('n Gedig met taalaktiwiteite)
Lees die gediggie in jul groepe. Elke leerder kan een versie lees.
SPEELGOEDWINKEL
Stap ek verby die speelgoedwinkel,
moet ek eers stilstaan;
want deur die volgepakte winkelvenster,
kyk die speelgoed vir my aan.
Dit blyk of al die speelgoed
stadig in beweging kom.
Hul wink en roep my nader.
Ek loer en staan verstom!
Die loodsoldaatjie is die eerste om te beweeg.
Hy marsjeer verby die ander so mooi.
Die speelgoed kyk hom agterna
in sy uniform van rooi.
Skielik begin die bootjie te beweeg
en vaar so stilletjies verby.
Die klein ou karretjie warm sy enjin op
en begin orals rond te ry.
Haantjie skrik hom byna flou
en gee ‘n harde kraai.
Die gestreepte vlaggie in die hoek geplant,
word wakker en begin te waai.
Die groot albasters in ‘n doos gebêre,
besluit om uit te rol.
Heel voor in die winkelvenster
draai ‘n nuutgeverfde tol.
Binne ‘n oogwink is alles verby
en staan die speelgoed weer op hul plek.
Vertel ek dit vir iemand anders,
dink hulle ek is gek.
Aktiwiteit 4
Om vrae van ‘n moeiliker aard te beantwoord [LU 5.2.1]
Bespreek die vrae in julle groepe en skryf die antwoorde in volsinne.
- Hoekom moes die kind stilstaan by die winkelvenster?
.....................................................................................................
.....................................................................................................
- Die kind staan “verstom”.
Wat beteken dit?
....................................................................................................
....................................................................................................
- Hoekom kon die kind nie praat nie?
....................................................................................................
....................................................................................................
- Noem die speelgoed wat deur die venster gesien kon word.
....................................................................................................
....................................................................................................
- Waarom sal die ander mense dink dat die kind gek is?
....................................................................................................
....................................................................................................
Aktiwiteit 5
Om vanselfstandige naamwoorde en adjektiewe te leer [LU 6.2.7]
Al die artikels wat die seuntjie wil koop, kan hy sien. Woorde wat name gee aan artikels of dinge wat sigbaar is, noem ons NAAMWOORDE.
Onderstreep al die naamwoorde van die artikels wat hy sien met groen kleurkryt.
Sommige van hierdie artikels word baie goed beskrywe om vir ons meer van die artikels te vertel, byvoorbeeld groot albasters.
Nou weet ons dat die albasters groot is.
"Groot" is 'n BESKRYWENDE WOORD
(a) Verbind die naamwoord met 'n lyntjie aan die regte beskrywende woord soos wat die seuntjie dit ervaar.
Tabel 1
| |
NAAMWOORD |
BESKRYWENDE WOORD |
|
| |
vlaggie |
groot |
|
| |
tol |
gestreepte |
|
| |
loodsoldaatjie |
vol |
|
| |
albasters |
klein |
|
| |
motorkarretjie |
mooi |
|
| |
|
nuutgeverfde |
|
| |
|
|
|
(b) Voltooi die volgende sinne deur 'n beskrywende woord in te vul om meer kleur aan die sinne te gee.
Maak gebruik van die woorde tussen hakies, maar moenie 'n woord meer as een keer gebruik nie. Lees jou sinne vir 'n maat.
[plat, ronde, kleurvolle, geveerde, wapperende, gelukkige, vinnige, regop]
- Die .............................. boot met sy ............................................ vlaggie gly oor die water.
- Die .............................. loodsoldaatjie staan langs die ..................................haantjie.
- Die ................................... motorkarretjie ry woes om die draai.
- Die ......................................seuntjie het vyf ...................... albasters gewen.
Assessering
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.2 op ‘n eenvoudige manier begrip toon van sommige elemente van poësie:
- woorde wat rym (soos: kring, ring).
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.4 mediatekste ontwerp:
4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.1 begin om meer komplekse vrae te stel en beantwoord (soos: Hoekom ...? Wat dink jy ...?).
LEERUITKOMS 6: TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.2 enkelvoudige sinne met ‘n onderwerp, gesegde en voorwerp (soos: Die kind lees die boek);
6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme.
Memorandum
Aktiwiteit 4
(i) Die kind moes by die winkelvenster stilstaan, want die
speelgoed kyk vir hom aan deur die volgepakte winkelvenster.
(ii) Die kind is sprakeloos.
(iii) Die kind kon nie praat nie, want dit het gelyk asof al die speelgoed stadig in beweging kom en hom nader roep.
(iv) In die venster kon ‘n loodsoldaatjie, bootjie, klein karretjie, haantjie, vlaggie, ‘n doos met groot albasters, nuutgeverfde tol, gesien word.
(v) Die ander mense sal dink die kind is gek as hy/sy hulle vertel dat al die speelgoed in die winkelvenster stadig in beweging gekom het.
(c) loodsoldaatjie, bootjie, karretjie, vlaggie, albasters, tol, haantjie
Aktiwiteit 5(a)
- vlaggie gestreepte
- tol nuutgeverfde
- loodsoldaatjie mooi
- albasters groot
- motorkarretjie klein
Aktiwiteit 5(b)
- plat, wapperende
- kleurvolle, geveerde
- vinnige
- gelukkige, ronde