Lees die volgende gedigte en beantwoord die vragies deur die korrekte antwoord te omkring. Doen dit eers op jul eie en vergelyk dan julle antwoorde in jul groepe.
DIE SKOOL
My Juffrou
My juffrou is die mooiste mens
Wat op die aarde woon.
Haar hare is so mooi gekam;
Haar naels is altyd skoon.
Haar stem is sag en vriend'lik
Behalwe as ons raas;
Dan sit sy stouterds op hul plek
En wys hul wie is baas.
Ons het ons juffrou baie lief -
Daar's niks wat sy nie weet.
En nooit sal sy die antwoord
Van twee maal twee vergeet.
Juffrou Smal
Ek is lief vir juffrou Smal
Want al maak die seuns haar mal
Is sy lief vir elke kind
Elke ouer is haar vrind.
Juffrou Smit
Juffrou Smit is baie kwaai;
Sy wil Piet se nek omdraai.
Dit is snaaks maar tog ook waar,
![]() |
![]() |
Ons Skool
Skool is amper soos 'n huis;
Hier is baie kinders tuis.
En die hoof is hier ons pa
En my juffrou is my ma.
As ek stout is in die klas
Moet ek oppas vir my bas.
As ek aandag gee en mooi leer
Stuur hul my hopelik na graad vier.
Ons meneer het 'n kantoor -
Almal is so bang daarvoor.
Hy het glo streepsuikerkoek
Vir die stouterds wat so vloek.
Ons Klaskamer
Alles netjies weggepak;
Elke boekie op sy rak.
Nêrens lê papiere rond
Of dalk boeke op die grond.
Elke ding het hier sy plek;
Ook nie hoog dat ons moet rek.
Hoë goed is juffrou s'n –
Laag gaan al ons goedjies in.
As ons goed laat rondlê –
Boeke of 'n bal,
Kan 'n mens so maklik
Oor die dinge val.
(a) Wie se naels is altyd skoon?
- die kinders
- Juffrou
- Meneer
(b) Juffrou is slim, want sy ken haar
- tafels
- skoolkinders
- maniere.
(c) Die boeke is netjies weggepak
- op die kas
- op die tafel
- op die rak.
(d) Die skoolhoof het streepsuikerkoek vir kinders wat
- lief is vir eet
- stout is
- soet is.
(e) Juffrou raas met die kinders om
- hulle mooi te laat werk
- haar stem te oefen
- stouterds op hul plek te sit.
(f) Juffrou Smit is
- kwaai
- gaaf
- onvriendelik.
(g) Wat mag nie op die grond lê nie?
- boeke en tasse
- balle en tasse
- balle en boeke
(h) Die kinders voel die skool is soos ‘n
- kantoor
- huis
- speelplek.
(i) Die gr. 3’s gaan gr. 4 toe as hulle
- leer en aandag gee
- soet is
- al hul boeke gelees het.
(j) Die ouers hou baie van
- die skoolhoof
- Juffrou Smal
- Juffrou Smit.
Aktiwiteit 2
Om deur rolspel vrae te vra en taal speel-speel te leer [LU 2.1.1]











