Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax_CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5 » Herwinning, graffiti en taal

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Herwinning, graffiti en taal

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

HOU DIE AARDE SKOON

Module 16

HERWINNING, GRAFFITI EN TAAL

recycling : herwinning

Hoe “groen” is jy? Dit beteken: hoeveel gee jy om vir die omgewing?

VRAELYS

Beantwoord die volgende vraelys om vas te stel hoe “groen” jy is.

HET JY AL OOIT:

Table 1
  ANTWOORD   TELLING
papier, blikkies en glas ingesamel vir herwinning?      
gehelp om ‘n park, rivier, strand, jou skoolgrond skoon te maak?      
jou hond toegelaat om die sypaadjie, die park of ander openbare plek as toilet vir ontlasting te gebruik?      
ligte in jou huis aangeskakel gelaat al is jy nie in die vertrek nie?      
jou ouers oorreed om lae-energie gloeilampies te koop?      
met jou fiets gery of gestap as dit moontlik is, in plaas daarvan om met ‘n motor vervoer te word?      
bome, blomme of ander plante geplant?      
enige papiere of blikke wat rondlê opgetel en weggegooi al is dit nie joune nie?      
iemand wat rommel strooi gevra om dit liewer in ‘n drom te gaan gooi?      
jou gemors op die grond gegooi en net daar gelos wanneer jy in ‘n fliek was of ‘n sportbyeenkoms bygewoon het?      
  TOTAAL    

Antwoord die bostaande vrae as volg: a = altyd; b = dikwels; c = soms; d = selde; e = nooit. In die regterkantste kolom skryf jy die telling vir elke vraag as volg:

vir vrae 1, 2, 5, 6, 7, 8 en 9

a = 5; b = 4; c = 3; d = 2; e = 0

vir vrae 3, 4 en 10

a = 0; b = 2; c = 3; d = 4; e = 5

UITSLAG

40 – 50: Jy is baie groen; baie geluk. Jy leef soos wat almal behoort te leef en gee baie om vir die omgewing!

29 – 39: Nie sleg nie! Daar is ruimte vir verbetering en nog meer wat jy vir jou omgewing kan doen en beteken.

19 – 28: Jy is maar lui. Dis tyd om jou hande vuil te maak. Skakel die televisie af, staan op van die bank af en DOEN IETS!

10 – 18: Jy is gevaarlik naby daaraan om in ‘n probleem te ontaard vir die planeet en jou gemeenskap. Die omgewing is glad nie belangrik vir jou nie. DINK aan die gevolge as jy so aangaan!

0 – 9: Jy is ‘n gevaarlike planeetvandaal! Dra groen klere en begin om iets te doen! Jy behoort drie dade weekliks te doen om jou omgewing te bewaar en skoon te hou.

[LU 5.4.1]

MONDELING

Jy kry nou 1 tot 2 minute tyd om aan die klas te kom verduidelik hoe “groen” jy is:

Wat doen jy aan besoedeling?

Hoe bestry jy besoedeling in jou omgewing of skool?

Hoe oortuig jy ander kinders (of selfs volwassenes) dat hulle nie moet mors nie?

Waarheen is jou ruimtetuig op pad? (Sien die leesstuk by no. 1.)

Óf

Verduidelik aan die klas hoekom jy nie “groen” is nie en wat jy gaan doen om “groen” te word!

Hoe besoedel jy die omgewing?

Hoekom wil jy verander?

Hoe gaan jy verander?

In watter tipe ruimtetuig gaan jy nou reis? (Sien leesstuk by no. 1.)

[LU 2.1.4]

STILLEES

Julle het in die vorige leereenhede van verskillende soorte besoedeling gelees, bv. omgewingsbesoedeling, lugbesoedeling en waterbesoedeling. Daar is nog baie ander soorte besoedeling, byvoorbeeld geraasbesoedeling en “muur”-besoedeling. ‘n Ander naam daarvoor is graffiti.

Lees die volgende leesstuk oor graffiti en beantwoord die daaropvolgende vrae deur slegs W (waar), O (onwaar) of OB (onvoldoende besonderhede) te skryf.

Graffiti

Vandat die mens kan “skryf”, het hy op mure geskryf. Daar is geen ander vorm van skryfkuns en tekenkuns wat so oud en bekend is soos graffiti nie. Die oudste vorm is die rotstekeninge wat in grotte ontdek is.

In die tyd van die Romeine het die stadsvaders afbeeldings van gode op toiletmure aangebring, omdat die Romeine so graag op die mure geskryf en geteken het.

In die jare sestig van die vorige eeu het graffiti veral in Amerika gewild begin word en in die jare sewentig wêreldwyd kop uitgesteek.

Die gewildste metodes is om met viltpenne te skryf en met spuitverfkannetjies te spuit. Net in Amerika kos dit jaarliks R77 miljard om graffiti-mure skoon te maak.

Table 2
  ANTWOORDE
Die mens skryf al duisende jare op mure.  
Die oudste vorm van graffiti is rotstekeninge.  
Rotstekeninge word slegs in grotte gekry.  
Die Romeinse stadsvaders het gode op toiletmure geverf.  
Romeine het slegs op toiletmure geskryf en geteken.  
Graffiti het in die jare sestig in Amerika gewild begin word.  
Graffiti word net in Amerika gesien.  
Mense gebruik graag viltpenne en spuitverfkannetjies vir graffiti.  
Dit kos verskriklik baie geld om graffiti skoon te maak.  
Daar is graffiti in ons eie stad of dorp.  

Table 3
     
Selfassessering onder leiding van opvoeder. Totaal uit 10

[LU 3.7.2]

Hier is ‘n paar voorbeelde van “graffiti”

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Een van die gewildste plekke vir graffiti is skoolbanke, óf, as daar nie banke is nie, tafels. Ander gewilde plekke by die skool is die kleedkamermure of die fietshokke. Kyk na die volgende voorbeeld:

Daar was te min belangstelling. Dus is die dag van môre gekanselleer!Roovetsretga is agterstevoor geskryf.

Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat

Moet liefs nie probeer om ander se voorbeeld te volg nie. Mense wat omgee, skryf nie op mure of hokkies by bushaltes nie! Skryf liewers jou eie graffiti op ‘n A4-vel papier. Jy kan saam met ‘n maat werk, of alleen. Jy kan graffiti óf skryf óf teken. Dit moet verkieslik met die skoollewe te doen hê.

Wat dink jou maat(s) van jou graffiti?

My graffiti is geassesseer deur: _

Die volgende woorde/frases kan vir assessering gebruik word:

Puik

Baie goed

Goed

Redelik (ruimte vir verbetering)

Swak (moet verbeter)

Leesbaarheid: (is dit duidelik genoeg?)

Spelling van woorde:

Hoe treffend is dit?

Wat is die algemene indruk?

[LU 4.2.1]

VOORNAAMWOORDE

ONTHOU!

‘n Mens sê ek wanneer jy van jouself praat.

Jonathan sê: “Ek is jammer.”

‘n Mens sê jy wanneer jy met iemand anders praat:

Margaret praat met Jonathan en sê: “Waarom gooi jy nie die papier weg nie?”

‘n Mens sê hy wanneer jy van ‘n seun praat:

Thando praat van William en sê: “Hy tel nooit papiere op nie.”

‘n Mens sê sy wanneer jy van ‘n meisie praat:

Doreen praat van Lucy en sê: “Sy gooi altyd haar leë blikkies weg.”

‘n Mens sê ons in plaas van ek en ander mense:

Sandra sê vir haar maats: “Ons gaan hulle ’n les leer.”

‘n Mens sê “Julle in plaas van jy en ander mense:

Sizwe sê vir sy maats: “Julle het my baie gehelp.”

‘n Mens sê hulle in plaas van hy of sy en ander mense:

Nomsa sê vir haar ma: “Hulle het my gehelp om al die rommel op te tel.”

Kies die korrekte woorde in die raampie om die sinne te voltooi:

Table 4
Ek Jy Hulle Hy Sy Ons Julle

My naam is Anna. _ is nie ‘n morsjors nie.

Sy naam is Ben. _ is nie ‘n morsjors nie.

Ek en my maats maak die speelgrond skoon. _ is nie morsjorse nie.

“Hallo John. Ek sien jy tel jou papiere op. _ is nie ‘n morsjors nie.”

Haar naam is Marie. _ is nie ‘n morsjors nie.

Jy en jou maats moet skoonmaak. _ is nie morsjorse nie.

Hy en sy maats maak die speelgrond skoon. _ is nie morsjorse nie.

ONTHOU OOK:

Table 5
Ek gooi my papiere in die vullisdrom.
Jy gooi jou papiere in die vullisdrom.
Hy gooi sy papiere in die vullisdrom.
Sy gooi haar papiere in die vullisdrom.
Hulle gooi hulle papiere in die vullisdrom.
Julle gooi julle papiere in die vullisdrom.

Skryf die sinne korrek neer deur die gepaste voornaamwoorde in te vul:

Table 6
EkJySyHyOnsJulleHulle gooi _______ papiereskilleblikkiesbottelskoeranteleë houersleë sakke in die vullisdrom.

ONTHOU ook:

Table 7
ek my myne
jou jou joune
hy sy syne
sy haar hare
ons ons ons s’n
julle julle julle s’n
hulle hulle hulle s’n

Vul die regte woorde in:

Dit is my leë blikkie. Die leë blikkie is _ .

Dit is jou piesangskil. Die piesangskil is _ .

Dit is haar leë boksie. Die leë boksie is _ .

Dit is sy leë bottel. Die leë bottel is _ .

Dit is ons ou koerante. Die ou koerante is _ _.

Dit is julle ou sakke. Die ou sakke is _ _.

Dit is hulle papiere. Die papiere is _ _.

[LU 6.2.8]

KLASPROJEK: Gebruik rommel en maak iets.

Verdeel in vyf groepe. Elke groep moet iets van rommel maak. Bring al die ou rommel klas toe, bv. enige leë blikke, bottels, boksies, sakkies, stukke tou, ou wol, ens.

Kyk na die voorbeelde en besluit wat julle groep gaan maak.

As ‘n groep moet julle instruksies saamstel om aan die ander groepe mondelings te gee.

Table 8
Hoe goed het ons groep gevaar?
Name van groeplede: Waaroor het die projek gehandel?
   
   
   
   
   
Hoe goed het ons die opdrag gedeel? Hoeveel het ons by mekaar geleer?
   
   
   
   
Hoe goed het ons mekaar gehelp? Hoe goed was ons eindresultaat?
   
   
   
   
Hoe duidelik was ons instruksies?  
   
   
   
   

Wanneer julle ‘n entrepreneursdag of verkoping by die skool het, kan julle hierdie items verkoop!

‘n Liedjie

Hierdie is ‘n baie bekende Afrikaanse volkswysie. Probeer die liedjie as ‘n klas saamsing.

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Werk nou in groepe en skryf woorde vir enige bekende wysie. Die woorde moet ‘n boodskap oordra aan ander maats in die skool om hul omgewing netjies en skoon te hou. Julle kan byklanke en instrumente gebruik as julle die “liedjies” vir die ander groepe sing. Dalk het jy ‘n musiekinstrument van rommel gemaak.

[LU 2.4.2; 4.3.2]

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.1.4 druk gevoelens uit;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.3 gebruik die addisionele taal om inligting oor te dra:

2.3.4 beskryf die funksie van iets (soos waarvoor ‘n alledaagse stuk gereedskap gebruik word);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.2 die boodskap van die storie (waar gepas);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.1 skryf om inligting oor te dra:

4.1.1 teken en skryf byskrifte by eenvoudige kaarte:

4.1.5 gee ‘n kort, skriftelike beskrywing van ‘n persoon, voorwerp of eenvoudige proses;

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel:

4.2.1 skryf ‘n kort boodskap;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.3.2 gebruik sekere tegnieke om kreatief te skryf: woorde vir ‘n bekende wysie skryf;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing.

LU 5

DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:

5.1.1 verduidelik sekere konsepte wat in ander leerareas gebruik word (bv. besoedeling in Natuurwetenskap);

5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;

5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (bv. oor besoedeling in Natuurwetenskap);

5.2 gebruik taal om te dink:

5.2.4 klassifiseer dinge volgens bepaalde kriteria (bv. rommel teenoor nie-rommel);

5.2.7 beskryf oorsaak en gevolg;

5.2.8 gee menings en redes daarvoor;

5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:

5.4.1 luister na ‘n praatjie en teken inligting in ‘n tabel op of skryf byskrifte by ‘n diagram;

5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.1 spel bekende woorde korrek:

6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en -konsonante (soos: jaar/jare; pen; penne);

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.7 eenvoudige verbuiging van adjektiewe, alledaagse trappe van vergelyking en intensiewe vorme;

6.2.8 persoonlike, besitlike en vraende voornaamwoorde;

6.2.10 alledaagse voorsetsels, byvoorbeeld om plek en tyd aan te dui (soos: in, onder, voor, na).

Memorandum

3.

(a) waar

(b) waar

(c) onvoldoende besonderhede

(d) waar

(e) onwaar

(f) waar

(g) onwaar

(h) onwaar

(i) waar

(j) waar

5 B

(i) Ek

(ii) Hy

(iii) Ons

(iv) Hy

(v) Sy

(vi) Julle

(vii) Hulle

5 F.

(i) myne

(ii) joune

(iii) hare

(iv) syne

(v) ons s’n

(vi) julle s’n

(vii) hulle s’n

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks