![]() |
Ons kan baie spesiale tye saam met ons gesin of vriende deurbring! Verdeel in julle groepe en gesels oor die volgende:
Daar is byna elke dag ‘n spesiale viering (celebration) of fees wat êrens in die wêreld gevier word. In ons eie land, Suid-Afrika, is daar ook baie spesiale dae of feeste wat gevier word. Daar bly so baie verskillende mense in ons land dat sommige mense, byvoorbeeld verskillende godsdienstige groepe, nie al die dae of feeste vier nie.
[LU 2.1.2; 2.2.3]
Hier volg ‘n lys van sommige van die feeste en spesiale dae of feesdae wat ons in ons land vier. Die dae en feeste word genoem in die seisoene waarin hulle voorkom. Bestudeer dit baie goed en beantwoord dan die vrae wat volg deur W(Waar), O(Onwaar) of OB(Onvoldoende besonderhede) neer te skryf. Die Engelse name van sommige van die dae word ook genoem.
STILLEESTOETS
![]() |
Walvisfees in Hermanus (Hermanus Whale Festival)
Erfenisdag (Heritage Day): Op hierdie dag vier ons al die mooi en goeie dinge wat ons as Suid-Afrikaners geërf het, bv. ons kuns, musiek en verhale of stories.
Diwaldo: ‘n Fees wat deur mense van die Hindoegeloof gevier word.
![]() |
Versoeningsdag (Day of Reconciliation): Op hierdie dag vier ons die manier waarop al die verskillende mense in ons land mekaar aanvaar, verstaan en saamleef.
Kersfees (Christmas)
Nuwejaar (New Year)
![]() |
Goeie Vrydag; Paassondag en Gesinsdag (Good Friday, Easter Sunday and Family Day): Goeie Vrydag en Paassondag word deur Christene herdenk.
Joodse Paasfees (Passover): ‘n Fees wat deur mense gevier word wat aan die Joodse geloof behoort.
Ramadaan: Die mense wat aan die Moslemgeloof behoort, vier hierdie fees.
![]() |
Jeugdag (Youth Day)
Nasionale Vrouedag (National Women’s Day)
Skryf nou slegs W, O of OB langs elke stelling neer.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Totaal: 10
[LU 3.3.3]
Wat vier ons nou weer op Versoeningsdag? (Raadpleeg weer die Stilleesstuk by no. 2.)
Dit beteken ook dat ons maats of mense van ‘n ander geloof of kultuur moet aanvaar en respekteer.
Gesels met iemand van ‘n ander geloof of kultuur as joune oor ‘n belangrike fees wat hulle vier. Dink byvoorbeeld aan iemand
in jou klas
in jou skool
wat naby jou woon
As jy nie so iemand ken nie, raadpleeg die biblioteek of gebruik die Internet.
Vra die volgende vrae en skryf die inligting neer, want jy moet dit aan jou klasmaats kom oorvertel.
Wat is die naam van die persoon met wie jy gesels het?
Hoe oud is hierdie persoon?
Wat is die naam van die fees?
Wie vier hierdie fees?
Wanneer vier hulle dit?
Hoe vier hulle dit?
Wat doen hulle? Gaan hulle na ‘n spesiale plek toe?
Watter klere dra hulle?
Eet hulle spesiale kos? Wat eet hulle?
Gee hulle vir mekaar geskenke? Watter soort geskenke?
Wat sê hul vir mekaar op die dag van die fees?
Vra ook vir hierdie maat of hulle ‘n foto of prent het wat jy kan leen om vir jou klasmaats te wys.
Het jy enige iets geleer wat jy nie voorheen geweet het nie of wat vir jou baie interessant is?
![]() |
[LU 2.2.2]
Onthou julle die Walvisfees wat in die lente plaasvind? Gedurende die lente swem die walvisse baie naby aan die kus, want dan word hulle kalfies gebore. Suid-Afrika het ‘n walvisroete waar mense hulle walviskyklus kan bevredig! Hierdie roete strek oor 2 000 km.
Hierdie kaart dui die walvisroete aan. Die kolletjies dui die kusdorpe aan waarheen ‘n mens kan gaan om die walvisse te sien.
![]() |
Die dorpe, van links na regs is:
Velddrif Pearly Beach Richardsbaai
Waterfront Mosselbaai
Simonstad Knysna
Gordonsbaai Plettenbergbaai
Hermanus Shelly Beach
Gansbaai St. Lucia
Vul nou die volgende plekname op die kaart in:
[LU 5.3.2]
Wat is alles op die roete te sien?
Ten minste 37 verskillende walvisspesies en dolfynsoorte word aangetref. Die mees algemene walvisse wat gesien kan word, is suidkappers en boggelrugwalvisse.
![]() |
Walvisse is jare lank doodgemaak omdat die mens soveel van die arme dier kon gebruik om geld mee te maak. Hier is ‘n paar voorbeelde:
die vleis vir dierekos;
die olie vir die maak van seep, margarien en kerse;
die been vir die maak van knope;
die vel vir die maak van handsakke.
Daar was in ‘n stadium slegs 100 suidkappers oor in die see! Gelukkig is die walvis nou ‘n bedreigde spesie (endangered animal) en mag hulle nie meer gejag word nie. Daar is nou weer meer as 1 000 suidkappers in die see.
Hermanus (kyk weer na die kaart) hou elke jaar ‘n Walvisfees gedurende Septembermaand. Hermanus het ‘n Walvisroeper wat op ‘n lang horing blaas om aan te kondig wanneer daar walvisse is om te sien. (Die horing is eintlik ‘n stuk seebamboes waarop hy blaas).
Gebruik nou al die inligting oor die walvis en maak ‘n plakkaat wat die walvisroeper kan dra. Gebruik slagspreuke soos: RED DIE WALVIS of BEWAAR DIE WALVIS, ens.
Op hierdie plakkaat moet jy die feesgangers bewus maak van die feit dat die walvis ‘n bedreigde spesie is en hoekom hy eers doodgemaak is. Jy kan natuurlik ook sketse op jou plakkaat maak. Jy kan ook ‘n boodskap skryf om die walvisse te verwelkom. Gebruik ‘n A4-grootte vel papier vir jou plakkaat.
[LU 4.4.1]
Partykeer wil ons sinne langer maak en dan verbind ons twee sinne met woorde soos en, want, maar, omdat. Kyk hoe lyk hierdie sinne as ons hulle verbind:
Walvisse is groot. Hulle is swaar. (en)
Walvisse is groot en hulle is swaar.
Walvisse is seediere. Hulle is soogdiere. (maar)
Walvisse is seediere , maar hulle is soogdiere.
[Daar is ‘n komma , voor maar.]
Walvisse het longe. Hulle is soogdiere. (want)
Walvisse het longe , want hulle is soogdiere.
[Daar is ‘n komma , voor want.]
óf
Walvisse het longe. Hulle is soogdiere. (omdat)
Walvisse het longe, omdat hulle soogdiere is.
[Na omdat gaan die werkwoord na die einde van die sin.]
Verbind nou die volgende sinne met die voegwoorde tussen hakies. Skryf die volle nuwe sin neer.
[LU 6.2.13]
Verdeel in jul groepe.
Vra vir mekaar die volgende raaisels:
Voorbeeld: Dit is ‘n baie klein diertjie met ses pote.
Dit rym met vier.
Antwoord: mier
[LU 4.6.2]
LU 2
PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:
2.1.1 stel en beantwoord vrae;
2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;
2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;
2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:
2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;
2.2.2 toon toenemende bewustheid van sosiale en kulturele verskille (soos verstaan die verskillend maniere waarop hoflikheid in die huis- en addisionele taal uitgedruk word);
2.2.3 skakel van een taal na ‘n ander oor, waar gepas (soos om iemand wat nie jou taal praat nie, by ‘n groep in te sluit);
2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:
2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.
LU 3
LEESDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.3 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (soos: Word ou en jong mense stereotipies voorgestel, of word die verskille realisties uitgebeeld?)
3.3 lees vir inligting:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.4 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.1 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing
4.5 hanteer skryf as ‘n proses:
4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);
4.5.2 lees dit krities deur;
4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;
4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.2 spel bekende woorde korrek.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (soos ‘n beskrywing van ‘n eenvoudige proses in Tegnologie);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.3 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos die stappe in ‘n proses);
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.2 ontwerp, teken en skryf byskrifte by kaarte, tabelle, grafieke en diagramme;
5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:
5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);
6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);
6.3.5 gebruik eie woordeboek.
2.
(a) waar
(b) onwaar
(c) waar
(d) onwaar
(e) waar
(f) waar
(g) waar
(h) waar
(i) onwaar
(j) onvoldoende besonderhede
3. Op hierdie dag vier ons die manier waarop al die verskillende mense in ons land mekaar aanvaar, verstaan en saamleef.
5.
(a) Walvisse is baie groot en dolfyne is kleiner.
(b) Walvisse is baie groot, maar dolfyne is kleiner.
(c) Walvisse lê nie eiers nie, want hulle is soogdiere.
(d) Walvisse lê nie eiers nie, omdat hulle soogdiere is.
(e) Die blouwalvis is die grootste en die moordwalvis is die kleinste.
(f) Die blouwalvis is die grootste, maar die moordwalvis is die kleinste.
(g) Walvisse is gejag, want mense kon geld maak.
(h) Walvisse is gejag, omdat mense geld kon maak.
6.
(a) vuur
(b) geld
(c) slang
(d) brief
(e) kat
(f) brood
(g) hond
(h) groen, maroen
(i) sap
(j) voet