Inside Collection (Course): Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 4
Gevallestudie:
Die SOS Kinderdorpe ( Children’s Villages )
Die eerste SOS Kinderdorp is in 1949 deur Hermann Gmeiner in Imst, Oostenryk, gestig. Hy was begeesterd om kinders in nood te help: kinders wat hul ouerhuise verloor het, kinders wat hul sekuriteit en ouers gedurende die Tweede Wêreldoorlog verloor het. Met behulp van baie donateurs en vrywilligers het sy inisiatief gegroei tot ‘n wêreldwye organisasie wat kinders in nood help.
Dit is ’n onafhanklike, nie-regerings-, sosiale organisasie. Dit respekteer ‘n verskeidenheid van godsdienste en kulture en funksioneer in lande en gemeenskappe waar hul missie kan bydra tot ontwikkeling. Hulle funksioneer volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Kinderregte en poog om hierdie regte dwarsoor die wêreld te bevorder.
Hulle volg ‘n gesinsbenadering wat op die volgende vier beginsels geskoei is:
Die eerste Suid-Afrikaanse SOS Kinderdorp is in 1983 in Ennerdale, naby Johannesburg, opgerig, en die tweede in 1986 in Mamelodi. Aan die begin was die kinderdorpe in swart gemeenskappe geleë, maar dit het later na gemengde areas uitgebrei, soos die een in Port Elizabeth. Daar is tans ses sulke kinderdorpe in Suid-Afrika met ‘n sewende een wat beplan word in Mpumalanga.
Beantwoord kortliks die volgende vrae nadat jy die gedeelte oor die SOS Kinderdorpe bestudeer het.
..........................................................................................................
.........................................................................................................

........................................................................................................
.........................................................................................................
.........................................................................................................
.........................................................................................................
.........................................................................................................
Die SOS Organisasie is nie net beperk tot Suid-Afrika nie. Daar is SOS Kinderdorpe regoor die wêreld. So ‘n organisasie wat wêreldwyd funksioneer, word ‘n internasionale organisasie genoem. Daar bestaan baie organisasies wat slegs tot een land, bv. Suid-Afrika, beperk is (nasionale organisasies). Kan jy dalk aan ‘n paar voorbeelde van internasionale organisasies dink?
Die Rotariër Vereniging is ‘n voorbeeld. Gesels met jou ouers en opvoeder oor die spesifieke doel en werking van so ‘n organisasie en skryf dan ‘n kort paragraaf met spesifieke verwysing na die volgende aspekte:
.....................................................................................................

KYK OF JULLE KAN UITVIND WATTER ORGANISASIE DEUR DIE VOLGENDE SIMBOOL VERTEENWOORDIG WORD.
+
| VRYWILLIGE | WELSYNSORGANISASIEbv. gemeenskapskasDIENSORGANISASIEbv. Rotariërs | Mense sluit uit vryewil by so ‘norganisasie aan, omdat hulle in die aktiwiteite daarvan belangstel. | |
| VERPLIGTE | Skool | Mense sluit by hierdie organisasies aan omdat hulle moet. | |
| BESIGHEID | Winkel, bank, fabriek, ens. | Mense sluit by hierdie organisasies aan omdat dit hulle help om ‘n inkomste te genereer. Hierdie tipes organisasies kies gewoonlik die mense wat hulle wil hê en wanneer die organisasie suksesvol is, verdien die werkers geld. |
C. Organisasie en bestuur
‘n Organisasie kan op verskeie maniere bestuur word. ‘n Skool sal byvoorbeeld heel anders as ‘n kerk bestuur word. Laasgenoemde sal weer baie verskil van die bestuur van die plaaslike sportklub. Daar is gewoonlik ‘n groep mense wat in die bestuur dien. Elkeen het ‘n spesifieke afdeling van die organisasie wat hy/sy bestuur. Ons gaan nou jul eie skool as organisasie neem en die bestuur daarvan ontleed.
GEVALLESTUDIE
DIE BESTUUR VAN DIE LAERSKOOL .......................................................
Vorm kleiner groepe in jul klas. Beplan nou die nodige onderhoude met rolspelers ten einde ‘n kort verslag te skryf oor die bestuur van julle skool. Lê veral klem op taakomskrywing van die volgende funksionarisse:
................................................

................................................................................................................

Waarom het ‘n organisasie ‘n bestuur nodig?

D. Klasprojek
Sterkte en geniet dit!
LEERUITKOMS 3: BESTUURS-, VERBRUIKERS- EN FINANSIËLE KENNIS EN VAARDIGHEDE
Die leerder is in staat om kennis en die vermoë te toon om verskeie bestuurs-, verbruikers- en finansiële vaardighede toe te pas.
Assesseringstandaard
Dis duidelik wanneer die leerder:
3.1 deelneem aan die bestuur van ‘n klasprojek (beplanning, organisering, leiding en beheer).
3.2 onderskei drie verskillende soorte plaaslike sakeondernemings.
Bladsy 3
International Federation of Red Cross and Red Crescent Societies.
Bladsy 4
Opvoeder help om leerders in klein groepe te deel en reël dan onderhoude met lede van die skool se bestuur. Opvoeder gee leiding t.o.v. tipe vrae wat aan die onderskeie funksionarisse gevra kan word.
Bladsy 5
Opvoeder lei leerders om ‘n behoefte aan ‘n organisasie te identifiseer. (Hou dit klein – binne klasverband.) Gebruik nou kennis in hierdie module opgedoen om die organisasie van stapel te stuur.