Aktiwiteit 1
Om te leer om korrek te spel [LU 4.5.2]
![]() |
Woordeskat
Skommel die volgende letters om die woorde reg te skryf: [15 min.]
(i) abkasw ................................................................................
(ii) okehnadd ................................................................................
(iii) rstot ................................................................................
(iv) ltieot ................................................................................
(v) pese ................................................................................
(vi) lwsapa ................................................................................
(vii) nsosp ................................................................................
(viii) pstnrdaeaat ................................................................................
(ix) psiële ................................................................................
(x) nkara .................................................................................
Aktiwiteit 2
Om te leer om leestekens korrek te gebruik [LU 4.5.3, 6.2.14]
(a) Krane wat lek (Leestekens)
Die krane in die badkamer het gelek en die volgende druppels het uitgeval. Lees die sinne hieronder en kyk of julle kan sien waar die tekens wegkruip. Merk dit in die kleure soos aangedui.
|
|||
| blou | groen | oranje | rooi |
In die badkamer is 'n bad, 'n wasbak, 'n stort en 'n toilet. As ek wil bad, draai ek die krane oop en tap die bad vol water. Mag ek in die bad speel? Ja, ek mag. Oppas! Jy sal in die bad gly. Mamma, sal Mamma my asseblief kom afdroog?
Bespreek nou in jul groepe waarvoor elke druppelteken staan en hoekom die tekens op dié spesifieke plekke gebruik word. Vertel aan die ander groepe wat jul groepie dink.
(b) Vul nou die tekens by die volgende sinne in. Probeer dit eers op jou eie en merk af op die kontrolelys om te kontroleer of jy alle reëls nagekom het.
(i) Sammy het jy jou tande geborsel
(ii) Eina die water is warm
(iii) Gebruik jy 'n waslap 'n spons of 'n naelborseltjie
(iv) Ja ek het die krane toegedraai
(v) As ek klaar gebad het droog ek myself met 'n handdoek af
(vi) Pat gaan bad dadelik
(vii) Nee die seep ruik nie lekker nie
| KONTROLELYS VIR LEESTEKENS | Ek het onthou | Ek het nie onthou nie | ||||||||||||||||||
| Plaas ‘n komma: |
|
|||||||||||||||||||
| Plaas ‘n punt aan die einde van ‘n sin. | ||||||||||||||||||||
| Plaas ‘n vraagteken aan die einde van ‘n vraag. | ||||||||||||||||||||
| Plaas ‘n uitroepteken: by woorde wat uitgeroep word; aan die einde van ‘n sin wat uitgeroep word. | ||||||||||||||||||||
Aktiwiteit 3
Om ‘n eenvoudige plan te lees [LU 3.3.1]












