Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Hierdie is ‘n kaart van die roete wat Huberta gevolg het. Sommige van die name van die plekke is nie meer dieselfde nie, maar dis soos wat dit bekend gestaan het toe Huberta op haar ontdekkingstog gegaan het.
Gebruik die kaart om die vrae te beantwoord.
![]() |
[LU 3.3.1]
Werkwoorde soos loop, sit, kyk, skryf en lees sê wat ons doen.
Kyk na die prentjies en skryf wat hulle doen.
![]() |
Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik.
Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd).
Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd).
Om te sê wat ons sal doen (toekomende tyd).
VOORBEELD:
| Huberta het geswem. | Verlede tyd | |
| Huberta swem. | Teenwoordige tyd | |
| Huberta sal swem. | Toekomende tyd |
Voltooi die tabel met die tye.
| Verlede tyd.Voeg hetge- by. | Teenwoordige Tyd | Toekomende TydVoeg sal by. |
| Huberta het baie ver geloop.Baie mense Die koerant ‘n Man Hulle Sy Sy Seekoeie | Huberta loop baie ver.Baie mense sien haar.Die koerante skryf oor haar.‘n Man neem ‘n foto.Hulle praat van haar.Sy bly in water.Sy vlug soms.Seekoeie lê graag in die son. | Huberta sal baie ver loop.Baie mense Die koerant ‘n Man HulleSy Sy Seekoeie |
Selfassessering onder leiding van die opvoeder.
[LU 6.2.3]
‘n Hartseer storie
3. Luister nou terwyl jou opvoeder lees hoe arme Huberta dood is.
[LU 1.1.1]
4. Die nuus van Huberta se dood het gou bekend geword. Die mense was woedend. Almal het gewonder wie vir Huberta geskiet het en hoekom. Die polisie het dadelik na die skuldiges begin soek. Op 21 April 1931 is Huberta dood en op 21 Mei het die skuldiges polisie toe gegaan en erken dat hulle Huberta geskiet het.
‘n Tienjarige seun, Johan Butler, het ‘n brief aan die koerant geskryf om te sê hoe hy voel. Lees sy brief.
Roosstraat 5
Ferndale
1700
5 Mei 1931
Beste Meneer
Ek was baie jammer om te hoor dat Huberta, die seekoei, doodgeskiet is. Die mense was baie wreed. Ek hoop die polisie vang hulle gou. Hulle moet sommer swaar gestraf word.
Groete
Johan Butler
Jy gaan nou ook ‘n kort briefie skryf om te sê hoe jy daaroor voel dat Huberta doodgeskiet is. Kyk mooi na Johan Butler se briefie. Skryf jou adres en vandag se datum op dieselfde plek.
[LU 2.1.3]
6. Mondeling
Elke groep gaan nou rolspeel hoe die polisie die skuldiges ondervra. Verdeel in groepe van ses. Die karakters is as volg:
Seun no.1 : Piet Marx
Seun no. 2 : Jaco Marx
Buurman : Johan Hattingh
Polisieman/vrou no.1 : Sersant Roos
Polisieman/vrou no. 2 : Konstabel Jones
Sersant: “Konstabel, skryf die beskuldigdes se name neer.”
Konstabel: “Reg, Sersant.” (Vra dan vir elkeen en maak asof hy skryf)
“Wat is jou naam en van?”
Boer: “My naam en van is Nico Marx.”
Seun 1: “My naam en van is Piet Marx.”
Seun 2: “My naam en van is Jaco Marx.”
Buurman: “My naam en van is Johan Hattingh.”
Sersant: “Nico Marx, wat is jou plaas se naam?”
Boer: “My plaas se naam is Die Hoop.”
Konstabel: “Piet Marx, wie het die seekoei op julle plaas gesien?”
Seun 1: “My broer Jaco het haar gesien.”
Sersant: “Waar het jy haar gesien, Jaco?”
Seun 2: “Sy was in ons groenteland en was besig om al ons koolkoppe op te vreet.”
Konstabel: “En wat het jy toe gedoen?”
Seun 2: “Ek het dadelik my pa en broer gaan roep.”
Sersant: “Het julle toe julle besluit sy moet geskiet word?”
Boer: “Ons het besluit ons moet haar doodskiet voordat sy al ons groente opvreet.”
Konstabel: “Johan, het jy ook so besluit?”
Buurman: “Nee, Konstabel, ek het toe nog glad nie geweet van die seekoei op my buurman se plaas nie.”
Seun 1: “Dit was net ek, my pa en broer wat ons gewere gevat het en die seekoei wou gaan skiet.”
Sersant: “Jaco, vertel vir my wat gebeur het.”
Seun 2: “Ons het haar spoor gevolg tot by die rivier. Ons het haar gesien en al drie op haar geskiet.”
Konstabel: “Het julle haar doodgeskiet?”
Boer: “Nee, sy het in die water verdwyn en was net gewond.”
Seun 1: “Ons het haar nie weer gesien nie en besluit om die volgende dag weer na haar te gaan soek.”
Seun 2: “Die volgende oggend het ons haar bloedspoor tot op Johan se plaas gevolg.”
Sersant: “Johan, het jy toe saam met hulle die spoor gevolg?”
Buurman: “Ja, sersant, ek het my geweer gevat en saam met my buurman en sy seuns na die seekoei gaan soek.”
Konstabel: “Het julle haar gou gekry?”
Boer: “Ja, ons het ‘n gesnork gehoor.”
Seun 1: “Ons het haar in die rivier gesien.”
Seun 2: “Johan het eerste na haar geskiet.”
Sersant: “Het jy haar raak geskiet, Johan?”
Buurman: “Ja, maar sy het weer in die water verdwyn.”
Konstabel: “Hoe is sy doodgeskiet?”
Boer: “Sy het weer bo die water uitgekom.”
Buurman: “Ek het haar die finale doodskoot gegee.”
Boer: “Ons het nie geweet dit was onwettig om die dier te skiet nie.”
Sersant: “Julle sal in die hof moet verskyn. Die magistraat sal besluit hoe julle gestraf moet word.”
![]() |
[LU 2.2.1]
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees):
1.1.1 beantwoord letterlike vrae;
1.3 verstaan mondelinge beskrywings:
1.3.3 teken relevante inligting op (soos in ‘n tabel).
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.1.4 druk gevoelens uit;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
2.3.1 vertel ‘n reeks gebeurtenisse oor deur verbindingswoorde te gebruik;
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.3 speel speletjies wat taal betrek.
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.4 let op na die rol wat prente in die skep van betekenis speel (soos: Hoe word ou en jong mense in prente uitgebeeld?)
3.2 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van sommige elemente van poësie:
3.2.1 woorde wat rym (soos: koning, toring);
3.3 lees vir inligtng:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.3.5 maak, met ondersteuning, ‘n opsomming van ‘n paragraaf (rangskik byvoorbeeld gegewe sinne om ‘n opsomming te vorm);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.3 beskryf gebeurtenisse skriftelik;
4.1.6 druk mening skriftelik uit en gee ‘n rede daarvoor (soos waarom ‘n boek interessant of vervelig is);
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.3 gebruik hoofletters en skryftekens (kappie, deelteken, koppelteken) in alledaagse woorde;
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.6 die enkelvoud- en meervoudsvorm, verkleinings-vorm en geslagsvorme van alledaagse woorde (soos: jaar/jare; kind/kinders; hondjie; boompie; oom/tante; mannetjie/wyfie);
6.2.9 determineerders en telwoorde om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
1.
(a) In Oktober 1928.
(b) Tugelarivier
(c) Indiese Oseaan
(d) In Junie.
(e) Umkomaas
(f) In Januarie 1930.
(g) Keiskammarivier
(h) Grahamstad
2.
LUISTERLEES – NO. 3
Die vrae word eerste voorgelees sodat leerders weet wat gevra gaan word. Daarna word die leesstuk voorgelees. Die vrae word dan weer hardop voorgelees sodat leerders dit kan beantwoord.
Vrae:
Leesstuk:
Huberta het op ‘n plaas aangekom. Die plaas se naam was “Die Hoop” en het aan ‘n boer en sy twee seuns behoort. Huberta was honger en het van die groente in die groenteland gevreet. Die boer en sy seuns het haar spore gekry en hulle gewere gaan haal. Hulle het haar spore tot by die Keiskammarivier gevolg. Toe hulle haar sien, het hulle begin skiet. Huberta is gewond, maar het in die water verdwyn. Die volgende dag het hulle haar bloedspore tot op die buurman se plaas gevolg en hy het hulle help soek na Huberta. Hulle het haar gesnork gehoor en op haar geskiet. Na die derde skoot is sy dood.
3. Antwoorde:
(a) Ja
(b) Ja
(c) Nee
(d) Ja
(e) Nee
(f) Ja
(g) Ja
(h) Nee