('n Gedig met 'n mondelinge, skriftelike en tekenaktiwiteit)
(a) Lees die gedig in groepies van twee. Neem beurte om 'n versie te lees.
SKOENE KOOP
Klein Dolfie kry so swaar om te loop
dat sy mamma vir hom nuwe skoene gaan ……………….. .
In die winkel vertel sy wat daar skort :
"Sy voet is te lank en sy skoene te kort!"
Die tannie pak af en sy mamma pas aan-
dan moet hy sit en dan moet hy ………………..
Die skoene word 'n lang, lange ry, SKOENE WAT EK GRAAG
maar nommerpas kan hy glad nie kry : WIL HÊ
Die vales - nee, dit is nie goed ;
die bruines pas ook nie sy voet.
Die swartes - ja : "Bind styf die strik !"
"Met hulle is ek in my skik !"
Kyk tog net hoe blink die goed -
die splinternuwe voetegoed !
Kwi-aat ! Kwi-aat ! klink dit op straat -
dis nuwe goed wat só kan praat !
Die maats begeer : As ons tog Dolfie was
met skoene wat so netjies ………………. !
Die aand, verseg of hy wil lê -
hy wil opsluit sy skoene by hom …………………!
Met nuwe skoen in elke ……………………
reis hy toe weg na dromeland.
UIT: Handleiding vir OmgewingsleerAnna du Raan (Nasou)
(b)Bespreek die vrae in julle groepe en skryf die antwoorde neer.
(i) Hoekom moes Dolfie nuwe skoene kry?
.....................................................................................................
(ii) Watter skoene het hy toe geneem?
.....................................................................................................
(iii) Gee 'n woord wat sê dat die skoene die regte grootte is.
....................................................................................................
(iv) Hoekom sê die digter (skrywer) van die gedig dat die skoene "praat"?
....................................................................................................
(v) Wat het hy die aand met sy nuwe skoene gemaak?
....................................................................................................
(vi) Kyk mooi na die laaste woord in elke reël en sê dit hardop. Wat let julle op?
....................................................................................................
(a) As woorde aan die einde van ‘n reël dieselfde klink, sê ons dit rym,
bv. ry en kry
skort en kort
goed en voet
Probeer om die volgende met jou eie rymwoorde aan te vul.
hand en ..............................................
mond en ..............................................
voet en ...............................................
kop en ...............................................
been en ...............................................
Vul nou die gedig aan met die rymwoorde wat die beste sal inpas.
(b) Teken die paar skoene wat jy die graagste wil hê in die spasie langs die gedig.
Aktiwiteit 2
Om kort paragrawe te skryf [LU 4.5.1]











