Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Kersfees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Kersfees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Graad 5

KOM ONS VIER FEES

Module 20

KERSFEES

KERSFEES

Verdeel in julle groepe en gesels oor die volgende:

Waaraan dink julle as julle die woord “Kersfees” hoor?

Hoekom vier mense Kersfees?

Wat doen julle wanneer dit Kersfees is?

Hoe lyk die winkels vanaf so ‘n maand voor Kersfees?

Hoe lyk die hoofstrate van die stede gedurende die Kerstyd? (Liggies en versierings?)

[LU 2.1.2]

Lees nou hierdie volgende 3 paragrawe oor Kersfees. Elke groeplid kan twee sinne op ‘n slag lees.

Die woord “Kersfees” laat mense aan allerhande lekker en goeie dinge dink. Dinge soos liggies wat blink. Dinge soos om presente te koop en die geritsel van geskenkpapier. Party mense dink aan al die lekker kos wat mense graag eet en al die mooi versierings. Party mense vier Kersfees op Oukersaand, terwyl ander dit op Kersdag vier.

In baie dele van die wêreld is Kersdag ‘n openbare vakansiedag en ‘n spesiale tyd vir mense, al is hulle nie Christene nie. Vir Christene is dit ‘n baie belangrike fees. Hulle glo dat God se Seun, Jesus, na die aarde toe gekom het as ‘n baba en in ‘n stal gebore is, meer as 2 000 jaar gelede. Dit is waarom hulle Kersfees vier. Baie Christene gaan kerk toe om die geboorte van Jesus te vier.

Daar is baie verskillende tradisies gedurende Kersfees en hierdie fees word op baie verskillende maniere gevier. Almal glo egter dat Kersfees ‘n tyd is vir vrede en welwillendheid.

Onderstreep al die nuwe en onbekende woorde wat julle in hierdie leesstuk teëgekom het. Maak ‘n lys van hierdie woorde en slaan dan die Engelse woord na. Skryf hulle langs die Afrikaanse woord neer.

[LU 3.7.1; 3.7.2]

HARDOPLEES

Berei die volgende storie voor vir hardoplees. Julle gaan mekaar assesseer terwyl julle lees.

Hierdie storie speel af in Duitsland. Soos julle seker al weet, is Duitsland in die Noordelike Halfrond en is Kersfees dus in die middel van die winter.

Die Kersfeesappels

Dit is Oukersdag en dit is baie koud. Die grond is bedek met sneeu, en ‘n verflenterde en ‘n baie maer man kom deur die sneeu aangesukkel. Onder sy linkerarm dra hy ‘n klein denneboompie en onder sy regterarm dra hy ‘n paar klimoptakkies en takkies met rooi bessies. Terwyl hy so aansukkel, loop hy ‘n ander ou man raak.

“Wat maak jy hier, my vriend?” vra die ou man.

“O Meneer,” sê die man, “ek soek ‘n paar appels. Dit is Oukersdag vandag en môre is dit Kersfees. Ek is ’n wewenaar met sewe klein kindertjies en wil Kersfees so graag spesiaal maak vir hulle. Ek het hierdie klein denneboompie gaan uitgrawe en gaan dit met hierdie klimop en takkies met bessies versier. Maar ek het nie geld om speelgoed of mooi versierings te koop nie. Ek het gehoop ek kan ‘n paar appels kry om aan die boom op te hang. Dit sal die boom mooier laat lyk en hulle kan die appels later eet. Ek weet net nie waar ek nou appels gaan kry nie.”

“Ek weet waar daar ‘n appelboom is én die boom dra nou appels,” sê die ou man. “Kom!” Hy neem die maer man na ’n woud toe. In die middel van die woud staan daar ‘n klein appelboompie. Die boom het geen blare nie, maar dra wel ‘n paar klein appeltjies.

Die maer man is baie bly, sit sy boompie en takkies neer, maak sy broeksakke vol appeltjies en tel sy bondeltjies weer op.

“Totsiens, en baie dankie Meneer,” sê hy.

“Totsiens,” sê die ou man. “’n Geseënde Kersfees vir jou!”

“Dieselfde vir u Meneer!” Die maer man draai om om huis toe te gaan.

“Gee my liefde vir jou kinders!”

“Wie sal ek sê stuur die liefde?”

“Ag, sê maar net ‘n vrolike, ou man,” en hy lag.

Die maer man kom uiteindelik by die huis. Nadat sy kinders bed toe is, maak hy ‘n ou kartondoos vol grond en plant die boompie daarin. Hy sit ‘n kers heelbo in die boompie, en versier die takkies met die klimop en takkies met bessies. Daarna maak hy ‘n stukkie tou vas aan elke appeltjie se stingeltjie en hang hulle ook aan die boompie.

Op Kersoggend is die kinders vreeslik opgewonde toe hulle die boom sien. Hulle dans om die boom en klap hulle hande. Hulle sê die volgende terwyl hulle om die boom dans:

“O, hoe pragtig! O, hoe pragtig!

Ons het ‘n boom,

‘n Mooier boom kry jy nêrens nie,

O, ons het ook ‘n boom”!

“Ons moenie die ou man vergeet wat die appeltjies gekry het nie. Hy het sy liefde ook vir julle gestuur.”

“Wie is dit, Pappa?” vra die kinders.

“Ag , sommer net ’n vrolike ou man,” sê hy.

“Dankie, vrolike ou man!” skree die kinders.

Dit is ’n vrolike dag, al het hulle net koolsop en brood om te eet en geen presente nie.

“Wanneer kan ons die appeltjies eet?” vra die kinders.

“Kom ons wag ‘n paar dae,” sê hulle pa.

Daardie aand, voordat hy gaan slaap, kyk die man weer na die appeltjies. Hulle lyk vir hom tog groter. Elke aand, voordat hy gaan slaap, kyk hy na die appeltjies, en elke aand is hulle groter. ‘n Paar dae later is die appels só groot dat die denneboompie se takke amper breek van die gewig.

“Kinders, vandag gaan ons hierdie appels eet. Hulle is nou só groot dat hulle nie meer langer kan hang nie. Ons kan vandag elkeen ‘n halwe appel eet.”

“Nee, nee, ‘n hele appel!” skree die kinders, “asseblief Pappa.”

“Wel, kom ons begin met ‘n halwe appel elk,” sê hulle pa.

Die man vat ‘n mes en begin om een van die appels middeldeur te sny. Die mes sny deur die sappige appel en die kinders gil van opgewondenheid. Skielik sny die mes nie verder nie, want daar is iets baie hard in die appel – dit keer die mes. Die man draai die appel om en probeer van die ander kant af sny, maar dieselfde gebeur. Wat kan dit wees?

“Wat is verkeerd Pappa?”

“Ek weet nie, hier is ‘n harde ding binne-in die appel.”

Die man sit die mes neer en breek die appel sommer verder met sy hande oop.

“Oe, haai, wat is dit?”

Daar heers doodse stilte, want in die middel van hierdie appel is daar . . . .

[LU 3.6.1]

SKRIFTELIKE WERK

Hoe het hierdie storie geëindig? Glad nie bevredigend nie, nè! Julle moet nou self die laaste twee paragrawe (of meer) skryf om te sê hoe hierdie storie geëindig het. Skryf minstens twee, maar nie meer as vier, paragrawe nie en vertel hoe jy dink hierdie storie geëindig het.

Begin só:

In die middel van die appel is daar __

[LU 4.3.1]

MONDELING

Verdeel nou weer in groepe. Elke groeplid lees nou sy weergawe van die storie se slot voor. Die groep besluit nou saam wie se slot die beste is.

Dramatiseer nou die storie. Dramatiseer dit saam as ‘n groep. Julle moet dus die dialoog vir die karakters skryf. Die karakters is as volg:

Verteller

Pa

Vrolike, ou man

Kinders

Julle hoef nie die hele storie oor te skryf nie. Nadat die groep besluit het wie watter karakter gaan wees, kan elke groeplid net sy eie dialoog neerskryf. Die verteller kan die storie lees.

Die slot moet natuurlik deel van die storie wees!

Hierdie is ‘n groepaktiwiteit.

Selfassessering:

Hoe goed het ons groep gevaar?

Namevan groeplede:

Hierdie aktiwiteit het gehandel oor:

Hoe goed het ons die opdrag gedeel?

Hoe goed het ons mekaar gehelp?

Hoe goed was ons eindresultaat?

Elke groep gaan nou hulle storie kom opvoer. Julle mag definitief hulpmiddels gebruik en ook aantrek soos die karakters as julle wil en as die tyd dit toelaat. Dalk kan die klas die beste storie vir die ander Gr. 5-klasse of selfs die skool opvoer!

[LU 2.4.2]

ONTKENNING (vervolg)

Kyk na die vraag en antwoord:

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Verdeel in pare en voer dieselfde gesprek.

Vra jou maat:

of hy al ooit in Duitsland was;

of hy al ooit in ‘n vliegtuig gery het;

of hy al ooit in ‘n woud gestap het;

of hy al ooit honger was.

Doen dieselfde met die volgende:

Figure 2
Figure 2 (graphics2.png)

Vra jou maat:

of hy iets sien;

of hy iets ruik;

of hy iets drink;

of hy iets eet.

Doen dieselfde met:

Figure 3
Figure 3 (graphics3.png)

Vra vir ’n maat:

of hy êrens sneeu sien;

of hy êrens ‘n Kersboom sien;

of hy êrens ‘n ou man sien;

of hy êrens bessies sien.

[LU 6.2.5]

VERGELYKINGS

Ons het in die storie gelees dat die man maer was en baie koud gekry het.

Ons kan ook sê: Hy is so maer soos ‘n kraai.

Dit is so koud soos ys.

Leer ook:

So vinnig soos blits.

So glad soos seep.

So siek soos ‘n hond.

So blind soos ‘n mol.

So giftig soos ‘n slang.

So oud soos die berge.

So lig soos ‘n veer.

So regop soos ‘n kers.

So stil soos ‘n muis.

So bleek soos ‘n laken.

WATTER PRESENT VIR WIE?

Alex wil vir ‘n klomp mense presente gee vir Kersfees. Dit is wat hy van elke persoon weet:

Tannie Katy hou van soetgoed.

Oom Albert hou van tuinwerk.

Ouma Susan hou van koekbak.

Oupa Henry nies baie.

Brenda hou van klere.

David hou van lees.

Mamma hou van seep.

Andy hou van sokker.

Kyk nou na die volgende prent en besluit wat hy vir wie gaan gee.

Figure 4
Figure 4 (graphics4.png)

Voltooi nou die sinne en skryf oor.

  1. (a) Hy gee vir tannie Katy ‘n _
  2. (b) Hy gee vir oom Albert 'n _
  3. (c) Hy gee vir Ouma Susan ‘n _
  4. (d) Hy gee vir Oupa Henry ‘n _
  5. (e) Hy gee vir Brenda ‘n _
  6. (f) Hy gee vir David ‘n _
  7. (g) Hy gee vir Mamma ‘n _
  8. (h) Hy self wil graag ‘n _ hê.

[LU 3.6.4]

IETS OM TE MAAK

Adventkalenders

Advent is die laaste 24 dae voor Kersfees. Dit is die tyd wat ‘n mens solank voorberei vir Kersfees. In sommige lande is dit die gebruik om ‘n kalender te maak. Hierdie kalender het 24 of 25 venstertjies. Elke dag word daar ‘n venstertjie oopgemaak en dan sien ’n mens ’n prentjie. Hierdie prentjie moet betrekking hê op Kersfees.

Jy kan natuurlik so kreatief wees soos wat jy wil, maar hier is ’n paar riglyne:

Plaas 2 velle harde papier opmekaar.

Sny die fatsoen uit wat jy verkies, bv. ‘n reghoek, ovaal, ens.

Gebruik ‘n skerp potlood om 24 of 25 venstertjies te teken op die boonste vel papier.

Verwyder die boonste vel papier en maak seker dat die 24 venstertjies se buitelyne op die onderste vel papier is.

Teken prentjies in elke raampie. Jy kan enige iets teken wat verband hou met Kersfees. As jy ‘n Christen is, kan jy die Jesus-verhaal uitbeeld. As jy nie ‘n Christen is nie, kan jy ander simbole teken, bv. presente, ‘n Kersboom, liggies, vuurwerke, kos, koekies, lekkers, ens.

Gebruik ‘n skerp mes en sny die venstertjie op die boonste vel papier uit. NB! Sny slegs 3 sye sodat die venstertjie oopgemaak kan word. (Dis eintlik ‘n deurtjie).

Smeer gom reg rondom die buiterand van die onderste vel papier en plak die twee velle versigtig opmekaar. Wanneer jy dus ‘n venstertjie oopmaak, sien jy die prentjie wat jy geteken het. Nommer die venstertjies in die volgorde wat hulle oopgemaak moet word.

Figure 5
Figure 5 (graphics5.png)

Assessering

LU 2

PRAATDie leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

2.1 voer interaksie in sy/haar addisionele taal:

2.1.1 stel en beantwoord vrae;

2.1.2 neem deel aan ‘n gesprek oor ‘n bekende onderwerp;

2.1.3 lug mening en gee ‘n rede daarvoor;

2.2 tree op kultureel gepaste maniere op:

2.2.1 rolspeel bekende situasies met gepaste taal en gebare;

2.2.2 toon toenemende bewustheid van sosiale en kulturele verskille (soos verstaan die verskillend maniere waarop hoflikheid in die huis- en addisionele taal uitgedruk word);

2.2.3 skakel van een taal na ‘n ander oor, waar gepas (soos om iemand wat nie jou taal praat nie, by ‘n groep in te sluit);

2.4 gebruik die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse:

2.4.2 voer gedigte, liedjies en eenvoudige toneelstukke op.

LU 3

LEESDie leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

3.1 toon, op ‘n eenvoudige manier, begrip van die elemente van stories:

3.1.3 let op hoe karakters en intrige aangebied word om ‘n spesifieke wêreldbeskouing uit te beeld (soos: Word ou en jong mense stereotipies voorgestel, of word die verskille realisties uitgebeeld?)

3.3 lees vir inligting:

3.3.3 lees diagramme, grafieke en tabelle (soos ‘n vloeidiagram);

3.6 lees vir genot en inligting:

3.6.1 lees heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak;

3.6.4 los woordraaisels op;

3.7 gebruik naslaanwerke en ontwikkel woordeskat:

3.7.1 gebruik ‘n woordeboek;

3.7.2 demonstreer ‘n leeswoordeskat van ongeveer 2 000 tot 3 500 alledaagse woorde. Indien leerders hul addisionele taal vir leer in ‘n ander leerarea gebruik, behoort hulle na 3 500 woorde te mik.

LU 4

SKRYFDie leerder is in staat om verskillende feitelike en verbeeldingryke tekste vir verskeie doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

4.2 skryf vir ‘n sosiale doel;

4.3 skryf kreatief:

4.3.1 skryf ‘n eenvoudige storie;

4.4 ontwerp mediatekste:

4.4.1 ontwerp ‘n eenvoudige plakkaat of kennisgewing

4.5 hanteer skryf as ‘n proses:

4.5.1 skryf konsepweergawes (kladwerk);

4.5.2 lees dit krities deur;

4.5.3 kry terugvoering van die onderwyser en maats;

4.5.4 herskryf die stuk na terugvoering;

4.6 gebruik ontwikkelende kennis van taalstruktuur en -gebruik:

4.6.2 spel bekende woorde korrek.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIKDie leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:

6.2 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture om mondelings en skriftelik te kommunikeer:

6.2.5 eenvoudige voorbeelde van die ontkennende vorm (soos: Ek speel nie; Ons het dit nie gedoen nie);

6.2.13 die korrekte woordorde na voegwoorde (soos: Sy slaap, omdat sy moeg is; Hy borsel sy tande nadat hy geëet het);

6.3 ontwikkel sy/haar woordeskat:

6.3.4 vorm eenvoudige samestellings (soos: piesang + skil = piesangskil);

6.3.5 gebruik eie woordeboek.

Memorandum

7.

(a) doos sjokolade

(b) graaf

(c) koekpan

(d) sakdoek

(e) serp

(f) boek

(g) koekie seep

(h) sokkerbal

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks