Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
1. Hieronder is die spore van verskillende groot soogdiere.
![]() |
Verbeel jou jy gaan stap in die veld. Jy sien baie verskillende spore van soogdiere. Gebruik die sketse van die spore en kyk of jy die diere kan uitken. Sommige diere se spore is uitgelaat. Teken hulle spore in die spasies.
![]() |
h.b. a.
e. d. f. c. g.
![]() |
2.
Beantwoord nou die volgende vrae in julle groepe. Die antwoorde het almal betrekking op die diere hierbo.
Ons sien ook die kameelperd se spoor is groter as die gemsbok s’n, maar kleiner as die witrenoster s’n. Die kameelperd se spoor is ook langer as die sebra s’n, maar korter as die olifant s’n.
| -er | -ste | |
| klein | kleiner (as) | kleinste |
| mooi | mooier (as) | mooiste |
| gevaarlik | gevaarliker (as) | gevaarlikste |
| een klinkereen konsonant | -mm-; -bb-; -kk-; -nn-; -ss-; -tt-; ens. | -ste |
| slim | slimmer | slimste |
| mak | makker | makste |
| dun | dunner | dunste |
| dubbelklinker (dieselfde)een konsonant | aa; ee; oo; uu | -ste |
| groot | groter (as) | grootste |
| skaam | skamer (as) | skaamste |
| geel | geler (as) | geelste |
| woorde wat op –s eindig | -er | -ste |
| fluks | flukser (as) | fluksste |
| los | losser (as) | losste |
| vars | varser (as) | varsste |
| -oud | Der | -ste |
| oud | ouer (as) | oudste |
| koud | kouer (as) | koudste |
| woorde wat op –nk eindig: | -nk ng | -ngste |
| jonk | jonger (as) | jongste |
| lank | langer (as) | langste |
| woorde wat op –r eindig: | -der | -ste |
| maer | maerder (as) | maerste |
| swaar | swaarder (as) | swaarste |
| Hierdie woorde verander: | ||
| goed | Beter | beste |
| baie | Meer | meeste |
| -oo | -oër | -ste |
| hoog | Hoër | hoogste |
| droog | Droër | droogste |
Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies:
[LU 6.2.7]
10
Selfassessering onder leiding van opvoeder.
![]() |
3. ‘n Begripstoets
Ek wonder of een van julle die storie van Huberta, die seekoei, ken. Dis ‘n ware verhaal en gaan oor ‘n dapper en avontuurlustige seekoei wat lank gelede geleef het.
| reis | journey | vroulik | female | |
| staptog | hike | herdoop | re-name | |
| nuuskierig | curious | ontdek | discover | |
| kuslyn | coastline | beroemd | famous | |
| rede | reason | berig | report | |
| geheim | secret | avonture | adventures | |
| roete | route | afgedwaal | strayed | |
| binneland | up-country | versprei | spread | |
| suidwaarts | southward /southbound | manlik | male |
![]() |
Lank gelede is ‘n seekoeikalfie naby St. Luciabaai in Kwazulu-Natal gebore. Sy was nog baie jonk toe sy eendag begin het met ‘n staptog van byna 2 000 kilometer.
Haar reis het in 1928 begin en in 1931 geëindig. Niemand weet hoekom sy so ver geloop het nie. Party mense sê sy het ‘n maat gaan soek, terwyl ander beweer dat sy net baie nuuskierig was en net meer van die wêreld wou sien.
Die seekoei het al met die kuslyn suidwaarts geloop, wat ookal die rede! Dit was haar geheim. Soms het sy ‘n bietjie van die roete afgedwaal die binneland in, maar sy het altyd weer teruggekom na die kuslyn en suidwaarts beweeg.
Die nuus van die seekoei wat op reis gegaan het, het gou versprei. Selfs in Engeland en Amerika het mense van hierdie seekoei gehoor.
Die mense het eers gedink sy is manlik en het haar “Billy” genoem. Later is sy herdoop na “Hubert” en toe die mense ontdek het dat sy vroulik is, is haar naam verander na Huberta. Huberta het baie beroemd geword en koerante oor die hele wêreld het gereeld berig oor haar avonture.
Beantwoord nou die volgende vrae:
Skryf slegs die antwoorde neer:
Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woorde te verskaf:
Kies die regte antwoord tussen hakies en onderstreep dit:
Die volgende stelling is onwaar. Skryf dit oor sodat dit waar sal wees.
(g) Die mense het gedink sy is vroulik en het haar Bella genoem. (2)
(h) Voorsien die leesstuk van ‘n opskrif. (1)
Totaal: (10)
[LU 3.6.1]
ontdekkingsreise – explorations
ontdekkingsreisiger - explorer
5. Ons sou kon sê dat Huberta ‘n ontdekkingsreisiger was wat ‘n ontdekkingsreis onderneem het.
Ken jy enige beroemde ontdekkingsreisigers? Kom ons toets jou kennis. Verbind die ontdekkingsreisiger met sy ontdekking. Julle mag saamwerk in julle groepe.
| 1. | Bartolomeüs Diaz | Ontdek Amerika. |
| 2. | Vasco da Gama | Ontdek Nieu-Seeland. |
| 3. | Christopher Columbus | Bereik die toppunt van Everest. |
| 4. | James Cook | Eerste man op die maan. |
| 5. | David Livingstone | Vaar om die suidpunt van Afrika. |
| 6. | Edmund Hillary | Eerste persoon om oor breedte van Afrika te reis. |
| 7. | Neil Armstrong | Ontdek seeroete na Indië. |
[[ [LU 5.1.2]
Kyk mooi na die volgende strokiesprente. Die prente is almal voorstellings van insidente wat plaasgevind het terwyl Huberta op haar ontdekkingsreis was.
Kies een van die reekse strokiesprente en kom vertel wat jy dink daar gebeur het.
a) b) c)
![]() |
d) e) f)
![]() |
a) b)
![]() |
c) d)
![]() |
Julle opvoeder gaan nou vir julle voorlees wat regtig in die strokiesprente gebeur het. Kies nou die leerders wie se weergawes die naaste aan die waarheid was. Hulle verdien ‘n sjokolade!
Huberta se ontdekkingsreis het op ‘n einde gekom toe sy dood is. Maar hoe is sy dood?
Skryf ‘n paragraaf oor hoe jy dink Huberta dood is.
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.5 gesels oor ‘n alledaagse onderwerp waaroor voorbereiding gedoen is (soos: My sportheld).
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel( soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?);
3.3 lees vir inligting:
3.3.1 lees eenvoudige kaarte en planne;
3.3.2 lees en volg tekste wat prosedures betrek (soos instruksies vir ‘n wetenskapeksperiment);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.4 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle op 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.2 skryf vir sosiale doel:
4.2.1 skryf ‘n kort boodskap (bv. ‘n brief);
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.5 identifiseer ooreenkomste en verskille.
5.2.10 skryf eenvoudige definisies en gee voorbeelde;
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.3 die verskillende tydsvorme (soos: Sy lees ‘n boek; Hy het die werk gedoen; Ons sal die wedstryd wen);
6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.5 gebruik eie woordeboek;
6.3.6 verstaan ongeveer 3 000 tot 4 500 alledaagse gesproke woorde binne konteks teen die einde van graad 5. Indien leerders die addisionele taal vir leer in ander leerareas gebruik, behoort hulle op 4 500 woorde te mik.
1.
(a) olifant
(b) kameelperd
(c)
(d) witrenoster
(e) seekoei
(f)
(g) sebra
(h)
2. (a)
(i) olifant
(ii) gemsbok
(iii) leeu
(iv) kameelperd
(v)
(vi)
(c)
(i) banger
(ii) gevaarlikste
(iii) langer
(iv) makker
(v) fluksste
(vi) ouer
(vii) groter
(viii) swaarder
(ix) beste
(x) hoër
4.
(a) KwaZulu-Natal
(b) Byna 2 000 kilometer
(c) In 1928
(d) maat
(e) suidwaarts
(f) Engeland
(g) Die mense het gedink sy is manlik en het haar "Billy" genoem.
(h)
5.
‘n Verduideliking van ware gebeure by strokiesprente
1e reeks strokiesprente:
Huberta het haar self aan suikerriet gehelp in ‘n suikerrietplantasie. Die Indiër-arbeiders het hulle boeglam geskrik en gevlug. Die mense van ‘n nabygeleë dorp het van die seekoei te hore gekom en dadelik kom kyk, aangesien seekoeie nie in daardie omgewing voorgekom het nie. Hulle het om haar saamgedrom. Twee persone het kameras gehad en toe hulle begin foto’s neem, het Huberta baie bang geword.
2e reeks strokiesprente:
Huberta het geslaap waar sy wou. Sy het eendag, terwyl sy gestap het, besluit dat sy moeg was en gedink die spoorlyn sal ‘n lekker slaapplek wees. Sy het haarself toe tuisgemaak – haar kop op een spoorstaaf en haar agterlyf op die ander een. So het sy aan die slaap geraak. Intussen was daar ‘n trein op pad. Gelukkig het die drywer reeds van ver af gesien dat daar iets op die spoorlyn lê en dadelik stadiger gery. Toe hy naby genoeg was om te sien wat dit is, het hy Huberta herken. Sy was teen daardie tyd al baie beroemd. Hy het die trein se fluit geblaas, maar Huberta het nie wakker geword nie. Die drywer het die trein baie stadig laat beweeg totdat hy Huberta geraak het. Sy het wakker geword en lui-lui opgestaan en weggeloop.
Strokiesprent nommer 3:
‘n Orkes het een aand voor ‘n gehoor gespeel. Die mense het rustig sit en luister. Huberta was in die omgewing en het haar nie aan die musiek gesteur nie, maar toe sy nader kom, het sy tog begin luister. Sy moes besluit het een van die instrumente was die gebulk van ‘n seekoei en het baie hard gebulk om te antwoord. Die mense binne die gebou het hulle boeglam geskrik en dadelik uit die gebou gehardloop. Huberta het besluit om die seekoei wat haar geroep het te gaan soek, maar het net een van die orkeslede aangetref. Die arme vrou het so groot geskrik toe sy vir Huberta gewaar dat sy ‘n instrument na haar geslinger het - gelukkig mis! Huberta het teleurgesteld weggestap van die toneel.