Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Julle onderwyser sal julle in vyf groepe verdeel. Elke groep moet ‘n sportsoort kies. Julle groep moet saam ‘n groot plakkaat vir die klas ontwerp wat julle kan gebruik om die sportsoort aan julle maats bekend te stel.
Verkry soveel inligting as moontlik. Slaan in boeke na en gebruik die Internet.
Probeer ook om inligting te verkry oor die ontstaan van die sportsoort. Gebruik al die interessante feite.
Julle kan teken, foto’s gebruik, koerantuitknipsels en prente uit tydskrifte of koerante gebruik.
Spring aan die werk. Julle onderwyser sal sê wanneer dit ingelewer moet word.
[LU 3.3.5; 4.4.1]
Hier is ‘n voorbeeld van ‘n sokkerspeler se dieet vir een dag:
Ontbyt:
een glas vrugtesap
een bak graankos
een gekookte eier
een sny roosterbrood
een appel
Middagete:
een bord pasta
een bordjie slaai
een broodrolletjie
een wiggie kaas
Aandete:
een groot biefstuk
een gebakte aartappel of een koppie rys
een porsie groente
nagereg: jellie en vla of
vrugteslaai en vla
Hoeveel spelers is daar in ‘n sokkerspan?
Help my om die spyskaart so te verander dat die hele sokkerspan saam kan eet. Skryf die spyskaart volledig oor op 'n skoon vel papier of in jou werkboek.
Elf _ vrugtesap
Elf _ graankos
Elf gekookte _
Elf _ roosterbrood
Elf _
Elf _ pasta
El f_ slaai
Elf _
Elf _ kaas
Elf groot _
Elf gebakte _ of elf _ rys
Elf _ groente
_ jellie en vla of vrugteslaai en vla
Ons het die woorde verander na MEERVOUDE.
Die meeste woorde kry -e in die meervoud.
| EEN | MEER AS EEN |
| glas | glase |
| sny | snye |
| bord | borde |
| EEN | MEER AS EEN |
| bak | bakke |
| rol | rolle |
| stuk | stukke |
| EEN | MEER AS EEN |
| peer | pere |
| brood | brode |
| uur | ure |
| EEN | MEER AS EEN |
| eier | eiers |
| appel | appels |
| koppie | koppies |
| EEN | MEER AS EEN |
| vrug | vrugte |
| nagereg | nageregte |
| gesig | gesigte |
Verdeel die klas in twee spanne. Leerders kies hulle eie spanname.
Teken op die bord ‘n baan soortgelyk aan die illustrasie, met die vertikale strepe 30 cm van mekaar en die bal in die middel.(‘n Magnetiese voorwerp is ideaal om as bal te gebruik).
![]() |
‘n Leerder van span X vra aan ‘n leerder van span Y om die meervoud van ‘n woord op die bord te skryf.
Indien die woord korrek geskryf is, word die bal 30 cm in die rigting van die doellyn geskuif. Indien dit verkeerd geskryf is, word die bal 30 cm in die teenoorgestelde rigting verskuif.
Span Y word gevra om ‘n meervoud te skryf.
Na elke doel word die bal na die middellyn geskuif.
Die span met die meeste doele wen.
[LU 2.4.3]
Lees die leesstuk en beantwoord dan die vrae.
In 1770 het ‘n Amerikaner, Eli Whitney, die heel eerste skaatsplank ontwerp. Dit was regtig net ‘n plank met vier wieletjies aan die onderkant. Niemand het egter belang gestel nie. Skaatsplankry het eers 200 jaar later gewild geraak.
Skaatsplankry kan baie gevaarlik wees omdat ryers maklik teen ‘n hoë spoed kan val. Skaatsplankryers moet spesiale klere dra om hulle te beskerm. Hulle dra heupskutte, knieskutte en elmboogskutte omdat dit die liggaamsdele is waarop hulle meesal val. Handskoene beskerm die handpalms. ‘n Valhelm is noodsaaklik om die kop te beskerm. Basketbalstewels beskerm die enkels en tone en is die beste stewels vir skaatsplankry.
Wanneer iemand leer om skaatsplank te ry, moet hy of sy eerstens besluit watter houding die gemaklikste is. Die natuurlikste houding is om die linkervoet voor die regtervoet te sit. Sommige mense verkies om die regtervoet voor te sit. Dit maak nie saak nie, solank die voorste voet net agter die voorste as is en die agterste voet teen die skopstert heel agter.
Skaatsplankry kan baie _ wees en daarom moet skaatsplankryers die regte klere dra om hulle te _ . ‘n _ is noodsaaklik om die kop te beskerm. (3)
Die beste skoene vir skaatsplankry is (tennisskoene, rugbystewels, basketbalstewels). (1)
Die agterste voet moet net agter die voorste as wees. __ (1)
TOTAAL: 10
[LU 3.6.1]
Rolspeel ‘n onderhoud met ‘n bekende sportpersoonlikheid op televisie.
Sit in pare. Besluit wie die onderhoud voer en wie die sportman/-vrou is.
Kies die sportpersoonlikheid. (Dit kan ook iemand wees wat al ouer is en nie meer die sport beoefen nie).
Besluit watter vrae gevra kan word sodat julle navorsing kan doen oor die sportpersoonlikheid se geskiedenis, persoonlike lewe en oor die sport self.
Skryf jou vrae neer as jy die onderhoudvoerder is
OF
Skryf jou antwoorde neer as jy die sportpersoonlikheid is.
[LU 2.2.1]
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.1.4 druk gevoelens uit;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);
3.3 lees vir inligtng:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
2.
3.
(a) 1770
(b) Amerika (OF die VSA)
(c) 200 jaar
(d) gevaarlik, beskerm, valhelm
(e) basketbalstewels
(f) Hulle beskerm die enkels en tone.
(g) Onwaar
(h) Eie opskrif, bv. skaatsplankry