Inside Collection (Course): Tegnologie Graad 5
OPDRAG 1:
Beplanning
[LU 1.10]
Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.
a. Watter materiale gaan ek gebruik om die bordspeletjie te maak?
b. Watter aksies gaan ek uitvoer (bv. knip, gom, ens.)
c. Watter gereedskap gaan ek gebruik om die speletjie te maak?
d. Hier is riglyne vir die basiese stappe wat gevolg moet word. Bepaal hoeveel tyd jy vir elke stap sal benodig as jy twee uur tot jou beskikking het.
| Stappe | Tydsduur |
| 1. Uitknip van karton van 30 cm by 30 cm. | |
| 2. Oortrek van karton met geskenkpapier. | |
| 3. Oorteken van ontwerp op skaal op wit bladsy. | |
| 4. Inkleur/versier van bord met die nodige potlode/penne/khoki’s. | |
| 5. Uitknip van vierkant met grootte van ± 25 cm by 25 cm. | |
| 6. Vasplak van vierkant op karton. | |
| 7. Aanbring van naam van speletjie op buitekant. | |
| 8. Saamstel van pamflet met reëls. | |
| 9. Oortrek van tandepastadosie met geskenkpapier en vasplak. | |
| 10. Plasing van reëls en toerusting in tandepastadosie. | |
| 2 h |
Voordat jy jou finale speletjie maak, is dit belangrik om uit te toets of jou speletjie sal werk. Teken ‘n PROTOTIPE (voorbeeld) rofweg in jou klaswerkboek en speel jou speletjie met ‘n maat. Maak veranderinge nou, indien dit nodig is. Skryf jou verandering neer.
OPDRAG 2:
Maak nou die bord van jou bordspeletjie
[LU 1.9]
Voordat ons die speletjie gaan maak, moet ons eers deeglik BEPLAN.
OPDRAG 3:
Teken op skaal
[LU 1.12]
Jy moet nou leer om die plan van jou speletjie op skaal te vergroot.
Instruksies
![]() |
OPDRAG 4:
[LU 1.8]
Drie belangrike vereistes, behalwe natuurlik vir die inhoud van die pamflet met die reëls, is dat dit netjies, leesbaar en sonder spelfoute moet wees. Met die onderwyser se toestemming mag jy tuis die pamflet op ‘n rekenaar tik en uitdruk of met die hand in drukskrif skryf op ‘n A 4-papier.
OPDRAG 5:
[lo 1.7]
Hoe trek jy ‘n tandepastadosie oor?
Evaluering
Dit is belangrik om jou werk te evalueer – nie net om te leer uit jou foute nie, maar ook om trots te kan voel as jy ‘n taak suksesvol afgehandel het.
Uitdaging
Stuur jou speletjie aan ‘n speelgoed- en speletjiesfirma. Dalk aanvaar hulle dit en is hulle bereid om dit in groot hoeveelhede dwarsoor die wêreld op winkelrakke te verkoop. Dan word jy sommer ‘n kitsmiljoenêr en kan jy die volgende wintervakansie jul hele gesin Disneyland toe neem. Dan kan jy Jan Tuisbly se karretjie maar verkoop!
LU 1
Tegnologiese Prosesse en Vaardighede
Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
Ondersoek:
1.1 uitvind oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing, aard van behoefte) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word en die voordele en nadele wat ‘n tegnologiese oplossing vir mense sou kon inhou, noem;
1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;
1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;
1.3.3 verwerk en interpreteer data;
1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;
Ontwerp
1.4 met bystand ‘n kort en duidelike stelling skryf of kommunikeer (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;
1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;
1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;
Maak
1.7 die stappe beskryf in ‘n plan om iets te maak, insluitend tekeninge of sketse van hoofdele;
1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;
1.9 netjies en veilig werk met die minimum vermorsing van materiaal;
Evalueer
1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en besperkings (bv. mense, doel, omgewing), en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;
1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;
Kommunikeer
Opdrag 1
(Raadpleeg Opdrag 1[vereistes] by Ontwerp.)
(a) (moontlike antwoorde) dik karton; ‘n skoon, wit bladsy; toedraaipapier, gom, ‘n leë dosie.
(b) meet, knip, teken, skryf, inkleur, oortrek, gom, vou, natrek, plak, bêre.
(c) liniaal, gradeboog, passer, khoki’s, potlood, uitveër, inkleurpotlode, skêr, sjabloon (stensil)
(d) antwoorde kan verskil
Opdrag 2
Leerder moet hierdie vrae later beantwoord en alle antwoorde behoort baie goed te wees.
Opdrag 3
Teken ontwerp vyf maal groter oor.
Opdrag 4
Opdrag 5 van ontwerp word nou verfyn en oorgeskryf.
Opdrag 5
Na voltooiing van elke leerder se dosie kan die leerkrag die produk assesseer met behulp van die instruksies (of elke stap nagevolg is).
Evaluering
Opdrag 1
Uit die leerders se regmerkies kan ‘n oorheersende kode afgelei word. Leerders word aangemoedig om baie goed te hê by alle vrae.
Opdrag 2
Sal verskil.
Opdrag 3
Leerkrag lei uit maatassessering ‘n kode af wat toegeken word vir ‘n spesifieke speletjie.