Inside Collection (Course): Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 4
BY DIE RESTAURANT
('n Leesstuk en rolspel)
(a) Lees die toneeltjie wat by die restaurant afspeel in groepe van vyf.
(b) Rolspeel dit vir die klas.
KELNERIN : Goeiemôre en welkom by ons restaurant. Ek is Rina, julle kelnerin. Vir hoeveel mense wil julle 'n tafel hê ?
MAMMA : Goeiemôre. 'n Tafel vir vier mense asseblief.
KELNERIN : Kom saam met my.
MAMMA : Baie dankie.
KELNERIN : Sit gerus. Ek sal die spyskaart nou-nou bring.
MAMMA : Baie dankie.
JANE : Ek wil langs Mamma sit.
DONNY : Ek wil by die venster sit.
FRANK : Nee, ek wil daar sit.
MAMMA : Kom nou kinders, bly stil. Donny, sit jy by die venster en dan kan Frank hier sit. Jane, jy moet langs Mamma sit.
KELNERIN : Hier is die spyskaart. Kyk dit gerus deur en besluit wat u wil bestel. Ek sal u bestelling later kom neem.
MAMMA : Baie dankie. Mag ons asseblief 'n glas koue water kry ?
KELNERIN : Met plesier. Ek bring dit dadelik.
MAMMA : Wat wil julle kinders te ete hê ? Hier op die spyskaart is die heerlikste hamburgers en aartappelskyfies.
JANE : Ek wil net 'n pienk melkskommel hê.
MAMMA : Jy moet ook iets eet. Wat van 'n roosterbroodjie ?
JANE : Ja asseblief, maar met eier daarop.
DONNY : Mamma, mag ek asseblief 'n hamburger en 'n roomys bestel?
MAMMA : Ja, en wat van jou Frank ?
FRANK : Ek wil dieselfde as Donny hê, maar mag ek ook 'n koeldrank bestel ?
MAMMA : Òf 'n roomys òf 'n koeldrank, maar nie beide nie.
FRANK : Dan net 'n rooi koeldrank.
KELNERIN : Is u gereed om te bestel ?
MAMMA : Ja. Ons wil drie hamburgers, 'n snytjie roosterbrood met eier op, 'n pienk melkskommel, 'n rooi koeldrank, een roomys en 'n koppie tee bestel.
KELNERIN : Goed so. Ek sal u bestelling plaas en dan sal ek die tafel kom dek.
DONNY : Ek hoop hulle maak gou, want ek is baie honger.
MAMMA : Jy sal maar geduldig moet wag, want hulle moet nog die kos voorberei.
FRANK : Kyk, hier kom die kelnerin om ons tafel te dek.
KELNERIN : Verskoon my. Ek wil net die plekmatjies, servette, messe en vurke op hul plekke kom neersit. Ek sal nou die eet- en drinkgoed bring.
DONNY : Jippie ! Ek raak so honger as ek die lekker kos ruik.
JANE : Hier kom ons kos. Ek wil my pienk melkskommel hê.
MAMMA : Jane, jy moet wag. Die kelnerin weet wat elkeen moet kry. Sy sal dit vir jou gee.
KELNERIN : Hier is u bestelling, Mevrou. Geniet die maal.
MAMMA : Baie dankie. Ons sal.
DONNY : Mmm, maar die hamburger smaak heerlik.
MAMMA : Jane, jy moet jou roosterbrood eet en nie net die melkskommel drink nie.
DONNY : As sy dit nie wil hê nie, sal ek dit eet.
JANE : Nee, dit is myne !
FRANK : Ek is so bly dat ek koeldrank bestel het, want ek is baie dors.
DONNY : Gee vir my 'n slukkie asseblief ?
FRANK : Dan wil ek 'n happie van jou roomys hê.
MAMMA : Net nie mors nie. Gebruik julle servette om jul monde af te vee.
KELNERIN : Is alles in orde ?
MAMMA : Ja, dankie.
KELNERIN : Wil u nog iets bestel ?
MAMMA : Nee, dankie. Jy kan maar die rekening bring.
JANE : Is 'n rekening ook iets om te eet ?
DONNY : Nee, man. Dit is die papiertjie wat sê wat ons alles geëet het en hoeveel dit kos.
FRANK : Dankie Mamma, dit was nou baie lekker.
DONNY en
JANE : Baie dankie, Mamma !
KELNERIN : Hier is die rekening. U kan voor by die kassiere betaal. Totsiens.
MAMMA : Baie dankie vir die vriendelike diens. Tot siens.
KELNERIN : Kom gerus weer.
KINDERS : Ons sal ! Tot siens !
(a) 'n SPYSKAART (Skriftelike werk en kreatiwiteit)
Bring eers voorbeelde van spyskaarte skool toe en bespreek dit in julle groepe.
Werk in groepe om 'n spyskaart vir 'n spesiale ete saam te stel. Julle kan die kossoorte en drinkgoed groepeer volgens voorgereg, hoofmaal en nagereg. Gebruik die spasie onderaan om jou beplanning neer te skryf. Gebruik die kontrolelys om seker te maak dat julle beplanning glad verloop.
Jou opvoeder sal vir jou ‘n skoon vel papier gee waarmee jy jou eie spyskaart kan maak. Wees kreatief en versier jou spyskaart.
| KONTROLELYS VIR DIE SAMESTELLING VAN ‘N SPYSKAART. |
|
|||||
| verskeidenheid voedselsoorte en drinkgoed | ||||||
| volgens voorgereg, hoofmaal en nagereg gegroepeer | ||||||
| duidelik geskryf | ||||||
| korrek gespel | ||||||
| netjies uiteengesit | ||||||
| mooi versier | ||||||
....................................................................................................................

Wys hierdie spyskaart vir jou ouers of die persoon wat jou tuiswerk kontroleer. Laat die persoon jou spyskaart soos volg assesseer.
ASSESSERING: SKRIFTELIKE EN KREATIEWE WERK (‘n spyskaart)
Wie assesseer? ........................................................................
Jou spyskaart:
(Merk af soveel as nodig.)
Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.
Dis duidelik wanneer die leerder:
2.2 op kultureel gepaste maniere optree:
2.2.1 bekende situasies rolspeel (soos gee aanwysings);
2.7 gepaste taal vir verskillende doeleindes en teikengroepe gebruik:
2.7.2 gepaste taal gebruik wanneer hoflikheidsvorme gebruik word (verskonings, versoeke, bedankings, ondersteuning).
Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Dis duidelik wanneer die leerder:
4.1 skryf om inligting oor te dra:
4.1.2 lyste met opskrifte maak.