Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Inheemse plante en diere

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Inheemse plante en diere

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

WAAR TAFELBERG BEGIN

Module 8

INHEEMSE PLANTE EN DIERE

  1. Van die bekendste botaniese tuine in die wêreld, is die Kirstenbosch Botaniese Tuin wat teen die oostelike hange van Tafelberg geleë is. In hierdie tuin groei daar byna 6 000 inheemse plantsoorte. Daar is ook baie voëlsoorte en diersoorte, o.a. jakkalse, muishonde en tarentale.

Slaan die volgende woorde na en skryf hulle betekenisse neer:

botaniese

inheemse

Hier volg nou ‘n skets van ‘n toneeltjie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin waarop ons ‘n klompie diere sien. Kyk of julle die diere kan identifiseer met behulp van die raaiselrympies. Voorsien dan die sketse van die diersoorte van byskrifte:

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Eekhorinkie

Sy stert is wollerig en dik,daar sit hy in die boom se mik.Vinnig en rats is dié klein knaap,maar nie familie van die aap!

Brilwewer

Kyk net hoe vlytig weef en vlieg hy.Sowaar, sy nes hang oor die water.Sy sorg en vernuf verbaas my:veilig bly sy kuikens later!

Tarentaal

Sy lyf is groot en bont gespikkel,tog vlieg hy sonder ‘n gesukkel.Sy kop is kleurvol en mooi helder,In die Kaap sien jy hom baie, en nie selde!

Muishond

Sy koppie is klein en sy beentjies is kort,maar die lyf en stert kan nogal lank word.Sy jassie is grys en sy kloue is swart;hy woon onder die rots of sommer in ‘n gat.

Dassie

‘n Mens sou kon sê hy is vet,Let op dat hy geen stertjie het!Hy sit nou en bak in die son op ‘n klip,maar as die son skuif, sal hy agterna wip.

Lees die rympies vir mekaar voor in die groep.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)
  1. Hierdie is ‘n baie klein deeltjie van Kirstenbosch soos gesien vanuit die lug. Weet julle wat ‘n kruietuin is? In Engels is dit ‘n “herb garden”. ‘n Mens kry natuurlik baie kruiesoorte. Gebruik ‘n woordeboek en slaan die Afrikaanse name van die volgende kruiesoorte na. Doen dit sommer saam in julle groep.

Lavender: Rosemary:

Thyme: Mint:

Basil: Parsley :

Waarvoor word kruie gebruik? Besluit saam as ‘n groep op ‘n antwoord en skryf slegs een sin neer.

Hieronder volg ‘n resep vir botterbroodjies waarvan kruie ‘n baie belangrike bestanddeel is:

Bestanddele:

1 koppie meelblom1 koppie gerasperde kaas1 teelepel gemengde kruie1 teelepel hoenderekstrak2 teelepels bakpoeier½ teelepel mosterd1 eier geklits½ koppie melk

Metode:

  • Verhit die oond tot 200 °C.
  • Plaas die meelblom, kaas, kruie, hoenderekstrak, bakpoeier en mosterd in ‘n mengbak en meng liggies met ‘n houtlepel.
  • Voeg die eier en melk by en roer deeglik.
  • Rol deeg liggies uit op ‘n plank wat met meelblom bestrooi is.
  • Gebruik ‘n koekiedrukker of ‘n glas om die deeg uit te druk.
  • Plaas die botterbroodjies op ‘n gesmeerde bakplaat.
  • Bak tien minute lank in die vooraf verhitte oond.

Ek hoop julle is nou sommer honger en lus om ook iets te ete te maak!

Besluit op ‘n maklike resep wat julle in die klas kan demonstreer. (Dit kan ongelukkig nie iets wees wat gebak moet word nie.) Voorbeelde van wat julle kan maak is:

‘n toebroodjie

‘n slaai

‘n nagereg, bv. jellie of ‘n pakkie kitsnagereg

‘n koppie koffie of tee

Skryf eers jou resep neer. Onthou om sowel die bestanddele as die metode neer te skryf!

[LU 3.3.2; 3.7.1; 4.1.2]

Demonstreer nou aan jou maats hoe om hierdie resep voor te berei.

3. Lees die sinne in kolom A. Skryf hulle oor deur 'n ander woordorde te gebruik, soos die voorbeeldsin in kolom B . Voltooi die nuwe sinne deur hulle op 'n skoon vel papier of in jou werkboek uit te skryf. Onthou, d ie sinne moet nog presies dieselfde beteken!

Table 1
A B
Voorbeeld:  
Teen die oostelike hange van Tafelberg lê Kirstenbosch. Kirstenbosch lê _ van Tafelberg.
Antwoord: Kirstenbosch lê teen die oostelike hange van Tafelberg.
   
a) Kirstenbosch is een van die bekend­ste botaniese tuine in die wêreld. Een van die _ in die wêreld is _ .
 
b) In die tuin kry ons ‘n lewende museum van Suid-Afrikaanse plante. Ons kry ‘n _ van _ in die tuin.
 
c) Die tuin is in 1913 deur ene Pearson gestig. In _ is die tuin _ ene _ gestig.
 
d) Daar is oral bordjies in die tuin wat inligting gee oor die plante. Bordjies _ is oral in die tuin.
 
e) Slegs inheemse flora word in die tuin gekweek en bewaar. In die tuin word _ bewaar.
 

Ruil nou jou sinne om met ‘n maat s’n. Onder die leiding van die opvoeder kan jy die maat se werk assesseer.

[LU 6.2.14]

  1. Die volgende storie handel oor een van die diere wat ons op Tafelberg aantref. Berei jouself voor om die storie hardop in die klas voor te lees.

Waarom het Dassie nie ‘n stert nie?

Baie, baie lank gelede het die diere in Afrika geen sterte gehad nie. Op ‘n dag word al die diere beveel om onder ‘n groot kremetartboom te vergader. Daar sal elkeen ‘n stert kan kies wat hy die graagste wil hê. Die diere is baie opgewonde en stap vinnig na die kremetartboom toe. Daar is ‘n yslike versameling sterte: dun sterte, dik sterte, stomp sterte, pluimsterte, lang sterte, kort sterte, vet sterte – elke soort stert wat jy jou kan voorstel!

Al die diere, behalwe Dassie, is op pad om ‘n stert te kies. Dit is vanoggend ‘n bietjie koud en reënerig en Dassie skuil onder ‘n rots, want hy hou nie daarvan as sy ore en pels nat word nie. Eindelik hou die reën op en Dassie strek hom uit op ‘n klip sodat hy eers ‘n bietjie in die sonnetjie kan warm bak.

Dis tog te lekker en Dassie het nie lus om ‘n stert te gaan uitsoek nie. Hy sal later roer om ‘n stert te gaan kies. Dassie sit maar en kyk hoe al die ander diere verbystap op pad na die kremetartboom toe.

Dassie raak al hoe luier en vaker. Sommige van die diere is al op pad terug en swaai hulle nuwe sterte trots rond. Dassie kyk na almal en besluit watter soort stert hy sal kies. Hy kan nie help om te lag as Seekoei verbystap nie! Dis nou regtig ‘n lawwe stertjie vir so ‘n groot lyf!

Laat die middag, terwyl die son sak, besluit Dassie dat hy maar ‘n stert moet gaan uitsoek. Terwyl Dassie op pad is, kom Vlakvark van voor af aangehardloop. “Jy is te laat!” sê Vlakvark vir Dassie. “Daar is niks meer sterte oor nie!” Nou skrik Dassie baie groot en hardloop tot by die kremetartboom. Vlakvark het nie gejok nie – daar is nie 'n enkele stert oor nie. Dassie soek en soek oral om die kremetartboom. Hy soek totdat die maan al hoog sit. “Ai,” sê hy vir homself, “al kry ek maar net so ‘n donsige klossie soos Haas.”

Dit was alles tevergeefs. Tot vandag toe het Dassie nie ‘n stert nie. Maar hy was mos lui en wou nie die opdrag uitvoer nie. Dit is sy verdiende loon!

  1. Verdeel nou in julle groepe (verkieslik in groepe van ses). Elke groep gaan ‘n brosjure ontwerp en maak. Die brosjure sal meer inligting gee oor Tafelberg as ‘n besienswaardigheid vir toeriste. Elke groeplid is verantwoordelik vir een bladsy.

Gebruik ‘n A4-grootte vel papier. Vou die papier in drie gelyke dele in die breedte.

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Julle het dus nou ses sye vir die brosjure.

Dit moet só lyk wanneer dit oopgevou word:

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

Die volgende moet op elke sy wees:

  1. a) ‘n Skets van Tafelberg of ‘n gedeelte van Tafelberg en die titel: TAFELBERG. Dit is die belangrikste bladsy van die brosjure, want dit is die voorblad!
  2. b) ‘n Skets van ‘n plant of blom wat op Tafelberg aangetref word. Skryf drie sinne wat meer inligting gee oor hierdie plant of blom, en natuurlik die naam van die plant of blom. (Voorbeelde wat julle kan gebruik, is die protea, rooi disa, renosterbos, silwerblaarboom.)
  3. c) ‘n Skets van ‘n dier of voël wat op Tafelberg aangetref word, sy naam en drie sinne wat meer inligting gee. (Voorbeelde wat julle kan gebruik, is die dassie, tarentaal, muishond, eekhorinkie, skilpad of, natuurlik, die bobbejaan.)
  4. d) ‘n Skets van ‘n boom en die titel: Kirstenbosch Botaniese Tuin. Skryf drie sinne oor Kirstenbosch. Sien no. 1 in hierdie module.
  5. e) ‘n Skets van Tafelberg met ‘n wit wolk wat bo-oor die berg hang, en die titel Die Tafeldoek. Skryf twee of drie sinne daaroor. Sien no. 4 in die vorige module.
  6. f) ‘n Skets van ‘n man, vrou of kind wat stap en lyk soos ‘n stapper of bergklimmer en die titel Bergklimroetes. Skryf drie sinne gebaseer op die volgende inligting: Daar is 350 verskillende roetes om die kruin van Tafelberg te bereik. Daar is maklike en moeilike roetes. Elke roete neem sowat drie uur om te voltooi. Stappers moet nooit van die roetes afdwaal nie. Mense moenie bergklim wanneer dit reën of mistig is nie!

Assessering

LU 3

LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);

3.3 lees vir inligting:

3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;

4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:

4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:

6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);

6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);

6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind).

Memorandum

1. botaniese (tuin): waar daar 'n studie van plante gemaak word.

inheemse (plante): hierdie plante groei van nature in hierdie land.

2. Laventel Roosmaryn

Tiemie Kruisement

Basielkruid Pietersielie

3.

(a) Een van die bekendste botaniese tuine in die wêreld is Kirstenbosch.

(b) Ons kry 'n lewende museum van Suid-Afrikaanse plante in die tuin.

(c) In 1913 is die tuin deur ene Pearson gestig.

(d) Bordjies wat inligting gee oor die plante, is oral in die tuin.

(e) In die tuin word slegs inheemse flora gekweek en bewaar.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks