Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Hoeveel sportsoorte ken julle? Verdeel in spanne van ses. Julle onderwyser is die tydhouer en vraesteller. Julle kry drie minute om elke vraag te beantwoord.
Julle onderwyser sal elke vraag herhaal. BAIE BELANGRIK!
Luister baie mooi na die vereistes van elke sportsoort. Skryf al die sportsoorte neer waaraan julle kan dink. Die span wat die meeste antwoorde reg het, is die wenners!
![]() |
[LU 1.3.3]
Laat julle onderwyser die volgende gedig hardop vir julle voorlees.
SPORT
Spring, gooi, hardloop, slaan,
Op die veld of op die baan.
Skop met die voet of slaan met die hand,
Speel op gras of grond of sand.
Roei of seil, ski of swem,
Almal wil die resies wen.
In branders, swembad of rivier,
Watersport is groot plesier.
Boks of stoei pas in ‘n kryt,
Rofstoei is kwaai, pasop vir byt!
Gewigoptel vra spiere bou,
Gimnaste moet balans kan hou.
Soveel sport te kies en te keur,
Soveel reëls wat ek moet leer.
Spel maak ons lewens ryk en vol,
Sport speel daarin ‘n reuse-rol.
Ken julle al hierdie sportsoorte wat in die gedig genoem word? Gesels daaroor. Lees die gedig hardop vir ‘n maat. Luister terwyl jou maat dit voorlees. Help mekaar met die uitspraak van die woorde.
[LU 3.7.2]
Soek die woorde in die gedig wat met die volgende woorde rym en skryf hulle neer. Byvoorbeeld mooi – gooi
| ding | held | hop | kras |
| manier | koei | nou | kol |
Lees hierdie woorde ‘n paar keer hardop saam.
[LU 3.2.1]
Mark, Tembu en Ben het die eerste drie plekke in die 100 m behaal. Kan julle agterkom wat hulle posisies was? Skryf hulle name en posisies neer.
![]() |
Mark was
Tembu was
Ben was
Teken die podium en vul elke posisie in.
![]() |
Kopieer die tabel en skryf die ontbrekende woorde neer:
| een | |
| twee | |
| derde | |
| vier | |
| vyfde | |
| sesde | |
| sewe | |
| agste | |
| nege | |
| tien |
Lees die woorde en leer hulle. [LU 6.2.9]
Julle gaan nou ‘n vasvraspeletjie speel. Julle moet weer in spanne verdeel. Elke spanlid gaan ‘n beurt kry om aan ‘n sportsoort te dink. Die res van die span moet dan vrae stel om te bepaal aan watter sportsoort hy/sy dink. Die vloeidiagram hieronder is ‘n voorbeeld van hoe die speletjie gespeel word. Die spanlede se vrae word in die reghoeke aangedui en die antwoorde in die sirkels. Die geheim is om so min as moontlik vrae te vra. [LU 2.4.3]
Vrae:
Verdeel nou in spanne. Die spanlid wat aan ‘n sportsoort dink, skryf die sportsoort op ‘n geheime kaartjie neer.
Gebruik hierdie vloeidiagram om aan te dui hoe vinnig die span die sportsoort waaraan jy gedink het, kon identifiseer.
Adil Peterson is kaptein van haar skool, Laerskool Mooiheuwel, se eerste netbalspan. Sy moet Maandag tydens die skool se saalbyeenkoms verslag doen van die vorige Woensdag se netbalwedstryd. Adil het die verslag reeds geskryf, maar sy het glad nie hoofletters gebruik nie. Sy het ook nie punte of vraagtekens aan die einde van die sinne gesit nie. Skryf asseblief die verslag oor met al die hoofletters en leestekens op die regte plekke.
KONTROLELYS VIR TAALAKTIWITEIT
Maak ‘n merkie () in die toepaslike kolomme.
| Ek het onthou! | Ek het vergeet...? | ||
| Ek het elke sin met ‘n hoofletter begin. | |||
| Ek het die dae van die week se name met hoofletters geskryf. | |||
| Ek het die skole se name met hoofletters geskryf. | |||
| Ek het die dorpe en stede se name met hoofletters geskryf. | |||
| Ek het name en vanne met hoofletters geskryf. | |||
| Ek het ‘n punt aan die einde van elke sin geplaas. | |||
| Indien ‘n vraag gevra is, het ek ‘n vraagteken gebruik. | |||
[LU 6.1.3]
Jy en ‘n maat ruil nou julle werk met mekaar om. Hoe het jou maat gevaar?
Maak ‘n in die gepaste kolom.
| Glad nie | Meer as twee | Meer as vier | Almal | |
| Die sinne is met hoofletters begin. | ||||
| Die name van dae, mense, dorpe en skole is met hoofletters geskryf. | ||||
| Punte is aan einde van die sinne, behalwe (d), geplaas. | ||||
| ‘n Vraagteken is aan die einde van (d) geplaas.(Slegs eerste of laaste kolom). |
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.3 verstaan mondelinge beskrywings:
1.3.3 teken relevante inligting op (soos in ‘n tabel).
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);
3.3 lees vir inligtng:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
Hierdie modules behels ‘n verskeidenheid aktiwiteite en speletjies wat verband hou met sport. Daar word van leerders verwag om hulle woordeskat uit te brei om aan hierdie aktiwiteite en speletjies deel te neem.
Die samestelling van groepe is baie belangrik sodat daar in elke groep leerders met ‘n goeie kennis van sport is.
Leerders kan woorde in tweetalige woordeboeke naslaan en terselfdertyd woordeboekvaardighede aanleer.
Die opvoeder moet hulp verleen deur begrippe te verduidelik, indien nodig.
Die opvoeder moet vasstel of leerders reeds die hooftelwoorde ken en verstaan voordat hulle die rangtelwoorde leer.
2.
| ding | held | hop | kras |
| spring | veld | skop | gras |
| manier | koei | nou | kol |
| plesier / rivier | stoei | bou / hou | vol / rol |
3. Mark was eerste. Tembu was tweede. Ben was derde.
| eerste | ||||||||||
| tweede | derde | |||||||||
| vierde | vyfde | |||||||||
| sesde | sewende | |||||||||
| agste | negende | |||||||||
| tiende | elfde |
5.
(a) Ons netbalspan het verlede Woensdag ‘n wedstryd gespeel.
(b) Ons opponente was die Laerskool Goudland.
(c) Hulle skool is in Sonskyndorp geleë.
(d) Het julle gehoor hoe ver ons gewen het?
(e) Ek moet Tasneem Adams gelukwens.
(f) Sy het uitstekend gevaar en die eindtelling was 12-6 in Mooiheuwels se guns.