Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Tegnologie Graad 5 » Ontdek tekstielstof

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseTech display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Technology (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseTech" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Ontdek tekstielstof

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

TEGNOLOGIE

Graad 5

TEKSTIELE VAN TOEKA TOT NOU

Module 12

ONTDEK TEKSTIELSTOF

Agtergrond

Van die vroegste tye gedurende die Steentydperk (± 12 000 v.C.) het die eerste mense reeds klere gedra om hulle teen die natuurelemente soos hitte en koue te beskerm. Die oermense het klere van dierevelle en dele van plante gemaak, dit wil sê, dinge wat hulle uit hul natuurlike omgewing kon verkry en gebruik. Diervelle is met senings en beennaalde aanmekaar gelas om eenvoudige kledingstukke te verkry. Sade, vere en doppe is in senings geryg om as versiering te dien.

Opdrag 1

[LU 3.1]

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Hier is ‘n skets van Shaka, die Zoeloe-koning wat in 1825 geleef het. Raadpleeg ‘n betroubare bron en beskryf die tradisionele kleredrag van ‘n Zoeloe-kryger en waarvan elke deel van sy uitrusting gemaak is.

Opdrag 2

[LU 3.2]

Sal jy vandag ‘n baadjie dra wat van die vel van ‘n luiperd gemaak is? Skryf redes neer vir jou antwoord.

Agtergrond

Soos die tegnologie ontwikkel het, is baie ander vesels en materiale gebruik om tekstielstof van te maak. Tekstielstof word van die vesels van diere (sy, wol) of plante (linne, katoen) gemaak en word gebruik om bedekkings en versierings soos klere, matte, komberse, gordyne, ens. te maak. So het die antieke Egiptenare gedurende die Bronstydperk (3000 v.C.) begin om die eerste lap te weef. Vandag word tekstielstof van stowwe wat uit die natuur (plante of diere) verkry word, gemaak of van stowwe wat deur die mens gemaak is (verkry van hout, olie en steenkool). Dus kry ons natuurlike en mensgemaakte (sintetiese) tekstielstowwe. Die eerste tekstielstowwe van plastiek (rayon, poliëster, nylon, viskose) is rondom 1850 in Engeland vervaardig. Plastiek word in fabrieke van olie of steenkool gemaak deurdat die chemikalieë in die stowwe onttrek word en na plastiek verander word.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Opdrag 3

Sorteer elk van die volgende voorwerpe onder natuurlike of mensgemaakte stowwe (‘n plastieksak, ‘n baadjie van pels, ‘n houtbak, ‘n glasbottel, ‘n polistireenhouer, ‘n houttafel). Gebruik die volgende opskrifte:

Table 1
NATUURLIKE STOWWE MENSGEMAAKTE STOWWE
   
   
   
   

[LU 3.1]

Agtergrond

Die voordele van plastiek:

  • Dit is goedkoop om te vervaardig.
  • Dit kan verwerk word in baie verskillende vorme.
  • Dit is maklik kleurbaar.
  • Dit is baie sterk.
  • Dit hou baie lank.

Die nadele van plastiek:

  • Dit is moeilik herwinbaar.

Natuurlike stowwe

Natuurlike stowwe kan dierlik of plantaardig wees. Voorbeelde van diere wat stowwe verskaf, is skape, bokke, hase, kamele, sywurms, lamas, konyne en perde. Plantaardige stowwe word weer verkry van die bas, blare, sade en vrugte van sekere plante soos klapper van klapperdoppe, katoen, sisal en vlas.

Wol word van skape verkry deurdat die skape eenkeer ‘n jaar geskeer word. Een skaap lewer ongeveer 4 kg wol per jaar. Daar is verskillende skaaprasse wat verskillende soorte wol verskaf. Die wol van die merino-ras is die fynste en van die beste gehalte. Die merino-ras word veral in Australië en Suid-Afrika geteel omdat hulle baie goed aard in ‘n warm, droë klimaat. Australië is een van die bekendste wolproduserende lande in die wêreld.

Opdrag 4

Navorsingstaak

Gaan lees na oor die prosesse waardeur wol alles gaan vandat die wolvag afgeskeer is totdat dit kledingstof word waarvan jou klere gemaak word. Stel die proses in ‘n vloeidiagram op ‘n plakkaat voor. As jy dit verkies, mag jy ook enige ander dierlike of plantaardige stof gebruik.

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)
[LU 2.1]

Die eerste katoen is in Indië lank voor Christus gekweek en gebruik. Uit Indië het die kweek van katoen geleidelik deur Persië en Egipte na Europa en Noord-Afrika versprei.

Sy, afkomstig van die sywurm (Bombyx mori), is heel waarskynlik die eerste keer sowat 4 000 jaar gelede in China gemaak. Sy is warm om te dra, glad, baie lig, sterk en wanneer dit gekreukel en gelos word, keer dit weer na sy oorspronklike vorm terug. Sy is ideaal om gebruik te word deur dokters, en in die wetenskap en tegnologie.

Voorbeelde

  • Ruimtevaarders se klere word van sy gemaak.
  • Sy word gebruik om raketsnare en vislyn te maak.
  • Steke van ‘n wond word met sydraad ingesit.

Sy word vandag nog van die kokonne van die sywurm verkry. ‘n Kokon bestaan eintlik net uit een stuk draad wat sowat 5 km lank kan wees. Meer as 40 000 kokonne word benodig om een kilogram rou sy te maak. Vroeër is sy met die hand gespin, maar vandag word masjinerie gebruik om sy te spin.

Agtergrond

Die pels en velle van diere kamoefleer hulle sodat hulle vyande hulle nie maklik kan sien nie. ‘n Verkleurmannetjie is ‘n goeie voorbeeld.

Die mens het hierdie eienskap raakgesien en dra tydens oorlogvoering in die veld klere waarop kamoefleermerke aangebring is.

Dit is selfs mode om klere te dra waarop kamoefleermerke of patrone van dierevelle afgedruk is.

Opdrag 5

Versamel prente uit ou tydskrifte en koerante van sulke klere en plak dit op 'n skoon vel papier, of teken soortgelyke klere. Verduidelik met byskrifte watter diervelle watter kledingstukke is, indien herkenbaar.

[LU 3.2]

Agtergrond

Sommige eienskappe van tekstielstowwe kan net in sekere toestande bepaal word en dit is wanneer jy sekere toetse op hulle doen. Ons noem dit versteekte eienskappe en dit is eienskappe soos sterkte, brandbestandheid, waterdigtheid en isolasievermoë. Versteekte eienskappe kan die vorm van ‘n voorwerp heeltemal verander.

Sigbare eienskappe kan ‘n mens makliker aflei deur aan die voorwerp te ruik, te voel of daarna te kyk.

Opdrag 6 A

ONDERSOEK

Aan die Opvoeder:

Verdeel die klas in groepe. Laat elke groep ‘n ander eienskap van die tekstielstowwe ondersoek.

Opdrag

Sorteer die volgende stukke tekstielstowwe wat jul onderwyser aan julle gaan gee (voorbeelde van nylon, poliëster, katoen, sy en wol) volgens hul eienskappe in twee groepe, naamlik sintetiese en natuurlike tekstielstowwe. Toets elk van die volgende eienskappe volgens ‘n wetenskaplike betroubare metode.

  1. a) Sterkte: Probeer elke stukkie materiaal skeur en skryf neer of dit maklik of moeilik was.
  2. b) Brandbestandheid: Brand ‘n hoekie van elke stukkie materiaal. Jy benodig ‘n tang, ‘n kers, vuurhoutjies en ‘n metaalplaat. Ruik en voel daaraan nadat dit gebrand het en nie meer warm is nie. Brand dit met ‘n vlam of daarsonder? Vorm dit as (‘n sagte kool) of smelt dit (‘n harde kool)? Ruik dit skerp of na papier? Brand dit vinnig of stadig?

ONTHOU ! Om met vuur te werk is gevaarlik, want jy kan jouself brand. Hou ‘n noodhulptas byderhand en doen alles onder volwasse toesig.

  1. a) Waterdigtheid: Jy benodig water, ‘n meetbeker, ‘n bak en ‘n stophorlosie. Gooi 50 ml water op die lappie en bepaal die tyd wat dit vir die water neem om deur die materiaal te syfer. Is dit redelik lank of kort?
  2. b) Kleur: Skryf slegs neer watter kleur die kledingstof is.
  3. c) Duursaamheid: Jy benodig ‘n baksteen. Vryf elk van die stukke tekstielstof stadig heen en weer oor die baksteen. Tel hoeveel keer jy die materiaal oor die baksteen moet vryf voordat dit skeur.
  4. d) Beskrywing van tekstielstof – is dit geruit, geblom, effekleurig, donker, lig, pastel, ens?
  5. e) Tekstuur: Is dit glad, rekbaar, wollerig, grof, skurf, vol riffels?
  6. f) Gevoel van tekstielstof – Voel die tekstielstof hard of sag?.
  7. g) Temperatuur van tekstielstof – Voel die tekstielstof warm of koud?

Tekstielstowwe

Table 2
  1Nylon 2Poliëster 3Katoen 4Sy 5Wol
  1. a) Sterkte
         
  1. a) Brandbestandheid
         
  1. a) Waterdigtheid
         
  1. a) Kleur
         
  1. a) Duursaamheid
         
  1. a) Beskrywing
         
  1. a) Tekstuur
         
  1. a) Gevoel
         
  1. a) Temperatuur
         
  1. a) Natuurlik (N) of
Sinteties (S)
         

[LU 1.3]

Opdrag 6 B

  1. (a) Kan jy drie eienskappe van natuurlike tekstielstowwe uit bogenoemde aflei?
  2. (b) Kan jy drie eienskappe van sintetiese tekstielstowwe uit bogenoemde aflei?
  3. (c) Voltooi deur die korrekte antwoorde neer te skryf.

Tekstielstowwe van wol is warm en meer geskik vir die (winter/somer), omdat dit hitte binne hou, terwyl tekstielstowwe van katoen en linne koel is en meer geskik is vir die (somer/winter). Wanneer hitte van ‘n plek van hoë temperatuur vloei na ‘n plek met ‘n laer temperatuur in ‘n vaste stof, word dit konduksie genoem. Wanneer ons materiaal gebruik wat ‘n swak geleier van hitte is om die hitte binne of buite te hou, noem ons so ‘n materiaal ‘n isolator. Vesels soos wol, leer, pels en vere hou warm lug binne, dus is hulle goeie isolators. Natuurlike stowwe soos wol word dus verkieslik in die (somer/winter) gedra. Sintetiese stowwe laat water (maklik/moeilik) deur en hou hitte (binne/buite).

[LU 1.3]

Opdrag 6 C (vir verryking)

Ontwerp ‘n eksperiment om te bepaal hoe kreukeltraag/kleurvas/rekbaar verskillende tekstielstowwe is.

  • Skryf die doel neer.
  • Skryf die metode en benodigdhede neer.

3 en 4. Kopieer die tabel en vul in.

Table 3
    1Nylon 2Poliëster 3Katoen 4Sy 5Wol
3 Waarneming          
4 Gevolgtrekking (S of N)          

[LU 1.3]

Opdrag 7

Probleem: Jy is ‘n lid van ‘n groep bergklimmers wat die hoogste berg in Afrika, Kilimandjaro, wil gaan uitklim. Vind eers uit watter klimaat jy kan verwag. Beplan dan jou uitrusting vir die ekspedisie. Teken met byskrifte om te verduidelik wat jy gaan aantrek en van watter stof elke kledingstuk gemaak gaan wees.

[LU 1.2]

Opdrag 8

Hier is etikette wat agter in die krae van wit skoolhemde vasgestik is. Beantwoord die volgende vrae na aanleiding daarvan.

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)
  1. (a) Is die hemp van ‘n natuurlike of ‘n sintetiese tekstielstof of ‘n mengsel gemaak?

Etiket A:

Etiket B:

Etiket C:

  1. (a) Watter persentasie van elke tekstielstof is gebruik?

Etiket A:

Etiket B:

Etiket C:

  1. (a) Sien jy enige versorgingsimbole vir was, stryk en bleik vir die tekstielstof? Maak 'n kopie van die tabel en teken die simbole oor.
Table 4
  Etiket A Etiket B Etiket C
Was      
Stryk      
Bleik      
  1. (a) Raadpleeg die tabel en verduidelik wat die versorgingsimbole beteken. Kopieer die tabel en vul dit in.
Table 5
  Etiket A Etiket B Etiket C
Was      
Stryk      
Bleik      
Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)
  1. (a) Teken die wolmerk wat verskyn op die etikette van kledingstukke wat van 100% wol gemaak is.

Bron:

  1. (a) Voltooi deur die korrekte antwoord neer te skryf.
  • Sintetiese stowwe moet meestal met ‘n (lou, vuurwarm) yster gestryk word, want dit smelt maklik.
  • Sintetiese stowwe kreukel (maklik, moeilik) en moet dus nie in die tuimeldroër gedroog word nie.
  • Sintetiese stowwe moet verkieslik in (lou, baie warm) water gewas word.

[LU 1.3]

Assessering

LU 1

TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE

Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ondersoek:

1.2 uitvind oor bestaande produkte wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is, en sommige ontwerpsaspekte (bv. vir wie dit is, waarvoor dit is, hoe dit lyk, waarvan dit gemaak is) identifiseer;

1.3 waar gepas ‘n wetenskaplike ondersoek uitvoer oor begrippe wat relevant vir ‘n probleem, behoefte of geleentheid is deur wetenskapprosesvaardighede te gebruik:1.3.1 beplan die ondersoek;

  • voer die ondersoek uit;

1.3.3 verwerk en interpreteer data;

1.3.4 evalueer en kommunikeer bevindinge;

ontwerp:

  • met bystand ‘n kort en duidelike stelling (ontwerpopdrag) met betrekking tot ‘n gegewe probleem, behoefte of geleentheid skryf of kommunikeer en ‘n mate van begrip vir die tegnologiese doel van die oplossing toon;

maak:

1.5 minstens twee alternatiewe oplossings vir die probleem, behoefte of geleentheid voorstel wat met die ontwerpopdrag en met gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing) skakel, en dit aanteken;

1.6 een van hierdie oplossings kies, redes gee vir die keuse en die idee verder ontwikkel;

1.8 gepaste gereedskap en materiaal gebruik om produkte te maak deur die gekose materiaal af te meet, uit te merk, te sny of te skei, te vorm of te vervorm, aan mekaar te heg, te las of saam te voeg, en af te rond;

evalueer:

1.10 met bystand die produk evalueer volgens die ontwerpopdrag en gegewe spesifikasies en beperkings (bv. mense, doel, omgewing), en stel verbeteringe en wysigings voor, indien nodig;

1.11 die aksieplan wat gevolg is, evalueer en verbeteringe en wysigings voorstel, indien nodig;

kommunikeer:

  • tweedimensionele sketse met byskrifte maak en, indien gepas, kleur gebruik om dit doeltreffender te maak;

LU 2

Tegnologiese Kennis en Begrip

Die leerder is in staat om relevante tegnologiese kennis te verstaan en dit eties en met verantwoordelikheid toe te pas.

Dit is duidelik wanneer die leerder :

stelsels en beheer

  • kennis en begrip toon van verskillende soorte strukture (bv. raam-, dop-, soliede strukture); en van die verband tussen die materiaal en die las wat ‘n struktuur of produk kan ondersteun.

LU 3

Tegnologie, Samelewing en Omgewing

Die leerder is in staat om begrip van verwantskappe tussen wetenskap, tegnologie, die samelewing en die omgewing oor tyd heen te toon.

Dit is duidelik wanneer die leerder :

impak van tegnologie

3.1 herken hoe produkte en tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is;

3.2 die moontlike positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op mense se lewensgehalte en/of die omgewingsgesondheid identifiseer.

Memorandum

Opdrag 1

Wapens: kort spiesassegaai en knopkierie

Skilde van vel wat die kryger van kop tot tone beskerm het

Klere: leersandale of kaalvoet

‘n leerkopband, leerarmbande en krale/vere om enkels en nek

‘n heupgordel gemaak van die sterte van wilde diere wat in ‘n riem ingeryg is

‘n velonderbroek

Bron:Shaka, Jean Labuschagne (Japsnoettake: Daan Retief-Uitgewers)

Die kryger moes baie beweeglik wees, dus kon hy nie swaar klere gedra het nie. Gebruik eie diskresie.

Opdrag 2

Nee, luiperds is bedreigde diere. / Ja, ‘n ou baadjie. EIE DISKRESIE

Opdrag 3

Table 6
Natuurlik M ensgemaak
‘n baadjie van pels ‘n plastieksak
‘n houtbak ‘n glasbottel
‘n houttafel ‘n polistireenhouer

Opdrag 4

Eie diskresie

Opdrag 5

Eie diskresie – kyk na verskeidenheid van voorbeelde en volledigheid van byskrifte.

Opdrag 6A

Table 7
  Nylon P oliëster K atoen Sy Wol
a maklik maklik moeilik moeilik moeilik
b krimp weg harde kool brand vinnig ruik na hare ruik na hare/vere
  verhard smelt ruik na papier smelt bros as/sagte kool
  harde kool   bros as/sagte kool   brand stadig
  ruik skerp ruik skerp vlammetjie   vlammetjie
c lank lank kort kort baie kort
d hang af van voorbeeld
e minder duursaam minder duursaam duursaam duursaam duursaam
f hang af van voorbeeld
g hang af van voorbeeld, gewoonlik… syagtig veerkragtig
  glad rimpels skurf luukse gevoel wollerig
  glansend   grof “geraas” lae statiese elektrisiteit
  staties   wollerig drapeer pragtig  
      min glans    
      effe donsig    
      lae statiese elektrisiteit    
h hard hard sag tussen-in sag
i hou hitte binne hou hitte binne koel koel hou hitte binne
j sinteties sinteties natuurlik natuurlik natuurlik

Opdrag 6B

(a) enige drie eienskappe

(b) enige drie eienskappe

(c) winter

somer

winter

moeilik

binne

Opdrag 6C

Table 8
  Nylon P oliëster Katoen Sy Wol
kreukel traag kreukel minder warm yster versigtig verkieslik droogskoonmaak
kleurvas geen bleikmiddel meer kleurvas bleik deur sonlig sweet en bleikmiddels beskadig dit goed
rekbaar min min effe rekbaar min veerkragtig
  sinteties sinteties natuurlik natuurlik natuurlik

Opdrag 7

Eie diskresie

Koue klimaat – kledingstowwe wat liggaamshitte binne hou.

Opdrag 8

(a) Etiket A: natuurlik

Etiket B: mengsel

Etiket C: sinteties

(b) Etiket A: 100% katoen

Etiket B: 50% Poliëster 50% Katoen

Etiket C: 100% Poliëster

(d)

Table 9
Etiket A Etiket B Etiket C
baie warm was warm was warm was
baie warm strykyster warm strykyster warm strykyster
toelaatbaar indien wit geen bleikmiddel geen bleikmiddel

(e)

(f) lou

maklik

lou

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.