Inside Collection (Course): Tegnologie Graad 5
Meet en teken met moderne meetinstrumente
OPDRAG 1:
Afmetings
[LU 1.3]
Meet die lengtes van die aangeduide lynstukke in mm in die volgende skets. Skryf dit neer op 'n kopie van die tabel.
Watter meetinstrument is die geskikste?
![]() |
| (a) | (f) | |||
| (b) | (g) | |||
| (c) | (h) | |||
| (d) | (i) | |||
| (e) | (j) |
Wenk aan onderwyser:
Laat ‘n speling van ± 2 mm na weerskante toe, maar moedig leerders tog aan om baie noukeurig te meet.
Agtergrond:
Wat is ‘n lynstuk?
Die lynstukke waaruit die bogetekende skets saamgestel is, is hoofsaaklik HORISONTAAL, VERTIKAAL, DIAGONAAL (skuins) of GEBOË.
Wat is ‘n horisontale lyn?
Wat is ‘n vertikale lyn?
Wat is ‘n diagonale lyn?
Wat is ‘n geboë lyn?
OPDRAG 2:
Kyk weer na die skets in Opdrag 1 en beantwoord die volgende vrae:
[LU 1.3]
Hoe?
OPDRAG 3:
Om lyne met instrumente te teken
[LU 1.3]
Ontwerp en teken met behulp van ‘n liniaal en die vier tipes lyne enige voorwerp op hierdie geruite papier (Bylae 1).
OPDRAG 4:
Om lyne met instrumente te teken
[LU 1.8]
a. Teken ‘n horisontale lyn van 50 mm met jou liniaal. Volg die instruksies.
b) Trek ‘n diagonale lyn van 70 mm met jou liniaal. Volg die bogenoemde instruksies.
Uitdaging:
Probeer ook die kubus met ‘n hoek van 45º na regs teken.
Agtergrond:
Hierdie twee lyne is PARALLEL aan mekaar getrek.
Hoe sou jy parallelle lyne beskryf?
OPDRAG 5:
Verhouding
[LU 1.3]
Trek ‘n lyn parallel aan elk van die volgende:
![]() |
Agtergrond:
Voltooi : Die punt waar twee lyne mekaar ontmoet, word ‘n _ genoem. Die grootte van ‘n hoek word in GRADE gemeet en ons gebruik ‘n GRADEBOOG om die grootte van ‘n hoek te meet.
![]() |
Wanneer ‘n vertikale lyn ‘n horisontale lyn loodreg ontmoet, word ‘n gevorm. So ‘n hoek is 90o groot.
![]() |
Ons kan ‘n lynstuk ook ‘n GESTREKTE HOEK noem. So ‘n hoek is 180o groot.
Wanneer ‘n hoek tussen 0o en 90o is, word dit ‘n SKERPHOEK genoem en wanneer ‘n hoek tussen 90o en 180o is, word dit ‘n STOMPHOEK genoem.
![]() |
Skerphoek
![]() |
Stomphoek
OPDRAG 6:
[lu 1.2]
Skryf watter soort hoek elk van die volgende is:
![]() |
Wenk:
Draai die bladsy so dat een sy van die hoek horisontaal lê en besluit dan. Gebruik 'n raamwerk soos die volgende vir jou antwoorde.
| (a) | (e) | |||
| (b) | (f) | |||
| (c) | (g) | |||
| (d) |
OPDRAG 7:
Teken twee voorbeelde van elke tipe hoek met jou potlood en liniaal.
[LU 1.3]
a. ‘n Regtehoek
b. ‘n Skerphoek
c. ‘n Stomphoek
Agtergrond:
As ons sekere lynstukke en van bogenoemde drie hoeke kombineer, kry ons MEETKUNDIGE FIGURE. Dit word ook twee-dimensionele vorms genoem, omdat hulle plat vorms of vlakke is. Lyne wat een-dimensioneel is, word in tekeninge gebruik om twee-dimensionele fatsoene of vlakke te vorm. Die meeste twee-dimensionele figure het twee dimensies, naamlik lengte en breedte.
OPDRAG 8:
[LU 1.2]
Kan jy dié basiese meetkundige figure herken?
![]() |
OPDRAG 9:
Teken van figure
[LU 1.2]
Beantwoord die volgende vrae deur slegs die naam van die korrekte meetkundige figuur neer te skryf.
(i)
(ii)
(iii)
(iv) (Wenk: Gebruik ‘n stukkie wol)
h. Gebruik jou potlood en ‘n vierkantige ruitnet (p. 15) en teken:
(WENK : Hier mag jy enige hulpmiddel inspan of dalk kan jy ‘n PASSER hiervoor gebruik.)
Agtergrond:
Wat is ‘ n passer?
Die volgende dele van ‘n sirkel is belangrik, nl. die middelpunt, die radius
en die middellyn. As jy weet wat die lengte van die radius of middellyn van ‘n sirkel is,
is dit maklik om ‘n sirkel met ‘n passer te trek.
OPDRAG 10:
Teken ‘n sirkel met ‘n passer
[LU 1.8]
a. ‘n Sirkel met ‘n middellyn van 100 mm
b. ‘n Sirkel met ‘n radius van 30 mm
Onthou:
‘n Passer is nie ‘n speelding nie en dit kan gevaarlik wees as jy dit nie versigtig hanteer nie.
OPDRAG 11:
Teken met behulp van ‘n liniaal en potlood die boonste ontwerp op die onderste geruite papier oor.
[LU 1.7]
OPDRAG 12:
Verhouding
[LU 1.8]
Probeer die skets van Opdrag 11 op die onderstaande skoon bladsy oorteken. Gebruik ‘n passer en liniaal as hulpmiddel.
LW: Alle tekenwerk word met ‘n potlood gedoen.
LU 1
Tegnologiese Prosesse en Vaardighede
Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek:
1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;
1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;
1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;
1.3.3 verwerk en interpreteer data;
1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;
Ontwerp
1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;
1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;
1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;
Maak
1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;
1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;
Evalueer
1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;
1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;
Kommunikeer
Opdrag 1
liniaal
a – j : Antwoorde word bepaal deur die lengtes van die lynstukke deur die illustreerder verskaf.
Agtergrond
Opdrag 2
(a) d; f; h
(b) 5
(c) e; j; b
(d) eie diskresie
(e) ‘n Geboë lyn. Met ‘n stukkie tou/wol wat jy op die kurwe plaas en dan met ‘n liniaal meet.
Opdrag 3
elke leerder kan sy eie voorwerp teken
a 1Opdrag 4
d 4
70 mm
b 25 e
3 c
Agtergrond
‘n lyn wat ewewydig met ‘n ander lyn loop en dit nooit kruis nie
Opdrag 5
Agtergrond
Opdrag 6
(a) skerp
(b) regte
(c) stomp
(d) skerp
(e) regte
(f) stomp
g) skerp
Opdrag 7
(a) eie diskresie, solank dit ‘n 90o-hoek is
(b) eie diskresie, > as 0o en < as 90o
(c) eie diskresie, > as 90o en < as 180o
Opdrag 8
(a) vierkant
(b) reghoek
(c) driehoek
(d) sirkel
Opdrag 9
(a) vierkant en reghoek
(b) vierkant
(c) reghoek
(d) vierkant en reghoek
(e) driehoek
(f) sirkel
(g) (a) 33 mm x 4 = 132 mm (± 130 mm)
(b) 2 x 48 mm + 2 x 21 mm
= 96 mm + 42 mm
= 138 mm (± 140 mm)
(c) 42 mm + 42 mm + 48 mm = 172 mm
(d) 120 mm
(h) 1. ‘n vierkant elke sy 40 mm
2. ‘n vierkant elke sy 50 mm
3. ‘n reghoek met die lengte 50 mm en breedte 30 mm
4.
40 mm40 mm
30 mm
5. Enige sirkel is aanvaarbaar
Agtergrond
‘n werktuig met twee bene om sirkels mee te teken
Opdrag 10
1.
middellyn moet 100 mm wees dus afstand op passer 50 mm
2.
30 mm afstand op passer
Opdrag 11
Resultaat word bepaal n.a.v. skets
Opdrag 12
Evalueer hoe noukeurig leerder dit gedoen het n.a.v. die volgende vrae:
Opdrag 13
Onderwyser kan die punt bepaal deur die leerder te meet t.o.v. sy eie indrukke oor sy/haar werk.