Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 5 » Die ontkennende vorm en ander taalsake

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Die ontkennende vorm en ander taalsake

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

VAN MELKHOUTBOOM TOT SMS

Module 3

DIE ONTKENNENDE VORM EN ANDER TAALSAKE

Taalstruktuur en –Gebruik

AKTIWITEIT 1

OM DIE ONTKENNENDE VORM TE VERSTAAN EN TE GEBRUIK

[LU 6.2.8]

Ons lees in die leesstuk die volgende: Dit was nie nodig dat haar ma saamgaan nie. In Afrikaans gebruik ons gewoonlik die dubbele of herhalendenie wanneer ons iets in die ontkennende vorm wil sê of skryf.

a) Skryf nou die volgende sinne in die ontkennende vorm:

  1. (i) Tania weet wat om te doen

  1. (i) Helen het gister haar tuiswerk gedoen.

(iii) Neville sal die hele boek lees.

Soms neem ‘n woord ‘n spesiale vorm aan wanneer ons die ontkennende vorm gebruik, byvoorbeeld

ooit word nooit

iemand word niemand

iets word niks

b) Kan jy die volgende sinne in die ontkennende vorm skryf? Gebruik die woorde tussen hakies.

  1. (i) Het jy al ooit so iets gesien? (nog nooit)
  2. (ii) Ek het iemand gesien hardloop. (niemand)
  3. (iii) Ons hoor iets. (niks)

Ken jy hierdie interessante een? Ek sal dit so nimmer as te nooit doen nie.

AKTIWITEIT 2

OM DIE DIREKTE EN INDIREKTE REDE TE GEBRUIK [LU 4.4.2; 6.2.9]

OM OOR DIREKTE EN INDIREKTE REDE TE PRAAT [LU 6.6.1]

Kyk weer na die leesstuk. Die gesprek tussen Tania en die klerk (die woorde wat hulle sê) word op ‘n spesiale manier geskryf sodat ons kan weet dit is die prater se woorde (direkte rede). Ons kan ook sê dit is die woorde wat die hoorder hoor. Dit word ook in aanhalingstekens ( “ “) geskryf en die ander leestekens (dubbelpunt en komma) moet op die regte plekke geplaas word. Kyk na die voorbeelde van sinne in die direkte rede:

Die klerk sê: “Ek sien dis lekker eetgoed.”

"My broer werk in Engeland,” sê Tania.

“Sal dit al wees?” het die klerk gevra.

Die direkte rede kan na die indirekte rede verander word. Dit is soos wanneer iemand oorvertel wat die prater sê of gesê het.

Om ‘n sin van direkte rede na indirekte rede te kan verander, is daar ‘n paar reëls wat julle moet toepas:

Die tyd waarin die sin geskryf of gepraat is, moet dieselfde bly.

Die leestekens val weg, behalwe aan die begin en einde van die sin (hoofletter en punt).

Die voornaamwoorde (ek, hy, ons, ens.) verander.

Dikwels verander die woordorde ook.

Indirekte rede is die oorvertelling van die spreker se woorde aan ‘n persoon wat dit nie self gehoor het nie.

As ons die drie sinne hierbo in die indirekte rede skryf, lyk hulle so:

Die klerk sê sy sien dis lekker eetgoed.

Tania sê haar broer werk in Engeland.

Die klerk het gevra of dit al sal/sou wees.

Skryf die volgende sinne in die indirekte rede:

  1. (i) Juffrou sê vir ons: “Julle is baie slim.”
  2. (ii) Ouma het vir my gevra: “Sal jy asseblief vir my water bring?”
  3. (iii) “Ek dink dit gaan reën,” sê die skoolhoof.

AKTIWITEIT 3

OM HOOFLETTERS EN LEESTEKENS KORREK TE GEBRUIK

[LO 6.2.10]

Die hoofletters en leestekens in die volgende paragraaf is weggelaat. Skryf dit oor en maak die foute reg.

die posmeester van groot-brakrivier meneer daniels het woensdag na george gery ‘n hond het skielik oor die pad gehardloop mnr daniels het geskrik en uitgeroep hierjy jou lelike ding

AKTIWITEIT 4

OM DIE GEBRUIK VAN VERGELYKINGS EN INTENSIEWE VORME TE VERSTAAN

[LU 6.2.13]

a) Wanneer ons iets met iets anders wil vergelyk, gebruik ons gewoonlik vergelykings. Ons gebruik dan die woordjie “soos”. In die leesstuk is daar die volgende sin:

Die pakkie is so swaar soos lood.

Dit beteken dat die pakkie baie swaar is.

Voltooi nou die volgende vergelykings:

  1. (i) Die ou wat geskrik het, is so wit soos ‘n __
  2. (ii) Die muis is so vinnig soos __
  3. (iii) Die jagluiperd hardloop soos die __
  4. (iv) Die padda is so glad soos __
  5. (v) Die stoeier is so sterk soos ‘n __
  6. (vi) Die pasiënt is so siek soos ‘n __
  7. (vii) Die storie is so oud soos die __
  8. (viii) Ek voel hier so tuis soos ‘n __ (vier woorde)
  9. (ix) Skakel aan die lig; dis so donker soos die __
  10. (x) Die neut is so hard soos ‘n __

(Kan jy aan nog ‘n paar dink?)

b) Daar is ook vergelykings wat sonder “soos” gebruik word. In die leesstuk lees ons van die klerk se bloedrooi rok. Ons noem hulle intensiewe vorme en hulle word gewoonlik as een woord geskryf.. Probeer om die volgende te voltooi:

  1. (i) Petro se tande is __ (baie wit).
  2. (ii) Die honger mense is __ (baie arm).
  3. (iii) Heuning is altyd __ (baie soet).
  4. (iv) Die gehoorsame kinders is __ baie soet).
  5. (v) Die welgestelde sakeman is __ (baie ryk).
  6. (vi) Daardie spoggerige selfoon is __ (baie duur).
  7. (vii) Gooi dit maar weg; dit is __ (baie oud).

c) Probeer die volgende voltooi voordat jou opvoeder jou daarmee help:

Vergelyking Intensiewe vorm

  1. (i) So vinnig soos die wind blitsvinnig
  2. (ii) So oud soos die berge horingoud
  3. (iii) So vet soos ‘n vark __
  4. (iv) So maer soos ‘n __ brandmaer
  5. (v) So donker soos die nag __
  6. (vi) So arm soos ‘n kerkmuis __
  7. (vii) So wit soos ‘n __ spierwit
  8. (viii) So siek soos ‘n __ doodsiek

Assessering

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);

4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;

4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.1 woordvlak:

  • kies en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit verskeie bronne;
  • raadpleeg woordeboek om woorde na te gaan;

4.4.2 sinsvlak:

  • gebruik die direkte en indirekte rede gepas en doeltreffend.

4.4.3 paragraafvlak:

√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.5 gebruik hoofletters korrek;

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;

6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;

6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;

6.2 met sinne werk:

6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;

6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;

6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;

6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;

6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;

6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;

6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;

6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:

6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;

6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;

6.6 metataal gebruik:

6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).

Memorandum

Aktiwiteit 1

(a) (i) Tania weet nie wat om te doen nie.

(ii) Helen het nie gister haar tuiswerk gedoen nie.

(iii) Neville sal nie die hele boek lees nie.

(b) (i) Het jy nog nooit so iets gesien nie?

(ii) Ek het niemand sien hardloop nie.

(iii) Ons hoor niks (nie).

Aktiwiteit 2

(i) Juffrou sê vir ons dat ons baie slim is.

of Juffrou sê vir ons ons is baie slim.

(ii) Ouma het vir my gevra of ek asseblief vir haar sal water bring / water sal bring.

(iii) Die skoolhoof sê (dat) hy dink (dat) dit gaan reën.

Aktiwiteit 3

Die posmeester van Groot-Brakrivier,Meneer Daniels, het Woensdag na George gery. ‘n Hond het skielik oor die pad gehardloop. Mnr.Daniels het geskrik en uitgeroep:“Hierjy!Jou lelike ding!”

Aktiwiteit 4

(a) (i) laken (vi) hond

(ii) blits (vii) berge

(iii) wind (viii) vis in die water

(iv) seep (ix) nag

(v) bees (x) klip

(xi) en (xii) eie voorbeelde

(b) (i) spierwit (v) skatryk

(ii) brandarm (vi) peperduur

(iii) suikersoet (vii) stokoud / horingoud

(iv) stroopsoet

(c) (iii) spekvet (vi) brandarm

  1. (i) Kraai (v) laken
  2. (ii) pikdonker / stikdonker (vi) hond

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks