Skip to content Skip to navigation

Connexions

You are here: Home » Content » Diere moet ook leer - 04

Navigation

Lenses

What is a lens?

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

This content is ...

In these lenses

  • GETFdnPhaseLang display tagshide tags

    This module is included inLens: Siyavula: Languages (Gr. R-3)
    By: SiyavulaAs a part of collection: "Afrikaans Huistaal Graad 2"

    Collection Review Status: In Review

    Click the "GETFdnPhaseLang" link to see all content selected in this lens.

    Click the tag icon tag icon to display tags associated with this content.

Recently Viewed

This feature requires Javascript to be enabled.

Tags

(What is a tag?)

These tags come from the endorsement, affiliation, and other lenses that include this content.
 

Diere moet ook leer - 04

Module by: Siyavula Uploaders. E-mail the author

AFRIKAANS HUISTAAL

Diere moet ook leer

OPVOEDERS AFDELING

Memorandum

INLEIDING

Die Graad 2-opvoeder moet voortbou op die werk wat in Graad 1 gedoen is ten opsigte van die Huistaal. Dit is daarom noodsaaklik dat die opvoeder vertroud sal wees met elke leerder se vermoë om die Huistaal te gebruik. ‘n Vertrekpunt moet volgens die leerders se vorderingsverslag, profiel en portefeuljes bepaal word alvorens met Graad 2-modules begin word. Indien nodig moet die nodige aanpassings gemaak word.

Tydskedule

Daar word voorgestel dat ongeveer twee modules per kwartaal voltooi word. Die opvoeder moet haar deur die leerders laat lei aangesien die vinnige werkers gouer deur die modules sal werk terwyl die stadige werkers heelwaarskynlik meer tyd sal nodig hê.

Die bladsye vir die opvoeder wat by elke module aangeheg is, word nie aan die leerders uitgedeel nie.

  • LUISTER, PRAAT, LEES EN SKRYF

Soos in die gedig weerspieël word, gaan hierdie module oor die noodsaaklikheid oor onderwys, of dit nou apies is wat dinge moet leer om bewus te word van gevare of Wikus die Welpie wat moet leer om gehoorsaam te wees.

Leerders maak gebruik van ‘n diagram met vrae om hulle te lei om hulle eie storie te skryf.

Nuwe woordeskat met vasleggingsaktiwiteite word bygebring.

Leerders kry geleentheid om self die leesstuk te illustreer, vrae te beantwoord en die stories te dramatiseer.

  • KLANKE EN WOORDBOU

Die dubbelklinkers, oe, ie, ui, ou, eu, ei en die drieletterklinkers, aai, ooi, oei, eeu word in konteks hersien/aangeleer/vasgelê.

  • SKRIF

Aandag word gegee aan die korrekte hantering van skryfgereedskap. Die volgende hoofletters word aangeleer en die klein letters hersien; M, N, L, H, T, I, K, F, E.

LEERDERS AFDELING

Inhoud

  • Lees wat gebeur het met Wikus by die watergat.

Wikus, Pasop! – Deel 2

Pappa Leeu maak sy een oog oop en loer onder sy maanhare deur.

“Wikus! Moenie so naby die water speel nie”, brul die leeu.

“Ag, Pappa, ek speel nou so lekker.

Ek stamp die paddas terug in die water.

Pappa moet sien hoe strek hul agterpote as hulle so in die water duik”, sê Wikus.

Leeu laat sy kop sak, tevrede dat dit net ‘n onskuldige speletjie is.

Wikus sien nie die boomstomp wat stadig nader kom nie.

Dit dryf op die water.

Hy skaterlag vir die paddas wat so in die water duik.

Op daardie oomblik lig Leeu weer sy kop.

Soos ‘n weerligstraal skiet hy vorentoe, gryp vir Wikus aan die los vel agter sy nek en jaag met hom die veld in.

Mamma Leeu skrik wakker.

Sy besef onmiddellik wat gebeur het en hardloop agterna.

Daar op die wal lê die grootste krokodil wat sy nog ooit gesien het.

Hy lê met sy bek wawyd oop, net reg om vir Wikus te hap.

Sjoe, dit was ‘n noue ontkoming!

Pappa Leeu vryf saggies oor Wikus se wollerige kop.

Hy is te verlig om met hom te raas, maar sê darem:

“Wikus, jy moet wakker wees vir al die vyande in die bos.

Amper was jy daardie krokodil se aandete!”

Tabel 1
LU 3.3.3   LU 3.3.4  
  • Teken vir Wikus by die watergat.
Figuur 1
Figuur 1 (graphics1.png)
Tabel 2
LU 4.8  
  • Beantwoord die volgende vrae.
Tabel 3
  Ja Nee
  1. Het ‘n leeu maanhare?
   
  1. Slaap Wikus onder die boom?
   
  1. Speel Wikus in die speelpark?
   
  1. Terg hy die paddas?
   
  1. Duik die paddas in die water?
   
  1. Het die leeuwyfie gaan swem?
   
  1. Het daar ‘n boomstomp op die water gedryf?
   
  1. Het Pappa Leeu die krokodil gewaar?
   
  1. Het Pappa Leeu vir Wikus gered?
   
  1. Het die krokodil vir Wikus gevang?
   
Tabel 4
LU 3.2.1  

Figuur 2
Figuur 2 (graphics2.png)
Tabel 5
LU 4.1  
  • Klanke om te leer.
Figuur 3
Figuur 3 (graphics3.png)
Tabel 6
r st b bl   m sn
  • Waar pas hulle in?

1. Hy …………………………………………………………………. die bootjie.

2. Die …………………………………………………….. het groot, skerp tande.

3. Die ………………………………………………………... lê wit op die berge.

4. Die konstabel ……………………………………………………….. die rower.

5. ‘n Honderd jaar is ‘n ……………………………………………………………

6. Die …………………………………………………………... gee vir ons melk.

7. Die ……………………………………………………………... sit op die rots.

8. Die seuns ………………………………………………………….. op die gras.

Tabel 7
LU 3.4.4  
  • Sê die woorde en kleur die prentjies volgens die kodes in. Skryf die woord.

aai = blou ooi = geel

oei = rooi eeu = groen

Figuur 4
Figuur 4 (graphics4.png)

Tabel 8
LU 1.1   LU 3.4.4  
Figuur 5
Figuur 5 (graphics5.png)

Tabel 9
LU 4.1  

Assessering

Leeruitkomste 1:LUISTER: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te luister en gepas en krities binne ‘n wye verskeidenheid situasies te reageer.

Assesseringstandaard 1.1: Dit is duidelik wanneer die leerder vir ‘n langer tydperk aandagtig luister en op ‘n stel ingewikkelder instruksies reageer;

Leeruitkomste 3:LEES EN KYK: Die leerder is in staat om vir inligting en genot te lees en te kyk en krities op die estetiese, kulturele en emosionele waardes in tekste te reageer.

Assesseringstandaard 3.2: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit geskrewe teks skep:

3.2.1 ‘n storie alleen of saam met die onderwyser lees:

Assesseringstandaard 3.3: Dit is duidelik wanneer die leerder betekenis uit letters en woorde in langer tekste herken en skep:

3.3.3 klank- en ander woordherkennings- en begripsvaardighede gebruik, soos kontekstuele leidrade en die maak van voorspellings ten einde ‘n teks te verstaan;

3.3.4 selfkorrigeringstrategieë gebruik soos herlees, pousering, die oefen van woorde voor hy/sy dit hardop sê;

Assesseringstandaard 3.4: Dit is duidelik wanneer die leerder klankbewustheid ontwikkel:

3.4.4 meer komplekse woordfamilies herken;

Leeruitkomste 4SKRYF: Die leerder is in staat om verskillende soorte feitelike en verbeeldingstekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes te skryf.

Assesseringstandaard 4.1: Dit is duidelik wanneer die leerder toenemend leersbaar skryf:

Assesseringstandaard 4.8: Dit is duidelik wanneer die leerder woorde, sinne en stories illustreer om begrip te toon.

Content actions

Download module as:

PDF | EPUB (?)

What is an EPUB file?

EPUB is an electronic book format that can be read on a variety of mobile devices.

Downloading to a reading device

For detailed instructions on how to download this content's EPUB to your specific device, click the "(?)" link.

| More downloads ...

Add module to:

My Favorites (?)

'My Favorites' is a special kind of lens which you can use to bookmark modules and collections. 'My Favorites' can only be seen by you, and collections saved in 'My Favorites' can remember the last module you were on. You need an account to use 'My Favorites'.

| A lens I own (?)

Definition of a lens

Lenses

A lens is a custom view of the content in the repository. You can think of it as a fancy kind of list that will let you see content through the eyes of organizations and people you trust.

What is in a lens?

Lens makers point to materials (modules and collections), creating a guide that includes their own comments and descriptive tags about the content.

Who can create a lens?

Any individual member, a community, or a respected organization.

What are tags? tag icon

Tags are descriptors added by lens makers to help label content, attaching a vocabulary that is meaningful in the context of the lens.

| External bookmarks