INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba en Thandi is deel van ‘n gelukkige huisgesin in die leerinkomstegroep. Ouma Rosie versorg die kinders bedags terwyl die ouers werk. Almal is behulpsaam met die nodige take in die huis. Op pad skooltoe is hulle blootgestel aan allerhande gevare en moet die besige verkeer by die skool trotseer. Temba word raakgery en beland in die hospitaal.
Die leesstukke maak voorsiening vir mondelinge besprekings van onderwerpe soos gesindhede en ‘n gelukkige gesin; ‘n gesonde omgewing; gevare oppad skooltoe; padveiligheid en die belangrikheid van gesondheidsorg – hospitale.
Hoë frekwensie-woordeskat word op ‘n interessante wyse hersien en nuwe woorde word stelselmatig bekendgestel.
Na besprekings skryf hulle stories met behulp van gidswoorde. Hierdie stories kan vir die klas gelees word. Leerders raak bewus van lettergrepe en rymwoorde uit die gedig en leesstukke.
Die dubbelklinkers aa, oo, ee en uu word in konteks hersien.
“y” as ‘n klinker word bekendgestel.
Die hoofletters word formeel in Graad 2 aangeleer. Die volgende letters V, W, Y, X en A word geoefen en die klein letters word hersien.
Themba is ‘n seun.
Thandi is sy sussie.
Hulle woon in ‘n huis saam met
Mamma, Pappa, Ouma Rosie
en hul sussies en boeties.
Die huis is nie groot nie.
Langs die huis is ‘n tuin.
Dit is Ouma Rosie se netjiese groentetuin.
Ouma Rosie versorg die groentetuintjie.
Die kool, uie, wortels en mielies staan in reguit rye
soos soldate wat op aandag staan.
(word vervolg…)
| Themba | Thandi | Mamma en Pappa | Ouma Rosie |
| kool | uie | wortels | mielies |
| LU 3.2.1 | LU 3.3.3 | LU 4.8 |
![]() |
| LU 3.4.7 |
![]() |
| LU 4.1 |
Pappa en Mamma moet vroeg opstaan.
Hulle moet betyds by hulle werkplek wees.
Ouma Rosie kry vir Themba en Thandi gereed vir skool.
Die groter kinders maak hulle eie
koffie en smeer vir hulle brood.
Die kleintjies moet wag totdat
Ouma hulle ontbyt gereed het.
Al die kinders is baie lief vir Ouma Rosie.
Ouma Rosie is ook baie lief vir al die kinders en sy versorg hulle mooi.
(word vervolg…)
1. Pappa moet vroeg ………………………………………………………………
2. Ouma Rosie kry die kinders gereed vir ………………………………………...
3. Hulle maak …………………………… en smeer die …………………………
4. Ouma Rosie maak die kleintjies se …………………………………………….
5. Al die kinders is baie lief vir …………………………………………………...
6. Ouma Rosie ……………………………………………………….. hulle mooi.
| LU 3.3.3 | LU 4.6.2 | LU 6.2.1 |
| m t | r g | |
| p t | r s | |
| w t | v l | |
| m k | p p | |
| w p | m g | |
| r m | p s | |
| r k | w l | |
| v s | r k | |
| r g | v t |
| LU 3.4.7 |
![]() |
| LU 4.1 |
| haastig | boeksakke | ||||
| haas | tig | ||||
| terwyl | agterna | ||||
| skarrel | |
1. Die kinders is …………………………………………………………………..
2. Hulle pak hulle boeke in hul …………………………………………………...
3. Hy drink sy koffie, …………………………………….Thandi haar brood eet.
4. Sy ……………………………………………………………… agter hom aan.
5. Hy hardloop ……………………………………………………………………
| LU 3.4.3 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:
3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees, en:
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.3 klank-en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik,soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.3 die eerste klank en laaste deel van die lettergreep herken;
3.4.7 enkelklanke hersien.
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leesbaar skryf:
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.2 algemene woorde korrek spel;
Leeruitkomste 6TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk;
6.2.1 bekende woorde korrek spel.