Inside Collection (Course): Afrikaans Huistaal Graad 2
INLEIDING
Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.
Tydskedule
Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.
Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.
Themba en Thandi is deel van ‘n gelukkige huisgesin in die leerinkomstegroep. Ouma Rosie versorg die kinders bedags terwyl die ouers werk. Almal is behulpsaam met die nodige take in die huis. Op pad skooltoe is hulle blootgestel aan allerhande gevare en moet die besige verkeer by die skool trotseer. Temba word raakgery en beland in die hospitaal.
Die leesstukke maak voorsiening vir mondelinge besprekings van onderwerpe soos gesindhede en ‘n gelukkige gesin; ‘n gesonde omgewing; gevare oppad skooltoe; padveiligheid en die belangrikheid van gesondheidsorg – hospitale.
Hoë frekwensie-woordeskat word op ‘n interessante wyse hersien en nuwe woorde word stelselmatig bekendgestel.
Na besprekings skryf hulle stories met behulp van gidswoorde. Hierdie stories kan vir die klas gelees word. Leerders raak bewus van lettergrepe en rymwoorde uit die gedig en leesstukke.
Die dubbelklinkers aa, oo, ee en uu word in konteks hersien.
“y” as ‘n klinker word bekendgestel.
Die hoofletters word formeel in Graad 2 aangeleer. Die volgende letters V, W, Y, X en A word geoefen en die klein letters word hersien.
Vandag is Themba en Thandi baie haastig. Hulle moes eers gou die tuin natlei en nou pak hulle vinnig hulle boeksakke.
“Maak gou, Thandi” sê Themba.
“Ons moet nog eet en kyk hoe laat is dit al.”
“Julle kan maar eet,” sê Ouma Rosie “en dan moet julle loop anders is julle laat vir skool.”
“Dankie, Ouma. Tot siens,” roep Themba en gryp sy boeksak terwyl hy ‘n hap van sy brood neem.
“Tot siens, Ouma,” sê Thandi en skarrel agterna.
(word vervolg...)
| sakeethaplooplaatmaarkyk | p m l h h n l | r b..................................................k k m d r | d P s d n g w . |
| LU 3.4.5 |
![]() |
| LU 3.3.3 |
![]() |
1. L...........ngs die huis ...........s ‘n n...........tjiese groentetuintjie.
2. M...........mma ...........n P...........pp........... gaan vroeg w...........rk toe.
3. Oum........... Rosie maak ...........ntbyt v...........r die kleintjies.
4. “D...........t ...........s ...........l laat,” sê Th...........mba.
5. “J...........lle k...........n k...........m eet,” sê Ouma.
LU 3.4.7
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
………………………………………………………………………………………….
1. ……………………………………………………………………………………….
2. ……………………………………………………………………………………….
3. ……………………………………………………………………………………….
4. ……………………………………………………………………………………….
5. ……………………………………………………………………………………….
6. ……………………………………………………………………………………….
| LU 3.4.7 | LU 4.6.4 | LU 4.7.2 | LU 6.2.1 |
| antwoorde | motors | entjie |
| skoolklok | moeilikheid |
1. Kyk hoe ry die ………………………………………………………………….
2. Ek ken al die ……………………………………………………………………
3. Daar lui die ……………………………………………………………………..
4. Ons gaan ‘n ……………………………………………………………… stap.
5. Nou is daar ……………………………………………………………………..
| skoolklok | motors |
| skool | groente |
| LU 4.8 | LU 3.3.3 |
Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.
Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:
3.3.3 klank-en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik,soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;
Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:
3.4.5 bekende rymwoorde herken;
3.4.7 enkelklanke hersien.
Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.
Assesseringstandaard 4.6: Dit is duidelik wanneer die leerder woordeskat opbou en woorde begin spel sodat ander dit kan lees en verstaan:
4.6.4 probeer om onbekende woorde te spel deur kennis van klanke te gebruik;
Assesseringstandaard 4.7: Dit is duidelik wanneer die leerder gepaste grammatikale strukture en skryfkonvensies gebruik en skryf sodat ander kan verstaan:
4.7.2 basiese punktuasie gebruik (hoofletters en punte);
Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.
Leeruitkomste 6TAALSTRUKTUUR EN –GEBRUIK: Die leerder ken en is in staat om die klanke, woordeskat en grammatika van die taal te gebruik om tekste te skep en te interpreteer.
Assesseringstandaard 6.2: Dit is duidelik wanneer die leerder met woorde werk;
6.2.1 bekende woorde korrek spel.