Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 4
My Hand As Hulp
(a) Teken jou hand in die spasie en skryf een van die vyf klinkers a, e, i, o, u in elke vinger. Onthou, hierdie klinkers is kort klinkers en as ons hulle klank, klink hulle anders as wat hulle name is.
(b) Hoe klink die ander letters?
Sê die volgende woorde vir mekaar in jul groepe. Onderstreep die klank wat voor elke woord aangedui word.
a........ arm h........ hand n........ nek u........ rug
b........ been i........ lip o........ tong v vinger
d........ duim j......... jy p........ pols w .. wang
e........ enkel k........ ken r......... hare y........ dy
f......... lyf l......... liggaam s........ skouer
g........ gesig m....... maag t......... tand
Spellyste
Lees die woorde wat volgens klanke gegroepeer is en let op na die betekenis. Leer die spelling van die woorde.
a en aa
graf (grave) graaf (spade)
rak (shelf) raak (touch)
lat (cane) laat (late)
val (to fall) vaal (dull, grey)
mal (mad) maal (times, meal, to grind)
jag (hunt) jaag (to chase)
man (man) maan (moon)
tak (branch) taak (task)
nar (clown) naar (sick)
vak (subject) vaak (sleepy)
sak (bag) saak (case)
lag (to laugh) laag (low)
ras (race) raas (to make a noise)
ram (ram) raam (frame)
sag (soft) saag (to saw)
bal (ball) baal (bale)
wag (to wait) waag (to dare)
sal (will) saal (hall, saddle)
nat (wet) naat (seam)
kas (cupboard) kaas (cheese)
vrag (load) vraag (question)
mak (tame) maak (to make)
mat (mat) maat (friend)
mag (may) maag (stomach)
Vul die ontbrekende woorde in. Die woorde is in die spellyste.
a) As ek ................................is, vryf ek my oë.
b) Die ............................. het ‘n groot rooi neus.
c) Ek swaai aan my arms aan die ................... van die boom.
d) Die ................................ gebruik ‘n ................................ om in die tuin te spit.
e) Die ................................... skyn ................................................. in die aand.
f) Ek ............................................ met my mond wyd oop.
g) As jy die .............................. gooi, sal ek dit in my hand vang.
h) Loop op jou tone, want die vloer is .................................
i) As die kinders so ...................................., druk ek my ore toe.
j) Die muis eet die ............................. wat in die ................................ is.
Een sak, maar baie ..............................
Een nar, maar baie ..............................
Een rak, maar baie ..............................
Een kat, maar baie ..............................
- e - woorde
ken.........Oupa se baard groei op sy ken. (chin)
tel..........Ek tel tot tien op my vingers. (to count)
nek........Mamma dra pragtige krale om haar nek. (neck)
pet.........Ek dra ‘n pet op my kop. (cap)
vel.........Die son brand my vel seer. (skin)
lek.........Boetie lek sy lippe af vir die lekker kos. (to lick)
veg........Die seuns veg met hul vuiste. (to fight)
het........Die baba het sagte vet wange. (to have)
mes......Sussie het haar duim met die mes raak gesny. (knife)
weg.......My skoene is weg en nou loop ek kaalvoet. (disappeared)
- ee - woorde
keel......... As ek baie praat, word my keel seer. (throat)
leer.......... Die kinders leer om te lees en om te werk. (to learn)
been........Ouma loop mank, want haar been is seer. (leg)
eet.......... Ons moet met ‘n toemond eet. (to eat)
deeg........Mamma knie die deeg met haar hande. (dough)
week.......Ons was ons hare eenkeer per week. (week)
veer.........Ek kielie my sussie se neus met ‘n veer. (feather)
hees........My stem is hees van al die skree. (hoarse)
weet........Ons weet almal hoe om ons liggame op te pas. (to know)
seep.......Ek was my lyf met water en seep. (soap)
Vorm nog woorde:.
..........el ..........eg ...........ek ...........en .........eleg ...........es
...........em .........ed ...........et .............el ............ek
– o – en – oo – woorde
bom (bomb) boom (tree)
bos (bunch) boos (angry)
bod (bid) boot (boat)
dof (faint, dull) doof (deaf)
dop (to fail) doop (christening)
kok (cook, chef) kook (to cook)
kol (stain, mark, dot) kool (cabbage)
kop (head) koop (to buy)
lof (praise) loof (to praise)
pot (pot) poot (paw)
rok (dress) rook (smoke)
som (sum) soom (hem)
tor (beetle) toor (cast a spell)
Onderstreep die regte woorde:
Mamma brei ‘n trui met (bol, wol, lol).
Kinders mag nie vir hul ouers (lok, jok, kok)nie.
‘n(Mot, Rot, Pot) is ‘n diertjie wat in tonnels lewe.
Moenie jou mond (dol,vol, lol)kos prop nie.
Ek (pos, dos, los) ‘n brief.
Omkring die regte woord:
Oupa is al baie (dof, doof, doop), want hy kan nie goed (hoop, hoog, hoor) nie.
Om te (roos, room, rook), is sleg vir jou longe.
Mamma (kok, kook) lekker (kos, koos).
Sussie (koop, kop) vir haar ‘n nuwe (rook, rok).
u – woorde
buk............ Ek buk om my pen op te tel.
put............ Daar is baie water in die put.
hul........... My ouers het hul kinders baie lief.
lug.......... Ek asem die vars lug in.
sus.......... My sus is ouer as ek.
vul........... Die perd se kleintjie word ‘n vul genoem.
rug/rus..... Ek lê op my rug en rus.
bul........... Die kwaai bul sal jou stormloop.
uu – woorde
Vorm – uu – woorde en gebruik dit in die volgende sinne.
d
v
b + uur
s
m
h
Die v......................... brand al vir ‘n ..................... lank.
Ons b............................ man loer oor die m....................................
Pa h................... ‘n d................. motor. Die motors is d......................
Die lemoen is nie soet nie, maar s..........................
Ons kyk na die n....................... op die televisie.
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 spel bekende woorde korrek:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme).
| a | arm | h | hand | n | nek | t | rug |
| b | been | i | lip | o | tong | u | vinger |
| d | duim | j | jy | p | pols | v | wang |
| e | enkel | k | ken | q | hare | w | dy |
| f | lyf | l | liggaam | r | skouer | ||
| g | gesig | m | maag | s | tand |
(a) vaak (f) lag sakke
(b) nar (g) bal narre
(c) tak (h) nat rakke
(d) man, graaf (i) raas katte
(e) maan (j) kaas, kas
| speel | weeg | steek | steen | steel | leeg |
| lees | neem | kleed | sweet | meel | breek |
Mamma brei ‘n trui met wol.
Kinders mag nie vir hul ouers jok nie.
‘n Mol is ‘n diertjie wat in tonnels lewe.
Moenie jou mond vol kos prop nie.
Ek pos ‘n brief.
doof, hoor vuur, uur nuus
rook buurman, muur
kook, kos huur, duur, duur
koop, rok suur, rok