Inside Collection: Afrikaans Huistaal Graad 5
AKTIWITEIT 1
OM NA ‘N INFORMATIEWE TEKS TE LUISTER [LU 1.1]
OM LUIDLEES DUIDELIK EN TEEN GEPASTE SPOED TE DOEN [LU 3.1.2]
a) Luister aandagtig na jou opvoeder as hy/sy die volgende gedeelte aan jou voorlees. Daarna kan jy en ‘n maat dit aan mekaar voorlees voordat julle die vrae probeer beantwoord.
‘n Melkhoutboom as poskantoor
Julle sal in graad 6 in die leerarea Geskiedenis leer dat die Portugese in die vyftiende eeu die voortou geneem het in pogings om die onbekende oseane te verken en nuwe lande te ontdek. Later, in 1488, was Bartolomeus Dias die eerste bevelvoerder wat met sy klein skepies om die suidpunt van Afrika geseil het nadat hulle baie weke op see was en deur sterk winde geteister is. Hy wou by die huidige Gouritsriviermond aan wal gaan, maar weens die groot branders kon hy nie en moes hy sy matrose opdrag gee om verder te seil.
Nie veel verder nie het hulle anker gegooi in ‘n beskutte baai wat hy “Aguada de São Bras” (Waterdrinkplek van Sint Blaize) gedoop het, omdat hulle ‘n varswaterfontein daar gevind het. Vir etlike jare daarna het Portugese skepe op pad na die Verre Ooste daar aangedoen om vars water en vleis in te skeep.
In 1500 het kapt. Pedro de Ataide op pad terug van die Ooste na Portugal in die baai anker gegooi. Onder ‘n groot melkhoutboom het hy in ‘n matroos se skoen ‘n boodskap gelaat oor die ramp wat sy vloot op see getref het. Drie maande later, in 1501, het die bevelvoerder van die Derde Oos-Indiese Vloot die brief gevind en gesorg dat dit veilig in Portugal afgelewer word. So het die eerste “poskantoor” in Suid-Afrika ontstaan.
Dié baai is later deur die Hollanders herdoop na Mosselbaai, soos die dorp aan ons suidkus vandag nog bekend is. As julle Mosselbaai besoek, sal julle dieselfde ou melkhoutboom nog daar vind – reusagtig groot. Dit is tot nasionale monument verklaar en staan bekend as Die Posboom. Daar is ook ‘n posbus in die vorm van ‘n groot skoen waarin briewe en poskaarte gepos kan word. Sulke posstukke kry ‘n spesiale stempel wat die ontvanger daaraan herinner dat Suid-Afrika se eerste poskantoor eintlik ‘n boom was!
b) Beantwoord nou die volgende vrae. Onthou om altyd netjies te skryf, te probeer seker maak dat jy die woorde reg spel en dat jou Afrikaans keurig is.
AKTIWITEIT 2
OM TE VOORSPEL WAT SOU KON GEBEUR
[LU 5.4.2]
Groepwerk (in drieë): Julle is deel van die bemanning van ‘n skip wat in die jaar 1500 op pad is na die Verre Ooste. Julle skip strand êrens aan die kus van Afrika, maar julle kom veilig aan wal. Bespreek eers die opdrag hieronder en vertel dan in drie minute (een minuut elk) aan die klas.
AKTIWITEIT 3
OM ‘N VERSLAG TE SKRYF [LU 4.1.2]
OM DUIDELIKE, SAMEHANGENDE SINNE TE SKRYF [ LU 6.4.3]
Kaptein Pedro de Ataide het ‘n brief onder die melkhoutboom gelaat. Daarin het hy geskryf dat ‘n ramp sy skepe getref het. Gebruik jou verbeelding en skryf vyf kort, baie duidelike sinne wat in sy briefie sou kon wees. Onthou om jou naam en die datum onderaan te skryf.
Taalstruktuur en –Gebruik
AKTIWITEIT 4
OM ‘N BETER BEGRIP VAN ALFABETIESE VOLGORDE TE ONTWIKKEL
[LU 6.1.2]
Kyk goed na die alfabetiese volgorde van die woorde op die volgende bladsy uit die HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). Jou opvoeder sal enige tien van die woorde duidelik sê en jy moet hulle so vinnig moontlik vind deur die nommers 1 tot 10 voor elkeen van dié woorde te skryf.
AKTIWITEIT 5
OM KENNIS TE MAAK MET WOORDFAMILIES EN WOORDE UIT DIESELFDE VELD
[LU 6.1.8]
Woordeskatontwikkeling
Beantwoord die volgende vrae na aanleiding van die gegewe bladsy uit die HAT (sien hierna):
skipbreuk
skipbreukeling
skipbrug
skipper
En donsige skimmel?
(V) Skryf die betekenis van skinder neer.
![]() |
Bron: HAT
AKTIWITEIT 6
OM ‘N EIE PERSOONLIKE SPELLYS TE SKEP
[LU 6.1.1]
Jy kom dikwels vreemde, nuwe woorde teen, of woorde wat vir jou moeilik is om reg te spel, maar wat jy dikwels moet gebruik. Skryf sulke woorde op die laaste bladsy wat in elke module vir hierdie doel ingesluit is. Doen dit gereeld en hersien dit gereeld.
AKTIWITEIT 7
OM SAMESTELLINGS TE VERSTAAN
[LU 6.1.10]
Kyk weer na die leesstuk op die eerste bladsy. In die tweede paragraaf kry ons die woord varswaterfontein en in die derde paragraaf melkhoutboom. Ons noem sulke woorde samestellings, omdat hulle uit verskillende woorde saamgestel is om een woord te vorm.
Reël 1:
Reël 2:
pos + kantoor + klerk: poskantoorklerk
suid + kus:
vakansie + dorp:
sel + foon:
snoep + winkel:
gemors + pos
riem + telegram:
telefoon + gesprek:
telefoon + rekening:
buffel + vel + hoed:
broek + pyp: broekspyp
hemp + mou:
kruidenier + ware:
dood + berig:
En pasop vir hierdie vier:
seun + skool:
meisie + skool:
lewe + verhaal:
skip + vrag:
AKTIWITEIT 8
OM SINNE TE VERBIND MET VOEGWOORDE EN BETREKLIKE VOORNAAMWOORDE
[LU 6.2.4]
Ons kan sinne verbind deur sekere woorde te gebruik. In die leesstuk op bladsy 1 vind ons die volgende sinne:
Verbind nou die volgende sinne deur die woord tussen hakies korrek te gebruik. Probeer seker maak dat jou woordorde reg is.
AKTIWITEIT 9
OM AFKORTINGS TE GEBRUIK EN KENNIS TE MAAK MET AKRONIEME
[LU 6.1.12]
OM OOR AKRONIEME TE PRAAT [LU 6.6.1]
a) Lees die volgende sin:
In 1500 het kapt. Petro de Ataide in die baai anker gegooi.
kapt. is die afkorting vir kaptein.
'n Afkorting is 'n korter vorm van 'n woord, maar ons kan nie afkortings
maak soos ons wil nie. Die meeste woorde het geen afkorting nie.
Jy sal die volgende afkortings dikwels teëkom en wanneer jy dit in skryfwerk gebruik, moet jy probeer om dit korrek te skryf: Kyk ook voor en in die middel van ‘n woordeboek vir nog meer afkortings. Soek ‘n paar uit om in jou persoonlike woordelys te skryf.
Afr. - Afrikaans hfst. - hoofstuk
a.g.v. - as gevolg van i.p.v. - in plaas van
asb. - asseblief i.v.m. - in verband met
bg. - bogenoemde kg - kilogram
bl. - bladsy km - kilometer
Bpk. - Beperk l - liter
b.v.p. - been voor paaltjie lg. - laasgenoemde
dept. - departement me. - mevrou / mejuffrou
d.i. - dit is mej. - mejuffrou
dr. - dokter/doktor mev. - mevrou
ds. - dominee mnr. - meneer
d.w.s. - dit wil sê n.v.t. - nie van toepassing
EBW - Ekonomiese Bestuurswetenskap no. / nr. - nommer
Eng. - Engels / Engeland Pk. - poskantoor
ens. - ensovoorts SA - Suid-Afrika
TV - televisie
Gee die afkorting van die vetgedrukte woord(e) in elke sin.
b) Akronieme
Wat is ‘n akroniem? Volgens die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) is ‘n akroniem ‘n letterwoord. Dit is ‘n woord wat gevorm word uit letters wat eintlik ‘n afkorting is. Ons gebruik die afkorting dan as ‘n woord.
Voorbeelde:
Interpol: Internasionale Kriminele Polisiekommissie
NAVO: Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie
OPUL: Organisasie van Petroleumuitvoerlande
SANLAM: Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransiemaatskappy
SASOL: Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gaskorporasie
UNISA: Universiteit van Suid-Afrika
SATOER: Suid-Afrikaanse Toeristekorporasie
Kan julle nog meer voorbeelde vind? Skryf dit neer.
LU 1
LUISTER
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en gepas reageer;
1.2 die hoofboodskap en temas in mondelinge tekste identifiseer en dit in verband bring met die daaglikse lewe;
1.5 luister na verskillende soorte informatiewe tekste (aanwysings, instruksies, ens.), kennis neem van hoofidees of spesifieke besonderhede en inligting op ‘n gepaste manier gebruik;
1.7 die sosiale, morele en kulturele waardes, houdings en veronderstellings in mondelinge tekste bespreek en kommentaar lewer op wat in- en uitgesluit is (soos: Geld dit vir alle mense? Wie word uitgesluit?).
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:
3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;
3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multi-media tekste (soos advertensies):
3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;
3.2.2 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole, uitleg;
3.5 begrip van fiksie-tekste toon:
3.5.3 bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor;
3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);
4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);
4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:
4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;
4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
4.4.1 woordvlak:
4.4.2 sinsvlak:
4.4.3 paragraafvlak:
√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;
5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;
5.3 inligting verwerk:
5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;
5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.
5.4 taal gebruik om skeppend te dink:
5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 skep eie persoonlike spellys;
6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;
6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;
6.1.5 gebruik hoofletters korrek;
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;
6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;
6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;
6.2 met sinne werk:
6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;
6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;
6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;
6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;
6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;
6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;
6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;
6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;
6.6 metataal gebruik:
6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).
Aktiwiteit 1
(b) (i) die leiding te neem / eerste te wees
(ii) Hulle wou rus / Hulle wou vars kos en water soek
(iii) Dis ‘n baai wat so geleë is dat storms nie ‘n groot effek daar het nie. Dis veilig. Dit bied goeie beskerming teen storms.
(iv) Hulle het vleis by die plaaslike bewoners gekoop of geruil.
(v) Eie sinne.
(vi) Wes-Kaap.
Dis ‘n gewilde vakansiedorp.
(vii) Eie antwoorde.
Aktiwiteit 2
Groepwerk: mondeling
Aktiwiteit 3
Eie sinne
Aktiwiteit 4
Opvoeder se keuse
Aktiwiteit 5
(i) skipbreuk: Die vergaan of stranding van ‘n skip.
skipbreukeling: Slagoffer van ‘n skipbreuk.
skipbrug: Brug deur skepe gesteun / oor skepe gelê.
skipper: Eienaar / gesagvoerder van ‘n kleinerige skip.
(ii) sukkeldraffie
(iii) op ou brood
in ‘n wingerd
(iv) Wanneer hy nie reguit praat nie.
(v) Valshede op ‘n kwaadwillige, agterafwyse versprei om iemand se goeie naam te benadeel.
(vi) Skinderbek.
Aktiwiteit 6
Skep eie spellys.
Aktiwiteit 7
(i) Reël 1: leerarea
Reël 2: bevelvoerder ; suidpunt
(ii) suidkus riemtelegram
vakansiedorp telefoongesprek
selfoon telefoonrekening
snoepwinkel buffelvelhoed
gemorspos
ii) hempsmou meisieskool
kruideniersware lewensverhaal
doodsberig skeepsvrag
seunskool
Aktiwiteit 8
(i) Stella het ‘n nuwe boek waarin sy lees.
(ii) Eric speel met sy klein boetie wat vandag verjaar.
Aktiwiteit 9
(a) (i) asb. (vi) i.v.m.
(ii) mnr. (vii) dr.
(iii) bg. (viii) b.v.p.
(iv) Pk. (ix) Afr.
(v) TV (x) d.w.s.