Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Rollees of “rolpraat” die volgende dialoog saam met ‘n maat. Probeer om die dialoog sover moontlik te memoriseer. Dit is ‘n dialoog tussen twee seeskilpaaie.
A. (Bang en uitasem) Kom, Tammy, swem so vinnig as wat jy kan. Die boot kom al hoe nader!
B. Ek probeer, Charlie. Ek hoor hoe die boot al harder dreun. Ek is al so moeg!
A. Nog net ‘n klein entjie, dan is ons by die koraalrif.
B. Ja, daar sal ons veiliger wees en sal die mense ons nie kan raakskiet nie.
A. Nog vinniger, Tammy, kom nou. Ons is amper daar.
B. Ek kan nie meer nie, my vinpote is te lam.
A. Jy moet net. Ek sien die koraalrif daar voor. Gebruik jou laaste bietjie krag.
B. (Asof sy huil) Ek gaan nie betyds daar kom nie. Ek gee oor, Charlie. Ek is eenvoudig net te moeg.
A. Ons is hier, Tammy, ons is hier! Dankie tog. Ons is nou veilig.
B. Kom ons rus ‘n bietjie asseblief. Ek wil net my asem terugkry.
A. Agge nee! Kyk net hoe lyk ons pragtige koraalrif. Dis verskriklik. Ek wil dit nie glo nie.
B. Kyk net hoe lê die gebreekte korale hier rond. En al die leë koeldrankblikkies en ander gemors wat oral rondgestrooi lê! Wie sal so mors?
A. Wie anders as mense sal dit doen? Mense het mos geen respek vir die omgewing nie! Hulle mors en verwoes en breek af oral waar hulle kom.
B. Kom ons swem liewer tot by die strand. Dit breek my hart om hierdie eens pragtige koraalrif so verwoes te sien.
A. Ja, dis tyd dat ons by die strand kom. Het jy genoeg gerus?
B. Ek voel nou beter en sien kans om verder te swem. Moet net nie vir my wegswem nie.
A. Natuurlik sal ek by jou bly. Ek sal jou nooit alleen los nie.
B. Hier is ons nou by die strand. Kom ons loop ‘n bietjie hoër op om ‘n geskikte plek te soek waar ek my eiers kan lê.
A. Tammy, wat is verkeerd? Jy los ‘n bloedspoor sover as wat jy loop!
B. Eina, my regterkantse vinpote brand altwee baie erg! Kan jy sien wat verkeerd is? Ek sal my voorste vinpoot oplig.
A. Ai tog, jou vinpote is gesny. Kyk, daar lê stukke glas in die sand – dis stukkende bottels. Seker weer mense wat gemors het.
B. Ek dink hierdie is ‘n geskikte plek om eiers te lê.
A. So ja, nou moet jy net die eiers met sand bedek. Dis tyd om terug te gaan see toe.
B. Wat dink jy is die toekoms vir ons kinders in hierdie besoedelde wêreld en see?
A. Ons kan maar net hoop ons spesie sal bly voortbestaan.
B. Dis altyd so lekker om weer die koel water in te stap.
A. Tammy, wat gaan aan? Ek kan nie asemhaal nie. Help, Help!
B. Daar is ‘n plastieksak oor jou kop. Jy sal nie kan asemhaal nie. Kom ek help jou om dit af te haal.
A. Hoor jy ook ‘n geraas, Tammy? Dit kom van die strand af!
B. (Kyk om) Ek sien wat so raas. Dis ‘n vierwielaangedrewe voertuig wat daar jaag – presies oor die plek waar ek my eiers gelê het!
A. Ek begin al hoe meer wonder of ons spesie sal kan bly voortbestaan. As dit van die mensdom afhang, twyfel ek baie sterk!
![]() |
Dit is dus nie net ons dorpe en stede wat besoedel word nie, maar ook die see, strande, riviere, waterstrome, ensovoorts.
Dink ‘n bietjie hieroor:
As jy ‘n bottel met ‘n vloeistof gehad het waarvan jou lewe afhang en waarsonder jy sou doodgaan, sou jy hierdie vloeistof besoedel met rioolvullis, afval en giftige stowwe? Dit is wat die mensdom met ons watervoorraad doen oor die hele wêreld heen.
Byvoeglike naamwoorde is woorde wat mense, dinge en plekke beskryf.
| Die | waterstratestrande | is | besmet.vuil.besoedel. | Dis | besmettevuilbesoedelde | water.strate.strande. |
Skryf ses sinne neer deur die beskrywende woord wat die beste pas by die naamwoord te gebruik. Nommer jou sinne (i) tot (vi).
Partykeer verander dié woorde as hulle voor die naamwoorde staan.
Assessering onder leiding van die opvoeder.
| Kontrolelys vir verboë vorms van die byvoeglike naamwoorde | |
| Reëls | Hoe hetek onthou? |
| Woord + e bv. netjiese | |
| woord eindig op –g + te bv. ligte | |
| woord eindig op –nk; verander na –ng bv. lang | |
| woord eindig op –ig of – ik + e (geen verdubbeling) bv. billike | |
| deelteken (ë) bv. droë, leë | |
| woord verander bv. oud - ou | |
[LU 6.2.7]
Bou woorde!
Verdeel in groepe van ses.
Leerder 1 kyk na die eerste woord in die ketting, byvoorbeeld skoon. Op watter letter eindig die woord? Op ‘n n. Hy/sy dink aan ‘n woord wat met n begin, byvoorbeeld neus.
Leerder 2 bou nou weer ‘n woord wat met die laaste letter, ‘n s, begin, byvoorbeeld sag.
Leerder 3 bou ‘n woord wat met ‘n g begin, ens.
Bou sulke kettings.
![]() |
Luister terwyl die opvoeder die volgende leesstuk hardop voorlees. Lees dit dan hardop vir jou maat en luister terwyl hy/sy dit voorlees. Help mekaar met die korrekte uitspraak van die woorde.
| NUWE WOORDE | ||
| myne | : | mines |
| fabrieke | : | factories |
| rioolvullis | : | sewerage |
| chemikalieë | : | chemicals |
| noodsaaklik | essential | |
| plaagdoders | pesticides | |
| industriële afval | : | industrial waste |
| stort | : | dump |
| seewier en seegras | : | algae and seaweed |
| koraalrif | : | coral reef |
Waterbesoedeling
Vuil, besoedelde water maak jaarliks 1,2 biljoen mense in die wêreld siek en veroorsaak dat 15 miljoen kinders doodgaan. In Asië het een uit elke drie mense nie eers skoon water om te drink nie!
Myne en fabrieke besoedel riviere met chemikalieë en die gifstowwe en plaagdoders wat boere gebruik, beland ook in riviere.
In baie dele van die wêreld gebruik mense riviere om in te bad, wasgoed te was, om hulle vullis in te gooi en selfs as toilette.
Baie dorpe en stede wat by die see lê, gebruik die see ook om rioolvullis en industriële afval in te stort. Al hierdie afval veroorsaak dat seewier en seegras vreeslik vinnig versprei. Hierdie seeplante gebruik al die suurstof wat die visse en seediere nodig het.
Koraalriwwe is soos die reënwoude van die see en hou baie visse aan die lewe. Ongelukkig is 60% van die koraalriwwe besig om dood te gaan, en dit as gevolg van besoedeling wat deur mense veroorsaak word. Dooie koraalriwwe beteken ook dooie vis!
Die see is noodsaaklik vir die mens, die klimaat, die reënval en as bron van voedsel. Tog hou mense aan om dit te besoedel en te vernietig!
![]() |
(2)
Totaal 10
[LU 4.3.1]
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.1.4 druk gevoelens uit;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte:
4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses;
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:
4.2.1 skryf ‘n kort boodskap;
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;
4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen; penne);
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;
6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde;
6.2.10 alledaagse voorsetsels, byvoorbeeld om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).
2. (a)
(i) Die water is besmet.
(ii) Die strate is vuil.
(iii) Die strande is besoedel.
(iv) Dis besmette water.
(v) Dis vuil strate.
(vi) Dis besoedelde strande.
2 (c)
(i) Dis ‘n skoon stad.
(ii) Dis ‘n slordige woonbuurt.
(iii) Dis slegte water.
(iv) Dis ‘n jong morsjors.
(v) Dis ‘n hoë vullishoop.
(vi) Dis ‘n leë blikkie.
(vii) Dis ‘n koue wind.
(viii) Dis goeie werk.
4.
1. (a) 15 miljoen
(b) Asië
2. (a) fabrieke
(b) Boere
3. (a) rioolvullis
(b) versprei
(c) suurstof
4. (a) Seewier is nie soos die reënwoude van die see nie.
(b) Dooie koraalriwwe laat nie die visse lewe nie.