Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Slaan die volgende woorde na en skryf hulle betekenisse neer:
botaniese
inheemse
Hier volg nou ‘n skets van ‘n toneeltjie in die Kirstenbosch Botaniese Tuin waarop ons ‘n klompie diere sien. Kyk of julle die diere kan identifiseer met behulp van die raaiselrympies. Voorsien dan die sketse van die diersoorte van byskrifte:
![]() |
Eekhorinkie
Sy stert is wollerig en dik,daar sit hy in die boom se mik.Vinnig en rats is dié klein knaap,maar nie familie van die aap!
Brilwewer
Kyk net hoe vlytig weef en vlieg hy.Sowaar, sy nes hang oor die water.Sy sorg en vernuf verbaas my:veilig bly sy kuikens later!
Tarentaal
Sy lyf is groot en bont gespikkel,tog vlieg hy sonder ‘n gesukkel.Sy kop is kleurvol en mooi helder,In die Kaap sien jy hom baie, en nie selde!
Muishond
Sy koppie is klein en sy beentjies is kort,maar die lyf en stert kan nogal lank word.Sy jassie is grys en sy kloue is swart;hy woon onder die rots of sommer in ‘n gat.
Dassie
‘n Mens sou kon sê hy is vet,Let op dat hy geen stertjie het!Hy sit nou en bak in die son op ‘n klip,maar as die son skuif, sal hy agterna wip.
Lees die rympies vir mekaar voor in die groep.
![]() |
Lavender: Rosemary:
Thyme: Mint:
Basil: Parsley :
Waarvoor word kruie gebruik? Besluit saam as ‘n groep op ‘n antwoord en skryf slegs een sin neer.
Hieronder volg ‘n resep vir botterbroodjies waarvan kruie ‘n baie belangrike bestanddeel is:
Bestanddele:
1 koppie meelblom1 koppie gerasperde kaas1 teelepel gemengde kruie1 teelepel hoenderekstrak2 teelepels bakpoeier½ teelepel mosterd1 eier geklits½ koppie melk
Metode:
Ek hoop julle is nou sommer honger en lus om ook iets te ete te maak!
Besluit op ‘n maklike resep wat julle in die klas kan demonstreer. (Dit kan ongelukkig nie iets wees wat gebak moet word nie.) Voorbeelde van wat julle kan maak is:
‘n toebroodjie
‘n slaai
‘n nagereg, bv. jellie of ‘n pakkie kitsnagereg
‘n koppie koffie of tee
Skryf eers jou resep neer. Onthou om sowel die bestanddele as die metode neer te skryf!
[LU 3.3.2; 3.7.1; 4.1.2]
Demonstreer nou aan jou maats hoe om hierdie resep voor te berei.
3. Lees die sinne in kolom A. Skryf hulle oor deur 'n ander woordorde te gebruik, soos die voorbeeldsin in kolom B . Voltooi die nuwe sinne deur hulle op 'n skoon vel papier of in jou werkboek uit te skryf. Onthou, d ie sinne moet nog presies dieselfde beteken!
| A | B |
| Voorbeeld: | |
| Teen die oostelike hange van Tafelberg lê Kirstenbosch. | Kirstenbosch lê _ van Tafelberg. |
| Antwoord: Kirstenbosch lê teen die oostelike hange van Tafelberg. | |
| a) Kirstenbosch is een van die bekendste botaniese tuine in die wêreld. | Een van die _ in die wêreld is _ . |
| b) In die tuin kry ons ‘n lewende museum van Suid-Afrikaanse plante. | Ons kry ‘n _ van _ in die tuin. |
| c) Die tuin is in 1913 deur ene Pearson gestig. | In _ is die tuin _ ene _ gestig. |
| d) Daar is oral bordjies in die tuin wat inligting gee oor die plante. | Bordjies _ is oral in die tuin. |
| e) Slegs inheemse flora word in die tuin gekweek en bewaar. | In die tuin word _ bewaar. |
Ruil nou jou sinne om met ‘n maat s’n. Onder die leiding van die opvoeder kan jy die maat se werk assesseer.
[LU 6.2.14]
Waarom het Dassie nie ‘n stert nie?
Baie, baie lank gelede het die diere in Afrika geen sterte gehad nie. Op ‘n dag word al die diere beveel om onder ‘n groot kremetartboom te vergader. Daar sal elkeen ‘n stert kan kies wat hy die graagste wil hê. Die diere is baie opgewonde en stap vinnig na die kremetartboom toe. Daar is ‘n yslike versameling sterte: dun sterte, dik sterte, stomp sterte, pluimsterte, lang sterte, kort sterte, vet sterte – elke soort stert wat jy jou kan voorstel!
Al die diere, behalwe Dassie, is op pad om ‘n stert te kies. Dit is vanoggend ‘n bietjie koud en reënerig en Dassie skuil onder ‘n rots, want hy hou nie daarvan as sy ore en pels nat word nie. Eindelik hou die reën op en Dassie strek hom uit op ‘n klip sodat hy eers ‘n bietjie in die sonnetjie kan warm bak.
Dis tog te lekker en Dassie het nie lus om ‘n stert te gaan uitsoek nie. Hy sal later roer om ‘n stert te gaan kies. Dassie sit maar en kyk hoe al die ander diere verbystap op pad na die kremetartboom toe.
Dassie raak al hoe luier en vaker. Sommige van die diere is al op pad terug en swaai hulle nuwe sterte trots rond. Dassie kyk na almal en besluit watter soort stert hy sal kies. Hy kan nie help om te lag as Seekoei verbystap nie! Dis nou regtig ‘n lawwe stertjie vir so ‘n groot lyf!
Laat die middag, terwyl die son sak, besluit Dassie dat hy maar ‘n stert moet gaan uitsoek. Terwyl Dassie op pad is, kom Vlakvark van voor af aangehardloop. “Jy is te laat!” sê Vlakvark vir Dassie. “Daar is niks meer sterte oor nie!” Nou skrik Dassie baie groot en hardloop tot by die kremetartboom. Vlakvark het nie gejok nie – daar is nie 'n enkele stert oor nie. Dassie soek en soek oral om die kremetartboom. Hy soek totdat die maan al hoog sit. “Ai,” sê hy vir homself, “al kry ek maar net so ‘n donsige klossie soos Haas.”
Dit was alles tevergeefs. Tot vandag toe het Dassie nie ‘n stert nie. Maar hy was mos lui en wou nie die opdrag uitvoer nie. Dit is sy verdiende loon!
Gebruik ‘n A4-grootte vel papier. Vou die papier in drie gelyke dele in die breedte.
![]() |
Julle het dus nou ses sye vir die brosjure.
Dit moet só lyk wanneer dit oopgevou word:
![]() |
Die volgende moet op elke sy wees:
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);
3.3 lees vir inligting:
3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:
4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleiningsvorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind).
1. botaniese (tuin): waar daar 'n studie van plante gemaak word.
inheemse (plante): hierdie plante groei van nature in hierdie land.
2. Laventel Roosmaryn
Tiemie Kruisement
Basielkruid Pietersielie
3.
(a) Een van die bekendste botaniese tuine in die wêreld is Kirstenbosch.
(b) Ons kry 'n lewende museum van Suid-Afrikaanse plante in die tuin.
(c) In 1913 is die tuin deur ene Pearson gestig.
(d) Bordjies wat inligting gee oor die plante, is oral in die tuin.
(e) In die tuin word slegs inheemse flora gekweek en bewaar.