Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Import Test

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

Import Test

Module by: Mark Horner. E-mail the author

KUNS EN KULTUUR

Graad 5

PERSOONLIKE EN SOSIALE VAARDIGHEDE

Module 1

VISUELE KUNS

AKTIWITEIT 1: (INDIVIDUEEL)

OM SEKONDÊRE KLEURE TE ONTDEK

[LU 3.7]

In die klas is daar ‘n klomp deurskynende voorwerpe neergesit om ‘n stillewe te vorm. Kyk nou mooi na hierdie stillewe en teken dit dan eers in potlood. Let daarop dat sekere voorwerpe voor andere staan, maar omdat die voorwerpe deurskynend is, ‘n mens die agterste voorwerp/e ook kan sien.

Volgende moet die voorwerpe geverf word. Gebruik die drie primêre kleure rooi, geel en blou. Probeer om elke voorwerp ‘n ander kleur as die een langsaan te maak. Omdat daar nie wit of swart verf is nie, kan die kleure nie ligter of donkerder gemaak word nie. Dus moet elke voorwerp plat geverf word. Waar voorwerpe oorvleuel, moet albei kleure gemeng en geverf word.

Beantwoord die volgende vrae wanneer jy klaar is:

  • Van watter kleure mag jy gebruik het?
  • Het jy voorwerpe wat langs mekaar staan verskillende kleure gemaak?
  • Wat het gebeur toe jy twee verskillende kleure oor mekaar geverf het?
  • Hoeveel nuwe kleure het jy gekry? Noem hulle.
  • Skryf neer hoe jy die nuwe kleure gekry het.

AKTIWITEIT 2: (GROEPWERK/INDIVIDUEEL)

OM 'N GROEPPROJEK TE BEPLAN EN UIT TE VOER

[LU 3.7]

Elkeen het ‘n deeltjie van ‘n foto of prent gekry met ‘n nommer agterop.

Teken nou alles wat jy op die stukkie foto of prent sien op die groter papier wat jy daarvoor gekry het, met ander woorde dit moet vergroot word – groter as wat dit oorspronklik op die foto of prent was. Skryf die nommer van jou stukkie foto of prent agterop jou tekening.

Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)

Julle sal nou in groepe van vier opgedeel word. Kyk na die nommers agterop en las julle tekeninge aan mekaar. Vorm dit ‘n eenheid? As dit nie reg is nie, verander aan die tekeninge waar nodig.

Daarna moet julle vier julle tekeninge verf met sekondêre kleure, asook wit en swart om lig en donker (tinte en skakerings) te wys.

Wanneer julle klaar is, kan julle julle geverfde werke aan ‘n volgende groep s’n las – kyk net na die nommers agterop om te sien hoe dit bymekaar pas. So sal julle ‘n groot weergawe van die oorspronklike foto of prent kry wat julle dan teen die muur kan vasplak/aanbring.

[LO 3.7]

Assessering

LU 3

DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder is in staat om persoonlike en sosiale vaardighede te toon deur individueel en in groepe aan kuns- en kultuuraktiwiteite deel te neem.

Dit is duidelik wanneer die leerder:

ALGEMEEN

t.o.v. 3.1 – 3.7 hieronder, die volgende toon:

  • saamwerk met ander lede van ‘n groep gedurende kunsaktiwiteite;
  • die vermoë toon om eie bydraes binne groepverband te lewer;
  • aanvaarding van medeleerders toon;

VISUELE KUNS (3.7)

  • ‘n projek kies, beplan en die nodige stappe volg;

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks