Inside Collection (Course): Tegnologie Graad 5
AGTERGROND
Enige voorwerp is ‘n soort struktuur. Slaan in die verklarende woordeboek na wat die vetgedrukte woord beteken en skryf dit neer.
Opdrag 1
Voltooi: (Kies uit die volgende moontlikhede: brug, ‘n kamer, mandjie, kartondoos vir appels, boekrak)
‘n Struktuur: a) bevat dinge, bv. _ en/of
b) beskerm dinge, bv. _ en/of
c) ondersteun dinge, bv. _ en/of
d) omsluit ‘n ruimte, bv. _ en/of
e) strek oor ‘n afstand, bv. _
[LU 2.1]
‘n Huis is ‘n struktuur wat al bogenoemde funksies verrig. Dit bevat meubels, beskerm jou en jou besittings wat daarin bly, ondersteun die dak, omsluit ruimtes en strek oor ‘n afstand.
Opdrag 2
‘n Struktuur moet sy eie gewig en die las wat dit moet dra, kan ondersteun en nogtans sy vorm behou. ‘n Las kan ‘n voorwerp, ‘n persoon of ‘n krag wees. Wat is die las in elk van die volgende voorbeelde?
![]() |
![]() |
![]() |
[LU 2.1]
Opdrag 3
Watter invloed oefen kragte op strukture uit?
[LU 2.1]
Opdrag 4
Die uitwerking van kragte kan nie altyd gesien word nie.
Wat veroorsaak die hoofkragte wat op dele van strukture werk? (Kyk by Opdrag 2)
[LU 2.1]
Opdrag 5
Watter twee kragte werk op strukture in?
![]() |
![]() |
Ons sê ‘n deel van die struktuur is in 'n _ of _ toestand.
![]() |
Pale word saamgedruk, of is onder druk.
![]() |
Die mure van die huis word saamgedruk, of is onder druk.
![]() |
Die kettings van die swaai word getrek, of is onder spanning.
![]() |
Die lang ketting en die twee kort skakels op hierdie uithangbord word getrek, of is onder spanning.
[LU 2.1]
Opdrag 6
Kragte wat op ‘n struktuur inwerk, kan die dele van die struktuur laat meegee
of vervorm. ‘n Deel se weerstand teen vervorming hang af van
a) die _ waarvan dit gemaak is,
b) sy _
c) sy _
d) en die _ waarop jy dit probeer buig.
Strukture moet _ , _ en _ wees sodat dit nie inmekaar stort of omval wanneer jy ‘n las daarop plaas nie.
[LU 2.1]
Opdrag 7A
Kom ons ondersoek die vertikale sterkte van dopstrukture:
Opdrag aan die opvoeder:
Verdeel die klas in groepe. Deel aan elke groep ses A4-manillas van dieselfde dikte uit, asook ‘n blik met los spykers en ‘n plat stuk dik karton van 10 cm by 10 cm.
Opdrag aan elke groep:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Vou elke manilla soos wat in die sketse verduidelik word sodat dit ‘n blik met spykers daarin kan ondersteun. Ondersoek elke manier en besluit watter struktuur die swaarste las kan ondersteun. Die hoogte van jul struktuur moet die breedte van die manilla wees. Julle mag die manilla vou en op vyf plekke met maskeerband plak. Elke stuk maskeerband moet 5 cm lank wees. Die plat stuk dik karton moet op die struktuur geplaas word met die blik spykers bo-op. Kyk watter struktuur die meeste spykers kan ondersteun. Maak ‘n regmerkie by die skets van die struktuur wat die swaarste las kan ondersteun.
Die tipe krag wat ons op die karton uitgeoefen het, is ‘n _ krag, want dit pers die karton saam. Die dele van ‘n struktuur waarop die krag uitgeoefen word, word stutte of kolomme genoem.
[LU 1.3]
AGTERGROND
Wanneer strukture nie sterk genoeg is om kragte te weerstaan wat op hulle inwerk nie, breek hulle. Baie dun, lang stutte of kolomme buig en breek maklik.
Opdrag 7B
Uitdaging:
Probeer dieselfde eksperiment, maar gebruik folio’s i.p.v. manilla.
Opdrag 8A
Kom ons ondersoek die horisontale sterkte van dopstrukture.
Opdrag aan die onderwyser:
Verdeel die klas in groepe. Deel aan elke groep ses A4-manillas van dieselfde dikte uit, twee polistireenglase wat as stutte kan dien en ‘n polistireenglas met ‘n hoeveelheid spykers wat die las kan voorstel.
Opdrag aan elke groep:
Vou die manilla in strukture wat buigkrag moet weerstaan. So ‘n struktuur word ‘n balk genoem.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Eksperimenteer met verskillende strukture en kyk watter struktuur die meeste spykers kan ondersteun. Die lengte van die balk moet dieselfde as die oorspronklike lengte bly. Die spykers oefen ‘n drukkrag op die balk uit en op die onderste gedeelte word ‘n trekkrag na weerskante uitgeoefen. Maak ‘n regmerkie by die tipe balk wat die meeste spykers kan ondersteun.
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Opdrag 8B
Probeer nou dieselfde eksperiment, maar gebruik folio’s i.p.v. manillas.
[LU 1.3]
Opdrag 9
Toepassing:
Waarom is daar riffels in konfytblikke, karton en sinkplate?
![]() |
![]() |
![]() |
[LU 3.2]
Opdrag 10
Noem drie maniere hoe ‘n 3D-struktuur meer stabiel gemaak kan word.
‘n _ (onder grond, breë deel) van ‘n gebou maak die mure en ander strukture meer stabiel.
[LU 2.1]
AGTERGROND
Soorte strukture
Baie van die strukture wat mense maak, is ‘n kombinasie van rame, doppe en soliede strukture. Party lyk soos doppe, maar is eintlik rame wat met dun materiaal bedek is. Ons noem die dun materiaal die vel.
Opdrag 11
Kopieer en voltooi die volgende tabel deur ‘n regmerkie onder die toepaslike kolom te maak.
| Struktuur | Dop | Raam | Solied | |
| ‘n Lang brug | ||||
| ‘n Huis | ||||
| ‘n Telefoonpaal | ||||
| ‘n Fiets | ||||
| ‘n Plastiekglas | ||||
| Kleiteëls | ||||
| ‘n Kartondoos | ||||
| ‘n Damwal | ||||
| ‘n Koeldrankblikkie | ||||
| Jou geraamte |
[LU 2.1]
AGTERGROND
Strukture kan natuurlik of mensgemaak wees. Ontwerpers van sekere strukture kry dikwels hulle idees uit die natuur.
Opdrag 12
Gebruik twee A4-bladsye en plak prente van ten minste vyf mensgemaakte strukture op een bladsy en vyf natuurlike strukture op die ander. Skryf by elkeen watter soort struktuur, m.a.w. ‘n dop, ‘n raam of ‘n soliede struktuur, dit is.
[LU 1.3]
Opdrag 13
Probeer om een voorbeeld te kry van ‘n struktuur wat die ontwerpers of ingenieurs moontlik op ‘n natuurlike struktuur gebaseer het. Plak die prent of teken dié voorbeeld op ‘n A4-bladsy.
[LU 1.3]
AGTERGROND
Raamstrukture is dele wat verbind word om ‘n raam te vorm. Ondersteuning word dus van die binnekant verleen en die raam is meestal weggesteek. ‘n Raamstruktuur bestaan uit verskillende dele wat struktuurdele genoem word.
Kolomme en Balke
Party raamstrukture het stutte wat vertikaal is en sulke struktuurdele word kolomme of stutte genoem.
Party strukture het ook dwarsdele wat aan hul ente of soms ook langs die lengte af gesteun word. Hierdie dele word balke genoem. Balke versprei dikwels ‘n las oor twee of meer kolomme.
Opdrag 14
Bestudeer die prentjies en verskaf die korrekte byskrifte.
![]() |
![]() |
![]() |
[LU 2.1]
AGTERGROND
Bindbalke, Ankers en Stutte
Ankers hou die regoppale/stutte/kolomme in posisie en daarsonder sou die kolomme omval. Ankers is toue, kabels (‘n metaaltou) of kettings wat ‘n struktuur stewig in posisie hou deur daaraan te trek. ‘n Bindbalk is ook ‘n struktuurdeel wat ander dele vashou deur aan hulle te trek.
Baie raamstrukture het dele wat stutte genoem word. Stutte hou ander dele in posisie deur teen hulle te druk. Stutte word van materiaal gemaak wat nie kan buig nie, soos hout of staal.
Opdrag 15
Verskaf die korrekte byskrifte by die volgende sketse.
![]() |
![]() |
![]() |
[LU 2.1]
AGTERGROND
In hierdie module gaan ons DOPSTRUKTURE ondersoek. Dopstrukture word meestal gebruik om hul inhoud te beskerm of te bevat. Hulle het geen raam nie, want hul vorm maak hulle sterk en stabiel om hulself van buite af te kan ondersteun. Hul sterkte lê dus in die dop self.
Opdrag 16
![]() |
Wat het die vroegste bewoners van ons land, nl. die Khoisan, gebruik om hul kos en voorrade mee te vervoer of te dra? Voltooi die tabel:
| Inhoud | Struktuur | |
| Pyle vir jag | ||
| Water | ||
| Wildsvleis | ||
| Bolle, Knolle | ||
| Melk | ||
| Mieliepap | ||
| Huis |
Kies uit : kleipot, koker, volstruiseierdop, velsak, takskerm
[LU 3.1]
Opdrag 17
Al die materiale waaruit bogenoemde strukture gemaak is, is uit die Khoisan se onmiddellike omgewing geneem en gebruik. As enige van bogenoemde strukture sou breek, sou dit enige besoedeling veroorsaak? Motiveer jou antwoord.
[LU 3.2]
AGTERGROND
Uit bogenoemde aktiwiteit kan jy aflei dat dopstrukture baie vir VERPAKKING aangewend word. Vandag moet produkte veilig verpak word sodat dit ongeskonde by hul bestemming kan uitkom. Sekere noodsaaklike inligting omtrent die inhoud moet ook buite op die verpakking aangebring word. Verpakking wat kreatief ontwerp is, dra baie by tot die verkoop van die inhoud.
Opdrag 18A
Kies ‘n klein kartondosie en beantwoord die volgende vrae:
(c) Hoeveel rande het die dosie?
(d) Hoeveel hoeke het die dosie?
![]() |
| LU/AS 1.3 |
Opdrag 18B
Maak dit versigtig oop deur die flappe oop te vou en die nate los te skeur. Stryk dit en plaas dit plat op ‘n A4-bladsy.
[LU 1.13]
Opdrag 18C
Teken die ontvouing van die oopgevoude boksie op 'n skoon bladsy oor. Dui die buitelyne met aaneenlopende lyne en die buiglyne met stippellyne aan. Nommer die sye wat dieselfde grootte is met dieselfde letters en die flappe wat dieselfde is met dieselfde getalle, d.w.s. dui die pare aan. (Sien voorbeeld.)
![]() |
[LU 1.12]
Opdrag 19
Plak die ONTVOUING deeglik met die buitekant na jou toe op ‘n A4-bladsy. Dui die volgende byskrifte op die bladsy aan:
Opskrif : Inligting op ‘n verpakking
Byskrifte : Naam van produk, vervaardiger, omskrywing van produk, massa of inhoudsmaat, gebruiksaanwysings, kontakadres, bestanddele.
AGTERGROND
Die eerste verpakking se inligting is met die hand daarop aangebring en dit het baie lank geduur. Selfs die papier waarvan die verpakking gemaak is, is met die hand gemaak.
Aan die einde van die vyftiende eeu is masjiene ontwerp wat papier kon maak en ook kleurvolle ontwerpe daarop kon aanbring. Dit het die verpakking baie goedkoper en bruikbaarder vir die kommersiële mark gemaak.
Deesdae verpak groot vervaardigers hul produkte self met masjiene wat nie net die verpakking maak nie, maar ook hul inhoud weeg, vol maak en verseël.
Opdrag 20
Weet jy hoe papier gemaak word? Voorsien die volgende skets van die proses met die letter wat langs die korrekte beskrywing staan. Skryf die letters in die gegewe blokkies.
3.2.
4.5.6.1.
![]() |
[LU 3.1]
Opdrag 21
Aan die opvoeder.
Onderneem ‘n uitstappie met u leerders na die plaaslike drukkery of ‘n fabriek wat verpakkingsmateriaal vervaardig.
[LU 3.1]
AGTERGROND
‘n Houer is die mees algemeen gebruikte vorm van verpakking. Die eerste houers is van hout gemaak, maar omdat dit so moeilik is om inligting op hout te druk, is inligting op papier gedruk en op die houthouers geplak. Deesdae word meestal houers van karton gebruik. Die inligting word dan direk op die karton aangebring.
Moderne kartondose word ontwerp in baie interessante vorms en groottes. Dit is nie net die inligting op die kartondose wat op ‘n kreatiewe wyse aangebring is nie, maar die vorm van die kartondose is self indrukwekkend.
Watter vorm van kartondoos is die algemeenste?
Deesdae verpak sekere voedselfabrieke hul ware in versierde blikke, aangesien blikke ook al versamelaarsitems geword het. Dan word die artikel nie noodwendig vir die inhoud gekoop nie, maar vir die verpakking!
Dit was na aanleiding van die maak van versierde blikke vir koekies in die 1800’s dat mense besef het dat blikke ideaal is vir die bewaring van voedsel. So het die inmaakbedryf ontstaan. Hierdie blikke word meestal voorsien van papieretikette en word na gebruik weggegooi.
LO 1
TECHNOLOGICAL PROCESSES AND SKILLS
The learner will be able to apply technological processes and skills ethically and responsibly using appropriate information and communication technologies.
We know this when the learner:
Investigates:
1.2 finds out about existing products relevant to a problem, need or opportunity, and identifies some design aspects (e.g. who it is for, what it looks like, what it is for, what it is made of);
1.3 performs, where appropriate, scientific investigations about concepts relevant to a problem, need or opportunity using science process skills;
Designs:
Makes:
1.7 outlines a plan that shows the steps for making, including drawings or sketches of main parts;
1.8 uses suitable tools and materials to make products by measuring out, cutting or separating, shaping or forming, joining or combining, and finishing the chosen material;
Evaluates:
1.11 evaluates the plan of action followed and suggests improvements and modifications if necessary;
Communicates:
1.12 produces labelled two-dimensional drawings enhanced with colour where appropriate.
1.13 uses appropriate technologies to produce presentations that record and communicate the design process (e.g. simple portfolio, posters, charts, models).
LO 2
TECHNOLOGICAL KNOWLEDGE AND UNDERSTANDING
The learner will be able to understand and apply relevant technological knowledge ethically and responsibly.
We know this when the learner:
Structures:
LO 3
TECHNOLOGY, SOCIETY AND THE ENVIRONMENT
The learner will be able to demonstrate an understanding of the interrelationships between science, technology, society and the environment.
We know this when the learner:
Indigenous Technology and Culture:
3.1 recognises how products and technologies have been adapted from other times and cultures;
Impact of technology:
Opdrag 1
(a) mandjie
(b) kartondoos vir appels
(c) boekrak
(d) ‘n kamer
(e) ‘n brug
Opdrag 2
Sketse a) ‘n voorwerp b) ‘n persoon c) ‘n krag
Opdrag 3
(a) laat
(b) keer
(c) rigting
(d) spoed
(e) vorm
Opdrag 4
(a) laste
(b) sterkte / gewig
Opdrag 5
(a) stootkrag / drukkrag
(b) trekkrag
druk- / stoot- of trektoestand
Opdrag 6
Buig
(a) materiaal
(b) grootte
(c) vorm
(d) manier
sterk, stewig, stabiel
Opdrag 7A
Drukkrag
Opdrag 9
Die riffels verstek die struktuur en maak dat die struktuur sy eie gewig en dié van enige moontlike las kan dra.
Opdrag 10
(a) stutte ankers
(b) grondvlak
(c) grondvlak swaarder
fondament
Opdrag 11
(a) raam
(b) dop
(c) solied
(d) raam
(e) dop
(f) solied
(g) dop
(h) solied
(i) dop
(j) raam
Opdragte 12 en 13
Antwoorde word bepaal deur die prente/sketse
Opdrag 14
(a) balk
(b) balk
kolom
(c) balk
kolom
balk
Opdrag 15
Die antwoord hang van die skets af.
Opdrag 16
(a) koker
(b) kleipot
(c) velsak
(d) velsak
(e) kleipot
(f) kleipot
(g) takskerm
Opdrag 17
Nee, natuurlike stowwe wat in die natuur vergaan, want hulle is bo-afbreekbaar (gebruik eie diskresie)
Opdrag 18A
(a) 6
(b) 3
(c) 12
(d) 8
(e) 3 (hang af van tipe dosie)
Opdragte 18B en C
Hang af van tipe boksie wat gebruik word.
Opdrag 19
Hang af van die tipe boksie wat gebruik word.
Opdrag 20
1. F
2. B
3. D
4. E
5. C
6. A