WOORDBOU EN SPELLING
Woorde met twee medeklinkers aan die begin:
Werk in groepe en skryf op ongedrukte koerantpapier (soveel as wat julle kan) woorde wat met die volgende begin (verdeel die klanke tussen jul groepe sodat elke groepie se klanke verskil):
bl- br- dr- dw- fl- fr- gl- gr- kl- kr- kw- pl- pr- sk- sl- sm- sn- sp- st- sw- tr- tw- vl- vr-
Voltooi die woorde sodat dit in die sin pas.
Ons koop bl…………… by die bloemiste. (flowers)
Die kinders is altyd bl….. as Moeder dorp toe gaan, want dan kry hulle
elkeen ‘n bl……………. koeldrank. (pleased, tin)
In ons dorp is daar ‘n br………….. oor die rivier. (bridge)
Ons dr…………. ‘n pienk br…………melk by die restaurant. (milkshake)
Aan die begin van die jaar koop die ouers die kinders se skooldr…….. by die
kl……..winkel. (uniform)
Ouboet is lief om by die sportwinkels rond te dw……….. (wander)
Die musikant staan op die hoek van die str……… en speel op sy fl……….. .
(street, flute)
By die tr………….dierwinkel is ‘n fr……………. klein hondjie. (pet, cute)
Pappa moet ‘n gl…………….lamp vir die leeslamp gaan koop. (bulb)
Ons gr………. al die mense wat ons in die dorp raakloop. (greet)
Die kassiere gee vir ons kl…………… ..as ons vir ons kr…………………….. betaal. (change, groceries)
Moeder koop vir ons potloodkr ……………….. waarmee ons kan teken.
(pencil crayons)
Die kw……….. winkelier jaag die st……….. kinders uit die winkel.
(stern, naughty)
Die melkery kr…………… hul melk van die pl………….. . (to get, farm)
By die winkelsentrum is daar baie eetpl…………….. . (places to eat)
Die artikels se pr……………….. is baie hoog. (prices)
Die kinders geniet hulself by die pr………………. . (fun park)
Mamma het vir haar kinders sk…………sk…………… gekoop. (school shoes)
Ek het so baie kruideniersware gekoop dat die sak sk……………... (to tear)
Die meeste besighede sl…………… om sesuur. (closes)
Die kinders sm…………….. hul ouers om bioskoop toe te gaan.
Die sm………………… staan en verkoop hul vr…………….. en
gr……………. op die hoeke van die strate. (hawkers, fruit, vegetables)
Ons koop lekkers by die sn…………………….. (tuck shop)
Ons sp……………. ons geld by die bank, want ons sal sp……………..
wees as ons dit sp………………… . (save, sorry, spend)
Die dogtertjie st……………. na al die mooi goed wat tydens Kerstyd
uitgest………… word. (to stare, exhibited)
Ons dr……. die sw……………… sakke motor toe. (to carry, heavy)
Ouma het wol gekoop om vir my ‘n woltr…………… te br…………. ..
(jersey, to knit)
Die tw…………… mense het oor ‘n pr…………. getw……………... .
(two, price, to quarrel )
Jy kan vl………………. by die sl………………………. koop.
(meat, butchery)
Mamma gaan vr…………….. op ‘n Saterdag dorp toe om haar inkopies te doen. (early)
EK KOOP
(Sinsbou)
Nou dat ons weet watter artikels by 'n bepaalde besigheid of winkel hoort, gaan ons sinne maak.
Pas die volgende sinsdele by mekaar om goeie sinne te vorm. Neem beurte in julle groepe om die sinne te lees.
| Ek koop |
|
by die |
|
Beantwoord die volgende vrae en skryf die antwoorde in volsinne soos julle reeds geoefen het. Onthou om jou sinne met ‘n hoofletter te begin en om ‘n punt aan die einde te sit.
(i) Wat koop jy by die skoenwinkel?
.....................................................................................................
(ii) Waar koop jy meubels?
.....................................................................................................
(iii) Wat koop jy as jy groentemark toe gaan?
.....................................................................................................
(iv) Waar pos jy briewe?
.....................................................................................................
(v) Waarheen gaan jy as jy medisyne moet koop?
.....................................................................................................
HELP MY
('n Mondelinge speletjie met vrae wat gevra word)
![]() |
(a) Verdeel die klas in twee groepe (A en B).
(b) Plak 'n naam van 'n winkel agter op die rug van elke leerder in groep A.
(c) Hierdie leerders mag nie weet wat agter op hul rûe geskryf staan nie.
(d) Alle leerders beweeg nou in die klaskamer of op die speelgrond . Groep A se leerders stel vrae aan die ander groep se leerders om uit te vind watter winkel hulle voorstel.
(e) Die leerders wat uitgevra word, mag alleenlik JA of NEE antwoord.
(Daar moet dus gewaak word teen dubbel vrae.)
Byvoorbeeld: Agter op Gabby se rug staan KAFEE.
Gabby vra vir Anton: "Kan jy seëls by my koop ?"
Anton antwoord: "Nee".
Gabby vra vir Tommy: "Kan jy klere by my koop ?"
Tommy antwoord: "Nee".
(f) Sodra 'n leerder weet watter winkel hy of sy voorstel, gaan hy/sy sit.
(g) Kyk wie kan die beste vrae stel.
(h) Die groepe ruil om en doen dieselfde aktiwiteit.
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.4 die addisionele taal op ‘n kreatiewe wyse gebruik:
Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.3 vir inligting lees:
3.3.4 diagramme, grafieke en tabelle lees (soos ‘n stamboom).
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.5 ontwikkelende kennis gebruik van taalstruktuur en – gebruik:
4.5.3 begin om ‘n groter verskeidenheid leestekens te gebruik.
Die leerder is in staat om taal vir dink en redeneer te gebruik en inligting vir leer te verkry, verwerk en gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
5.2 taal gebruik om te dink:
5.2.3 dinge klassifiseer (soos verskillende soorte voertuie) volgens bepaalde kriteria (soos die funksie en kapasiteit daarvan).
Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
6.1 bekende woorde korrek spel:
6.1.2 alledaagse woorde met enkel- en dubbelvokale en –konsonante (soos: boom/bome, blom/blomme);
6.2 verskillende eenvoudige taalvorme en sinstrukture gebruik om mondelings en skriftelik te kommunikeer:
6.2.14 hoofletters en leestekens (punt, komma, vraagteken, uitroepteken).
Aktiwiteit 1
blomme
bly
blikkie
brug
drink, bruis
skooldrag, klere
dwaal
soldaat, fluit
troetel, fraai
gloei
groet
kleingeld, kruideniersware
potloodkryt
kwaai, stout
kry, plaas
eetplekke
pryse
pretpark
skool, skoene, skeur
sluit
smeek
smouse, vrugte, groente
snoepie
spaar, spyt, spandeer
staar, uitgestal
dra, swaar
woltrui, brei
twee, prys, getwis
vleis, slaghuise
vroeg
vleis slaghuis
medisyne apteek
seëls poskantoor
kruideniersware supermark
skryfbehoeftes boekwinkel
goudvissies troeteldierwinkel
roomys kafee
broodrolletjies bakkery
Aktiwiteit 3
(i) Ek koop skoene by die skoenwinkel.
(ii) Ek koop meubels by die meubelwinkel.
(iii) Ek koop groente as ek na die groentemark toe gaan.
(iv) Ek pos briewe by die poskantoor.
(v) Ek gaan na die apteek toe as ek medisyne moet koop.