Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Julle gaan kolomme soos op die volgende bladsy gebruik. Verdeel nou in julle groepe. Een van die groeplede moet die letters van die alfabet op ‘n stuk papier skryf. Sommige letters kan uitgelaat word, bv. C, F, I, Q, U, X, Y en Z. Versprei die letters op die papier.
Elke groeplid kry ‘n beurt om sy of haar oë toe te maak en met ‘n potlood op die papier te druk.
Die letter waarop die potlood te lande kom, word dan gebruik. Elkeen skryf ‘n woord wat met daardie letter begin onder elke kategorie. Die eerste speler wat elke kategorie voltooi het, skree: “Stop!” en dan moet almal hulle penne neersit. Die spelers lees dan hulle antwoorde voor. Wanneer jy ‘n antwoord het wat niemand anders het nie, kry jy tien punte. Wanneer jou antwoord dieselfde as iemand anders s’n is, kry jy vyf punte.
Die speler met die hoogste telling wen die ronde. Die volgende speler maak sy oë toe en kies ‘n letter. Die spel gaan voort so lank as wat die tyd toelaat.
‘n Voorbeeld (F) is reeds vir julle gedoen.
Ek hoop julle het die speletjie geniet en baie goed gevaar.
Moes julle groep dalk die letters K en/of L gebruik? Mag ek dan
raai dat een of meer van julle groep KAAPSTAD en/of LONDEN by die kategorie “Dorpe of Stede” neergeskryf het?
Dis die stede wat ek ook sou gekies het. Kaapstad en Londen is twee van die bekendste stede in die wêreld!
| LAND | STAD of DORP | DIER | BLOMME. GROENTE of VRUGTE | SPORTSTER, POPSTER of AKTEUR / AKTRISE | PUNTE |
| Frankryk | Franschhoek | Flamink | Framboos | Fred Flintstone | 50 |
OOREENKOMSTE
| KAAPSTAD | LONDEN |
| ‘n Kerk: Groote Kerk | ‘n Kerk: Westminster Abbey |
| . | |
[LU 5.2.5]
![]() |
Londen
![]() |
Kaapstad
VERSKILLE
[LU 5.2.5]
Gesels nou ‘n bietjie in julle groep oor Kaapstad.
![]() |
Jy en ‘n maat gaan nou ‘n dialoog skryf en vir die groep kom rollees.
Een van julle is ‘n reisagent in Kaapstad. Die ander een is ‘n toeris wat Kaapstad vir die heel eerste keer kom besoek. Die toeris wil weet watter besienswaardighede in Kaapstad geskik sal wees vir kinders. Die toeris gee vir die reisagent ‘n aanduiding van waarin sy kinders belangstel deur middel van vrae. Dit help die reisagent dan in sy aanbevelings. Die toeris wil ook weet waar hierdie plekke is, hoe lank dit neem om daar te kom, besoektye, ens.
‘n lys van plekke wat julle kan aanbeveel:
Twee Oseane Akwarium
Telkom Eksploratorium Waterfront
Suid-Afrikaanse Museum (Tuine)
Boulders Strand (Simonstad)
Sankub (Table View)
World of Birds (Houtbaai)
Kaap die Goeie Hoop Natuurreservaat en Kaappunt
Kirstenbosch Botaniese Tuine
“MTN Science Centre” (Century City)
Ratanga Junction (Century City)
Kasteel die Goeie Hoop
Bootrit na Robbeneiland
(Indien enige van julle al in Londen was en die stad goed genoeg ken, mag julle ‘n dialoog rollees waar die toeris Londen vir die eerste keer besoek, i.p.v. Kaapstad.)
Indien julle onderwyser dit toelaat, kan julle aantrek vir die rollees van die dialoog. Die reisagent kan baie netjies aantrek, terwyl die toeris soos ‘n tipiese toeris kan aantrek met ontspanningsdrag, ‘n kamera, ‘n hoed of pet op die kop, ‘n sonbril, ens. Skryf die woorde van elke rolspeler as volg neer, en gebruik soveel opmerkings as wat die onderwysere voorstel.
Reisagent:
Toeris:
Reisagent:
Toeris:
[LU 2.1.1; LU 4.6.1]
Gebruik die onderstaande assesseringsruit om die maats te assesseer:
| Kan baie verbeter | Redelik | Goed | Uitstekend | ||
| Name van leerders | Afrikaanse taalgebruik | Duidelikheid en hoorbaarheid van spraak | Geslaagdheid van dialoog | Aanbiedinge |
Londen, die hoofstad van Engeland in Groot-Brittanje, is die grootste stad in die land. Hierdie stad is reeds meer as 2 000 jaar oud. Romeinse soldate het Brittanje in 43 v. C. ingeneem en dit Londinium genoem. Vandaar die naam Londen. Daar is baie bekende geboue en besienswaardighede in Londen, en ook sommer baie parke. Daar is ook baie winkels in die stad wat baie bekend is, bv. Harrods en die wonderlike speelgoedwinkel, Hamleys.
Kaapstad word ook die Moederstad genoem omdat dit die heel eerste stad was hier aan die suidpunt van Afrika. Hierdie stad is in 1652 gestig toe Jan van Riebeeck hier aangekom het om ‘n verversingspos te stig. Tafelberg is Kaapstad se bekendste landmerk. Min stede in die wêreld se natuurskoon is so pragtig soos Kaapstad s’n. Kaapstad is baie gewild onder vakansiegangers en die mense besoek graag plekke soos Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin.
Beantwoord nou die onderstaande vrae deur slegs ‘n regmerk () in die WAAR kolom of ‘n kruisie () in die ONWAAR kolom te maak.
| Waar | Onwaar | ||||||||||||||||||||
| a) Londen is die hoofstad van Engeland. | |||||||||||||||||||||
| b) Londen is amper 2 000 jaar oud. | |||||||||||||||||||||
| c) Die Romeine het Suid-Afrika in 43 v.C. ingeneem. | |||||||||||||||||||||
| d) Die stad se naam was eers Londinium. | |||||||||||||||||||||
| e) Daar is geen parke in Londen nie. | |||||||||||||||||||||
| f) Kaapstad word ook die Moederstad genoem. | |||||||||||||||||||||
| g) Jan Van Riebeeck het ‘n verversingspos in Kaapstad kom stig. | |||||||||||||||||||||
| h) Die Waterfront is Kaapstad se bekendste landmerk. | |||||||||||||||||||||
| i) Kaapstad is bekend vir sy natuurskoon. | |||||||||||||||||||||
| j) Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin is bekende plekke in Londen. | |||||||||||||||||||||
| Selfassessering onder leiding van die opvoeder: Totaal uit 10 | |||||||||||||||||||||
[LU 3.1.2]
Kyk hoeveel van die teenoorgesteldes van die onderstreepte woorde jy kan invul. Die eerste een is reeds gedoen. Jy kan dit saam met ‘n maat doen. Skryf die volle sin met die ontbrekende woord neer.
Selfassessering onder leiding van die opvoeder. Maak seker dat julle die korrekte antwoorde invul wanneer julle antwoorde verkeerd is.
[LU 6.2.3]
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);
3.3 lees vir inligting:
3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:
4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. reëls in die natuur, in Natuurwetenskap);
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.
5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;
5.2.8 gee menings en redes daarvoor;
5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:
5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind);
2. OOREENKOMSTE
| KAAPSTAD | LONDEN |
| 'n Kerk: Groote Kerk | 'n Kerk: Westminster Abdy |
| 'n Kerk: St. George-katedraal | 'n Kerk: St. Paul's |
| 'n Museum: Suid-Afrikaanse Museum | 'n Museum: British Museum |
| 'n Tuin: Kompanjiestuin | 'n Tuin: St. James Park |
| 'n Planetarium | 'n Planetarium |
| Parlementsgebou | Houses of Parliament |
| 'n Galery: Nasionale Galery | 'n Galery: National Gallery |
VERSKILLE
(a) 'n Berg: Tafelberg
'n Kasteel: Kasteel die Goeie Hoop
Die see
(b) 'n Wasmuseum: Madame Tussaud's Wax Museum
'n Rivier: Thames River (Afr. Teems)
'n Ondergrondse stasie
'n Paleis: Buckingham Palace
4.
| Waar | Onwaar | ||
| a) | Londen is die hoofstad van Engeland. | X | |
| b) | Londen is amper 2 000 jaar oud. | X | |
| c) | Die Romeine het Suid-Afrika in 43 v.C. ingeneem. | X | |
| d) | Die stad se naam was eers Londinium. | X | |
| e) | Daar is geen parke in Londen nie. | X | |
| f) | Kaapstad word ook die Moederstad genoem. | X | |
| g) | Jan Van Riebeeck het 'n verversingspos in Kaapstad kom stig. | X | |
| h) | Die Waterfront is Kaapstad se bekendste landmerk. | X | |
| i) | Kaapstad is bekend vir sy natuurskoon. | X | |
| j) | Robbeneiland en Kirstenbosch Botaniese Tuin is bekende plekke in Londen. | X |
5.
(b) nuut (k) koud
(c) laag (l) droog
(d) min (m) buite
(e) kort (n) laaste
(f) lelik (o) lui
(g) laat (p) slim
(h) jonk (q) volop
(i) bang (r) verkeerd
(j) swak (s) mak
(t) dood