Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 4
(Sortering en woordeskat)
(a) Bring prente van artikels, wat by verskeie soorte winkels gekoop kan word, skool toe. Maak gebruik van advertensieblaaie en tydskrifte.
Sorteer die prente uit onder die volgende temas :
| skoenwinkel | bakkery |
| supermark | groentemark |
| klerewinkel | slaghuis |
| meubelwinkel | troeteldierwinkel |
| kafee | bloemiste |
| sportwinkel | boekwinkel |
| apteek |
(b) Werk in groepe om 'n plakkaat van elke soort winkel saam te stel.
Elke groep kies een van die onderwerpe/winkels bo genoem en maak 'n plakkaat deur die prente van die artikels wat by 'n spesifieke winkel gekoop kan word, te plak en die winkel se naam bo-aan te skryf. Hierdie plakkate kan in die klas aangebring word.
![]() |
EINDE VAN DIE MAAND
('n Leesstuk met woordeskat en spellingaktiwiteite)
Lees die leesstukkie in julle groepe en bespreek dan die vrae wat daarop volg.
"Einde van die maand" het vir elkeen van ons 'n ander betekenis : Vir Pa is dit betaaldag ; die dag waarop hy sy salaris van die werk kry. Vir Ma beteken dit om weer haar koskaste vol te kry, want ons gaan mos dorp toe om inkopies te doen.
Ons kinders weet al dat dit die dag is waarop ons bederf word. By die klerewinkels kry ons elkeen 'n kledingstuk wat ons die nodigste het. Adri het kerkskoene nodig, Manus moet 'n skooltrui kry en ek wil so graag 'n nuwe rok hê, maar Ma sê ek kort frokkies en sokkies en daarom sal die rok eers moet wag tot volgende maand. Manus het verlede week verjaar en Pa het belowe dat hy vir homself 'n geskenk by die speelgoedwinkel kan gaan uitsoek. Ai, en geniet ons dit nie om daar na al die speelgoed te kyk nie !
Pa jaag ons gewoonlik aan, want hy moet by die bank en by die poskantoor wees voor hulle toemaak. Dit is die verveligste van hierdie dag se uitstappie, want daar is altyd sulke lang toue mense wat wag om by die toonbanke deur die klerke bedien te word en ons kinders moet ons mooi gedra anders kry ons nie roomys nie.
Ma het altyd 'n inkopielys by haar en as sy dit uithaal, weet ons dat ons supermark toe gaan. Hier stry ons kinders oor wie eerste die trollie gaan stoot terwyl dit nog lig is en as ons by die lekkergoedrakke kom, is niemand meer lus om verder te gaan nie. Ma glo daaraan om vleis by die slaghuis en groente by die groentemark te koop, maar gelukkig het die supermark hul eie bakkery en kan ons heerlike vars broodrolletjies koop. Die geur van die warm brood maak ons so honger dat Pa altyd inwillig om ons restaurant toe te neem om iets te eet en te drink.
Terwyl Pa die kruideniersware in die motor laai, gaan Ma gou apteek toe om Adri se hoesmedisyne te kry. By die ingang van die winkelsentrum, net buite die bloemiste, koop Pa vir Ma 'n bos blomme. Die motor is gewoonlik volgelaai as ons daar wegry.
Nog net twee keer se stilhou: by die slaghuis en by die groentemark en dan huis toe. Nou is ons kinders al so moeg en weet ons dat die onaangenaamste werk nog voorlê. Ja, die motor moet by die huis uitgepak word en wie is nou lus daarvoor !
| salaris | - | salary | uitstappie | - | outing |
| bederf | - | spoil | toue (mense) | - | queues |
| belowe | - | promise | inwillig | - | agree |
| vervelig | - | boring | onaangenaam | - | unpleasant |
(a) Onderstreep al die soorte besighede (winkels en ander geboue) in die leesstuk. Vergelyk nou jul woorde met die res van die groep.
(b) Hou nou die leesstuk toe en skryf soveel besighede as wat julle as 'n groepie kan onthou op ongedrukte koerantpapier neer. Een leerder skryf, terwyl die ander lede die besighede opnoem en kyk of die woorde reg gespel is. Wys julle woorde vir 'n ander groep om te kontroleer.
(c) Bespreek die volgende vrae in julle groepe.
Watter plekke of besighede is vir jou vervelig of onaangenaam om by aan te doen en watter is aangename plekke? Merk in die kolomme met 'n
| Aangenaam | Onaangenaam | |
| Supermark | ||
| Bank | ||
| Groentemark | ||
| Bioskoop | ||
| Bakkery | ||
| Poskantoor | ||
| Skoenwinkel | ||
| Haarsalon | ||
| Slaghuis | ||
| Restaurant | ||
| Tandarts | ||
| Apteek |
Lees weer paragraaf twee.
Kyk na die baie lang woorde. Ons kan hierdie woorde in stukkies opbreek. Sê die woorde stadig en daar waar ons 'n ruspouse neem, kan ons die woord afbreek,
byvoorbeeld: kin-ders frok-kies
kle-re-win-kels skool-trui
Doen nou dieselfde met hierdie woorde:
kerkskoene .....................................................................
volgende .....................................................................
speelgoedwinkel .....................................................................
kledingstuk .....................................................................
sokkies .....................................................................
Die woorde sokkies en frokkies het elk 'n dubbele “k”. Onthou julle nog dat die “o” 'n kort klinker is? 'n Kort of "baba-klinker" moet altyd 'n hekkie agter hom hê wat toe is, anders loop hy weg en daarom breek ons die woorde tussen die twee “k's” (medeklinkers) af.
In die woord klere het die “e” ‘n lang klank. Die klinker is dus sterk en kan alleen staan, daarom breek ons af na die lang klank,
bv. kle – re bo-me vu-re
be – ne bla-re
![]() |
Werk saam met ‘n maat en blaai deur koerante en tydskrifte. Soek lang woorde, knip dit uit en plak dit in die spasie hieronder. Breek die woorde op in lettergrepe (dele) soos hierbo deur ‘n / tussen lettergrepe in te teken.
Wys julle woorde vir ‘n ander groep. Stem hulle saam met julle?
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.1 interaksie in sy/haar addisionele taal voer:
2.1.3 deelneem aan ‘n kort gesprek oor ‘n bekende onderwerp.
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.5 vir genot en inligting lees:
3.5.1 heelwat fiksie- en nie-fiksie-boeke op ‘n gepaste lees- en taalvlak lees.
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.2 bekende woorde korrek spel.
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme).
klerewinkels; speelgoedwinkel; bank; poskantoor; supermark;
slaghuis; groentemark; supermark; bakkery; apteek; winkelsentrum; bloemiste; slaghuis; groentemark
Aktiwiteit 3 (c)
Die verveligste was ‘n besoek aan die bank en die poskantoor.
Vir die kinders.
Die toue was lank en hulle moes dus lank wag.
Die groentewinkel se groente was varser.
‘n Inkopielys bevat al die items wat by die winkels gekoop moet
word.
Aktiwiteit 5
kerk – skoe – ne
vol – gen – de
speel – goed – win – kel
kle – ding – stuk
sok – kies
sok – kies