Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Ma, ek wil 'n selfoon he!

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Ma, ek wil 'n selfoon he!

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

VAN MELKHOUTBOOM TOT SMS

Module 5

MA, EK WIL ‘N SELFOON HÊ!

AKTIWITEIT 1

OM DIE ALGEMENE IDEE UIT ‘N LEESSTUK TE VERKRY

[LU 3.1.1]

Lees die onderstaande gedeelte minstens twee keer aandagtig deur. Jy gaan gevra word om jou eie mening oor die saak te lug.

Bykans elke ouer het al die volgende van sy kind gehoor: “Ek wil ‘n selfoon hê.”

En wanneer jy vra: “Maar hoekom het jy ‘n selfoon nodig?” is die antwoord: “Maar al die kinders het een.” Of: ‘’Dis cool om een te hê.” Of: “Weet Pa en Ma nie dis nodig in ‘n krisis nie?”

Moet jy regtig ‘n selfoon hê? Het jy regtig ‘n selfoon nodig? Is dit nie sommer net ‘n lawwe gier nie? Is dit ‘n soort statussimbool onder julle – om te kyk wie het die nuutste, mooiste selfoon?

Ons weet daar is gevare verbonde aan die verkeerde gebruik van selfone. Met sommige selfone kan ‘n mens toegang tot die internet verkry, en daarmee saam blootstelling aan slegte dinge soos pornografie. Kinders kan vir mekaar vuil prentjies en vulgêre grappe stuur. Verder het ouers ook nie beheer oor met wie hulle kind kommunikeer nie. Selfone is ook gewilde items vir diewe om te steel en dit raak dus maklik weg.

Om ‘n selfoon te besit het natuurlik ook voordele. Vir veiligheidsredes is ‘n selfoon ‘n groot pluspunt, soos in ‘n noodgeval – veral met die hoë misdaadvlakke in ons land. ‘n Selfoon is ook nuttig vir skakeling tussen ouer en kind om reëlings te tref. Dis tydbesparend en vergemaklik kontak in die besige program van ‘n gesin.

Daar is natuurlik ‘n hele paar dinge wat jou ouers in gedagte sal moet hou voordat hulle besluit om vir jou ‘n selfoon te gee. Hulle sal byvoorbeeld moet besluit of jy oud genoeg is om dit op te pas, of jy verantwoordelik genoeg is om dit reg te gebruik, of hulle dit kan bekostig, en natuurlik of jy werklik ‘n selfoon nodig het.

Jy moet dus nie ‘n selfoon sien as ‘n lekker duur speelding nie. Dit moet vir almal – vir volwassenes ook – dien as ‘n praktiese kommunikasiemiddel wat spaarsaam benut word.

Ouers behoort vir hulle kinders riglyne neer te lê oor die gebruik van ‘n selfoon. Julle behoort nie onbeperkte tyd op ‘n foon toegelaat te word nie. Julle ouers moet perke stel sodat julle ook daaruit kan leer. Só kan vooruitbetaalde lugtyd gekoop word, sodat julle kan leer om met julle lugtyd en geld te werk. Hiermee saam kom ook die beginsel van verantwoordelikheid: Leer om jou selfoon op te pas, want daar is gevolge wanneer dit wegraak. Jy moet ook deur jou ouers geleer word wanneer jy jou selfoon nie behoort te gebruik nie.

(Artikel deur S.T. Potgieter in Tygerburger, 12 Oktober 2005 – Aangepas)

Wat sê jy daarvan?

Wat is volgens jou mening die hoofgedagte in die leesstuk? Skryf dit neer.

AKTIWITEIT 2

OM EIE MENING OOR ‘N VRAAGSTUK TE LUG EN REDES DAARVOOR TE GEE [LU 2.1.6; 3.5.3]

OM BEURTE TE NEEM OM TE PRAAT EN ANDER SE MENING TE RESPEKTEER [2.2.1]

OM TUSSEN VOOR- EN NADELE TE ONDERSKEI [LU 5.1.3]

Julle opvoeder gaan nou vir julle geleentheid gee om oor die onderwerp te praat. Wat is jou mening daaroor? Jy moet ook sê waarom jy so dink.

Onthou om mekaar kans te gee om te praat en na mekaar te luister. (Dit beteken dat jy ook respek moet hê vir iemand anders se mening wat van joune verskil).

AKTIWITEIT 3

OM OOR ADVERTENSIES TE PRAAT

[LU 3.2.1]

Op die volgende bladsy is voorbeelde van advertensies van selfone.

  1. (i) Indien jy een van die selfone kan kies, watter een sal jy graag wil hê : nommer 1, nommer 2 of nommer 3?
  2. (ii) Waarom sal dit jou keuse wees?
  3. (iii) As jy egter daarvoor moet betaal, watter een sal jy dan kies en waarom? Onthou wat jy in die leesstuk gelees het!

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

AKTIWITEIT 4

OM GRAFIESE TEGNIEKE IN ‘N ADVERTENSIE TE BESPREEK [3.2.2]

OM ‘N ADVERTENSIE TE ONTWERP [LU 4.1.3]

Vorm groepe van ongeveer vier of vyf lede. Gebruik die advertensies op die vorige bladsy of enige ander advertensie wat julle kan kry en ontwerp ‘n selfoonadvertensie wat veral ‘n graad 5-leerder se aandag sal trek. Gee veral aandag aan die gebruik van kleur en verskillende soorte en groottes van skrif. Julle finale ontwerp moet voorberei word vir uitstalling in die klas.

AKTIWITEIT 5

OM ‘N KORT BOODSKAP VIR SPEELSE DOELEINDES TE SKRYF

[LU 4.1.1]

Wanneer mens ‘n selfoonnommer skakel en die oproep word nie beantwoord nie, hoor jy die eienaar se persoonlike boodskap wat sê dat jy ‘n stemposboodskap kan laat. Die persoonlike boodskap sê gewoonlik iets soos die volgende:

“Dit is Petro se nommer. Ek is nie nou beskikbaar nie, maar laat ‘n boodskap, dan skakel ek jou terug.”

Dink nou eers baie mooi en skryf dan die persoonlike boodskap neer wat jy op jou eie selfoon sal plaas. Onthou om jou eie naam te gebruik. Die boodskap moet duidelik wees en tussen 15 en 25 woorde lank.

Taalstruktuur en -Gebruik

aktiwiteit 6

om die direkte en indirekte rede te gebruik

[lu 4.4.2; 6.2.9]

Lees eers weer Aktiwiteit 2.6 se aantekeninge op bladsy 23 van hierdie module.

Kyk ook na die leesstuk op bladsy 41. In die eerste en die tweede paragraaf is daar ‘n hele paar sinne wat in die direkte rede geskryf is.

Skryf nou die volgende sinne oor in die direkte rede:

  1. (i) Lizel sê sy wil ‘n selfoon hê.
  2. (ii) Mnr. Dreyer sê hy wil môre vir hom ‘n nuwe selfoon koop.
  3. (iii) Mamma vra vir Pierre waar haar selfoon is.
  4. (iv) Pierre het geantwoord dat dit seker in haar handsak is.
  5. (v) Die skare skree dat hulle span gaan wen.

AKTIWITEIT 7

OM TE LEER DAT KORREKTE WOORDORDE BELANGRIK IS

[LU 6.2.5]

As jy wil hê ander mense moet verstaan wat jy sê of skryf, moet jy jou woorde in die regte volgorde inspan. Soms kan jy die woorde op meer as een manier rangskik sonder dat die betekenis verander. Ander kere verander die betekenis as jy die woordorde verander.

a) Skryf die volgende sinne oor, maar begin met die onderstreepte woord(e). Dui in die tabel aan of die betekenis nog dieselfde is.

Betekenis dieselfde?

JA NEE

  1. (i) Ons gaan daagliks skool toe.

(ii) Die hoed het in die water geval.

(iii) Die mense het die skape gesien.

(iv) So ‘n lawaai kan mens nie verduur nie.

(v) ‘n Jakkalswyfie is ‘n goeie moeder.

b) Herrangskik die volgende woordgroepe sodat elke groep ‘n betekenisvolle sin vorm:

  1. (i) instrument telefoon is baie nuttige ‘n die
  2. (ii) broer Engeland my werk oudste in
  3. (iii) gespeel ons ‘n gister het wedstryd

AKTIWITEIT 8

OM DIE DRIE HOOFTYE TE VERSTAAN

[LU 6.2.6]

Wanneer ons praat of skryf, doen ons dit op so ‘n manier dat ons aandui of iets gebeur, gebeur het of sal gebeur.

Iets wat nou gebeur, word in die Teenwoordige tyd gesê of geskryf.

Iets wat reeds gebeur het, word in die Verlede tyd gesê of geskryf.

Iets wat nog sal gebeur, word in die Toekomende tyd gesê of geskryf.

Voorbeeld:

Pappa het ‘n selfoon (Teenwoordige tyd).

Pappa het ‘n selfoon gehad (Verlede tyd).

Pappa sal ‘n selfoon hê(Toekomende tyd).

Skryf nou die volgende sinne oor soos aangedui:

  1. (i) Hy koop ‘n splinternuwe Blackberry.

Verlede tyd:

  1. (i) Die kaptein het die brief in ‘n ou skoen gepos.

Teenwoordige tyd:

  1. (i) Niemand is so slim soos Tobias nie.

Toekomende tyd:

  1. (i) Ek kan hom nie wen nie.

Verlede tyd:

  1. (i) Nikki het die meeste punte gekry.

Toekomende tyd:

Assessering

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

2.1 ervaringe, idees en inligting in verskillende kontekste vir verskillende teikengroepe en doeleindes oordra:

2.1.2 gebruik taal vir skeppende en beeldryke selfuitdrukking (soos: denkbeeldige interpersoonlike situasies dramatiseer);

2.1.6 lug en regverdig eie mening met redes;

2.2 interaksievaardighede en –strategieë in groepsituasies gebruik:

2.2.1 neem beurte, hou by die onderwerp, stel relevante vrae, help die bespreking om te vloei en reageer met respek en empatie op ander se idees;

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

2.4.3 gebruik taal sorgvuldig om komplekse dog algemene gevoelens soos woede, ongeduld, simpatie en bewondering uit te druk.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksietekste vir verskillende doeleindes lees:

3.1.1 lees onafhanklik deur ‘n verskeidenheid lees- en begripstrategieë gepas vir verskillende doeleindes te gebruik;

  • vluglees vir die algemene idee;
  • soeklees vir spesifieke besonderhede;
  • ondersoek inhoudsopgawe, opskrifte en indeks om ‘n algemene oorsig te verkry;
  • voer luidlees duidelik uit en pas leesspoed volgens doel en gehoor aan.

3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multi-media tekste (soos advertensies):

3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;

3.2.2 identifiseer en bespreek grafiese tegnieke soos kleur, keuse van beelde, soort en grootte van letterwerk, simbole, uitleg;

3.5 begrip van fiksie-tekste toon:

3.5.3 bespreek temas en vraagstukke en lug menings met redes daarvoor;

3.11 relevante tekste kies en navorsingsvaardighede toepas om inligting in woordeboeke te verkry.

LU 4

SKRYF

Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

4.1 verskeie soorte tekste vir verskillende doeleindes en teikengroepe skryf:

4.1.1 skryf vir persoonlike, ondersoekende, speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes (brief, persoonlike boodskap);

4.1.2 skryf informatiewe tekste waarin idees duidelik en logies vir verskillende teikengroepe uitgedruk word (verslag);

4.1.3 skryf en ontwerp visuele tekste waarin inligting duidelik en skeppend aangebied word (advertensie);

4.1.4 verander inligting van een formaat na ‘n ander (telefoonrekening na teks);

4.2 idees deur die skryfproses ontwikkel en organiseer:

4.2.1 kies en ontleed ‘n onderwerp en hou ‘n dinkskrum oor idees met behulp van kopkaarte, vloeidiagramme en lyste;

4.3 netjiese, leesbare werk lewer, met aandag aan aanbieding;

4.4 kennis van taal op verskeie vlakke toepas:

4.4.1 woordvlak:

  • kies en eksperimenteer met ‘n wye verskeidenheid woorde uit verskeie bronne;
  • raadpleeg woordeboek om woorde na te gaan;

4.4.2 sinsvlak:

  • gebruik die direkte en indirekte rede gepas en doeltreffend.

4.4.3 paragraafvlak:

√ toon verskillende maniere om paragrawe te skakel.

LU 5

DINK EN REDENEER

Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

5.1 taal gebruik om te dink en te redeneer:

5.1.1 identifiseer oorsaak en gevolg in mondelinge en geskrewe tekste en verduidelik die verband daartussen;

5.1.3 onderskei tussen die voor- en nadele van iets en verduidelik dit;

5.3 inligting verwerk:

5.3.5 organiseer inligting in ‘n tydlyn;

5.3.6 evalueer en maak gevolgtrekkings en verduidelik redes daarvoor.

5.4 taal gebruik om skeppend te dink:

5.4.2 voorspel wat in ‘n denkbeeldige situasie sou kon gebeur.

LU 6

TAALSTRUKTUUR EN -GEBRUIK

Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

6.1 met woorde werk:

6.1.1 skep eie persoonlike spellys;

6.1.2 toon kennis van die kompleksiteit van alfabetiese volgorde waar die orde volgens die eerste letter gegee word;

6.1.3 spel dikwels gebruikte woorde korrek en herken uitsonderings in spelpatrone;

6.1.5 gebruik hoofletters korrek;

6.1.8 ontwikkel woordeskat deur woordvorming, deur woordfamilies en woorde uit dieselfde veld te herken en deur betekenis uit die konteks af te lei;

6.1.10 gebruik samestellings om woordeskat uit te brei;

6.1.12 gebruik alledaagse afkortings en akronieme;

6.2 met sinne werk:

6.2.4 gebruik voegwoorde en betreklike voornaamwoorde doeltreffend om sinne te verbind;

6.2.5 gebruik die korrekte woordorde en verstaan hoe woordorde betekenis kan beïnvloed;

6.2.6 gebruik en wissel tydsvorme doeltreffend en gepas;

6.2.8 verstaan en gebruik die ontkennende vorm gepas;

6.2.9 gebruik en wissel die direkte en indirekte rede doeltreffend, met korrekte punktuasie, voornaamwoorde en bywoorde;

6.2.10 gebruik hoofletters en punktuasie korrek: punt, komma, vraagteken, uitroepteken, dubbelpunt, afkappingsteken, aanhalingstekens;

6.2.13 verstaan die funksie en gebruik van alledaagse adjektiewe: intensiewe vorme;

6.4 bewustheid en gebruik van styl ontwikkel:

6.4.3 gebruik duidelike en samehangende sinne sonder te veel woorde en met die korrekte grammatikale struktuur;

6.4.4 gebruik taal met die gepaste formaliteitsgraad (register) in minder bekende situasies en toon bewustheid van teikengroep;

6.6 metataal gebruik:

6.6.1 gebruik die woordeskat wat nodig is om oor die taal te praat (akronieme, direkte en indirekte rede).

Memorandum

Aktiwiteit 1

Eie opsomming van hoofgedagte.

Aktiwiteit 2

Klasbespreking

Aktiwiteit 3

(i) – (iii) Eie antwoorde – sal verskil.

Aktiwiteit 4

Groepwerk: advertensie.

Aktiwiteit 5

Eie stemposboodskap

Aktiwiteit 6

(i) Lizzie sê: “Ek wil ‘n selfoon hê.”

(ii) Mnr. Dreyer sê: “Ek wil môre vir my ‘n nuwe selfoon koop.”

(iii) Mamma vra: “Pierre, waar is my selfoon?”

of Mamma vra vir Pierre: “Waar is my selfoon?”

(iv) Pierre het geantwoord: “Dit is seker in Ma se handsak.”

(v) Die skare skree: “Ons span gaan wen!”

Aktiwiteit 7

JA NEE

(a) (i) Daagliks gaan ons skool toe √

(ii) Die water het in die hoed geval. √

(iii) Die skape het die mense gesien. √

(iv) Mens kan so ‘n lawaai nie verduur nie. √

(v) ‘n Goeie moeder is ‘n jakkalswyfie. √

(b) (i) Die telefoon is ‘n baie nuttige instrument.

(ii) My oudste broer werk in Engeland.

(iii) Ons het gister ‘n wedstryd gespeel.

Aktiwiteit 8

(i) Hy het ‘n splinternuwe Blackberry gekoop.

  1. (i) Die kaptein pos die brief in ‘n ou skoen.
  2. (ii) Niemand sal so slim soos Tobias wees nie.
  3. (iii) Ek kon hom nie wen nie.
  4. (iv) Nikki sal die meeste punte kry.

BLOKKIESRAAISEL

Dwars AF

  1. poskode 2. dr.

3. kers 4. ens.

5. stokoud 6. bladsy

7. skoen 8. kraakvars

9. sms 10. matrose

11. TV 12. yskoud

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks