Inside Collection: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 5
Een fees wat die meeste kinders dwarsoor die wêreld vier, is hulle verjaarsdae.
Julle opvoeder gaan nou een van die klasgroepe vra om in die klas rond te beweeg. Elke lid van hierdie groep fluister die naam van die maand waarin hy of sy verjaar in die ander klasmaats se ore. Wanneer hy of sy ‘n maat vind wat in dieselfde maand verjaar, vorm hulle ‘n groep en soek dan verder.
Wanneer die eerste groep klaar deur die klas beweeg het, kry ‘n volgende groep ‘n beurt om maats te soek totdat die hele klas uiteindelik volgens verjaarsdagmaande gegroepeer is. Julle opvoeder skryf nou al die maande van die jaar op die bord neer, en ook die name van maats onder die naam van die maand waarin hy of sy verjaar.
Voltooi nou die kolomgrafiek en gebruik die inligting op die bord om vas te stel hoeveel maats in elke maand verjaar.
![]() |
Beantwoord nou die volgende vrae:
Selfassessering onder leiding van opvoeder.
[LU 5.3.2; 5.4.3]
![]() |
Man Po woon in Hong Kong. Sy is tien jaar oud en verjaar op 18 November. Sy vier haar verjaarsdag saam met haar familie. Hulle eet Chinese lekkernye, onder andere, ryskoekies.
![]() |
M’sangombe woon in Zambië. Hy dink hy is tien jaar oud, maar weet nie wanneer hy gebore is nie. Hy vier dus nie sy verjaarsdag nie. Hy wens hy kan ook sy verjaarsdag vier.
![]() |
Sophie woon in Amerika. Sy is elf jaar oud en verjaar op 22 Januarie. Sy het haar maats uitgenooi om saam met haar te gaan kegelbal speel toe sy verjaar het. Haar ma het vir haar ‘n heerlike sjokoladekoek gebak.
![]() |
Ilkay woon in Turkye. Hy is 11 jaar oud en verjaar op 19 Julie. Op sy verjaarsdag het hy ‘n paar vriende na sy huis toe genooi. Hulle het allerhande lekkernye geëet. Ilkay hou die meeste van “profiteroles”, ‘n soort koekie.
Ons kan nie almal sulke lekker partytjies soos Sophie hê nie. Daar is baie kinders soos M’sangombe wat nie eers weet wanneer hulle verjaar nie. Dan is daar ook kinders wat wel weet wanneer hulle verjaar, maar wat nog nooit ‘n verjaarsdagpartytjie gehad het nie.
[LU 3.1.3]
VIR DIE OPVOEDER:
Die aktiwiteit oor die leesstuk en vrae/stellings wat hieronder verskyn kan vooraf gelees word. Daarna moet die leesstuk minstens twee maal voorgelees word. Leerders skryf slegs “Ja” of “Nee” as antwoorde.:
“My naam is Maria. My verjaarsdag is altyd die lekkerste dag van elke jaar. Met my elfde verjaarsdag het ek baie vroeg wakker geword. My bed kraak baie hard en ek het om en om gedraai sodat die geraas my twee boeties kon wakker maak. Uiteindelik het ek gehoor dat my ma opstaan en kombuis toe gaan. My twee boeties het wakker geword en ook kombuis toe gegaan. Ek het gemaak asof ek nog slaap.”
VRAE:
. (a) Die dogter se naam is Maria.
Luister terwyl julle opvoeder vir julle ‘n baie kort storietjie voorlees waarin ‘n dogter van haar verjaarsdag vertel. Beantwoord dan die vrae wat die opvoeder oor die storie vra. Julle opvoeder sal die storie minstens twee maal voorlees.
Beantwoord die vrae (a) tot (j) deur slegs Ja of Nee te skryf.
MONDELING
Jou ma sê jy mag vir jou elfde verjaarsdag ‘n paar maats na julle huis toe nooi vir ‘n partytjie. Die tyd is ‘n bietjie min, aangesien jy oor drie dae verjaar. Dis beter om die maats te bel en telefonies uit te nooi.
Rolspeel die telefoongesprek saam met ‘n maat. Julle kan dit neerskryf as julle wil.
Een maat is A en die ander maat is B.
Hier volg ‘n paar leidrade vir julle gesprek.
![]() |
Begin só:
A: Hallo, mag ek asseblief met _ praat?
B: Ja, dit is _ wat praat.
A: Dis _ hier. Ek bel net om te hoor wat jy Saterdag doen.
B: Watter Saterdag? Saterdag 1 Oktober of Saterdag 8 Oktober?
A: Ek praat van eerskomende Saterdag, 1 Oktober.
B: Hoekom vra jy? _
(Voltooi nou self verder)
![]() |
[LU 5.2.3]
Wat kom jy agter van woorde soos verjaarsdagkoek, koekpan en mengbak?
Hulle is eintlik uit twee woorde saamgestel.
verjaarsdag + koek : verjaarsdagkoek
koek + pan : koekpan
meng + bak : mengbak
Ons noem sulke woorde samestellings.
Kyk na die ballonne. Die woorde in elke ballon kan saamgevoeg word om samestellings te vorm. Skryf hierdie nuwe woorde neer van (a) tot (j).
![]() |
Skyf nou die woorde en hulle samestellings in volsinne soos volg neer.
Doen dieselfde met die orige samestellings en nommer hulle van (l) tot (t).
[LU 6.3.4]
Ontwerp ‘n verjaarsdagkaartjie vir iemand vir wie jy lief is en wat jy goed ken. Hierdie verjaarsdagkaartjie moet natuurlik voorop ‘n boodskappie van gelukwense bevat. Die volgende boodskappies sal geskik wees en jy mag enige van hulle gebruik as jy wil:
![]() |
Binne-in die kaartjie moet jy ‘n spesiale boodskap skryf om hierdie persoon geluk te wens. Hierdie boodskap moet beskryf hoekom hierdie persoon spesiaal is vir jou of wat hom of haar spesiaal maak.
![]() |
Jy kan ‘n A4-grootte vel papier vou en gebruik om jou kaartjie te ontwerp.
[LU 4.2]
![]() |
Is daar dalk ‘n klasmaat wat binnekort verjaar? Hoekom vier julle nie sy of haar verjaaarsdag op die Mexikaanse manier nie?
Maak ‘n pinata!
Wat is ‘n pinata? Dit is ‘n groot papiermaché bal of dier wat opgehang word nadat dit gevul is met lekkers en klein speelgoedjies. Die diere wat gemaak word in Mexiko, is donkies, varke, voëls, ens. Die bal is egter die maklikste.
NB! Maak die pinata ‘n week voor die verjaarsdag.
Benodigdhede: ‘n ballon (ronde fatsoen)
koerant
½ koppie water-en-meelpasta
papierlinte (streamers)
gom
wit plakkaatverf
klein lekkers en speelgoed
Blaas die ballon op. Skeur die koerantpapier in 5 cm breë stroke.
Doop die stroke een vir een in die meel-en-waterpasta en druk dit vas op die ballon. Herhaal hierdie proses totdat die ballon met twee lae koerantpapier bedek is. Laat dit heeltemal droog word.
Herhaal hierdie proses twee maal. Dis belangrik dat die lae elke keer baie goed droog word.
Prik die ballon met ‘n speld sodat dit bars. Trek die afgeblaasde ballon uit die “bal” met ‘n tang nadat jy ‘n gat aan die bokant gemaak het. Maak die gat groter, en ook mooi rond. Verf die “bal” met die plakkaatverf. Plak die papierlinte op die bal vas of versier soos verkies. Vul die pinata met lekkers en klein speelgoed en hang dit op aan ‘n stuk tou.
Die verjaarsdagmaat word geblinddoek en kry ‘n stok in die hand. Hy word gelei tot onder die pinata en die ander kinders staan om hom. Die kinders draai hom in die rondte en sê vir hom hy moet probeer om die pinata met die stok raak te slaan. Na ‘n paar houe breek die pinata en die lekkers en speelgoed reën op almal neer. Elke kind kan ook van die lekkers kry.
![]() |
[LU 5.1.2; 5.1.3]
LU 1
LUISTERDie leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
1.1 verstaan stories (aan leerders vertel of gelees);
1.1.1 beantwoord letterlike vrae.
LU 3
LEESDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:
3.1.3 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (soos: Word ou en jong mense stereotipies voorgestel, of word die verskille realisties uitgebeeld?)
3.3 lees vir inligting:
3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);
3.6 lees vir genot en inligting:
3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;
3.6.4 los woordraaisels op;
3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:
3.7.1 gebruik ‘n woordeboek;
3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.
LU 4
SKRYFDie leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;
4.3 skryf kreatief:
4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;
4.4 ontwerp mediatekste:
4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing
4.5 hanteer skryf as ‘n proses:
4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);
4.5.2 lees dit krities deur;
4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;
4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;
4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:
4.6.2 spel bekende woorde korrek.
LU 5
DINK EN REDENEERDie leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, te verwerk en te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
5.1 gebruik taal oor die kurrikulum heen:
5.1.2 toon die vermoë en kennis om woordeskat uit ander leerareas te gebruik;
5.1.3 verstaan en skryf tekste wat in ander leerareas gebruik word (soos ‘n beskrywing van ‘n eenvoudige proses in Tegnologie);
5.2 gebruik taal om te dink:
5.2.3 rangskik dinge volgens bepaalde kriteria (soos die stappe in ‘n proses);
5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende maniere op:
5.3.2 ontwerp, teken en skryf byskrifte by kaarte, tabelle, grafieke en diagramme;
5.4 dra inligting van een modus na ‘n ander oor:
5.4.3 gebruik inligting uit ‘n grafiek, tabel of diagram om ‘n teks te skryf.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);
6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);
6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:
6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);
6.3.5 gebruik eie woordeboek.
3.
(a) ja
(b) ja
(c) nee
(d) nee
(e) ja
(f) ja
(g) nee
(h) nee
(i) ja
(j) ja
5.
(a) Lees die resep.
(b) Skakel die oond aan en verhit tot 180°C.
(c) Sit die bestanddele bymekaar.
(d) Meng die bestanddele in ‘n mengbak.
(e) Gooi die mengsel in die koekpanne.
(f) Sit die koekpanne in die oond en bak vir 30 min.
(g) Bedek die koek met versiersuiker.
(h) Versier die koek soos verkies.
6.
(a) slaapkamer
(b) skooltas
(c) middagete
(d) seunskool
(e) troeteldier
(f) verjaarsdagpresente
(g) klasmaats
(h) skoolhoof
(i) storieboek
(j) dameskoen
(k) ‘n Kamer waarin ‘n mens slaap, is ‘n slaapkamer.
(l) Die tas wat jy skool toe neem, is ‘n skooltas.
(m) Die ete wat ‘n mens in die middag eet, is ‘n middagete.
(n) ‘n Skool waarheen ‘n seun gaan, is ‘n seunskool.
(o) Die dier wat jy by die huis troetel, is ‘n troeteldier.
(p) Die presente wat jy vir jou verjaarsdag kry, is verjaarsdagpresente.
(q) Die maats in jou klas is jou klasmaats.
(r) Die hoof van die skool is ‘n skoolhoof.
(s) ‘n Boek wat ‘n storie vertel, is ‘n storieboek.
(t) ‘n Skoen wat deur ‘n dame gedra word, is ‘n dameskoen.