Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 4 » 'n Rugbydag

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 
'n Rugbydag

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 4

SKOOLPRET

Module 38

‘N RUGBYDAG

Aktiwiteit 1

Om vrae te beantwoord oor ‘n storie waarna jy geluister het [LU 1.1.6]

('n Luister-, mondelinge en skriftelike aktiwiteit)

Luister baie aandagtig na die storie wat jou opvoeder vir jou gaan lees. Die storie is ongelukkig nie voltooid nie. As ‘n groep gaan julle ‘n einde vir die storie uitdink en aan die klas vertel.

Hoe goed het jy geluister?Vul eers die korrekte antwoorde in om te toets of jy die storie ken.

(i) Die rugbywedstryd het op ‘n ................................... plaasgevind.

(ii) Dit was die graad ........................... se ......................................wedstryd.

(iii) Hulle het per ............................................. na die buurskool gery.

(iv) Die seuns se ............................ het ook kom kyk hoe hulle speel

(v) Die afrigter het vir hulle geleer om volgens die ............................rugby te speel.

(vi) Hulle het eers in die tweede rondte gespeel en kon dus eers

....................................... voordat hulle opdraf.

(vii) Halftyd was die telling ......................... met .................drieë elk.

(viii) Die ...................................... het kom help as die seuns ‘n hardehou gekry het.

Aktiwiteit 2

Om ander aan te moedig om hulle tweede taal te praat [LU 1.5.3]

Om ‘n einde vir ‘n storie uit te dink [LU 2.3.1]

  1. (a) Bespreek nou in jul groepe hoe julle dink die storie geëindig het. Vertel dit aan die res van die klas. Assesseer die groepe se stories volgens die assesseringsruit. Vul jou assessering soos deur die ander groepe gedoen, op jou tabel in.

.................................................................................................................

.................................................................................................................

Aktiwiteit 3

Om leestekens korrek te gebruik [LU 4.5.3]

('n Lees- en taalaktiwiteit)

Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)

Emile en Bennie se skool het 'n sportdag gehou. Die koerantmense was daar om foto's te neem en om 'n verslag te skryf oor die dag. Toe die berig in die koerant verskyn, het die drukker al die leestekens (. , ?) en hoofletters uitgelaat.

Lees die berig en vul die korrekte leestekens en hoofletters met ‘n kleurkryt in. Vergelyk jou berig met die res van jou groep.

HIER WORD RUGBY GESPEEL

verlede saterdag 24 augustus het die laerskool sonstraal van soetekloof 'n rugbydag gehou

nege skole het aan die dag deelgeneem daar was baie ouers opvoeders dogters en seuns het hulle die dag geniet ja elkeen het die dag geniet

die a-span se kaptein tommy tolken het die meeste punte vir sy span aangeteken en die skoolhoof mnr steward het aan hom 'n beker oorhandig

Aktiwiteit 4

Om ‘n kort koerantberig te skryf [LU 4.2.1]

‘N KOERANTBERIG (‘n Skriftelike aktiwiteit)

Net soos hierdie berig oor die rugbydag in die koerant verskyn het, is daar baie ander belangrike gebeurtenisse wat by julle skool plaasgevind het. Skryf hieronder ‘n koerantberig oor een van hierdie belangrike gebeurtenisse. Jou opvoeder sal vir jou help om leiding te gee met die paragrawe. Die kontrolelys sal vir julle help met die beplanning van die berig. Onthou, ‘n koerantberig hoef nie baie lank te wees nie, maar dit moet die belangrikste inligting bevat.

................................................................................................................

Aktiwiteit 5

Om ‘n advertensie te skryf [LU 4.4.1]

'N BASAAR ('n Skriftelike aktiwiteit)

Julle skool besluit om 'n basaar of 'n kermis te hou. Julle wil soveel as moontlik mense daar hê en daarom sê die skoolhoof dat elke kind 'n advertensie vir die basaar moet uitskryf om versprei te word.

Skryf jou advertensie op ‘n aparte bladsy en onthou om die datum, plek en tyd te noem. Noem ook wat alles gekoop kan word en wat gedoen kan word. Versier jou advertensie.

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)

Wys jou advertensie vir enige volwassene (grootmens) wat jy dink graag die basaar wil bywoon. Laat die persoon jou advertensie assesseer volgens die assesseringsruit.

Assessering

LEERUITKOMS 1: LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

1.1 stories verstaan (aan leerders vertel of gelees):

1.1.6 ‘n storie opsom met die onderwyser se steun;

1.5 ander leerders respekteer:

1.5.3 hul pogings aanmoedig om hul addisionele taal te praat.

LEERUITKOMS 2: PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

2.3 die addisionele taal gebruik om inligting oor te dra:

2.3.1 ‘n reeks gebeurtenisse herroep en beskryf deur verbindingswoorde te gebruik (soos: eers, toe, daarna).

LEERUITKOMS 4: SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard

Dis duidelik wanneer die leerder:

  • vir ‘n sosiale doel skryf:

4.2.1 ‘n eenvoudige nota of boodskap skryf.

4.4 mediatekste ontwerp:

4.4.1 ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing ontwerp.

4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:

4.5.3 begin om ‘n groter verskeidenheid leestekens te gebruik.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Lees die volgende aan die leerders voor. Hulle moet goed luister sodat hulle die vrae kan beantwoord. Hulle moet ook ‘n gepaste einde vir die storie in hulle groepe uitdink.

Die graad 1-spannetjie het aan ‘n rugbydag by die buurskool gaan deelneem. Dit sou hulle eerste wedstryd wees en hulle was baie opgewonde. Hulle het vroeg die Saterdagoggend by die skool bymekaar gekom en saam met die groter seuns in die bus geklim. Hulle kon nie wag dat die bus moes vertrek nie.

Natuurlik het hulle ouers ook die rugbydag bygewoon, maar hulle het almal per motor gery. Die afrigter was ook daar. Hy het hulle geleer om volgens die reëls te speel. Gelukkig het hulle nie heel eerste gespeel nie. Hulle moes eers in die tweede wedstryd speel en dus het hulle tyd gehad om eers op te warm. Toe was hulle gereed om op te draf.

Toe die fluitjie vir die afskop blaas, het ‘n woeste gespook begin. Almal wou die bal hê en daarmee hardloop. Gou-gou was dit halftyd en kon hulle rus. Die telling was gelykop met twee drieë elk. Een van die opponente het ‘n harde stamp gekry en het van die pyn gehuil. Die noodhulpmanne het hom kom help en hy was sommer gou weer gereed om te speel.

Toe word die bal hoog geskop ...

(i) Saterdag

(ii) een-span, eerste

(iii) bus

(iv) ouers

(v) reëls

(vi) opwarm

(vii) gelykop, twee

(viii) noodhulpmanne

Aktiwiteit 3

  • Verlede Saterdag, 24 Augustus, het die Laerskool Sonstraal van
  • Soetekloof ‘n rugbydag gehou.
  • Nege skole het aan die dag deelgeneem. Daar was baie ouers, opvoeders, dogters en seuns. Het hulle die dag geniet? Ja, elkeen het die dag geniet.
  • Die A-Span se kaptein, Tommy Tolken, het die meeste punte vir sy span aangeteken, en die skoolhoof, mnr. Steward, het aan hom ‘n beker oorhandig.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to: