Skip to content Skip to navigation Skip to collection information

Connexions

You are here: Home » Content » Afrikaans Huistaal Graad 2 » Themba en Thandi - 01

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This collection is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: Siyavula

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
Reuse / Edit
x

Collection:

Module:

Add to a lens
x

Add collection to:

Add module to:

Add to Favorites
x

Add collection to:

Add module to:

 

Themba en Thandi - 01

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Themba en Thandi

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

Themba en Thandi is deel van ‘n gelukkige huisgesin in die leerinkomstegroep. Ouma Rosie versorg die kinders bedags terwyl die ouers werk. Almal is behulpsaam met die nodige take in die huis. Op pad skooltoe is hulle blootgestel aan allerhande gevare en moet die besige verkeer by die skool trotseer. Temba word raakgery en beland in die hospitaal.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Die leesstukke maak voorsiening vir mondelinge besprekings van onderwerpe soos gesindhede en ‘n gelukkige gesin; ‘n gesonde omgewing; gevare oppad skooltoe; padveiligheid en die belangrikheid van gesondheidsorg – hospitale.

Hoë frekwensie-woordeskat word op ‘n interessante wyse hersien en nuwe woorde word stelselmatig bekendgestel.

Na besprekings skryf hulle stories met behulp van gidswoorde. Hierdie stories kan vir die klas gelees word. Leerders raak bewus van lettergrepe en rymwoorde uit die gedig en leesstukke.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers aa, oo, ee en uu word in konteks hersien.

“y” as ‘n klinker word bekendgestel.

  • SKRIF

Die hoofletters word formeel in Graad 2 aangeleer. Die volgende letters V, W, Y, X en A word geoefen en die klein letters word hersien.

  • Die gediggie, asook die leesstukke, bevat hoëfrekwensiewoorde wat leerders in gr. 1 moes bemeester het. Indien hulle probleme ondervind met die woorde, kan die opvoeder weer die woorde aanleer en hersien.
  • Nuwe woorde word voor elke leesstuk bekendgestel. Daar word aanbeveel dat die woorde op flitskaarte geskryf word en gereeld deur middel van speletjies vasgelê word.
  • Leesstukke kan meer as een keer gelees word sodat leerders kan leer om met gevoel te lees, vlot te lees en bewus te raak van leestekens.
  • Hulle moet aangemoedig word om onbekende woorde te identifiseer deur middel van aanduidingsisteme soos aanvangsklanke, prente of die inhoud van die storie.
  • Ander leesstof, bv. biblioteekboeke, tydskrifte en artikels moet ook gereeld gelees word.
  • Die formele aanleer van die hoofletters in gr. 2 moet aandag kry. Die letters is so gegroepeer dat almal wat dieselfde beginpunt het, saam in een module aangeleer word. Die woorde / sinne wat op die skrifbladsye verskyn, dien slegs as voorbeeld vir die opvoeder en is nie voorskriftelik nie. Indien die leerders probleme ondervind om die letters korrek te skryf, kan meer oefenbladsye gegee word.
  • In hierdie module word al die enkelklanke hersien en die opvoeder kan dus vasstel of daar leerders is wat probleme ondervind met ‘n b, d en p, of hy / sy drieletterwoorde kan klank, of hy / sy die dubbelklanke oo, aa, ee, uu, herken en woorde kan bou. Hierdie aktiwiteite sal dien as profielsamestelling van die leerders en die opvoeder sal kan bepaal wat haar beginpunt in gr. 2 sal wees.
  • Die opvoeder moet gebruik maak van ander gediggies, stories en liedjies om leerders se luistervaardighede verder te ontwikkel.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • ‘n Gediggie om na te luister, te lees en te leer.

Ons Huisie

Ons woon baie lekker saam,

Hier in ons klein huisie.

Pappa werk die hele dag,

En soms ook deur die nag.

Mamma gaan ook vroeg hier uit,

Om geld te kry vir al ons kos.

Dan bly ons by my Ouma Rosie -

Sy sorg vir ons en ook klein Kosie.

Dis baie lekker by ons huisie -

Ons stap en speel en lag heel dag.

En saans as

Dit so donker word

Sien ons duisend sterre in die nag.

G.J.M.

  • Voltooi die prent en versier jou bladsy.

Table 1
LU 1.3   LU 3.1.2   LU 3.2.1  
  • My familie lyk so:
Figure 1
Figure 1 (graphics1.png)
Table 2
LU 2.1   LU 2.3  
  • My storie oor my familie

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

…………………………………………………………………………………………..

Table 3
LU 4.2   LU 4.4   LU 4.8  
  • Leer eers die nuwe woorde.
Table 4
netjiese groentetuintjie versorg
wortels mielies soldate
werksplek gereed kleintjies
koffie    
  • Waar pas hulle in?

1. Ouma het ‘n …………………………………………………… groentetuintjie.

2. Sy …………………………………………………………………… die tuin.

3. Daar is …………………………..… en …………………….…….. in die tuin.

4. Die groente is in rye geplant, soos …………………………... staan hulle daar.

5. Mamma gaan vroeg na haar ……………………………………………………

6. Ouma kry die ontbyt ………………………… vir die ………………………..

7. Die kinders drink hulle …………………………………………………………

Table 5
LU 3.2.1   LU 3.2.2  
  • Figure 2
    Figure 2 (graphics2.png)
    Teken Ouma se groentetuintjie.

Table 6
LU 4.8  

Assessering

Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.3: Dit is duidelik wanneer die leerder met genot na kort stories, rympies, gedigte en liedjies uit verskeie kulture luister en begrip toon;

Leeruitkomste 2:PRAAT: Die leerder is in staat om vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye verskeidenheid situasies te kommunikeer.

Assesseringstandaard 2.1: Dit is duidelik wanneer die leerder oor persoonlike ervarings en algemene nuusgebeure gesels;

Assesseringstandaard 2.3: Dit is duidelik wanneer die leerder eenvoudige stories met ‘n begin, middel en einde skep en vertel deur beskrywende taal te gebruik en herhaling te vermy;

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.1: Dit is duidelik wanneer die leerder visuele leidrade gebruik om betekenis te skep:

3.1.2 ten opsigte van beelde, die gedrukte media en advertensies;

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees, en:

3.2.2 eenvoudige instruksies in die klaskamer lees;

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.2: Dit is duidelik wanneer die leerder pre-skryfstrategieë gebruik om ‘n skryfstuk te begin.

Assesseringstandaard 4.4: Dit is duidelik wanneer die leerder skryfstukke hersien.

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Collection Navigation

Content actions

Download module as:

Add:

Collection to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks

Reuse / Edit:

Reuse or edit collection (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.

| Reuse or edit module (?)

Check out and edit

If you have permission to edit this content, using the "Reuse / Edit" action will allow you to check the content out into your Personal Workspace or a shared Workgroup and then make your edits.

Derive a copy

If you don't have permission to edit the content, you can still use "Reuse / Edit" to adapt the content by creating a derived copy of it and then editing and publishing the copy.