Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5 » Beveg vernieling en besoedeling

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Download
x

Download collection as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...

Download module as:

  • PDF
  • EPUB (what's this?)

    What is an EPUB file?

    EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

    Downloading to a reading device

    For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(what's this?)" link.

  • More downloads ...
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Beveg vernieling en besoedeling

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

HOU DIE AARDE SKOON

Module 14

BEVEG VERNIELING EN BESOEDELING

MONDELING

Rollees of “rolpraat” die volgende dialoog saam met ‘n maat. Probeer om die dialoog sover moontlik te memoriseer. Dit is ‘n dialoog tussen twee seeskilpaaie.

A. (Bang en uitasem) Kom, Tammy, swem so vinnig as wat jy kan. Die boot kom al hoe nader!

B. Ek probeer, Charlie. Ek hoor hoe die boot al harder dreun. Ek is al so moeg!

A. Nog net ‘n klein entjie, dan is ons by die koraalrif.

B. Ja, daar sal ons veiliger wees en sal die mense ons nie kan raakskiet nie.

A. Nog vinniger, Tammy, kom nou. Ons is amper daar.

B. Ek kan nie meer nie, my vinpote is te lam.

A. Jy moet net. Ek sien die koraalrif daar voor. Gebruik jou laaste bietjie krag.

B. (Asof sy huil) Ek gaan nie betyds daar kom nie. Ek gee oor, Charlie. Ek is eenvoudig net te moeg.

A. Ons is hier, Tammy, ons is hier! Dankie tog. Ons is nou veilig.

B. Kom ons rus ‘n bietjie asseblief. Ek wil net my asem terugkry.

A. Agge nee! Kyk net hoe lyk ons pragtige koraalrif. Dis verskriklik. Ek wil dit nie glo nie.

B. Kyk net hoe lê die gebreekte korale hier rond. En al die leë koeldrankblikkies en ander gemors wat oral rondgestrooi lê! Wie sal so mors?

A. Wie anders as mense sal dit doen? Mense het mos geen respek vir die omgewing nie! Hulle mors en verwoes en breek af oral waar hulle kom.

B. Kom ons swem liewer tot by die strand. Dit breek my hart om hierdie eens pragtige koraalrif so verwoes te sien.

A. Ja, dis tyd dat ons by die strand kom. Het jy genoeg gerus?

B. Ek voel nou beter en sien kans om verder te swem. Moet net nie vir my wegswem nie.

A. Natuurlik sal ek by jou bly. Ek sal jou nooit alleen los nie.

B. Hier is ons nou by die strand. Kom ons loop ‘n bietjie hoër op om ‘n geskikte plek te soek waar ek my eiers kan lê.

A. Tammy, wat is verkeerd? Jy los ‘n bloedspoor sover as wat jy loop!

B. Eina, my regterkantse vinpote brand altwee baie erg! Kan jy sien wat verkeerd is? Ek sal my voorste vinpoot oplig.

A. Ai tog, jou vinpote is gesny. Kyk, daar lê stukke glas in die sand – dis stukkende bottels. Seker weer mense wat gemors het.

B. Ek dink hierdie is ‘n geskikte plek om eiers te lê.

A. So ja, nou moet jy net die eiers met sand bedek. Dis tyd om terug te gaan see toe.

B. Wat dink jy is die toekoms vir ons kinders in hierdie besoedelde wêreld en see?

A. Ons kan maar net hoop ons spesie sal bly voortbestaan.

B. Dis altyd so lekker om weer die koel water in te stap.

A. Tammy, wat gaan aan? Ek kan nie asemhaal nie. Help, Help!

B. Daar is ‘n plastieksak oor jou kop. Jy sal nie kan asemhaal nie. Kom ek help jou om dit af te haal.

A. Hoor jy ook ‘n geraas, Tammy? Dit kom van die strand af!

B. (Kyk om) Ek sien wat so raas. Dis ‘n vierwielaangedrewe voertuig wat daar jaag – presies oor die plek waar ek my eiers gelê het!

A. Ek begin al hoe meer wonder of ons spesie sal kan bly voortbestaan. As dit van die mensdom afhang, twyfel ek baie sterk!

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
[LU 2.2.1]

Dit is dus nie net ons dorpe en stede wat besoedel word nie, maar ook die see, strande, riviere, waterstrome, ensovoorts.

Dink ‘n bietjie hieroor:

As jy ‘n bottel met ‘n vloeistof gehad het waarvan jou lewe afhang en waarsonder jy sou doodgaan, sou jy hierdie vloeistof besoedel met rioolvullis, afval en giftige stowwe? Dit is wat die mensdom met ons watervoorraad doen oor die hele wêreld heen.

BYVOEGLIKE NAAMWOORDE

Byvoeglike naamwoorde is woorde wat mense, dinge en plekke beskryf.

  1. (a) Maak sinne: Slaan die betekenis van ‘besoedel’ en ‘besmet’ na in die woordeboek.
Table 1
Die waterstratestrande is besmet.vuil.besoedel. Dis besmettevuilbesoedelde water.strate.strande.

Skryf ses sinne neer deur die beskrywende woord wat die beste pas by die naamwoord te gebruik. Nommer jou sinne (i) tot (vi).

Partykeer verander dié woorde as hulle voor die naamwoorde staan.

  • Die stad is lelik. Dis ‘n lelike stad.
  • Die woonbuurt is netjies. Dis ‘n netjiese woonbuurt.
  • Die vullisdrom is lig. Dis ‘n ligte vullisdrom.
  • Die gras is lank. Dis lang gras.
  • Die riviere is droog. Dis droë riviere
  • Die sakkie is leeg. Dis ‘n leë sakkie.
  • Die gebou is oud. Dis ‘n ou gebou.
  • Die diens is goed. Dis goeie diens.
  • Skryf die sinne in kolom 2 oor, maar gebruik die regte vorm van die woord indien dit verander.
  • Die stad is skoon. Dis ‘n _ stad.
  • Die woonbuurt is slordig. Dis ‘n _ woonbuurt.
  • Die water is sleg. Dis _ water.
  • Die morsjors is jonk. Dis ‘n _ morsjors.
  • Die vullishoop is hoog. Dis ‘n _ vullishoop.
  • Die blikkie is leeg. Dis ‘n _ blikkie.
  • Die wind is koud. Dis ‘n _ wind.
  • Die werk is goed. Dis _ werk.

Assessering onder leiding van die opvoeder.

Table 2
Kontrolelys vir verboë vorms van die byvoeglike naamwoorde
Reëls Hoe hetek onthou?
Woord + e bv. netjiese  
woord eindig op –g + te bv. ligte  
woord eindig op –nk; verander na –ng bv. lang  
woord eindig op –ig of – ik + e (geen verdubbeling) bv. billike  
deelteken (ë) bv. droë, leë  
woord verander bv. oud - ou  

[LU 6.2.7]

KETTINGWOORD

Bou woorde!

Verdeel in groepe van ses.

Leerder 1 kyk na die eerste woord in die ketting, byvoorbeeld skoon. Op watter letter eindig die woord? Op ‘n n. Hy/sy dink aan ‘n woord wat met n begin, byvoorbeeld neus.

Leerder 2 bou nou weer ‘n woord wat met die laaste letter, ‘n s, begin, byvoorbeeld sag.

Leerder 3 bou ‘n woord wat met ‘n g begin, ens.

Bou sulke kettings.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

[LU 6.1.2]

4. BEGRIPSTOETS

Luister terwyl die opvoeder die volgende leesstuk hardop voorlees. Lees dit dan hardop vir jou maat en luister terwyl hy/sy dit voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.

Table 3
NUWE WOORDE
myne : mines
fabrieke : factories
rioolvullis : sewerage
chemikalieë : chemicals
noodsaaklik   essential
plaagdoders   pesticides
industriële afval : industrial waste
stort : dump
seewier en seegras : algae and seaweed
koraalrif : coral reef

Waterbesoedeling

Vuil, besoedelde water maak jaarliks 1,2 biljoen mense in die wêreld siek en veroorsaak dat 15 miljoen kinders doodgaan. In Asië het een uit elke drie mense nie eers skoon water om te drink nie!

Myne en fabrieke besoedel riviere met chemikalieë en die gifstowwe en plaagdoders wat boere gebruik, beland ook in riviere.

In baie dele van die wêreld gebruik mense riviere om in te bad, wasgoed te was, om hulle vullis in te gooi en selfs as toilette.

Baie dorpe en stede wat by die see lê, gebruik die see ook om rioolvullis en industriële afval in te stort. Al hierdie afval veroorsaak dat seewier en seegras vreeslik vinnig versprei. Hierdie seeplante gebruik al die suurstof wat die visse en seediere nodig het.

Koraalriwwe is soos die reënwoude van die see en hou baie visse aan die lewe. Ongelukkig is 60% van die koraalriwwe besig om dood te gaan, en dit as gevolg van besoedeling wat deur mense veroorsaak word. Dooie koraalriwwe beteken ook dooie vis!

Die see is noodsaaklik vir die mens, die klimaat, die reënval en as bron van voedsel. Tog hou mense aan om dit te besoedel en te vernietig!

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

  1. Beantwoord nou die volgende vrae. Skryf slegs die antwoorde neer:
  1. (a) Hoeveel kinders gaan elke jaar dood omdat hulle vuil water drink?
  2. (b) In watter wêrelddeel het een uit elke drie mense nie skoon drinkwater nie? (2)
  3. (c) Vul die ontbrekende woorde in:
  1. (a) Myne en _ besoedel riviere met chemikalieë.
  2. (b) _ gebruik gifstowwe en plaagdoders wat ook in riviere beland.

(2)

  1. Kies die korrekte woord tussen hakies en skryf dit neer.
  1. (a) Baie dorpe en stede stort hulle (rioolvullis; rooikoper; rookwolke) in die see.
  2. (b) Hierdie afval veroorsaak dat seewier en seegras baie vinnig (doodgaan; verwelk; versprei).
  3. (c) Die seewier en seegras gebruik die (waterstof; suurstof; koolsuurgas) wat vir visse en seediere nodig is. (3)
  4. (d) Die volgende stellings is onwaar. Skryf hulle oor sodat hulle waar sal wees.
  1. (a) Seewier is soos die reënwoude van die see.
  2. (b) Dooie koraalriwwe laat die visse lewe. (2)
  3. (c) Noem twee dinge redes waarom die see noodsaaklik is vir die mens. (½ + ½) (1)

Totaal 10

[LU 4.3.1]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

  • 2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse stuk gereedskap gebruik word);2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte:

4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses;

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:

4.2.1 skryf ‘n kort boodskap;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen; penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde;

6.2.10 alledaagse voorsetsels, byvoorbeeld om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

2. (a)

(i) Die water is besmet.

(ii) Die strate is vuil.

(iii) Die strande is besoedel.

(iv) Dis besmette water.

(v) Dis vuil strate.

(vi) Dis besoedelde strande.

2 (c)

(i) Dis ‘n skoon stad.

(ii) Dis ‘n slordige woonbuurt.

(iii) Dis slegte water.

(iv) Dis ‘n jong morsjors.

(v) Dis ‘n hoë vullishoop.

(vi) Dis ‘n leë blikkie.

(vii) Dis ‘n koue wind.

(viii) Dis goeie werk.

4.

1. (a) 15 miljoen

(b) Asië

2. (a) fabrieke

(b) Boere

3. (a) rioolvullis

(b) versprei

(c) suurstof

4. (a) Seewier is nie soos die reënwoude van die see nie.

(b) Dooie koraalriwwe laat nie die visse lewe nie.

  1. reënval, en as ‘n voedselbron

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.