('n Mondelinge speletjie)
Die leerders staan in 'n sirkel. Een leerder hou 'n bal in sy/haar hande vas en begin met die sin : "As ek dorp toe gaan ..." Hy/sy las 'n deel by die sin en bons die bal na 'n maat wat die bal vang. Hierdie leerder moet dan weer met : "As ek ……….” begin en die sin voltooi. Die bal word weer na 'n volgende maat gebons om nog 'n sin by te voeg, soos in die voorbeeld.
Voorbeeld
Eerste leerder : As ek dorp toe gaan, gaan ek bakkery toe.
Tweede leerder : As ek bakkery toe gaan, gaan ek 'n brood koop.
Derde leerder : As ek 'n brood koop, gaan ek dit rooster.
Vierde leerder : As ek dit rooster, gaan ek dit eet.
Indien 'n leerder vashaak, moet hy die bal na 'n maat bons en dan uit die sirkel tree.
Kyk watter leerder in die spel oorbly!
![]() |
HOE HET EK DIE SPELETJIE GEVIND?
Onderstreep een of meer beskrywing.
Die speletjie was (maklik, moeilik, genotvol, vervelig, interessant, leersaam, prettig, oninteressant).
Aktiwiteit 2
Om byskrifte in die meervoud te skryf [LU 4.1.1, 6.2.6]
DIE TWEELING KOOP KLERE
('n Skriftelike aktiwiteit)
Mamma neem die tweeling klerewinkel toe. Hulle trek altyd eenders aan en daarom moet Mamma twee of meer van elke kledingstuk koop.
Kyk na die prentjies om te sien wat Mamma alles moet koop. Skryf die ontbrekende woorde langs die getalle neer. Maak gebruik van die woorde tussen hakies onderaan die bladsy.
ONTHOU: As 'n woord 'n kort klinker het, verdubbel die medeklinker.
As 'n woord 'n lang klinker het, val een van die klinkers weg.
twee ............................
twee ..............................
![]() |
vier ................................
twee ...............................
vier .................................
![]() |
twee ...............................
( knoop, rok, sweetpak, pet, trui, sandaal)
ASSESSERING VAN MEERVOUDE
- Ek ken die spelreëls vir meervoude.
- Ek het die spelreëls toegepas.
- Ek het netjies en korrek geskryf.
- Ek het nog hulp nodig.
- Ek moet die spelreëls weer by die huis gaan leer.
- Ek moet die toepassing van die spelreëls nog inoefen.
- Ek moet onthou om my woorde te kontroleer.
Aktiwiteit 3
Om voegwoorde in sinne te gebruik [LU 6.2.13]











