neem en kombineer.
Jou opwarming moet nie minder as drie minute ennie meer as tien minute duur nie.
Jy moet dwarsdeur die opwarmingsoefening normaal asemhaal.
AKTIWITEIT 2
OM 'N DANS WAT VIR 'N BEPAALDE RUIMTE GESKIK IS, TE DOEN: DIE SPORTDANS
[LU 4.1]
Jy kan slegs hiermee begin as jy goed opgewarm is.
Hierdie dans word buite op die sportveld gedoen. As gevolg van die grootte van die ruimte tot jou beskikking, hoef jy nie musiek vir hierdie dans te gebruik nie.
Kies ‘n sportaktiwiteit bv. rugby, tennis, netbal, atletiek, krieket of sokker.
Hardloop, stop en vries in die verskillende bewegings.
Ontwikkel elke stop - en beginaksie.
Gebruik elke aksie om van een plek na ‘n ander te beweeg.(m.a.w. gebruik die ruimte tot jou beskikking asof jy regtig die sport speel, bv. ontwyk, slaan, gooi, ens).
Vergroot jou bewegings (maak jou bewegings groter as gewoonlik).
Beweeg in stadige aksie.
Voeg sterk en vinnige of sagte en stadige bewegings by.
Maak geleidelike of skielike veranderinge van spoed.
Skep jou eie ritme vir jou bewegings.
Skep jou eie dans deur al bogenoemde elemente saam te voeg.
AKTIWITEIT 3
OM 'N DANS WAT VIR 'N BEPAALDE RUIMTE GESKIK IS, TE DOEN: DIE STOELDANS
[LU 4.1]
Hierdie dans moet in die klaskamer uitgevoer word. Let op die verskil in ruimte tot jou beskikking in verhouding tot die vorige dans.
Jy het ook ‘n lessenaar, tafel of stoel om mee te werk.
Jy kan musiek vir hierdie dans gebruik. R & B of Rock werk goed met hierdie dans. Kies musiek met ‘n definitiewe tempo.
Probeer verkillende posisies met jou bolyf inneem, terwyl jy by jou lessenaar sit (bv. sit regop, buig vorentoe, buig na die kante).
Probeer verskillende posisies met jou kop en nek inneem.
Ondersoek verskillende armbewegings (bv. rigting, gebuig of reguit).
Kies een kopposisie, liggaamsposisie en armposisie en kombineer die bewegings om ‘n sekwens te vorm.
Probeer verskillende beenposisies inneem terwyl jy op jou stoel sit.
Probeer in en om jou lessenaar beweeg (staan op jou stoel, sit op jou lessenaar, staan langs of agter jou stoel).
Ontwerp ‘n kombinasie van al die bewegings en choreografeer jou eie stoeldans.
Jy kan klank by jou dans voeg deur die tafel, stoel of vloer te gebruik om die tempo te hou (slaan met jou hand op die tafel, stamp met jou voete op die vloer).
Voeg die klank en bewegings bymekaar.
AKTIWITEIT 4
OM NA DIE DANSAKTIWITEITE OP DIE REGTE MANIER AF TE KOEL EN TE STREK
[LU 4.1]
Dit is belangrik om die spiere wat jy gebruik het gedurende hierdie oefening te strek, anders sal jy stywe spiere vir omtrent drie dae hê.
Kies musiek met ‘n stadige tempo.
Asemhalingsoefening
Nek strek
Kop en arm strek
Rug en arm strek
Hampees (“Hamstring”) strek
Quadriceps (Bo-been) strek
Skud alle liggaamsdele los.
Herhaal asemhalingsoefening.
Hou alle strekke vir agt tellings.
Die afkoel en strek moet nie minder as drie minuteen nie meer as vyf minute duur nie.
Alle strekke moet stadig gedoen word.
LU 4
UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIEDie leerder is in staat om veelvuldige vorme van kommunikasie en uitdrukking in kuns en kultuur te ontleed en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS (4.1)