Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5 » Groen en Goud

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

Groen en Goud

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

ONTDEK DIE WÊRELD VAN SPORT

Module 2

GROEN EN GOUD

Ek dra die groen en goud

Ons sal almal graag eendag ons land in ‘n sportsoort wou verteenwoordig. Dis egter net die heel bestes wat die Groen en Goud oor hulle koppe kan trek. As jy eendag die geleentheid kon kry om Suid-Afrika te verteenwoordig, watter sportsoort sou jy kies?

Gesels ‘n bietjie daaroor. Skryf dan ‘n paragraaf oor jou keuse na aanleiding van die volgende vrae. (Onthou om jou sinne met ‘n hoofletter te begin en met ‘n punt te eindig.) Skryf ook in volsinne.

In watter sportsoort wil jy Suid-Afrika verteenwoordig?

Beoefen jy reeds hierdie sportsoort?

Hoekom kies jy juis hierdie sportsoort? (Gee twee redes).

Het jy al wedstryde of kompetisies in hierdie sportsoort bygewoon of op televisie gesien?

Indien dit ‘n spansport is, watter posisie wil jy speel?

Jy sal natuurlik baie trots voel, indien jy hierdie prestasie behaal. Wie sal almal trots wees op jou?

[LU 4.1.6]

Ek dra groen en goud

(gebruik die bostaande opskrif vir jou paragraaf)

Lees jou paragraaf hardop vir jou maat en ruil dan die paragraaf met jou maat om.

Het jou maat dit reggekry om te sê watter sport hy/sy kies en waarom? Gebruik die onderstaande om jou maat te assesseer.

Maak ‘n merkie () in die toepaslike kolom.

Table 1
  Nooit Soms Dikwels Altyd
Die sinne begin met hoofletters.        
Name en vanne is met hoofletters geskryf.        
Daar is punte aan die einde van die sinne.        
Al die woorde is Afrikaans.        
Ek verstaan wat geskryf is.        
         
[LU 6.1.3]

Verbind die prente en woorde.

Die leerkrag verskaf 'n kopie aan elke leerder. Identifiseer elke sportsoort:

Table 2
Bokshandskoen
Krieketkolf
Paaltjies
Skeidsregter
Gholfstok
Tennisraket
Hokkiestok
Skaatsplank
Beenskut

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

[LU 3.1.4]

Pluimbal

Die sinne hieronder vertel ons meer van pluimbal. O aarde, die woorde het deurmekaar geraak! Skryf die sinne oor sodat hulle sin maak. Begin die sinne met die woorde wat met hoofletters geskryf is.

  1. (a) is pluimbalraket lig Die baie.
  2. (b) gansvere Pluimballe van word gemaak.
  3. (c) baan baie is Die tennisbaan soos ‘n
  4. (d) net Die is hoër op tennisbaan as ‘n
  5. (e) as gewen Punte word pluimbal die grond raak die.

[LU 5.2.3]

Julle het Afrikaanse koerante nodig vir die volgende aktiwiteite

Blaai na die sportblad. Kies vir jouself 'n kort beriggie of 'n gedeelte van ‘n berig.

Lees dit 'n paar keer deur en vertel dit oor aan jou groep in jou eie woorde.

Gebruik die volgende om mekaar te assesseer.

Table 3
Vaar nie goed nie
Vaar redelik goed
Vaar baie goed
Vaar uitstekend

[LU 2.3.1]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)

3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:

3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);

3.3 lees vir inligtng:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.3 rangskik dinge volgend bepaalde kriteria

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

3.

(a) Die pluimbalraket is baie lig.

(b) Pluimballe word van gansvere gemaak.

(c) Die baan is baie soos ‘n tennisbaan.

(d) Die net is hoër as op ‘n tennisbaan.

  1. (a) Punte word gewen as die pluimbal die grond raak.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)