Hierdie is julle tweede laaste module vir die jaar. Ons gaan eers leer hoe om die koevert te maak. Daarna gaan ons alles wat julle vanjaar geleer het, prakties toepas deur ‘n uitspringkaartjie te maak. In die laaste leereenheid gaan ons die jaar se werk beoordeel.
![]() |
Terwyl jy die koevert gaan maak, gaan jy leer hoe om te:
meet merk knip sny plak heg
Hierdie prosesse is baie belangrik by die maak van jou finale produk. Oefen dit in nadat jou onderwyser dit gedemonstreer het.
ONTHOU: Veiligheid kom altyd eerste!!!
![]() |
Liniaal: ‘n Deursigtige liniaal werk die beste.
![]() |
Snyerskryt: Dit word gebruik om patroonmerke op donker stowwe te maak. Jy kan ook bordkryt gebruik
Aftrekwieletjie: Dit word saam met deurslagpapier gebruik vir stowwe wat moeilik merk.
![]() |
![]() |
Voubeen: Dit word gebruik om ‘n duidelike, kleurlose lyn op karton te trek sodat die karton maklik langs daardie lyn gevou kan word. Gebruik die voubeen saam met ‘n veiligheidsliniaal om die voulyne te trek.
![]() |
![]() |
Metaalplaat: Plaas dit onder die karton wat gesny word om die banke te beskerm.
![]() |
1. Die een hoek word omgevou en die ander hoek daaraan vasgeplak.
![]() |
2. By dik karton kan jy op die teenoorgestelde kant ‘n voeg maak sodat dit inmekaar kan pas.
![]() |
3. Sny kepe rondom 'n kartonsilinder (toiletrol).
![]() |
4. Druk rol deur gat in papier.
![]() |
5. Buig karton terug, smeer gom en plak vas.
![]() |
Die leerder is in staat om tegnologiese prosesse en vaardighede eties en verantwoordelik toe te pas deur toepaslike inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dis duidelik wanneer die leerder:
1.1 uitvind, met hulp, oor die agtergrondkonteks (bv. mense, omgewing) wanneer ‘n probleem, behoefte of geleentheid gegee word;
1.7 ’n kort beskrywing gee van ‘n plan om iets te maak en die hoofstappe noem;