Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5 » Stede en bedienswaardighede

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Stede en bedienswaardighede

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

WAAR TAFELBERG BEGIN

Module 5

STEDE EN BESIENSWAARDIGHEDE

  1. Kom ons toets ‘n bietjie julle algemene kennis deur middel van ‘n lekker speletjie.

Julle gaan kolomme soos op die volgende bladsy gebruik. Verdeel nou in julle groepe. Een van die groeplede moet die letters van die alfabet op ‘n stuk papier skryf. Sommige letters kan uitgelaat word, bv. C, F, I, Q, U, X, Y en Z. Versprei die letters op die papier.

Elke groeplid kry ‘n beurt om sy of haar oë toe te maak en met ‘n potlood op die papier te druk.

Die letter waarop die potlood te lande kom, word dan gebruik. Elkeen skryf ‘n woord wat met daardie letter begin onder elke kategorie. Die eerste speler wat elke kategorie voltooi het, skree: “Stop!” en dan moet almal hulle penne neersit. Die spelers lees dan hulle antwoorde voor. Wanneer jy ‘n antwoord het wat niemand anders het nie, kry jy tien punte. Wanneer jou antwoord dieselfde as iemand anders s’n is, kry jy vyf punte.

Die speler met die hoogste telling wen die ronde. Die volgende speler maak sy oë toe en kies ‘n letter. Die spel gaan voort so lank as wat die tyd toelaat.

‘n Voorbeeld (F) is reeds vir julle gedoen.

Ek hoop julle het die speletjie geniet en baie goed gevaar.

Moes julle groep dalk die letters K en/of L gebruik? Mag ek dan

raai dat een of meer van julle groep KAAPSTAD en/of LONDEN by die kategorie “Dorpe of Stede” neergeskryf het?

Dis die stede wat ek ook sou gekies het. Kaapstad en Londen is twee van die bekendste stede in die wêreld!

Table 1
LAND STAD of DORP DIER BLOMME. GROENTE of VRUGTE SPORTSTER, POPSTER of AKTEUR / AKTRISE PUNTE
Frankryk Franschhoek Flamink Framboos Fred Flintstone 50
  1. Hier volg nou twee kaarte met die bekendste besienswaardighede van hierdie twee stede. Bestudeer dit saam in julle groep en kyk of julle al die ooreenkomste kan raaksien. Skryf hulle dan neer in kolomme soos aangedui. ‘n Ooreenkoms is bv. ‘n kerk. Skryf ook die name van die verskillende plekke neer. Die eerste voorbeeld is reeds gedoen.

OOREENKOMSTE

Table 2
KAAPSTAD LONDEN
‘n Kerk: Groote Kerk ‘n Kerk: Westminster Abbey
   
.  
   
   
   
   
   
   
   
   

[LU 5.2.5]

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Londen

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Kaapstad

VERSKILLE

  1. a) Wat het Kaapstad wat Londen nie het nie? (Skryf slegs die plekke en/of die name neer.)
  2. b) Wat het Londen wat Kaapstad nie het nie?

[LU 5.2.5]

  1. a) As een van julle dalk reeds in Londen was, kan julle gerus vir die klas of groep meer van hierdie groot wêreldstad vertel.

Gesels nou ‘n bietjie in julle groep oor Kaapstad.

  1. Watter plekke of besienswaardighede is die moeite werd om te besoek?
Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Jy en ‘n maat gaan nou ‘n dialoog skryf en vir die groep kom rollees.

Een van julle is ‘n reisagent in Kaapstad. Die ander een is ‘n toeris wat Kaapstad vir die heel eerste keer kom besoek. Die toeris wil weet watter besienswaardighede in Kaapstad geskik sal wees vir kinders. Die toeris gee vir die reisagent ‘n aanduiding van waarin sy kinders belangstel deur middel van vrae. Dit help die reisagent dan in sy aanbevelings. Die toeris wil ook weet waar hierdie plekke is, hoe lank dit neem om daar te kom, besoektye, ens.

‘n lys van plekke wat julle kan aanbeveel:

Twee Oseane Akwarium

Telkom Eksploratorium Waterfront

Suid-Afrikaanse Museum (Tuine)

Boulders Strand (Simonstad)

Sankub (Table View)

World of Birds (Houtbaai)

Kaap die Goeie Hoop Natuurreservaat en Kaappunt

Kirstenbosch Botaniese Tuine

“MTN Science Centre” (Century City)

Ratanga Junction (Century City)

Kasteel die Goeie Hoop

Bootrit na Robbeneiland

(Indien enige van julle al in Londen was en die stad goed genoeg ken, mag julle ‘n dialoog rollees waar die toeris Londen vir die eerste keer besoek, i.p.v. Kaapstad.)

Indien julle onderwyser dit toelaat, kan julle aantrek vir die rollees van die dialoog. Die reisagent kan baie netjies aantrek, terwyl die toeris soos ‘n tipiese toeris kan aantrek met ontspanningsdrag, ‘n kamera, ‘n hoed of pet op die kop, ‘n sonbril, ens. Skryf die woorde van elke rolspeler as volg neer, en gebruik soveel opmerkings as wat die onderwysere voorstel.

Reisagent:

Toeris:

Reisagent:

Toeris:

[LU 2.1.1; LU 4.6.1]

Gebruik die onderstaande assesseringsruit om die maats te assesseer:

Table 3
           
  Kan baie verbeter Redelik Goed Uitstekend  
           
Table 4
Name van leerders Afrikaanse taalgebruik Duidelikheid en hoorbaarheid van spraak Geslaagdheid van dialoog Aanbiedinge
         
         
         
         
         
         
         
         
         
         
  1. Lees nou die onderstaande leesstuk minstens twee maal aandagtig deur.

Londen, die hoofstad van Engeland in Groot-Brittanje, is die grootste stad in die land. Hierdie stad is reeds meer as 2 000 jaar oud. Romeinse soldate het Brittanje in 43 v. C. ingeneem en dit Londinium genoem. Vandaar die naam Londen. Daar is baie bekende geboue en besienswaardighede in Londen, en ook sommer baie parke. Daar is ook baie winkels in die stad wat baie bekend is, bv. Harrods en die wonderlike speelgoedwinkel, Hamleys.

Kaapstad word ook die Moederstad genoem omdat dit die heel eerste stad was hier aan die suidpunt van Afrika. Hierdie stad is in 1652 gestig toe Jan van Riebeeck hier aangekom het om ‘n verversingspos te stig. Tafelberg is Kaapstad se bekendste landmerk. Min stede in die wêreld se natuurskoon is so pragtig soos Kaapstad s’n. Kaapstad is baie gewild onder vakansiegangers en die mense besoek graag plekke soos Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin.

Beantwoord nou die onderstaande vrae deur slegs ‘n regmerk () in die WAAR kolom of ‘n kruisie () in die ONWAAR kolom te maak.

Table 5
    Waar Onwaar
           
a) Londen is die hoofstad van Engeland.          
           
b) Londen is amper 2 000 jaar oud.          
           
c) Die Romeine het Suid-Afrika in 43 v.C. ingeneem.          
           
d) Die stad se naam was eers Londinium.          
           
e) Daar is geen parke in Londen nie.          
           
f) Kaapstad word ook die Moederstad genoem.          
           
g) Jan Van Riebeeck het ‘n verversingspos in Kaapstad kom stig.          
           
h) Die Waterfront is Kaapstad se bekendste landmerk.          
           
i) Kaapstad is bekend vir sy natuurskoon.          
           
j) Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin is bekende plekke in Londen.
         
         
         
Selfassessering onder leiding van die opvoeder: Totaal uit 10      

[LU 3.1.2]

Kyk hoeveel van die teenoorgesteldes van die onderstreepte woorde jy kan invul. Die eerste een is reeds gedoen. Jy kan dit saam met ‘n maat doen. Skryf die volle sin met die ontbrekende woord neer.

  1. a) Kaapstad is groot en nie klein nie.
  2. b) Baie van die geboue is oud en nie _ nie.
  3. c) Tafelberg is hoog en nie _ nie.
  4. d) Daar woon baie mense in Kaapstad en nie _ nie.
  5. e) Baie van die strate is lank en nie _ nie.
  6. f) Kaapstad is ‘n baie mooi stad en nie _ nie.
  7. g) In die somer kom die son vroeg op en nie _ nie.
  8. h) Alle mense, oud en _ , geniet Kaapstad se natuurskoon.
  9. i) Die mense wat Tafelberg klim, is dapper en nie _ nie.
  10. j) Wanneer jy die berg wil klim, moet jou bene sterk wees en nie _ nie.
  11. k) In die somer is dit warm en nie _ nie.
  12. l) In die winter is dit nat en nie _ nie.
  13. m) In die winter speel die kinders binne en nie _ nie.
  14. n) Kaapstad was die eerste stad in Suid-Afrika en nie die _ nie.
  15. o) Jan Van Riebeeck was fluks en nie _ nie.
  16. p) Arme Jan Van Riebeeck het seker soms dom gevoel in die vreemde land en nie _ nie.
  17. q) Kos was toe ook skaars en nie _ nie.
  18. r) Hy het ook nie geweet of wat hy doen reg of _ is nie.
  19. s) Die diere was toe wild en nie _ nie.
  20. t) Hulle het van die wildediere geskiet. Die diere was dus nie lewendig nie, maar _ .

Selfassessering onder leiding van die opvoeder. Maak seker dat julle die korrekte antwoorde invul wanneer julle antwoorde verkeerd is.

[LU 6.2.3]

Assessering

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.1 stel en beantwoord vrae;

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);

3.3 lees vir inligting:

3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:

4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. reëls in die natuur, in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:

6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind);

Memorandum

2. OOREENKOMSTE

Table 6
KAAPSTAD LONDEN
'n Kerk: Groote Kerk 'n Kerk: Westminster Abdy
'n Kerk: St. George-katedraal 'n Kerk: St. Paul's
'n Museum: Suid-Afrikaanse Museum 'n Museum: British Museum
'n Tuin: Kompanjiestuin 'n Tuin: St. James Park
'n Planetarium 'n Planetarium
Parlementsgebou Houses of Parliament
'n Galery: Nasionale Galery 'n Galery: National Gallery

VERSKILLE

(a) 'n Berg: Tafelberg

'n Kasteel: Kasteel die Goeie Hoop

Die see

(b) 'n Wasmuseum: Madame Tussaud's Wax Museum

'n Rivier: Thames River (Afr. Teems)

'n Ondergrondse stasie

'n Paleis: Buckingham Palace

4.

Table 7
    Waar Onwaar
a) Londen is die hoofstad van Engeland. X  
b) Londen is amper 2 000 jaar oud.   X
c) Die Romeine het Suid-Afrika in 43 v.C. ingeneem.   X
d) Die stad se naam was eers Londinium. X  
e) Daar is geen parke in Londen nie.   X
f) Kaapstad word ook die Moederstad genoem. X  
g) Jan Van Riebeeck het 'n verversingspos in Kaapstad kom stig. X  
h) Die Waterfront is Kaapstad se bekendste landmerk.   X
i) Kaapstad is bekend vir sy natuurskoon. X  
j) Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin is bekende plekke in Londen.   X

5.

(b) nuut (k) koud

(c) laag (l) droog

(d) min (m) buite

(e) kort (n) laaste

(f) lelik (o) lui

(g) laat (p) slim

(h) jonk (q) volop

(i) bang (r) verkeerd

(j) swak (s) mak

(t) dood

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks