Dunne Dinnie kom so pas uit die fabriek en is baie trots op haar goeie toestand, maar Dikke Daan is baie ongelukkig, want hy is al opgebruik.
1. Onderstreep al die woorde wat hierdie twee potlode beskryf. Bespreek nou in jul groepies watter woorde teenoorgestelde betekenisse het.
2. Werk in groepe en skryf op ongedrukte koerantpapier soveel teenoorgesteldes as moontlik neer. Julle kan ook prente in tydskrifte wat teenoorgestelde betekenisse uitbeeld, soek en dit plak. Bring hierdie plakkate teen die muur in die klas aan. Kontroleer net of die woorde korrek gespel is.
3. Maak gebruik van die woorde in die potloodsakkie om die volgende sinne te voltooi.
(a) Die HB-potlood skryf nie lig nie, maar .......................................
(b) Die HB-potlood se lood is nie sag nie, maar ........................... .
(c) Party kinders werk vinnig en ander werk ............................. .
(d) Tony het sleg gedoen in sy wiskundetoets, maar hy het in sy Afrikaanse toets ............................... gedoen.
(e) Ons skrif mag nie te groot of te ........................................... wees nie.
(f) As ons so lelik in ons boeke werk, vra Juffrou dat ons .......................moet werk.
(g) Ons hande mag nie vuil wees nie, maar ................................... .
(h) Marlene het baie sterretjies in haar boek, maar Ansie het nog .............. .
(i) Ons is altyd soggens vroeg by die skool en kom nooit .....................nie.
(j) Stiaan is nie lui nie, maar is baie.........................................