Inside Collection (Course): Kuns en Kultuur Graad 5
DANS
AKTIWITEIT 1
OM OP TE WARM EN KOÖRDINASIE TE ONTWIKKEL
LU 1.1
Voordat jy enige van die aktiwiteite kan doen, moet jy jou liggaam opwarm. Die opwarmingsoefening sal verhoed dat jy gedurende die danse seerkry en sal die aktiwiteite makliker maak om uit te voer.
Voorbereiding - staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye. Onthou:
dit is belangrik om jou liggaamslyn te behou om die spesifieke spiere wat opgewarm word, te isoleer;
korrekte liggaamslyne sal beserings verhoed;
beweeg slegs die liggaamsdele en spiere soos voorgeskryf.
Asemhalingsoefening
Asem in deur die neus vir vier tellings en lig die arms geleidelik sywaarts op.
Strek jou ruggraat.
Asem uit deur jou mond vir vier tellings en laat jou arms geleidelik sak.
Herhaal asemhalingsoefening.
Staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, knieë effens gebuig, arms langs jou sye.
Kop- en nek-isolasies
Staan met jou voete ‘n heupwydte van mekaar af, voete vorentoe, arms langs die sye.
Sak en lig jou kop, van kant tot kant (herhaal agt keer).
Maak halfsirkels met jou kop van regs na links, dan links na regs (herhaal agt keer):
Skouer-isolasies
lig jou regterskouer, sak, lig dan jou linkerskouer, sak. (herhaal agt keer)
draai regterskouer, dan linkerskouer. (herhaal agt keer)
kombineer kop- en skoueroefeninge:
Moenie die res van jou liggaam beweeg nie.
Probeer jou skouers so hoog as moontlik oplig sodat die strek effektief kan wees.
Moenie jou kop beweeg nie; kyk vorentoe.
Stap op die plek op maat van die musiek vir agt tellings.
Stap vorentoe vir vier tellings.
Stap agtertoe vir vier tellings.
Herhaal agt keer.
Voeg armbewegings by die stapaksie:
Dyspieropwarming
Bly op een plek en lig jou knieë beurtelings op en af.
Herhaal agt keer.
Beweeg vorentoe terwyl jy jou knieë lig (vier keer).
Beweeg agtertoe terwyl jy jou knieë lig (vier keer).
Herhaal agt keer.
Voeg armbewegings by terwyl jy vorentoe en agtertoe beweeg.
“Hamstring”-opwarming
Tree na die regterkant (kyk vorentoe), lig linkerbeen op agter jou, buig jou knie.
Tree na links (kyk vorentoe), lig jou regterbeen op agter jou, buig jou knie.
Herhaal agt keer.
Tree vorentoe terwyl jy jou been agtertoe oplig (vier keer).
Tree agtertoe (vier keer).
Voeg armbewegings by.
Spronge
Voorbereiding: Druk jou hele voet, veral jou hakke, op die vloer (dit sal jou die krag gee om in die lug te spring).
Strek jou bene en voete.
Hou jou skouers oop en vierkantig.
Hou jou liggaam regop.
Gebruik elke spier in die sool van jou voet.
Werk van die hakke deur na die tone.
Wanneer jy land, moet jou tone eerste die grond raak.
Sit jou voet geleidelik neer totdat jou hak die grond raak.
Buig jou knieë wanneer jy land.
Spring vanaf twee voete.
Buig knieë voordat jy spring.
Maak knieë reguit soos jy opspring.
Sping vorentoe, agtertoe, na links, na regs.
Spring op die maat van die musiek.
Spring van een voet na die ander.
Kombinasie:
Spring van een voet na die ander.
Rugopwarming
Buig jou knieë – voete en knieë vorentoe, boude uit, plaas jou hande op jou knieë, trek jou rug op (soos ‘n kat) en ontspan (herhaal agt keer).
1. Voer die volgende bewegings uit met musiek.
Fokus moet geplaas word op:
2. Daar is vyf basiese liggaamsaktiwiteite; ondersoek hierdie aktiwiteite deur middel van beweging.
Die Musiek:
Kies musiek met ‘n middel- tot vinnige tempo.
“Mickey” van Toni Basil is ideaal vir hierdie konsep.
Luister na die musiek voordat julle die bewegings aandurf.
Die Pom-poms:
Indien moontlik, maak jou eie pom-poms – twee elk – een vir elke hand.
Eenvoudige, maar effektiewe pom-poms kan gemaak word van “streamers” of enige ander repe materiaal, plastiek ens.
Enige materiaal wat vrylik sal beweeg wanneer dit hanteer word, kan gebruik word.
Die Dans:
Die rasie-roetine moenie meer as drie minute lank wees nie.
3. Hieronder volg basiese bewegings vir ‘n Rasie-dansroetine.
NB: Hierdie is slegs ‘n beknopte voorbeeld van choreografie. Jy kan dit verander soos jy wil – of dit glad nie eens gebruik nie! Wees kreatief! Luister na die musiek en besluit watter bewegings jy tegelykertyd of apart wil doen.
Die Opvoering:
Gebruik die T-hempies wat julle in die kunsklas gemaak het en die pom-poms as deel van die kostuums.
Voer die dans by die volgende sportbyeenkoms op.
Jy sal vind dat ‘n gehoor van vreemdelinge die eerste sal wees wat hulle waardering sal uitspreek.
Jy sal ook verbaas wees om te sien hoe die gehoor/toeskouers se reaksie jou kan motiveer.
AKTIWITEIT 3
OM DIE SPIERE AF TE KOEL EN TE STREK NA AFLOOP VAN DIE OEFENINGE
[LU 1.3]
Asemhalingsoefening
Nekstrek:
Bors- en armstrek:
Rugstrek- en armstrek:
Hampees- en kuitstrek:
Dyspierstrek:
Herstel:
LU 1
SKEPPING, INTERPRETERING EN PRESENTERINGDie leerder kan in elk van die kunsvorme skep, interpreteer en werk presenteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
DANS
1.1 by die voorbereiding van die liggaam ‘n opwarmingsritueel volg wat koördinasie en beheer ontwikkel.
1.2 dansreekse improviseer en skep wat die konsep van kontras gebruik, terwyl daar duidelike oorgange van een beweging of vorm na ‘n ander is, en daar gefokus word op: ruimte (hoog/laag, groot/klein, vorentoe/sywaarts/agtertoe, naby/ver, smal/breed); tyd (vinnig/stadig, gereeld/ ongereeld); fors/krag (kragtig/ liggies, vloeiend/rukkerig);
1.3 dansreekse improviseer en skep wat die volgende verken: die bewegingsreeks van elke liggaamsdeel; geometriese konsepte soos parallel, simmetrie, afstand, volume en massa, reghoeke, vyfhoeke, seshoeke en agthoeke.