AKTIWITEIT 1
OM DIE ALGEMENE IDEE UIT ‘N LEESSTUK TE VERKRY
[LU 3.1.1]
Lees die onderstaande gedeelte minstens twee keer aandagtig deur. Jy gaan gevra word om jou eie mening oor die saak te lug.
Bykans elke ouer het al die volgende van sy kind gehoor: “Ek wil ‘n selfoon hê.”
En wanneer jy vra: “Maar hoekom het jy ‘n selfoon nodig?” is die antwoord: “Maar al die kinders het een.” Of: ‘’Dis cool om een te hê.” Of: “Weet Pa en Ma nie dis nodig in ‘n krisis nie?”
Moet jy regtig ‘n selfoon hê? Het jy regtig ‘n selfoon nodig? Is dit nie sommer net ‘n lawwe gier nie? Is dit ‘n soort statussimbool onder julle – om te kyk wie het die nuutste, mooiste selfoon?
Ons weet daar is gevare verbonde aan die verkeerde gebruik van selfone. Met sommige selfone kan ‘n mens toegang tot die internet verkry, en daarmee saam blootstelling aan slegte dinge soos pornografie. Kinders kan vir mekaar vuil prentjies en vulgêre grappe stuur. Verder het ouers ook nie beheer oor met wie hulle kind kommunikeer nie. Selfone is ook gewilde items vir diewe om te steel en dit raak dus maklik weg.
Om ‘n selfoon te besit het natuurlik ook voordele. Vir veiligheidsredes is ‘n selfoon ‘n groot pluspunt, soos in ‘n noodgeval – veral met die hoë misdaadvlakke in ons land. ‘n Selfoon is ook nuttig vir skakeling tussen ouer en kind om reëlings te tref. Dis tydbesparend en vergemaklik kontak in die besige program van ‘n gesin.
Daar is natuurlik ‘n hele paar dinge wat jou ouers in gedagte sal moet hou voordat hulle besluit om vir jou ‘n selfoon te gee. Hulle sal byvoorbeeld moet besluit of jy oud genoeg is om dit op te pas, of jy verantwoordelik genoeg is om dit reg te gebruik, of hulle dit kan bekostig, en natuurlik of jy werklik ‘n selfoon nodig het.
Jy moet dus nie ‘n selfoon sien as ‘n lekker duur speelding nie. Dit moet vir almal – vir volwassenes ook – dien as ‘n praktiese kommunikasiemiddel wat spaarsaam benut word.
Ouers behoort vir hulle kinders riglyne neer te lê oor die gebruik van ‘n selfoon. Julle behoort nie onbeperkte tyd op ‘n foon toegelaat te word nie. Julle ouers moet perke stel sodat julle ook daaruit kan leer. Só kan vooruitbetaalde lugtyd gekoop word, sodat julle kan leer om met julle lugtyd en geld te werk. Hiermee saam kom ook die beginsel van verantwoordelikheid: Leer om jou selfoon op te pas, want daar is gevolge wanneer dit wegraak. Jy moet ook deur jou ouers geleer word wanneer jy jou selfoon nie behoort te gebruik nie.
(Artikel deur S.T. Potgieter in Tygerburger, 12 Oktober 2005 – Aangepas)
Wat sê jy daarvan?
Wat is volgens jou mening die hoofgedagte in die leesstuk? Skryf dit neer.
AKTIWITEIT 2
OM EIE MENING OOR ‘N VRAAGSTUK TE LUG EN REDES DAARVOOR TE GEE [LU 2.1.6; 3.5.3]
OM BEURTE TE NEEM OM TE PRAAT EN ANDER SE MENING TE RESPEKTEER [2.2.1]
OM TUSSEN VOOR- EN NADELE TE ONDERSKEI [LU 5.1.3]
Julle opvoeder gaan nou vir julle geleentheid gee om oor die onderwerp te praat. Wat is jou mening daaroor? Jy moet ook sê waarom jy so dink.
Onthou om mekaar kans te gee om te praat en na mekaar te luister. (Dit beteken dat jy ook respek moet hê vir iemand anders se mening wat van joune verskil).
AKTIWITEIT 3
OM OOR ADVERTENSIES TE PRAAT
[LU 3.2.1]
Op die volgende bladsy is voorbeelde van advertensies van selfone.
![]() |
AKTIWITEIT 4
OM GRAFIESE TEGNIEKE IN ‘N ADVERTENSIE TE BESPREEK [3.2.2]
OM ‘N ADVERTENSIE TE ONTWERP [LU 4.1.3]
Vorm groepe van ongeveer vier of vyf lede. Gebruik die advertensies op die vorige bladsy of enige ander advertensie wat julle kan kry en ontwerp ‘n selfoonadvertensie wat veral ‘n graad 5-leerder se aandag sal trek. Gee veral aandag aan die gebruik van kleur en verskillende soorte en groottes van skrif. Julle finale ontwerp moet voorberei word vir uitstalling in die klas.
AKTIWITEIT 5
OM ‘N KORT BOODSKAP VIR SPEELSE DOELEINDES TE SKRYF
[LU 4.1.1]
Wanneer mens ‘n selfoonnommer skakel en die oproep word nie beantwoord nie, hoor jy die eienaar se persoonlike boodskap wat sê dat jy ‘n stemposboodskap kan laat. Die persoonlike boodskap sê gewoonlik iets soos die volgende:
“Dit is Petro se nommer. Ek is nie nou beskikbaar nie, maar laat ‘n boodskap, dan skakel ek jou terug.”
Dink nou eers baie mooi en skryf dan die persoonlike boodskap neer wat jy op jou eie selfoon sal plaas. Onthou om jou eie naam te gebruik. Die boodskap moet duidelik wees en tussen 15 en 25 woorde lank.
Taalstruktuur en -Gebruik
aktiwiteit 6
om die direkte en indirekte rede te gebruik
[lu 4.4.2; 6.2.9]
Lees eers weer Aktiwiteit 2.6 se aantekeninge op bladsy 23 van hierdie module.
Kyk ook na die leesstuk op bladsy 41. In die eerste en die tweede paragraaf is daar ‘n hele paar sinne wat in die direkte rede geskryf is.
Skryf nou die volgende sinne oor in die direkte rede:
AKTIWITEIT 7
OM TE LEER DAT KORREKTE WOORDORDE BELANGRIK IS
[LU 6.2.5]
As jy wil hê ander mense moet verstaan wat jy sê of skryf, moet jy jou woorde in die regte volgorde inspan. Soms kan jy die woorde op meer as een manier rangskik sonder dat die betekenis verander. Ander kere verander die betekenis as jy die woordorde verander.
a) Skryf die volgende sinne oor, maar begin met die onderstreepte woord(e). Dui in die tabel aan of die betekenis nog dieselfde is.
Betekenis dieselfde?
JA NEE
(ii) Die hoed het in die water geval.
(iii) Die mense het die skape gesien.
(iv) So ‘n lawaai kan mens nie verduur nie.
(v) ‘n Jakkalswyfie is ‘n goeie moeder.
b) Herrangskik die volgende woordgroepe sodat elke groep ‘n betekenisvolle sin vorm:
AKTIWITEIT 8
OM DIE DRIE HOOFTYE TE VERSTAAN
[LU 6.2.6]
Wanneer ons praat of skryf, doen ons dit op so ‘n manier dat ons aandui of iets gebeur, gebeur het of sal gebeur.
Iets wat nou gebeur, word in die Teenwoordige tyd gesê of geskryf.
Iets wat reeds gebeur het, word in die Verlede tyd gesê of geskryf.
Iets wat nog sal gebeur, word in die Toekomende tyd gesê of geskryf.
Voorbeeld:
Pappa het ‘n selfoon (Teenwoordige tyd).
Pappa het ‘n selfoon gehad (Verlede tyd).
Pappa sal ‘n selfoon hê(Toekomende tyd).
Skryf nou die volgende sinne oor soos aangedui:
Verlede tyd:
Teenwoordige tyd:
Toekomende tyd:
Verlede tyd:
Toekomende tyd:
LU 2
PRAAT
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:
2.1.2 gebruik taal vir skeppende en beeldryke selfuitdrukking (soos: denkbeeldige interpersoonlike situasies dramatiseer);
2.1.6 lug en regverdig eie mening met redes;
2.2 interaksievaardighede en –strategieë in groepsituasies gebruik:
2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;
2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:
2.4.3 gebruik taal sorgvuldig om komplekse dog algemene gevoelens soos woede, ongeduld, simpatie en bewondering uit te druk.
LU 3
LEES EN KYK
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:
3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;
3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multi-media tekste (soos advertensies):
3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;
3.2.2 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole, uitleg;
3.5 begrip van fiksie-tekste toon:
3.5.3 bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor;
3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.
LU 4
SKRYF
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:
4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);
4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);
4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);
4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);
4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:
4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;
4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;
4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:
4.4.1 woordvlak:
4.4.2 sinsvlak:
4.4.3 paragraafvlak:
√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.
LU 5
DINK EN REDENEER
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:
5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;
5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;
5.3 inligting verwerk:
5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;
5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.
5.4 taal gebruik om skeppend te dink:
5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.
LU 6
TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
6.1 met woorde werk:
6.1.1 skep eie persoonlike spellys;
6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;
6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;
6.1.5 gebruik hoofletters korrek;
6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;
6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;
6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;
6.2 met sinne werk:
6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;
6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;
6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;
6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;
6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;
6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;
6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;
6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:
6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;
6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;
6.6 metataal gebruik:
6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).
Aktiwiteit 1
Eie opsomming van hoofgedagte.
Aktiwiteit 2
Klasbespreking
Aktiwiteit 3
(i) – (iii) Eie antwoorde – sal verskil.
Aktiwiteit 4
Groepwerk: advertensie.
Aktiwiteit 5
Eie stemposboodskap
Aktiwiteit 6
(i) Lizzie sê: “Ek wil ‘n selfoon hê.”
(ii) Mnr. Dreyer sê: “Ek wil môre vir my ‘n nuwe selfoon koop.”
(iii) Mamma vra: “Pierre, waar is my selfoon?”
of Mamma vra vir Pierre: “Waar is my selfoon?”
(iv) Pierre het geantwoord: “Dit is seker in Ma se handsak.”
(v) Die skare skree: “Ons span gaan wen!”
Aktiwiteit 7
JA NEE
(a) (i) Daagliks gaan ons skool toe √
(ii) Die water het in die hoed geval. √
(iii) Die skape het die mense gesien. √
(iv) Mens kan so ‘n lawaai nie verduur nie. √
(v) ‘n Goeie moeder is ‘n jakkalswyfie. √
(b) (i) Die telefoon is ‘n baie nuttige instrument.
(ii) My oudste broer werk in Engeland.
(iii) Ons het gister ‘n wedstryd gespeel.
Aktiwiteit 8
(i) Hy het ‘n splinternuwe Blackberry gekoop.
BLOKKIESRAAISEL
Dwars AF
3. kers 4. ens.
5. stokoud 6. bladsy
7. skoen 8. kraakvars
9. sms 10. matrose
11. TV 12. yskoud