AKTIWITEIT 1
OM DIE HOOFBOODSKAP TE IDENTIFISEER [LU 1.2]
OM GEBEURE OP ‘N TYDLYN IN TE VUL [LU 5.3.5]
a) Luister aandagtig en volg die teks wat jou opvoeder nou aan jou gaan voorlees.
LUI, TELEFOON LUI!
“Ag, daar lui die ding al weer!” hoor ‘n mens soms as iemand uit pure frustrasie verwys na die telefoon wat kort-kort lui. Maar natuurlik is die telefoon nie bedoel om ‘n ergernis te wees nie. Veel eerder is die doel daarvan om verbinding tussen mense moontlik te maak.
In ons moderne tyd is telefoonverbinding maar slegs een manier waarop mense oor ‘n afstand met mekaar kommunikeer. Vir julle jong klomp is faksmasjiene, satellietverbindings en -uitsendings, selfone en mikrogolfskottels glad nie vreemd nie. Julle word immers groot in ‘n wêreld waarin die tegnologie en elektronika so vinnig ontwikkel dat ons ouer mense amper nie kan byhou nie!
Die Amerikaner, Alexander Graham Bell, se ontwikkeling van die telefoon is natuurlik al in 1876 goedgekeur. In ‘n groot land soos Suid-Afrika is dit natuurlik ook noodsaaklik om telefone te hê. Die eerste telefoonsentrale is reeds in 1882 geopen ― nogal in Port Elizabeth. Sewentig jaar later was daar reeds eenmiljoen telefone in Suid-Afrika. Hierdie getal het na nog 25 jaar (teen 1980) vermeerder tot ongeveer twee en ‘n half miljoen.
Ons sien dikwels nog telefoondrade wat hoog oor pale gespan is langs ons paaie. In ons stede sien ons dit nie, want die telefoonkabels word ondergronds gelê. Sulke ondergrondse kabels kan van koperdraad of optiese vesel wees. Optiese vesel is glasstafies wat so dun soos ‘n mens se haar is.
Die hoë torings met ‘n skottel bo-op wat julle dikwels op hoë geboue, koppies of berge sien, is mikrogolfskottels. Dit word gebruik om telefoonoproepe oor lang afstande te stuur.
Vanaf 1972 kon mense met outomatiese telefone direk na nommers in oorsese lande bel. Vandag kan oproepe natuurlik na enige land in die wêreld gemaak word. Vir dié doel is daar ondersese kabels wat vanaf Melkbosstrand naby Kaapstad na Europa gelê is.
Die kabel is van optiese vesel gemaak. ‘n Ander metode is om van ‘n satelliet gebruik te maak. Seine word vanaf skottelantennes op die aarde na die satelliet gesein, waarvandaan dit weer na ‘n skottel in ‘n ander land gesein word.
Op 31 Maart 1994 het Suid-Afrika se selfoonnetwerk begin werk, met twee maatskappye, Vodacom en MTN, wat elk die helfte van die mark beheer het.
Noudat jy na die voorlesing geluister het, kan jy in een sin opsom watter nut Bell se uitvinding vir ons het?
b) Gebruik die inligting in die leesstuk om die tydlyn hieronder te voltooi wat die volgende gebeure daarop sal aandui:
| Bell maak sy telefoon Eerste telefoonsentrale in Suid-Afrika1 000 000 telefone in Suid-Afrika | 2 500 000 telefone in Suid-Afrika Ons skakel direk na oorsese nommersOns begin selfone gebruik |
AKTIWITEIT 2
OM TE GESELS OOR SOSIALE HOUDINGS EN VERONDERSTELLINGS
[LU 1.7]
Bespreek in julle groepe:
![]() |
AKTIWITEIT 3
OM ‘N NAVORSINGSVAARDIGHEID TE OEFEN [LU 3.11]
OM ‘N WOORDEBOEK TE GEBRUIK [ LU 4.4.1]
Bladsy 33 is ‘n afskrif van ‘n bladsy uit ‘n telefoongids. ‘n Telefoongids is gewoonlik ‘n dik boek wat jaarliks gratis deur Telkom versprei word. Dit bevat al die telefoonnommers van huurders in ‘n bepaalde streek. Die huurders se vanne word alfabeties gerangskik. Jy sal sien dat hulle adresse in Engels aangegee word en dat straat en plekname verkort word.
Gebruik ‘n woordeboek waar nodig en vind uit wat die Afrikaans vir die volgende is en skryf dit neer:
Eng. Afkorting Engels Afrikaans
St Street
Rd Road
Box P.O. Box
Dve Drive
Av Avenue
Est Estate
Cres Crescent
AKTIWITEIT 4
OM TE SOEKLEES
[LU 3.1.1]
Soek die volgende inligting en skryf dit neer:
![]() |
AKTIWITEIT 5
OM ‘N ALGEMENE OORSIG OOR TEKS TE VERKRY [LU 3.1.1]
OM DIE FORMAAT VAN INLIGITNG TE VERANDER [ LU 4.1.4]
OM GEVOLGTREKKINGS TE MAAK [LU 5.3.6]
Vra vir jou ouers ‘n ou telefoonrekening. Laat iemand vir jou verduidelik wat alles daarop aangedui word. Let veral op die volgende:
Die bedrag wat betaal moet word
Die bedrag wat vir huur betaal moet word
Die bedrag wat vir bykomende lyne betaal moet word
Die getal plaaslike oproepe en die koste daarvan
Die getal langafstandoproepe en die koste daarvan
Die getal oproepe na sellulêre fone en die koste daarvan
Enige oorsese (internasionale) oproepe
Die laaste datum waarop die rekening betaal kan word
Bespreek dit in julle groepe en maak aantekeninge van die opmerkings en gevolgtrekkings van die groeplede.
Skryf dan ‘n kort verslag oor die redes waarom die huurder so ‘n bedrag moet betaal. Onthou, oproepe na selfone en ander lande is duur. Jy kan jou paragraaf so begin:
(Gebruik ‘n nuwe reël vir elke item en die bedrag daarnaas.)
| KONTROLELYS(moet deur die individu voltooi word) | ||
| Ek het die telefoonrekening bespreek met iemand wat my daarmee kon help. | Ja | Nee |
| Ons groep het die telefoonrekening goed bestudeer en ek het aantekeninge gemaak van ons gevolgtrekkings. | Ja | Nee |
| Ons het na mekaar geluister en mekaar kans gegee om ‘n mening uit te spreek sonder om onderbreek te word. | Ja | Nee |
| Ek verstaan die inligting wat op die rekening aangegee word. | Ja | Nee |
Taalstruktuur en -Gebruik
aktiwiteit 6
om te leer om woorde korrek te spel
[lu 6.1.3]
Lettergreepverdeling
Wat is lettergrepe? Dis die opbreek van woorde in kleiner deeltjies sodat ons ‘n woord makliker kan spel, byvoorbeeld:
poskantoor pos-kan-toor
telefoonoproep te-le-foon-op-roep
a) Lees die onderstaande stukkie aandagtig deur. Skryf al die vetgedrukte woorde op ‘n skoon vel papier of in jou werkboek neer en verdeel dan die woorde in lettergrepe. Nommer jou antwoorde (i) tot (x).
Ek ... telefoon ... arme ekke!
Ek dink ek is ‘n baie belangrike ding in hierdie huis. Ek het ‘n spesiale plekkie op die kombuiskas. Ek kry feitlik nooit ‘n ruskansie deur die dag nie, want die vrou tel my gehoorbuis kort-kort op, druk op my knoppies en dan praat sy – sommer lank en baie. Partykeer lag sy tog te lekker. Die huismense hou nie daarvan as ek in die nag lui nie en ook nie as hulle na hulle gunstelingprogramme op die televisie kyk nie. Ek is egter magteloos om dit te verhoed, want dit kielie van buite af in my magie en dan lui ek.
Kyk nou goed na die lettergreepverdeling van elk van die volgende woorde:
ingewande : in-ge-wan-de
aangenaam : aan-ge-naam
angel : an-gel
rekeninge : re-ke-nin-ge
wingerd : win-gerd
In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar ALTYD ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n n en ‘n g as die g gevolg word deur ‘n klinker.
Kyk ook goed na die volgende twee woorde:
masjien : ma-sjien
brosjure : bro-sjure
In die lettergreepverdeling van die woorde hierbo vind jy dat daar NIE ‘n skeiding plaasvind tussen ‘n s en ‘n j nie.
b) Voltooi nou die volgende oefening:
| Woord | Voeg -e by | Verdeel in lettergrepe | ||
| plaasskool | plaasskole | plaas-sko-le | ||
| tafelpoot | ||||
| hoenderhaan | ||||
| waterstroom | ||||
| biblioteek | ||||
| melkhoutboom |
| Woord | Voeg -ie by | Verdeel in lettergrepe | ||
| taak | takie | ta-kie | ||
| naweek | ||||
| skreef | ||||
| bioskoop |
| Woord | Voeg -er by | Verdeel in lettergrepe | ||
| verbaas | verbaser | ver-ba-ser | ||
| eensaam | ||||
| aangenaam |
| Woord | Voeg -tjie by | Verdeel in lettergrepe | ||
| motor | motortjie | mo-tor-tjie | ||
| kêrel | ||||
| ooi | ||||
| stem |
AKTIWITEIT 7
OM HOOFLETTERS EN LEESTEKENS KORREK TE GEBRUIK
[LU 6.1.5; 6.2.10]
Die hoofletter
Dit word gebruik aan die begin van ‘n sin, vir name van persone, plekke, berge, riviere, dae van die week, maande van die jaar, name van boeke, koerante en tydskrifte, Bybelname, straatname, tale, ensovoorts.
Reël 1:
Wanneer die woorde Pa of Ma of Ouma of Oupa in die plek van ‘n persoon senaam gebruik word in ‘n sin, word dit altyd met ‘n HOOFLETTER geskryf, soos:
Reël 2:
As die woordjie my, sy, haar, ons, hulle egter voor pa of ma of ouma of oupa staan, word dit met ‘n kleinletter geskryf, soos:
Leestekens
Wanneer ons praat, gebruik ons ons stem (stembuiging, stemtoon en pouses) om ons duidelik en verstaanbaar uit te druk. As ons egter skryf, maak ons van leestekens gebruik, soos:
Sandra sê: “Kyk wie kom hier aan.”
tussen ‘n reeks selfstandige naamwoorde
tussen tweewerkwoorde
tussen ‘n reeks byvoeglike naamwoorde
Dè, vat dit vir jou.
Dié pakkie moet ek gaan pos.
Hy het vroeg opgedaag – te vroeg.
Hy is groot – eintlik reusagtig.
Skryf die volgende sinne oor en bring die nodige hoofletters en leestekens aan waar nodig:
Het jy onthou om gereeld woorde wat vir jou nuut of moeilik is by jou persoonlike spellys te voeg?
Assessering
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en gepas reageer;
1.2 die hoofboodskap en temas in mondelinge tekste identifiseer en dit in verband bring met die daaglikse lewe;
1.5 luister na verskillende soorte informatiewe tekste (aanwysings, instruksies, ens.), kennis neem van hoofidees of spesifieke besonderhede en inligting op ‘n gepaste manier gebruik;
1.7 die sosiale, morele en kulturele waardes, houdings en veronderstellings in mondelinge tekste bespreek en kommentaar lewer op wat in- en uitgesluit is (soos: Geld dit vir alle mense? Wie word uitgesluit?).
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:
3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;
3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multi-media tekste (soos advertensies):
3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;
3.2.2 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole, uitleg;
3.5 begrip van fiksie-tekste toon:
3.5.3 bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor;
3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);
4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);
4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:
4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;
4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
4.4.1 woordvlak:
4.4.2 sinsvlak:
4.4.3 paragraafvlak:
√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;
5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;
5.3 inligting verwerk:
5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;
5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.
5.4 taal gebruik om skeppend te dink:
5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 skep eie persoonlike spellys;
6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;
6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;
6.1.5 gebruik hoofletters korrek;
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;
6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;
6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;
6.2 met sinne werk:
6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;
6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;
6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;
6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;
6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;
6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;
6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;
6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;
6.6 metataal gebruik:
6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).
Aktiwiteit 1
Begin selfone gebruik2 500 000 telefone in S.A.Skakel direk na oorsese nommers1000 000 telefone in S.A.
Aktiwiteit 2
Groepbespreking
Aktiwiteit 3
-straat
-weg
Posbus
Rylaan
Laan
Landgoed
-singel
Aktiwiteit 4
(i) Kaapstad se kode
(ii) 021 371 8186
(iii) Hanekomsingel 46, Belhar
(iv) Stoele, tafels en breekgoed.
(v) Dis die laaste van op die bladsy.
Aktiwiteit 5
Eie verslag
Aktiwiteit 6
(a) be-lang-ri-ke
spe-si-a-le
kom-buis-kas
rus-kan-sie
ge-hoor-buis
par-ty-keer
huis-men-se
gun-ste-ling-pro-gram-me
mag-te-loos
kie-lie
(b) tafelpote ta-fel-po-te
hoenderhane hoen-der-ha-ne
waterstrome wa-ter-stro-me
biblioteke bi-bli-o-te-ke
melkhoutbome melk-hout-bo-me
nawekie na-we-kie
skrefie skre-fie
bioskopie bi-o-sko-pie
eensamer een-sa-mer
aangenamer aan-ge-na-mer
kêreltjie kê-rel-tjie
ooitjie ooi-tjie
stemmetjie stem-me-tjie
Aktiwiteit 7
(i) Toe Pa en Ma nog jonk was, was hulle albei goeie atlete.
(ii) Ek wens my ma en my pa het baie geld gehad.
(iv) Meneer sê altyd:“Julle moet pynlik netjies skryf.”
(v) Hy het ‘n stokou, verwaarloosde, geroeste motor.