Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 5 » Mondelinge tekste en rollees

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETIntPhaseLang display tagshide tags

    This module and collection are included inLens: Siyavula: Languages (Gr. 4-6)
    By: Siyavula

    Module Review Status: In Review
    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETIntPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Mondelinge tekste en rollees

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Graad 5

OOM KOWIE EN MISTER KING

Module 13

MONDELINGE TEKSTE EN ROLLEES

AKTIWITEIT 1

OM NA ‘N MONDELINGE TEKS TE LUISTER EN GEPAS DAAROP TE REAGEER [LU 1.1]

OM KENMERKE VAN ‘N MONDELINGE TEKS (STRUKTUUR, TAAL, TOON, REGISTER) TE IDENTIFISEER [LU 1.3]

OM VERTELPERSPEKTIEF TE IDENTIFISEER EN TE BESPREEK [LU 3.8.1]

Hier volg ‘n uittreksel uit Abraham H. de Vries se “Kowie Brönn van Montagu”. Julle kan die volledige storie vind in Storie-sjêmpyn: 50 humoristiese vertellings, saamgestel deur Jan Vosloo (Tafelberg Uitgewers).

Die uittreksel is ook effens aangepas om dit vir julle makliker te maak. Volg dit terwyl jou opvoeder dit vir julle voorlees en luister veral mooi hoe die stem gebruik kan word.

Kowie Brönn van Montagu

Kowie Brönn vertel, hy sê, ek droom ek stap in Engeland en ek stap by Buckingham Palace verby, toe staan die bodeur oop, en daar trek darem ‘n rokie uit die skoorsteen uit. Slaap darem nie meer nie, dog ek.

Ek staan nog so, hier kyk die Prince of Wales oor die onderdeur, handevryf-handevryf. Toe sien hy my. Maar wás hy bly.

“Oom Kowie Brönn, maar dis mos Oom!” sê hy. “Kom in, Oom. Pa sal darem graag met Oom ‘n woordjie wou breek, hy skeer net gou.”

Ek daar in, hier kom die koning ook aan. Val my byna om die nek.

“Kowie Brönn van Montagu, waar in die wye wêreld kom jy vandaan?” vra die koning.

“Nee,” sê ek, “ek stap maar hier in Engeland rond. Ek is nou nie aangetrek nie, want ek het nie gedink ek sou aankom nie.”

Maak g’n niks saak nie,” sê die koning en hy vat my aan die arm. “Hoe gaan dit met Montagu? Leef ou Epsie nog?”

“Uitgespaar, die Jouberts almal,” berig ek.

“En met ou Tjops le Roux?”

“Ook,” sê ek. “Spekvet en gesond.”

“Ag, en met oumatjie Rachel Keet? Voel sy nog die badwater so met die elmboog?”

“Skop nog vas,” sê ek. “Bietjie rumatiek, maar sy vang hulle nog.”

“Toe ons daar was, was Liesbet en Magriet nog opgeskote. Ek is so jammer, want vandag se kleingoed mis so baie. Maar Kowie,” sê die koning, “van rumatiek gepraat, kom ons stap vorentoe, Buckingham Palace is lekker in die somer, maar in die winter trek die ou kasarmte. Trap net mooi, hulle het vanoggend die kombuisvloer gesmeer.”

Ek en hy daar af in die lang ou gang met die portrette weerskante teen die mure, die een koning na die ander, lewensgroot, en al die rame is dúúr, ingevoerde goed, dit kan jy sommer sien.

In die groot troonkamer, met die hoë goue solder en die kandelare wat so hang en nog honderde portrette teen die mure, gaan sit die koning op sy troon en hy trek die springbokvelletjie met sy swart kerkskoen haaks.

Ek vat ‘n bokstoeltjie en ek haal my hoed af en ek dog: Kowie, nou moet jy nie links laat lê nie, nou moet jy jou belangstelling wys.

“En hoe gaan dit met missus Liesbet?” vra ek.

“Bo by die hairdresser vir vanaand se ete,” sê die koning.

“En met Ouma Mary?” verneem ek.

“Ag Kowie, die oumens raak oud, sy help nou en dan met ietsie in die kombuis, met die kokery, maar meestal is sy bo in die kamer. Maar, jong, Kowie, voor ons verder gesels, sê vir my wat wil jy drink? Warm port of koue port? The choice is yours.”

Kowie Brönn sê toe’s hy in ‘n stryd. Want koue port het hy al gedrink, maar hy’t nie eens geweet mens krý warm port nie. Dis dié wat hy toe van aperigheid sê: “Gee maar ‘n warmetjie, mister King.”

a) Lees die teks nou op jou eie deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

(i) Is die storie hartseer, komies, kwaai, vriendelik?

(ii) Dink jy die storie is waar? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

(iii) Op watter tyd van die dag speel die verhaal af? Gee een rede vir jou antwoord.

(iv) Baie van die sinne in die teks is in aanhalingstekens geskryf. Wat beteken dit?

(v) ‘n Sinoniem vir “tweegesprek” (‘n gesprek tussen twee persone) is dialoog. Is die dialoog tussen Oom Kowie en die koning:

beleefd?

ongeskik?

respekvol?

ongemanierd?

vriendelik?

onvriendelik?

(Antwoord JA of NEE, en bespreek redes vir julle antwoorde)

(vi) Die skuinsgedrukte sin in die eerste paragraaf is eintlik ‘n onvolledige sin, maar tog verstaan ons dit. Die volledige sin sou kon wees: Die mense slaap darem nie meer nie, dog ek.

Soek na nog so ‘n paragrafie met onvolledige sinne. Verander dit na volledige sinne en skryf dit hieronder neer.

Moenie vergeet om jou persoonlike woordelys op die laaste bladsy aan te vul nie.

AKTIWITEIT 2

OM DIE TAALIDIOOM IN DIE TEKS TE VERSTAAN EN TE GEBRUIK

[LU 2.4.2]

Groepbespreking

b) Bespreek eers in groepe wat die volgende uitdrukkings beteken en skryf dan jou antwoorde neer.

(i) Wat beteken dit om iemand om die nek te val?

(ii) Wat doen jy as jy met iemand ‘n woordjie breek?

(iii) Wanneer is ‘n seun of ‘n meisie opgeskote?

(iv) Wat bedoel ons as ons sê iemand is spekvet en gesond?

(v) Wat doen jy as jy iets links laat lê?

(vi) Die woord “aperigheid” kom aan die einde van die leesstuk voor. Watter een van die volgende word daarmee bedoel? Kleur die regte antwoord in.

Aapstreke uithaal / Snaaks wees / Nie van beter weet nie.

AKTIWITEIT 3

OM TE SOEKLEES VIR SPESIFIEKE BESONDERHEDE

[LU 3.1.1]

Klasaktiwiteit

By a) (iii) het jy neergeskryf op watter tyd van die dag die verhaaltjie afspeel. Probeer nou om ook al die ander sinne te identifiseer wat die tyd van die dag aandui. Onthou om nie antwoorde uit te skree nie – steek jou hand op!

AKTIWITEIT 4

OM TE LEES TERWYL OOGKONTAK VERSKUIF OM SO ‘N GROOT MOONTLIKE DEEL VAN DIE GEHOOR IN TE SLUIT [LU 2.3.1]

OM GEPASTE INTONASIE EN GESIGSUITDRUKKINGS TE GEBRUIK [LU 2.3.2]

OM TEMPO EN VOLUME VIR KLEM AAN TE PAS [LU 2.3.3]

OM POUSES GEPAS TE GEBRUIK EN TOON VOLGENS DOEL AAN TE PAS

[ LU 2.3.4]

Rollees die teks met jou maat. Julle moet poog om die volgende vaardighede korrek uit te voer:

  • oogkontak met mekaar (later met die klas);
  • die regte gebruik van jou stem (vinnig/stadig; opgewonde/gedemp; vriendelik; hard/sag; ens.);
  • die regte gesigsuitdrukkings (bv. bly).Oefen dit ook tuis en vra bv. vir Pappa of Mamma om saam met jou te lees. Jy moet deeglik voorberei, want jy gaan geleentheid kry om dit saam met jou maat aan die klas voor te lees.

Assessering

LU 1

LUISTER

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

1.1 dit geniet om na verskillende soorte mondelinge tekste te luister (soos stories, mites, dreunsang, grappe, raaisels en kort toneelstukke) en gepas daarop reageer;

1.3 kenmerke van mondelinge tekste identifiseer (struktuur, taal, toon, register, ens.) wat dit gepas vir verskillende doeleindes en teikengroepe maak.

LU 2

PRAAT

Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

2.3 gepaste liggaamstaal en aanbiedingsvaardighede gebruik:

  • Verskuif oogkontak om so ‘n groot moontlike deel van die gehoor in te sluit;

2.3.2 gebruik gepaste intonasie en gesigsuitdrukkings;

2.3.3 pas tempo en volume vir klem aan;

2.3.4 gebruik pouses gepas en pas toon volgens die doel aan.

2.4 gepaste woorde en strukture vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:

  • gebruik taal met die gepaste register in minder bekende situasies;
  • gebruik die gepaste grammatikale strukture en taalidioom vir die doel.

LU 3

LEES EN KYK

Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

3.1 ‘n verskeidenheid fiksie- en nie-fiksie-tekste vir verskillende doeleindes (soos gedigte, boekresensies, kort romans, omsendbriewe, naslaanboeke) lees:

3.1.1 vluglees vir die algemene idee;

3.2 kyk na en kommentaar lewer op verskeie visuele en multimedie-tekste (soos advertensies, video’s/films, TV-dramas, en, indien beskikbaar, rekenaarprogramme en CD-ROM’s):

3.2.1 bespreek die boodskap wat oorgedra word;

3.3 emosionele reaksie op tekste beskryf en ontleed;

3.4 kan bespreek hoe skrywers en visuele kunstenaars op verskillende maniere met lesers in wisselwerking tree en hoe hulle taal en visuele kenmerke gebruik om verskillende wêreldbeskouinge oor te dra;

3.8 omgewings-, kulturele en sosiale waardes in tekste identifiseer en bespreek:

3.8.1 identifiseer en bespreek vertelperspektief en die doel en effek daarvan.

Memorandum

Aktiwiteit 1

Weer eens is deeglike voorbereiding noodsaaklik vir die voorlees van hierdie teks aan die klas. Nie net moet u die gebruik van u stem as goeie voorbeeld inspan nie, maar u moet self ook die agtergrond van die verhaaltjie verstaan sodat u dit aan u leerders kan oordra.

Die koninklike gesin van Engeland (Koning George VI, Koningin Mary en hulle twee dogters, Elizabeth en Margaret) het Suid-Afrika in 1947 besoek en per trein deur groot dele van ons land gereis. (Elizabeth is natuurlik tans die koningin). Waarskynlik het hulle ook Montagu besoek. Oom Kowie Brönn het miskien sy droom “opgemaak” en die skrywer, Abraham H. de Vries, het dit neergepen.

Maak seker dat die leerders verstaan dat die kamtige vriendskaplike verhouding tussen Oom Kowie en die koning bedoel is om humoristies te wees.

a)

  1. (i) Komies
  2. (ii) Nee, want Oom Kowie sê in die eerste sin dat hy gedroom het.
  3. (iii) Die verhaal speel in die oggend af, want Oom Kowie het gedink die mense slaap darem nie meer nie.
  4. (iv) Dit beteken dat mense met mekaar praat, d.w.s. dat dialoog plaasvind.
  5. (v) Beleefd - ja

Ongeskik - nee

Respekvol - ja

Ongemanierd - nee

Vriendelik - ja

Onvriendelik - nee

(vi) Ek daar in, hier kom die koning ook aan. Val my byna om die nek.

Ek stap daar in en hier kom die koning ook aan. Hy val my byna om die nek.

Aktiwiteit 2 (Groepbespreking)

b)

  1. (i) Dit is om te wys dat jy baie bly is om iemand te sien.
  2. (ii) Jy gesels met hom/haar.
  3. (iii) Wanneer hulle al begin grootword / in hulle vroeë tienerjare is.
  4. (iv) Wanneer dit baie goed gaan met iemand.
  5. (v) Wanneer jy nie doen wat jy behoort te doen nie.
  6. (vi) Nie van beter weet nie.

Aktiwiteit 3 (Klasaktiwiteit)

... hy skeer net gou.

Trap net mooi, hulle het vanoggend die kombuisvloer gesmeer.

Aktiwiteit 4 (Rollees)

U moet deurgaans poog om dit vir die leerders ‘n aangename ervaring te maak. Gebruik ook u eie inisiatief om, indien u tyd dit toelaat, ook ander humoristiese verhaaltjies (u keuse of leerders se keuse) te rollees. U moet natuurlik net seker maak dat daar genoegsame dialoog in so ‘n verhaaltjie is.

Collection Navigation

Content actions

Download:

Collection as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks