Skip to content Skip to navigation

OpenStax-CNX

You are here: Home » Content » GESONDE KOS

Navigation

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.
 

GESONDE KOS

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

LEWENSVAARDIGHEDE

Graad 1

EK IS GESOND!

Module 5

GESONDE KOS

VOEDSELPIRAMIDE

  • Plak ‘n prentjie van die verskillende kossoorte in die korrekte blokkie.
Figure 1
Figure 1 (Picture 1.png)
  • Teken of plak prente van jou gunsteling kossoorte op die voorblad.

My kosblik!

  • Teken of plak prentjies van wat alles in jou kosblik is.
Figure 2
Figure 2 (graphics1.png)

Assessering

Table 1
Leeruitkomstes(LUs)
lewensoriënteringLU1
BEVORDERING VAN GESONDHEIDDie leerder kan ingeligte besluite neem oor persoonlike, gemeenskaps- en omgewingsgesondheid.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.1 voedsame keuses uit ‘n verskeidenheid algemene beskikbare kossoorte identifiseer;
KUNS EN KULTUURLU 1
SKEPPING, INTERPRETASIE EN AANBIEDINGDie leerder kan werk skep, dit interpreteer en aanbied in elk van die verskillende kunsvorms – Dans, Drama, Musiek en Visuele Kunste.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.9 (Visuele kunste) - betrokke raak by skeppende kunsprosesse – die gebruik van primêre kleure en lyn.
LU 3
DEELNAME EN SAMEWERKINGDie leerder kan persoonlike en interpersoonlike vaardighede deur individuele en groepdeelname in Kuns- en Kultuuraktiwiteite demonstreer.
3.4 (Visuele kuns) – aan kunsaktiwiteite deelneem ten opsigte van keuse en die ordening van materiaal, met aandag aan veiligheid en verantwoordelike gedrag in die werkruimte.
EBWLU 2
VOLHOUBARE GROEI EN ONTWIKKELINGDie leerder kan begrip van volhoubare groei, heropbou en ontwikkeling toon en krities oor verwante prosesse nadink.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
2.3 maniere en die belangrikheid van die gebruik van beperkte klaskamermateriaal sonder vermorsing noem.
TEGNOLOGIELU 1
TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDEDie leerder kan tegnologiese prosesse en vaardighede eties en met verantwoordelikheid toepas deur gepaste inligtings- en kommunikasietegnologie te gebruik.
Dit is duidelik wanneer die leerder:
1.2 (Ontwerp) – gepaste materiaal of stowwe kies om ‘n eenvoudige produk te maak om ‘n gegewe behoefte te bevredig;1.3 (Maak) – ‘n eenvoudige produk van verskillende stowwe of soorte materiaal maak;1.4 (Evalueer) – uitdrukking en ‘n verduideliking gee oor die gemaakte produk.

Memorandum:

Module 5 handel oor die belangrikheid van ‘n gesonde leefwyse. Dit sluit gesonde eetgewoontes, persoonlike higiëne, oefening en maniere om oordraagbare siektes te voorkom in.

Die werkblad op p. 1 toets die leerders se voorafkennis in hierdie verband. Hulle moet die werkblad op hulle eie voltooi. Laat hulle hulle antwoorde bespreek in ‘n klasbespreking. Hulle kan byvoorbeeld bespreek of dit nodig is om gereeld te bad of skoon klere aan te trek. Bespreek ook kortliks die volgende: vrugte en groente, genoeg slaap, bad elke dag, oefening en skoon klere. Dit dien slegs as inleiding tot die module, aangesien alles later in meer besonderhede behandel word.

Gesonde eetgewoontes

Verduidelik die voedselpiramide op ‘n eenvoudige manier aan die leerders.

Figure 3
Figure 3 (graphics2.png)

Gebruik ‘n plakkaat of prente om aan die leerders te verduidelik hoe kos in die volgende drie groepe verdeel kan word:

  1. Kosse wat ons help om sterk liggame te ontwikkel, naamlik proteïne in vleis, vis, kaas, melk, eiers en neute.
  2. Kosse wat ons energie gee, naamlik koolhidrate in graankosse, pasta, brood, suiker, konfyt en heuning. (Wanneer ons sê ons is vol energie, bedoel ons dat ons gereed is om vinnig te beweeg en hard te werk!).
  3. Kosse wat ons help om gesond te bly en kieme en siektes te beveg, naamlik vitamine en minerale in vrugte en groente.

Ons het daagliks al hierdie voedselsoorte nodig om gesond te bly. Dit is egter belangrik om slegs ‘n beperkte hoeveelheid suiker en vet te eet, aangesien te veel daarvan ons oorgewig sal maak.

Leerders voltooi nou die werkblad. Hulle moet prente teken of uit ou tydskrifte knip om die kosblik met gesonde kossoorte te vul en moet probeer om iets uit elk van die drie groepe hierbo genoem in te sluit. Die leerders kan die voltooide werkvel huis toe neem en hulle ouers vra om hulle kosblikke vir die volgende dag ooreenstemmend te pak. Moedig hulle aan om elke dag ‘n gesonde kospakkie skool toe te bring.

Content actions

Download module as:

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks