Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Die volgende is slegs ‘n “speletjie” en “verbeeldingsvlug”.
Voordat julle egter vertrek, moet julle eers besluit wat julle mag saamneem, wat julle alles moet onthou, hoe julle julle moet gedra, ens.
Verdeel in julle groepe. Die eerste groeplid begin deur te sê: “Ons het na Tafelberg toe gegaan en ek het _ saamgeneem.” (Noem enige item van jou keuse.)
Die volgende groeplid sê dan: “Ons het na Tafelberg toe gegaan en het _ saamgeneem.” (Noem die item van die eerste groeplid en voeg jou eie item by.)
Die derde groeplid herhaal die eerste twee items en voeg sy eie item by die lys.
Die speletjie gaan op dié wyse voort en elke groeplid moet items byvoeg en hulle in die regte volgorde herhaal. Indien ‘n groeplid die items in verkeerde volgorde gee of van die items vergeet, is hy uit.
Die speletjie kan herhaal word en in plaas daarvan dat items opgenoem en bygevoeg word, kan leerders opnoem hoe hulle hulle moet gedra, bv. “Ons moet bymekaar bly.” “Ons moet na mnr. / mev. / mej. (opvoeder se van) luister.”
[LU 2.4.]
Die prentjies hieronder illustreer nou hoe julle klas op julle denkbeeldige uitstappie na Tafelberg toe gaan. Skryf een tot drie sinne oor elke prentjie sodat jy eintlik ‘n kort storietjie skryf. Gebruik die woorde by die prentjies om dit vir jou maklik te maak. Moenie jou sinne nommer nie! Gesels eers in julle groepe oor die prentjies.
![]() |
uitstappie, Tafelberg,skooldrag, kospakkie
![]() |
vertrek, opgewonde,sit langs maat
![]() |
bang, hart klop vinnig,al hoër
![]() |
uitsig, asemrowend, klein en ver
![]() |
kospakkie, eet, drink,dassies in son
![]() |
spyt, uitstappie verby,terug skool toe
![]() |
heerlike dag,bedank
![]() |
tuis, vertel my ma van wonderlike ondervinding
"Ons klas besoek Tafelberg”. (Skryf 'n paragraaf oor hierdie ondervinding) [LU 4.1.3]
a) Kontrolelys (Maak ‘n regmerkie in die Ja-kolom en kruisie in die Nee-kolom).
| JA | NEE | |||
| Ek begin al die sinne met hoofletters. | ||||
| Ek gebruik punte aan die einde van sinne. | ||||
| Ek gebruik uitroeptekens wanneer ek iets beklemtoon. | ||||
| Ek begin die name van mense en plekke met hoofletters. | ||||
| Ek kan verstaan wat ek geskryf het. |
![]() |
‘n leë koeldrankblikkie
‘n plastiekwinkelsak
‘n glasbottel
‘n plastiekbottel
aartappelskyfiesakkie
a). Gesels in julle groep oor hierdie voorwerpe en hoe dit die omgewing bederf. Wat noem ons dit? Watter soorte besoedeling kry ‘n mens alles? Wat kan ons doen om besoedeling te beperk? Waar sien of hoor jy van besoedeling?
b) Julle gaan elkeen ‘n beurt kry om twee minute lank oor besoedeling te praat. Hou die volgende in gedagte wanneer jy voorberei:
Watter soorte besoedeling kry ons alles?
Waar in jou omgewing is daar baie besoedeling?
Wie besoedel die omgewing?
Word daar iets gedoen aan die besoedeling?
Wat kan daar gedoen word om die besoedeling minder te maak?
Wat kan jy doen om besoedeling te verminder?
[LU 5.1.1; 5.2.7; 5.2.8]
TAFELBERG
Het jy al gewonder waar Tafelberg sy naam vandaan gekry het? Ja, dis omdat die berg se bokant so plat soos ‘n tafel lyk. Soms hang daar ‘n wit suidoostewolk bo-oor Tafelberg en lyk dit kompleet soos ‘n tafeldoek. Die suidoostewind word ook die “Kaapse Dokter” genoem omdat die wind die gemors en besoedeling wegwaai.
Daar is twee maniere om bo-op die berg te kom. ‘n Mens kan met ‘n kabelkarretjie ry of die berg klim. Daar is baie roetes vir bergklimmers. Die berg se hoogste punt is by Maclear se baken wat 1 085,9 meter hoog is.
Tafelberg is ook bekend vir sy rykdom aan plante, ook flora genoem. Daar is reeds 2 622 soorte geïdentifiseer. Die beroemdste blom wat op die berg gekry kan word, is die rooi disa. Die blom word ook die “Trots van Tafelberg” genoem.
Die meeste van die ongeveer vyftig soogdierspesies is klein en hulle is ook meesal nagdiere. Die dassie en die bobbejaan is die bekendste soorte. Daar is ook baie voëlsoorte, waaronder die pragtige witkruisarend.
Tafelberg is ‘n nasionale monument omdat dit deel uitmaak van elke Suid-Afrikaner se erfenis. Brande bly egter ‘n gevaar en rig dikwels groot skade aan.
Beantwoord nou die volgende vrae:
Kies die regte antwoorde uit dié tussen hakies: (2)
Verskaf die ontbrekende woorde: (3)
Skryf slegs die antwoorde neer: (3)
Skryf die volgende stellings oor sodat hulle waar is: (2)
Kom ons verander die berg na ‘n plat klip waarby dwergies aansit om te eet! Dan praat ons nie van ‘n tafel nie, maar van ‘n tafeltjie. Daar is ‘n tafeldoekie oor die klip. Ons noem dit verkleinwoorde.
Besluit saam as ‘n groep wat die verkleinwoorde van die volgende woorde is en skryf hulle neer:
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot vurk, maar ‘n klein _
‘n Groot glas, maar ‘n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot venster, maar ‘n klein _
‘n Groot dier, maar ’n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot mot, maar ‘n klein _
‘n Groot hand, maar ‘n klein _
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde:
‘n Groot wurm, maar ’n klein _
‘n Groot besem, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde eindig meesal op ‘n -m.)
[LU 6.2.6]
Hierdie woorde kry nog ’n medeklinker en ’n -ie aan die einde:
‘n Groot bok, maar ‘n klein _
‘n Groot lig, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde eindig op ‘n enkelklinker en ‘n enkelmedeklinker.)
Hierdie woorde verloor een van die klinkers en kry ’n -ie aan die einde:
‘n Groot maag, maar ‘n klein _
‘n Groot roos, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde het dubbelklinkers.)
Hierdie woorde kry ‘n -_ aan die einde
‘n Groot ring, maar ‘n klein _
‘n Groot wang, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde het een klinker en eindig op -ng.)
Hierdie woorde kry nog ‘n medeklinker en -etjie aan die einde:
‘n Groot blom, maar ‘n klein _
‘n Groot man, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde het een klinker en eindig op 'n -m of -n.)
Hierdie woorde kry ‘n –nkie aan die einde:
‘n Groot heining, maar ‘n klein _
‘n Groot woning, maar ‘n klein _
(Hierdie woorde het twee lettergrepe en eindig op ‘n -ning.)
LU 3
LEES EN KYKDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);
3.3 lees vir inligting:
3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek;
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste taal- en leesvlak
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.1 gebruik ‘n woordeboek.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 skryf ‘n reeks instruksies;
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en –gebruik:
4.6.1 verstaan en begin verskillende skryfstyle gebruik (bv. gesproke of informele styl en skriftelike of formele styl).
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. reëls in die natuur, in Natuurwetenskap);
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.
5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;
5.2.8 gee menings en redes daarvoor;
5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:
5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: jaar/jare; pen/penne);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.14 hoofsaaklik die aktiewe vorm, maar kan die passiewe vorm begin gebruik (soos: Baie tale word in SA gepraat; Die tale word in SA gepraat; Die telefoon is in die 20ste eeu uitgevind);
3.
(a) wit wolke
(b) suidoostewind
(c) klim; kabelkarretjie
(d) Maclear
(e) flora
(f) die rooi disa
(g) witkruisarend
(h) Tafelberg is ‘n nasionale monument vir elke Suid-Afrikaner.
(i) Brande bly ‘n gevaar en kan skade aanrig.
4.
(a) boekie; vurkie; glasie
(b) stoeltjie; venstertjie; diertjie
(c) bordjie; motjie; handjie
(d) boompie; wurmpie; besempie
(e) klippie; bokkie; liggie
(f) skapie; magie; rosie
(g) slangetjie; ringetjie; wangetjie
(h) dammetjie; blommetjie; mannetjie
(i) torinkie; heininkie; woninkie